Aartappels – gebraaide aartappels


aartappels gebraai

‘n Lekker aartappelgereg om by jou braai te geniet!

(Dankie Crizane De Meillon vir jou resep en foto).

Gebraaide baba-aartappels:
1 kg baba-aartappels

Growwe sout en peper na smaak
3 eetl olyfolie
250gr gerookte spek (gewone spek sal ook reg wees)
1 eetl paprika
1 tl koljander
2 tl koemein

3 stukkies dill (gekap)

Kook aartappels tot sag en hou eenkant. Braai jou spek tot dit lekker crispy is. Meng al die speserye in by die spek behalwe die dill. Braai vir n rukkie. Gooi die aartappels by die spekmengsel en braai vir nog so 10 minute. Sit  gaar aartappelmengsel in foelie, gooi dill oor en sit op die rooster op die warm kole tot dit weer deurwarm is.

One thought on “Aartappels – gebraaide aartappels

Comment here!