Tag Archive | soyasous

Oondgebraaide Brisket


Oondgebraaide Brisket-Laurens Kitchen

Oondgebraaide Brisket-Laurens Kitchen

Oondgebraaide Brisket

1,5 kg brisket

SOUS

1 groot ui, fyn

2 knoffel, gekap

62,5 olie

250 ml tamatiesous

62,5 ml worcestersous

62,5 ml soyasous.

62,5 ml witasyn of suurlemoensap

125 ml water

25 ml heuning

5 ml mosterdsous

5 ml sout

5 ml mosterdpoeier

Verhit oond 150 C.

Plaas vleis in gesmeerde oondpan.

Braai ui en knoffel vir 3 min. in olie

Voeg al die sous bestandele by en prut 10-15 minute.

Giet sous oor vleis.

Bedek en bak 2- 2 1/2 uur. Bedruip gereeld met die sous.

Verwyder die deksel of foelie die laaste 30 minute.

Skep vleis uit en roer bietjie kookwater by die sous indien dit te dik is

Advertisements

Hoenderfilet Risotto


Hoenderfilet Risotto- Village Harvest Rice

Hoenderfilet Risotto- Village Harvest Rice

Hoenderfilet Risotto

Maddi mads

Dis maar ‘n tipe rys soos Risotto. Enige Risotto resep sal werk. Ek maak altyd lekker
1 Gekapte ui
4 Hoenderfilette opgesny
Half pak Risotto
5ml Borrie
5ml Gemmer
5ml BBQ spice
5ml Gemaalde koljander
5ml vars knoffel
Gemaalde swartpeper na smaak
Sout na smaak
Olyfolie
Margarien
Worcestersous
Soyasous
1 Koppie witwyn
1 Pakkie tomato paste
Braai in ‘n elektriese braaipan die ui in olie en margarien tot sag. Gooi nou die hoender by en braai tot goudbruin. Gooi worcestersous en soyasous by. Gooi al die speserye bo-oor en bedek met kookwater. Kook so 10minute terwyl jy nou en dan roer. Gooi die wyn en tomato paste by. Gooi nou halwe pak Risotto oor en bedek als met kookwater. Kook vir tenminste 20-30 minute terwyl jy hele tyd die kookwater opvul dat die Risotto genoeg water kry en nie droogkook nie. Jy sal proe wanneer die Risotto reg is. Hy moet nie te sag wees nie – bederf die smaak. Geniet dit baie. Heerlik!