
Leg of Lamb in the Slow Cooker with Garlic and Rosemary
By:dinnerwithjulie.com
olive or canola oil, for cooking
1 bone-in leg of lamb
4-5 medium potatoes, chopped into chunks
1 head garlic, peeled
salt
a few sprigs of rosemary
about a wineglass full of red wine
Rub the oil all over the lamb and either brown it in a hot pan or throw it on the grill to get some colour. Meanwhile, toss all the potatoes and about half the garlic cloves into the bottom of your slow cooker.
Put the lamb on top of the potatoes, squish a few more cloves of garlic and rub it over the surface, then sprinkle with salt. Toss in a few sprigs of rosemary and pour some wine in around the potatoes, cover (if the bone sticks out, cover the lid with foil to seal in the heat) and cook on low for 6-8 hours. Carve the lamb and serve with the potatoes, finished with a squeeze of lemon, if you like. Serves 6-10
SLOW COOKER : LEG OF LAMB (LAMSBOUD)
http://www.food.com/recipe/crock-pot-leg-of-lamb-113015
Ingredients
1 leg of lamb, preferably bone out
1/4 cup olive oil
1/2 cup lemon juice
4 -6 garlic cloves, crushed
1 teaspoon dried oregano
1 teaspoon nutmeg
2 teaspoons dried mint
1 teaspoon sugar
1/4 cup white vinegar
Directions:
Using the crock pot’s ceramic dish, mix together oil, lemon juice, garlic, oregano and nutmeg.
Immerse leg of lamb into the mixture and cook on high for 6- 8 hours until falling apart.
Just before removing meat from crock pot, mix together mint, sugar and vinegar in dish and microwave for 30 seconds until vinegar is hot enough to melt sugar.
Remove meat to serving platter and pull apart with forks until you have chunky shreds of meat.
Drizzle over mint vinegar and serve piping hot.
GEMARINEERDE GEVLINDERDE LAMSBOUD
Deur ARINA DU PLESSIS
http://www.landbou.com/leefstyl/resepte/gemarineerde-gevlinderde-lamsboud
1 groot lamsboud
Vryfmengsel
30 ml gemaalde komyn
15 ml seesout
5 ml gerookte paprika
5 ml gemaalde koljander
Fyngerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
5 ml varsgemaalde swartpeper
60 ml olyfolie
Bedruipsel
250 ml klaargekoopte Griekse slaaisous
Ontbeen die lamsboud en vlinder dit eweredig (of vra jou slagter om dit te doen). Meng alles vir die vryfmengsel saam en vryf dit goed in die vleis in. Sit die vleis in ’n lugdigte houer in die yskas en laat marineer vir 1-2 dae.
Haal die vleis uit die yskas en laat dit kamertemperatuur bereik voordat jy dit braai. Braai die boud oor matige kole tot gaar na smaak en bedruip deurentyd met Griekse slaaisous. Haal die vleis van die kole af, laat rus vir 10 minute onder foelie en sny in skyfies. Lewer agt porsies.
LAMSBOUD MET AARTAPPELS
Deur: SARIE KOS
Maak dit stadig gaar sodat die vleis van die been afval.
1 lamsboud, op die been
6 knoffelhuisies
1 roosmaryntak
sowat 100 ml olyfolie
sap van 2 suurlemoene
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
8 – 10 aartappels, geskil
8 mediumgrootte uie
Verhit jou oond tot 180 °C. Sny klein kepies in die lamsboud en druk die knoffelhuisies daarin. Bind die roosmaryntak bo-op die boud vas met tou. Gooi ’n bietjie olyfolie in ’n oondroosterbak en plaas die lamsboud daarin. Gooi die suurlemoensap oor en geur met sout en peper. Plaas in die warm oond. Draai die temperatuur ná 1 uur af na 160 °C. Rangskik die groente om die boud en bedruip met vleissous. Rooster verder vir minstens 2½ uur. Draai ná ’n uur die groente versigtig om sodat dit weerskante lekker bruin kan word. Sit voor met groente van jou keuse.
GRIEKSE LAMSBOUD MET YOGHURTSOUS
1.5 kg lamsboud
3 knoffelhuisies, gekerf
50ml botter
5ml roosmaryn
3ml tiemie
12.5ml suurlemoensap
sout en peper na smaak
SOUS:
250ml jogurt
2 knoffelhuisies, gekneus
10ml vars kruisement, gekap
10ml sprietui, gekap
Sny klein snytjies oral in lamsboud. Druk knoffelstukkies in
snytjies. Klop botter, roosmaryn, tiemie en sap saam. Geur na smaak. Plaas
vleis in oondbraaipan en oondbraai by 160C. Laat 20 minute toe vir elke 500g
vleis plus 20 minute. Bedruip vleis af en toe met bottermengsel.
Berei sous: Meng jogurt met res van sousbestanddele. Geur na
smaak. Sit voor saam met vleis.
RENS SE SKAAP/LAMSBOUD
Hierdie is my manier hoe ek my boud gaarmaak.
Stop met spek, stukkies knoffel en ja, ek sny so 3 na 4 kersies in die helfte en stop so hier en daar ‘n kersie ook in. Dit is sommer net my eie idée wat ek eendag gedoen het en dit was baie lekker. Ek gebruik die rooi kersie.
Ek maak my boud in ‘n casserol, oornag in die oond gaar – Ek sit ook die boud in foil.
Hierdie resep, net so, werk ook in jou SLOW COOKER – net sonder die foil.
My metode:
1 skaap/lamsboud
Growwe sout, peper, knoffel, dun gesnyde uie, ‘n wortel in dun skyfies gesny, ek gebruik my aartappelskillertjie, bietjie rooiwyn, suurlemoensap, balsamic vinegar, bay leaves,
Vat nou foil (blink kant na binne) – sit nou so ‘n laag in jou casserol. Sit die boud op die foil en gooi bietjie olyf olie oor, die suurlemoensap, die rooiwyn, balsamic. Smeer jou boud lekker met die sous. Gooi nou die sout,peper en garlic oor, en druk vas (vryf) met jou hande teen die boud. Gooi die wortels, uie en bay leaves bo-op en maak die boud toe met die foil.
Plaas in jou oond by 100gr C – oornag.(ek sit so 11H00 in en so @ 6H00 is dit reg)
Haal volgende oggend uit. Verwyder uit die casserol en sous. Laat heeltemal koud word en sny dan in skywe.
SOUS:
Gebruik die sous van die boud wat in die casserol is (met die wortelstukkies en uie) haal net die bay leaves uit – verdik met bietjie maizina of bietjie koekmeel en kook deur. Moenie met bisto verdik nie, die sous is reeds sout en ek vind dat bisto die sous te sout maak.
LAMSBOUD MET KARRINGMELK MARINADE:
1 lamsboud, ontbeen en soos ‘n vlinder oopgesny
125ml karringmelk
10ml gegeurde seesout
2,5 ml gemaalde swartpeper
Sous:
100g gesmelte botter
2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk
2,5ml suiker
sap van ½ suurlemoen
Giet die karringmelk in ‘n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit ‘n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in die koelkas marineer. Karringmelk is ‘n uitstekende
versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Voorverhit die oond tot 180C. Bedek met foelie en bak vir 1½ – 2 uur lank. Draai 1 maal om en drup lepelsvol bedruipsous oor die boud. Verwyder die foelie en braai ‘n verdere 15 minute lank tot mooi bruin.
ROOSMARYN LAMSBOUD
1 lamsboud, sowat 2kg
10ml gedroogde roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper
45ml appeljellie
15ml suurlemoensap
Vee vleis af en plaas op ‘n oondrakkie in ‘n oondroosterpan
met vetkant na bo. Meng die roosmaryn met sout en peper na smaak. Plaas
appeljellie en suurlemoensap in ‘n kastrolletjie, verhit tot gesmelt en roer
tot glad. Verf die vleis oral goed hiermee. Druk die kruiemengsel vas op die
vleis. Rooster vleis sowat 1 uur 45 minute of tot verlangde graad van gaarheid.
Die orige gesmelte appeljellie kan in die helfte van die gaarmaaktyd versigtig
opgeverf word. Laat die vleis 20 minute staan voordat dit gesny word. Verwyder
vleis uit bakskottel.
GEVULDE LAMSBOUD
1 ontbeende lamsboud, 1,7kg
2 ml droë tiemie
2 knoffelhuisies, gekneus
2 ml paprika
2 ml droë origanum
50 ml meelblom
4 ml sout
500 ml water
Vulsel:
20 ml kookolie
1 soetrisse, ontpit, blokkies
5 ml botter
2 uie, gekap amandels
200 g sampioene, in skywe
375 ml gaar rys
10 ml sojasous
Maak eers die vulsel: verhit botter en olie en braai die helfte van die uie, al die sampioene, soetrissie en amandels. Hou aan roer en verwyder wanneer goed verbruin. Voeg rys en sojasous by en meng goed. Strek boud oop en maak oppervlakarea groter en platter deur dit ‘n bietjie in te kerf. Strooi knoffel, origanum en 2 ml sout oor. Vul met rysmengsel en bindstewig vas. Meng tiemie, paprika, 2 ml sout en meelblom en vryf regoor boud. Plaas op ‘n rak in braaipan. Voeg water en res van uie aan die kant by. Braai 3 uur by 160ºC.
GLANSLAMSBOUD
4 knoffelhuisies, in repe
15 ml kookolie
gesny 2 uie, gekap
1 dik sny volkoringbrood,
sout
gekrummel swart peper
50 ml pitlose rosyne
125 ml water
2 ml tiemie
2 ml sout
5 ml droë marjolein
10 ml bruinasyn
1 lamsboud, ongeveer 2 kg
meelblom
Glanssous:
25 ml elk:
Appelkooskonfyt
suurlemoensap
bruinsuiker
worcestersous
tamatiesous
Meng knoffel met brood, rosyne, kruie en sout. Maak ‘n paar insnydings in die boud, lardeer met krummelmengsel en strooi ‘n bietjie meelblom oor die hele boud. Verhit die olie in ‘n braaipan en braai uie sag. Voeg boud by en verbruin liggies. Verwyder uit stoof, geur en voeg water en asyn by. Bak 2 uur by 160ºC. Verhit bestanddele vir glanssous. Sprinkel helfte oor boud en res 15 minute later. Bak nog 15 min. Sny voor.
Ella Brandt
GRIEKSE LAMSBOUD GEREG IN DIE PRUTPOT OF OOND
Bestanddele:
2kg heel lamsboud,
85g blik tamatiepasta,
15ml suiker,
4 uie in kwarte,
2 heel knoffel,
410g x 2 blikke heel tamaties,
10ml sout,
5ml swartpeper,
3 takkies roosmaryn,
250ml water,
500g pastarys,
125ml ontpit swart olywe.
Metode:
Smeer boud met tamatiepasta en plaas in prutpot. Strooi suiker oor. Voeg res best, behalwe pastarys en olywe, by. Bedek en prut 8ure op Low of tot baie sag is. Voeg bietjie water by as droog kook. Haal uit. Voeg pastarys in pot by sous. Bedek en prut 20min op Hoog tot sag. Sny vleis in groterige blokke en voeg by met olywe. Prut so 10min op Hoog tot warm.
IN DIE OOND:
Smeer boud met tamatiepasta. Plaas in oondbak en strooi suiker oor. Vul die bak 1/3 met water. Rangskik uie en knoffel om boud. Voeg tamaties, sout, peper en roosmaryn by. Bedek en bak 5ure by 150 tot baie sag. Vul vloeistof aan indien nodig. Haal boud uit en voeg rys in bak. Bedek en bak 20min tot sag. Voeg vleisblokke en olywe by. Porsie 8
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.