HALLOUMI
Lewer ongeveer 600g
Hierdie kaas is afkomstig vanaf Cyprus in Griekeland. Tradisioneel word dit van bok- of skaapmelk gemaak. Hierdie kaas is uniek omdat dit geen suur of kulture benodig nie. Halloumi word normaalweg in ‘n pan gebraai.
VLAK: Maklik
Bestandele
- 4 L Volroom melk
- 2 tablette/6 druppels rennet opgelos in ‘n kwart koppie koel water. Die water mag geen chloor bevat nie. (kook die water – dit vernietig die chloor)
- 2 ml Kalsiumchloried
- Fynsout na smaak
Apparaat
- Groot pot
- 4L kaasbad en broeikas
- Dreineringslepel
- Termometer
- Pipette
- Wrongelmes
- Vergietes
- Kaasdoek
- Afkoelrak
Metode
- Steriliseer alle apparaat
- Gooi melk in pot
- Verhit die melk tot 45°C
- Meng rennet by terwyl geroer word.
- Broei vir 45min by 45°C (totdat wrongel geset het en ‘n skoon breek maak)
- Sny wrongel in 1cm blokkies en roer dan versigtig vir 10min.
- Skep wrongel in vergietes met kaasdoek in, om te dreineer.
- Press nou die kaas in die vergietes totdat dit ‘n rubberige tekstuur het. ‘n Groot bak met water werk goed.
- Sny die Halloumi in blokke.
- Kook water in ‘n groot pot.
- Plaas die blokke Halloumi daarin.
- Die kaas sal na die bodem sink maar sal dryf na 5 tot 10min. Jy is nie veronderstel om te roer nie maar verhoed dat die kaas aan die bodem vassit.
- Wanneer die kaas dryf is dit gaar.
- Verwyder kaas en plaas op ‘n afkoelrak.
- Sprinkel sout oor en draai kaas in Gladwrap toe wanneer koud
- Stoor binne die yskas en eet binne ‘n week
DIE VOLGENDE MANIER VAN HALLOUMI EN RICOTTA KAAS IS STAP VIR STAP VOLGENS DIE RESEP GEPLAAS
Alle produkte vir die Kaasmaak of volledige KIT is beskikbaar by YUPPICHEF
Die is die Broeikas vir die kaas
Produkte wat gebruik word – die tablette regs in die pakkie is die RENNEN vir die Halloumi
Bring jou melk tot by 45 grade C soos aangedui
Meng jou Rennen en sout en calcium chloride
Gooi dit in jou broeikas houer, of enige houer wat ‘n deksel het
Plaas dit in die broeikas. Indien jy nie die kaashouer het nie, gebruik ‘n gewone koelboks, maak water warm tot 45 grade, sit houer binne in die koelboks, en sit die deksel op. Die proses is so 45 min staantydperk
Roer stadig jou wrongel vir 10 minute – NIE KLITS NIE – net stadig deurskep
Skep in vergites wat kaasdoek in het
Sit kleinbordjie bo-op die kaas en sit swaar voorwerp op om die water vloeistof “uit te druk” uit die kaas uit.
Ek kon net bakstene kry ha ha ha – wat swaar genoeg was, maar hoe se hulle, ‘n boer maak ‘n plan….
Voel na so ‘n uur of die water gedreineer is en die kaas rubberig voel. Verwyder en sny in stukke
Skep kaas (so 5 stukkies op ‘n slag) in ‘n pot met kokende water. Dit sal sak tot op die bodum.
Na omtrent ‘n minuut sal die kaas bo dryf. Haal uit en plaas op droograkkie.
Sprinkel sout oor aan beide kante en laat koud word.
Draai toe in gladwrap en gebruik binne 7 dae
Braai in vlak olyfolie tot gaar
Geniet dit saam met sweet chillie sous
DANKIE KAREN DAT JY MY GELEER HET !!!!
RICOTTA
Vat 2 liter melk. Verhit die melk tot net tot by kookpunt (die oomblik as dit groot borrels maak is dit kookpunt) verwyder dan van hitte. Voeg by 1 teelepel sitroensuur (citric acid) en 1 na 2 teelepels sout na smaak (die soort sonder jodium). Roer vir so minuut – die melk sal amper dadelik skei. Sit deksel op pot en laat staan eenkant vir so ‘n uur. Na die uur dreineer die wrongel deur ‘n vergietes wat kaasdoek in het. Dreineer totdat dit die regte tekstuur het wat jy verkies. Bere in yskas – hou vir so week.
Die oomblik as jy die citric acid ingegooi het sal die melk begin skif/skei
Skep in vergietes – die klein vergietes is in die kaasmaak kit – die gaatjies is klein genoeg dat die wrongel nie kan deurloop nie. Indien gewone vergiters gebruik, sit kaaasdoek in.
Laat staan vir ‘n ruk tot jy sien al die vloeistof het gedreineer
You must be logged in to post a comment.