
NUTTY CRUST PATATS
Bestandele:
4 kg patats – of soveel wat jy wil kook.
1 pak Nutticrust-beskuitjies
250 ml vars room
500 g goue stroop
Metode:
Kook die patats in soutwater tot sag. Skil af en maak fyn met bietjie botter.
Smeer ‘n oondvaste bak. Skep die patats in die bak. Maak die stroop
bietjie warm en gooi die oor. Gooi dan ook die die room bo-oor.
Krummel die pak beskuitjies en gooi dit oor die patats Bak vir
20-30 minute by 180 grade tot die gereg deurgaar is.
Ek het ook al gemmerkoekies gebruik ipv Nutty crust koekies, ook broodkrummels en selfs eenkeer n paar provitas
As jy bietjie iets anders wil doen:
Deel patats in 2 – sit 1ste deel van patats in bak, dan lag gemmerkoekies, dan weer lag patats, room en pak dan marshmallows op en bak ook vir so 30min by 180C
CREME BRULEE PATAT
Baie eenvoudig en baie besonders.
2 kg patat
melk en margarien
2 ml sout
5 ml fyn kaneel
1 ml fyn neutmuskaat
250 ml bruin suiker
Skil die patat en kook dit tot sag. Druk dit fyn met aartappeldrukker – gooi melk en margarien by tot dit die tekstuur is waarvan jy hou. Meng die sout, kaneel en neut by. Skep uit in ‘n gesmeerde oondvaste bak en maak gelyk. Gooi die suiker bo-oor. (Afhangende van jou bak kan dit meer of minder wees – dit moet ‘n dun laag oor die patat vorm.) Plaas onder die roosterelement van die oond en grill tot die suiker gesmelt is – hou dit dop, dit brand maklik. Verwyder uit die oond en laat vir 5 minute staan sodat die suiker kan hard word.
PATATROL
Rencia Odendaal Pretorius
Kook patats tot gaar (sonder suiker) maak fyn – laat afkoel.
Jy kan ‘n rol Puff pastry gebruik of:
Kors:
250gr botter
750ml meel
15ml bakpoeier
2 groot eiers
125ml melk
Vryf droe bestandele in
Voeg eiers en melk by en meng goed.
Rol uit, 5mm dik.
Smeer patats 1cm dik oor deeg
Plaas bietjie suiker (wit of bruin) en paar klontjies botter onder in bak se bodum.
Rol op en sny skywe van 2.5cm dik en pak in gesmeerde bak
Sous:
Gooi 150ml suiker (wit of bruin) en 250ml room bymekaar en bring tot kookpunt
Gooi bo-oor patats en bak in oond vir 30/40min by 180grade C
Ek het bruinsuiker vir die resep gebruik.
LOUISE SE GEROOSTERDE PATATS
Uit Kos is op die tafel
Lewer 6 porsies
8-10 middelslag patats in die skil
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
klein klontjies botter (opsioneel)
Voorverhit oond tot 200 °C. Smeer ’n groot bakplaat liggies met van die olie en halveer patats in die lengte. (Patats van min of meer dieselfde grootte bak ewerediger gaar.)
Plaas die patats met gesnyde kante na onder op die bakplaat. Bedruip met orige olie en geur deeglik met ’n bietjie growwe sout en peper.
Stip ’n klein bietjie botter op elke patat, indien gebruik, en rooster patats 30-45 minute of tot sag en goudbruin aan die onderkant. Sit dadelik voor met braaivleis of geroosterde vleis, hoender of vis.
SOETPATATS
Deur: SARIE
1 kg klein patats
100 g botter
200 g suiker
1 heel kaneelstok
sout na smaak
Skil die patats (en as hulle groot is, sny in groot stukke). Smelt die botter in ’n groot kastrol. Voeg die suiker by en hou aan roer tot die suiker gesmelt is. Kook die botter-suikermengsel tot ’n ligte karamel. Voeg die patats by en meng goed met die karamel. (Die karamel sal effens hard word wanneer jy die patats byvoeg, maar die vog in die patats sal dit weer loperig maak.) Voeg die kaneelstokkie by en geur met ’n bietjie sout. Stel jou stoofplaat op ’n lae hitte en sit ’n deksel op die kastrol. Moenie die patats roer nie, want dit kan uitmekaar val en jy wil dit heel hou. Skud so elke nou en dan die kastrol sodat die patats bedek word met die karamel. Kook die patats tot sag, maar moenie té lank kook nie – dit sal dan soos ’n moes word.
PATAT KOEKIES MET KARAMELSOUS. Vrouekeur II resepteboek.
Bestanddele:
375 ml (1 en half) koppie koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
knypie sout
75 ml (5 e) strooisuiker
2.5 ml (half t) gemaalde kaneel
knypie gemengde speserye
knypie gemaalde gemmer
3 eiers, geklits
750 ml (3 k) patat, gaar en fyngedruk
olie vir vlakbraai
Sous:
90 ml (6e) botter
90 ml (6e) geelsuiker
250 ml (1k) water
60 ml (4e) koekmeel
60 ml (4 e) gouestroop
2-3 stukke kassia (nie pypkaneel nie)
Patatkoekies : Sif meel, bakpoeier, sout, strooisuiker, kaneel, speserye en gemmer saam.
Meng eiers en patat. Meng patat- en meelmengsel deeglik.
Verhit bietjie olie in braaipan en skep teelepels vol beslag in warm olie.
Braai goudbruin aan albei kante.
Plaas op kombuispapier om olie te absorbeer. Hou patatkoekies in oond teen lae temperatuur warm terwyl sous berei word.
Sous : Smelt botter en suiker in kastrol. Verhit tot kookpunt terwyl geroer word.
Stel hitte van plaat laer.
Meng water, meel en stroop saam. Voeg dit by die bottermengsel asook die kassia. Kook ongeveer 20 minute tot goudkleurig terwyl geroer word. Verwyder kassia en sit sous warm met plaatkoekies voor.

Amanda se Patats onder die kombers
Amanda se PATATS ONDER DIE KOMBERS
750gr gaar patats (kook gaar in water of sien opsie van Amanda
Jy kan butternut ook gebruik vir ‘n variasie
1 eier
1 kop melk
½ kop botter
5ml vanilla
50ml bruinsuiker
Sout na smaak
Amanda Cronje : Ek moet by sê ek het die patats in die melk, botter, vanilla en suiker tot gaar gekook. Na ek dit fyngemaak het het ek die eier bygegooi
Meng al bogenoemde en skep in ‘n gesmeerde bakBolaag:
½ kop bruinsuiker
½ kop klapper
½ kop koekmeel
½ kop botter
Meng al die b.g. bestandele en frimmel dit bo-oor die patats
Bak vir 30/40 min by 180C
Rencia Odendaal Pretorius
SOETPATATS:
2 kg patat
375 ml geel suiker
375 ml water
2 hoogvol eetlepels Maizena (mielieblom)
5 ml karamelgeursel
Was die patat en kook dit in ‘n groot kastrol tot gaar. Skil
dit af en sny in skywe. Pak die patatskywe in ‘n reghoekige glasbak. Meng die
suiker, water, mielieblom en geursel goed saam.
(Stip die patats met blokkies margarien, indien verkies.)
Verhit die suikermengsel effens, tot die suiker gesmelt het. Gooi dit oor die patat
en bak teen 180 grade vir 30-40 minute, of tot die suiker stol en karameliseer.
PATATS MET GEMMERKOEKIES EN MALVALEKKERS
4 groot patats, geskil en in skywe gesny.
1 pak gemmerkoekies
1 pak mashmallows.
Kook patats in soutwater tot gaar, dreineer.
Pak gemmerkoekies teen rand van glasbak, rond of vierkantig.
Gooi patats in bak.
Gooi pak mashmallows oor.
Bak vir ongeveer 30minute by 180°C.
PATAT EN AARTAPPEL GEBAK:
Rencia Odendaal Pretorius
3/4 groot aartappels – in ringe gesny
3/4 medium patats – in ringe gesny
2 uie – gekerf
Pak nou bo- genoemde in lae in ‘n plat bak
Meng:
250ml room
250 ml melk
1 pakkie bruin uiesop
Sout en swart gemaalde peper
Gooi die nou bo-oor die aartappels
Rasper kaas bo-oor en bak in oond vir 1 en half uur by 180 grade
(opsioneel, jy kan mushrooms en spek braai en ook tussen die aartappel lae sit)
Rencia Odendaal Pretorius
MARMALADE-GEROOSTERDE SOETPATATS:
4 patats
1 ui gekap
50ml olyfolie
50ml marmalade
100ml lemoensap
Skil patats, en sny in ringe
Meng al die bestandele saam en sit in roosterpan – bedek met foelie en rooster vir omtrent 45min – meng weer deur en rooster vir nog so 5/10min tot mooi goudbruin.
Rencia Odendaal Pretorius
JASSIE PATATS:
12.5 ml witsuiker
12.5 ml goue stroop
3ml fyn gemmer
3ml fyn kaneel
1ml sout
15ml botter
4-6 klein patats skoon gekrap (nie geskil)
50ml water
Meng alles en verhit tot begin kook. Gooi patats in mengsel en kook tot gaar.
Hierdie is die resep wat ek altyd maak, maar dis nogal baie soet:
PATAT TERT
3 k gaar patats,
125ml gesmelte Margarien,
1 t Vanielje geursel,
1 k suiker,
1 eier,
Meng alles en gooi in n oondvaste bak.
Bo laag:
125ml Margerien (nie gesmelt)
125ml Bruinsuiker
125ml Klapper,
125ml Koekmeel
Meng bogenoemde in n menger en strooi bo oor patatmengsel.
Bak vir 35min by 180 grade of tot goudbruin
Leoni Botha
GEMMER PATATS
1 kg patats gekook in soutwater tot sag, trek die skille af, en sny in skywe. Gooi so 50 ml sagtebruinsuiker onder in ‘n bakskottel en stip , paar klontjies botter hier en daar op die suiker. Pak nou lae, op mekaar tot bo, van die volgende, laag patatskywe, laag piesangs in dun skywe gesny, strooi bietjie bruinsuiker, paar klontjies botter, lagie gemmerkoekies wat fyn gerol is in krummels. Hou aan lagies pak, en eindig met koekies gestip met botter, sit ‘n deksel op of foelie en bak so 45 minute in oond van so 180 grade C
SOET PATATS:
Lillyne Grunewald
1kg patats
125ml heuning
60g botter
knippie sout
80ml water
Voorverhit die oond tot 200C. Smeer ‘n oondpan met ‘n lagie botter. Kook patats in skilletjies in soutwater tot net sag. Skil af sodra effens afgekoel en sny in skywe. Verhit heuning, botter, sout en water saam oor matige hitte. Plaas patatskywe in lae in bereide oondbak met ‘n lagie heuningsous tussen elke lagie. Skep orige sous bo-oor. Bak in oond vir sowat 30 minute tot sous deur patats getrek het en glansend lyk.
Lewer 6-8 porsies.
GEBAKTE GEMMER PATATS
Leonora Rautenbach
Kook 1kg patats half gaar in water met bietjie sout. Gooi patats in gesmeerde lang tertbak. Druk pakkie gemmerkoekies fyn.(grof) Gooi oor patats. Gooi genoeg klontjies botter oor. Gooi koppie bruinsuiker oor patats. Bedek met tinfoelie. Bak half uur op 180. Verwyder foelie en bak 10 min tot goudbruin.
KANEEL PATATS
Patats geskil en in wiele gesny
1 Eetlepel kaneel
10ml vanilla essence
250ml suiker
600ml kookwater
Gooi kookwater, suiker en kaneel in ‘n pot en bring tot kookpunt. Gooi patats in en kook tot sag. Gooi vanilla essence by en maak fyner soos jy van die patats hou..
GRAANVLOKKIE (CORN FLAKES) PATATS
Patat met ‘n sopie brandewyn – (Vir dié van
Julle wat nie weet nie, die alkohol in die brandewyn kook weg en net die lekker
geur van die brandewyn bly oor.)
4 patats
190 ml geelsuiker
25 ml brandewyn
60 ml botter
2,5 ml fyn kaneel
125 ml graanvlokkies (Corn Flakes)
Kook die patats tot gaar en sny dit in skywe. Pak die patat
in lae in ‘n oondvaste bak. Meng die suiker, brandewyn, botter en kaneel saam.
Verhit dit stadig tot die suiker gesmelt is. Gooi die sous oor die patat. Druk
die graanvlokkies bietjie fyner en strooi dit bo-oor die patats. Bak in ‘n
voorverhitte oond teen 180 grade tot die gereg deurwarm is, en die
graanvlokkies mooi bruin is.
LEMOEN PATATS
2 kg patats
50 ml mielieblom
500 ml lemoensap
125 ml bruin suiker
2 ml sout
2 ml gerasperde lemoenskil
125 ml pitlose rosyne
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Kook die patat met die skil tot sag. Skil af en sny in
skywe. Pak in ‘n groot oondvaste bak. Meng die mielieblom met bietjie lemoensap
tot gladde pasta. Voeg die res van die lemoensap by, asook die suiker, sout,
lemoenskil en rosyntjies. Verhit die sous tot dik en gooi die oor die patat.
Bak vir 30 minute tot die patat deurwarm is.

Lemoenpatats
PIESANG PATATS
Lewer 4 – 6 porsies
Bestanddele:
500 ml gaar, fyngemaakte patats
1 groot eier, geskei
25 ml botter of margarien
2 ml sout
1 groot piesang, in dun skywe gesny
25 ml suiker
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F).
2. Klop die patats, eiergeel, botter of margarien en sout saam.
3. Skep in ‘n gesmeerde oondbak en rangskik die piesangskywe bo-op.
4. Klits die eierwit styf terwyl die suiker bietjiesgewys bygevoeg word.
5. Smeer die eierwitmengsel oor die patatgereg.
6. Bak 30 minute lank tot gaar.
Die resep is oorspronklik gepubliseer in die resepteboek, Tannie Poppie kook
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.