STOKVIS GEREG
(Bv Hake fillete)
Deur: Whats for dinner
Ingredients
100 gram Stork margarine (room temp)
6 Fish fillets (e.g. Kingklip, Hake) skinned and deboned
1 KNORR Chicken & Mushroom Pan Dry Cook-in-Sauce
Olive oil for dressing
1 teaspoon dried Oreganum
2 teaspoon lemon juice
3 teaspoon Paprika
100gr mushrooms (slices)
Instructions
Mix together the margarine, oreganum, lemon rind, lemon juice and half the contents of the KNORR Fresh Ideas Chicken & Mushroom sachet
Rub over the fish and place on a greased baking tray
Drizzle with olive oil and sprinkle with the remaining sachet contents
In a preheated 180 degree’s Celsius oven bake for 20/25 minutes until cooked.
Ek het ‘n paar kersietamaties ook bo-oor gesit voor ek dit gebak het.
Bedien met kapokaartappels of potato wedges en mengelslaai
Ek het nie die lemon rind en ook nie die oreganum gebruik nie. Het nie in die huis gehad nie, het roosmaryn oorgegooi.
HAKE IN BIERBESLAG (4 porsies)
175ml koekmeel
200ml mielieblom
3ml borrie
1 x 340ml blikkie koue bier
Sonneblomolie vir braai
500g kaapse witvisfilette (hake)
Meng die koekmeel, mielieblom en borrie saam.
Gooi die bier by en roer tot glad.
Verhit ‘n dik laag olie oor matige hitte in ‘n kleefvrye pan.
Geur die vis met sout en peper en doop in beslag.
Sit twee stukke vis op ‘n slag in die warm olie en braai dit vir drie tot vyf min
tot deurgaar en goudbruin alkant.
Dreineer die vis op kombuis papier en sit voor met tartaresous
HAKE IN BIERBESLAG (Rens se resep)
Ek maak al die jare die bierdegie, maar het nog nooit die vis eers in droe meel gerol en dan in die deeg gedruk ni. Ek het dit altyd direk in die deeg gedruk, met die gevolg dat my degie partykeer afval. Was ek nou verras om te sien hoe lekker die wenk werk met die droe meel eerste. Al 4 my stukke het perfek uitgekom, en nie 1 stukkie het afgebak nie.My vis was ontvries gewees.
BIERDEEG
1 opgehoopte kop bruismeel – of 1 opgehoopte kop meel en so 1 en half tl bakpoeier
1 eier
1 botteltjie/blikkie bier (enige bv Castel of black label)
1/2 tl paprika
5ml speserye (ek het Castle spices gebruik, jy kan enige gebruik bv bbq, Texan braai spices of lemon and herb ens)
Meng bg tot lekker dikkerige slap degie
1 kop meel om die vis in die rol
Rol jou vis in die meel, en druk dan in die bierdegie. Braai in warm olie – ongeveer 1cm diepte olie tot goudbruin aan beide kante.
UIERINGE
Sny jou uie in dik ringe. Gebruik net die buitenste groot ringe. Bere die klein stukkies vir jou tamatie en uie slaaitjie
Gooi jou uie in yskaswater en so 3 blokkies ys vir so 10 minute. dreineer water af en druk jou uie in dieselfde bierdegie en “deepfry’ in warm olie. Braai net so 4 of 5 stukke op een slag dat dit nie aanmekaar vassit nie. Hulle pof so lekker mooi op.
Jy kan selfs jou sampioene met dieselfde degie maak.
Gooi bietjie suurlemoensap oor jou vis en ‘n bietjie mayonaise.
Bedien met uie en tamatie salsa, skyfies of potato wedges, suurlemoenrys of kapokaartappels.
OUMA FRIEDA SE VISKOEKIES
(Kom uit Huisgenoot)
“Die heel lekkerste vis om te gebruik is die oorskietvis van maaltye waar gebakte of gebraaide vis voorgesit is. En dit kan maar meer as een soort vis wees. My ma vries die oorskiet tot sy genoeg vis het vir ’n baksel viskoekies.”
Lewer 16 viskoekies
Bereiding: sowat 20 minute
Gaarmaaktyd: 10-15 minute
750 g gaar stokvis, gevlok
1 ui, grof gerasper
45 ml (3 e) vars of 30 ml (2 e) droë pietersielie
6 snye Sasko-heuning-en-hawermoutbrood,in melk geweek en melk uitgedruk
’n knippie sout
1 ml (¼ t) witpeper
1 ml (¼ t) fyn naeltjies
1 ml (¼ t) fyn koljander
2 eiers, geklits
15 ml (1 e) bruinasyn
sonneblomolie om in te bak
kapokaartappels en ertjies
Meng al die bestanddele in ’n mengbak. Dit is ’n losserige mengsel.
Verhit genoeg olie vir vlakbraai in ’n elektriese braaipan wat op medium hitte gestel is.
Rol die vismengsel in balletjies en druk plat.
Bak die viskoekies 5 minute aan die een kant, draai dit om en bak nog 5 minute aan die ander kant.
Plaas die koekies op handdoekpapier om die ergste olie te absorbeer.
Sit voor saam met kapokaartappels en ertjies.
HAKE FILLETS IN DIE OOND
Hake fillets (1 vir elkeen in gesin)
Country herb & garlic spice
1 Uie in ringe gesny
3 Tamaties in ringe gesny
50ml olyfolie
50ml appelasyn of witwyn
5 Teelepels suurlemoensap
sout en gemaalde swartpeper
2 Wiele Feta, gekrummel
Gerasperde kaas
Foelie (blink kant na binne) in blokke groot genoeg om Hake in toe te draai. Meng olyfolie, appelasyn/witwyn, suurlemoensap in bottel en skud goed. Sit Hake op foelie. Sit country herb & garlic spice en sout en gemaalde swartpeper op Hake. Layer nou uie, tamatie en gerasperde kaas en feta bo-op. Bedruip elke fillet met sous in bottel. Maak foelie toe en bak vir 25 minute @ 200 grade C. Bedien met griekse slaai
HAKE VIS MET MEEL EN SOUTHERN COATING
Ek het nog altyd die Bierdegie gemaak, maar het nie bier in die huis gehad nie, toe probeer ek die resep sommer so uit die kop . Dit is van nou af my WEN RESEP vir vis met ‘n degie in my huis
Meng halwe koppie meel met 2 eetl Lemon and herb Southern Coating speserye.
Meng 2 eiers met bietjie melk
Ontvries jou vis, sprinkel met visspeserye, sout en bietjie peper
Druk in meelmengsel, dan in eier en melk mengsel, dan weer in meel mengsel.
Bak in 1cm warm olie tot bruin aan albei kante. Dreineer op kombuispapier
Ek het dit bedien met skyfies, ‘n mango, tamatie en fetakaas slaai.
STOKVIS IN SUURROOM
Bietjie botter of margarien
1 houer suurroom (250ml)
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
125ml melk
800g bevrore stokvisfillette
geuropwekker na smaak (pasop vir te veel sout – soppoeier partykeer genoeg sout)
gerasperde cheddar-kaas
fyngekapte pietersielie
(ek sit soms sampioene by sowel as gemengde groente)
Voorverhit oond 180grade
Smeer oondvaste bak
Meng suurroom en soppoeier goed
Pak ‘n laag vis, geur,
Gooi dun lagie roommengsel bo-oor
Volg met nog ‘n laag vis en roommengsel
Strooi kaas oor bak +- 40 min tot mooi goudbruin en gaar.
STOKVIS GEREG
500 gr stokfisfilette
15ml suurlemoensap
10ml olyflie
1 ui gekap
1 greenpepper in ringe gesny
1 knoffelhuise fyngekap
2.5ml rooipeper
3ml sout
1 blik heel tamaties gekap
Sny filette in blokkies en gooi suurlemoensap oor
Verhit olie en braai uie rissie en knoffel. Voeg sout en rooipeper by
Roer vis en tamaties by uie mengsel. Verhit tot kookpunt. Sit deksel op en prut vir 5 min totdat vis maklik vlok.
Bedien warm
HAKE FILLETS
Madri Cordier
Hake fillet in foelie in die oond met Griekse slaai
Hake fillets (1 vir elkeen in gesin)
Country herb & garlic spice
1 Uie in ringe gesny
3 Tamaties in ringe gesny
50ml olyfolie
50ml appelasyn of witwyn
5 Teelepels suurlemoensap
sout en gemaalde swartpeper
2 Wiele Feta, gekrummel
Gerasperde kaas
Foelie (blink kant na binne) in blokke groot genoeg om Hake in toe te draai. Meng olyfolie, appelasyn/witwyn, suurlemoensap in bottel en skud goed. Sit Hake op foelie. Sit country herb & garlic spice en sout en gemaalde swartpeper op Hake. Layer nou uie, tamatie en gerasperde kaas en feta bo-op.
Bedruip elke fillet met sous in bottel. Maak foelie toe en bak vir 25 minute @ 200 grade C.
HAKE EN KAPOKAARTAPPEL GEREG IN DIE OOND
2 Pakkies Hake Fillets
2kg Aartapples –maak kapokaartappels hiervan
1 tl Knoffel
Fish Spices na smaak
1 groot ui gekap
3 eetl botter
1 houertjie vars Room
1 Eetlepel koekmeelblom
Brood krummels
Kook vis in water en sout. (Jy kan dit sommer in die mikrogolf ook doen) As gaar is, flok en sit eenkant
Kook aartapples en maak kapokaartappels soos normaalweg met melk, botter en bietjie bakpoeier.
Smelt botter in ‘n pan en braai ui en knoffel op lae hitte tot sag. As dit klaar is sit ook eenkant
Smelt nou die botter en voeg meelblom by meng tot dit ‘n “paste” maak. Voeg dan op lae hitte room by en roer tot dit effens dik raak. Jy kan ook hier melk (1 koppie) gebruik ipv room. Haal van stoof af.(voeg bietjie melk by as jy sien dit is te dik met die room alleen.
In ‘n oond bak sit een laag kapokaartappels , dan een laag roommengsel, dan vis en dan uie. Sprinkel tussen die lae bietjie van die fish spices. Herhaal lae en eindig af met room mengsel. Bedek met broodkrummels en bak in oond by 180 C tot goudbruin
Paar variasies.
Jy kan ook sampioene braai saam met die uie en knoffel.
Rasper bietjie kaas bo-oor die broodkrummels voor jy dit bak.
BAKED FISH WITH RICE IN A CREAMY CHEESE SAUCE
Deur: w4dinner
INGREDIENTS
2.5 ml Curry powder
125 ml grated cheese
500 ml boiling water
250 ml Chopped spring onions
15 ml Margarine
15 ml lemon juice
1 Pinch Salt and Pepper to taste
500 g Fish fillets (Any stockfish available eg Hake)
2 sachets KNORR Classic White Sauce
500 ml Cooked rice
2.5 ml Paprika
METHOD
Season the fish fillets with salt and pepper, sprinkle with lemon juice and set aside.
Melt margarine in a pan and add spring onion and lightly fry.
Prepare KNORR Classic White Sauce by adding sachet contents to a jug and pouring in boiling water.
Stir with a fork for 1 minute until thick.
Stir spring onions into white sauce and add cheese and curry powder.
Grease a baking dish and spread the rice on the bottom and lay the fish fillets on top.
Pour sauce over and sprinkle with Paprika.
Bake at 200 °C for about 30 minutes.
HAKE MET KAAS EN UIE SKYFIES
Hake filet genoeg vir jou gesin.
Twee pakke kaas en uie chips
1 Koppie gerasperde kaas.
1 koppie fyn gekapte uie.
750ml room.
Maak chips fyn. Meng saam in bak die chips, kaas,uie en room. Pak hake in oond pan en sprinkel met sout. Gooi uie mengels oor hake en bak op 180grade vir 45min. Geniet
STOKVIS IN OOND
2 Pakke stokvis (4 Groot stukke) Geen vel en graatloos
125ml ongegeurde yoghurt
125ml Room of vermeerder na 175ml (room kan met melk vervang word)
1 Pakkie sampioenroomsop
Gerasperde Cheddar kaas
15ml pietersielie
Meng yoghurt, room en sop saam tot ‘n gladde sous. Pak die vis in ‘n oondskottel. Sprinkel ‘n bietjie kaas op die vis. Gooi nou die sous bo-oor. Sprinkel die pietersielie oor, gooi res van die kaas oor en bak in die oond vir 40 minute by 180 grade C.
My wenk: Voeg gebraaide uie en sampioene by vir variasie
Geurige suurlemoen-visgereg (vingers)
SUURLEMOEN- VISVINGERS MET HAKE
100 g droë broodkrummels
40 ml gekapte vars pietersielie
gerasperde skil van 2 suurlemoene
1 rissie, ontpit en gekap (opsioneel)
400 g visfilette, in dik repe gesny
1 groot eier, geklop olie vir vlakbraai
geurige rys, groenslaai, suurlemoenwiggies en tartare-sous om voor te sit
1 Meng die krummels, pietersielie, suurlemoenskil en rissie. Doop die vis in die geklopte eier en dan in die krummelmengsel. Verhit ’n bietjie olie in ’n groot pan en braai die visrepe tot goudbruin en deurgaar.
2 Sit dit voor met geurige rys, groenslaai, suurlemoenwiggies en tartare-sous.
You must be logged in to post a comment.