Snoek oor die kole
30 ml heuning
15 ml tiemie, gekap
5 ml fyn kaneel
30 ml olyfolie
7 klein patats, gehalveer
45 ml appelkooskonfyt
100 ml botter
2 knoffelhuisies, gekap
sap en skil van 2 suurlemoene
800 g snoekfilet, vars of bevrore
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
appelkooskonfyt vir brood
Verhit oond tot 200 °C. Meng heuning, tiemie, kaneel en olie. Plaas patats in ‘n oondvaste bak en gooi heuning-mengsel oor. Bedek bak met tinfoelie en bak vir 25 – 30 minute of tot sag en gaar.Meng konfyt, botter, knoffel en suurlemoensap en -skil in ‘n klein potjie. Plaas oor lae hitte en smelt alles saam. Plaas snoek op ‘n toeklap-rooster wat gespuit is met kleefwerende sproei. Maak 6 snye in die vis se vel en verf met die bottermengsel. Plaas die vel-kant eerste oor die warm kole en braai stadig vir 5 minute. Verf met die botter-mengsel terwyl dit braai en draai om. Herhaal totdat die vis goudbruin en gaar is – sowat 15 – 20 minute. Sit warm vis saam met patats, stokbrood en appelkooskonfyt voor.
Snoek oor die kole
Maureen Van Helden
1 vars snoek, oopgevlek
Sout na smaak
3 suurlemoene se sap
250 g botter
Varsgemaalde swartpeper
Blatjangsous vir snoek:
100 ml blatjang
375 ml botter
10 ml Worcestershiresous
10 ml kookolie
60 ml appelkooskonfyt
2 knoffelhuisies, fyngedruk
75 ml suurlemoensap
Spoel snoek af en laat winddroog word. Strooi sout oor snoek indien ongesout. Verhit die res van die bestanddele saam tot die botter gesmelt is. Braai die snoek met die velkant na onder in ‘n toeklaprooster taamlik hoog bo die kole. Draai na ‘n kort rukkie om net om die snoek droog te maak. Draai dan kort-kort om en smeer goed met suurlemoenbotter. Moenie langer as 20 minute braai nie.
Blatjangsous vir snoek:
Verhit al die bestanddele, behalwe suurlemoensap, saam tot kookpunt. Verwyder van hitte, roer suurlemoensap in en smeer oor snoek terwyl dit gebraai word.
You must be logged in to post a comment.