Aartappel Koekies


Aartappelkoekies met filodeeg

Aartappelkoekies met filodeeg

AARTAPPEL EN CHEDDERKAAS ROLLETJIES/KOEKIES

Bestanddele:
4 groot aartappels, geskil
300 g cheddarkaas, gerasper
2 eiers, geklits
60 ml gekapte pietersielie
knippie rooipeper, of na smaak
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
6 velle filodeeg
sowat 50 ml gesmelte botter
sowat 150 ml olyfolie
30 ml gekapte pietersielie

Kook aartappels tot sag. Druk fyn met ‘n vurk. Daar kan nog stukke in wees. Voeg kaas, eiers en pietersielie by. Geur met rooipeper, sout en peper. Plaas een vel filodeeg op jou werkoppervlak. Smeer met gesmelte botter. Plaas ‘n tweede vel deeg bo-op. Smeer weer met gesmelte botter. Herhaal met ‘n derde vel.

Skep van die aartappelvulsel sowat 5 cm van
onderkant van deeg in ‘n lang wors. Vou deeg oor vulsel. Vou kante weerskante oor vulsel en rol op. Herhaal met die res. Maak toe met kleefplastiek en laat koud word in yskas. Sny koue rol
in skywe van sowat 3 cm. Verhit olyfolie in pan en braai sirkels weerskante vir sowat 3minute. Dreineer op kombuispapier. Sprinkel gekapte pietersielie oor en sit warm voor.

Deur: Radio Eendrag

 

LEFT OVER MASH POTATO CAKES

About 1 Cup  leftover refrigerated mashed potatoes (you want them cold so they are somewhat firm)
2 eggs beaten
1/2 C. Milk
1/4 Tsp. Baking powder
1/2 C. all purpose Flour
2 C. shredded cheddar cheese or cheese of your liking
1/4 tsp. nutmeg
1 clove garlic minced or crushed
Salt and pepper to your liking
1 Tbls. chopped fresh basil (or parsley)
about 2″ of oil in a frying pan or deep fryer

Mix together all of the ingredients except the cheese. If it’s too loose, add a little more flour. You want it thicker than a pancake batter, so you can drop spoonfuls into the oil without it flattening too much.

Now mix in the cheese and blend throroughly.
Add the fresh chopped basil or whatever herb you are using and mix it in.
Heat your oil to 375 degrees. When ready, drop spoonfuls of the mixture into the oil carefully. I use two spoons, one to hold the batter and the other to push it off and sort of “fold” it over as it goes into the oil.
Don’t overcrowd the pan. You want room to turn them over as they brown.
When the bottom is good and browned, gently turn them over using a spider strainer or a fork. You may have to loosen them from the bottom a bit while cooking if they start to stick. I just use a fork and gently go under them to loosen them up.

 

AARTAPPELKROKETTE MET KAAS (KOEKIES)
4 groot aartappels, gekook
30ml botter
15ml koekmeelblom
30ml gerasperde kaas
sout en peper
2 eiers
droë broodkrummels
kookolie om in te braai
Druk aartappels fyn en roer botter, koekmeelblom, kaas en sout en peper na smaak by. Meng met 1 eier en maak klein krokette soos worsies. Verkil in yskas tot hard. Klits die ander eier en doop krokette daarin en dan in broodkrummels. Braai weerskante vir 5-6 minute in warm olie tot goudkleurig. Lewer 4-6 porsies.

Lizette Venter

HASHBROWNS: AARTAPPELKOEKIES
2 – 3 Groot Aartappels
1 Groot Ui
2 Eiers
Kwart koppie Meel
3/4 Teel. Sout
1/4 Teel. gemaalde Swart Peper
2 Eetl. Olie

Metode:

Skil Aartappels , Maak die Aartappels en Uie fyn met ‘n Proseseerder of Rasper. Gooi die Aartappel mengsel in ‘n groterige Mengbak. Voeg die Eiers, Meel, Sout en peper by en meng goed.
Verhit 1 pan op ‘n matige stoof en voeg 1 TEEL, olie in, Vorm Koekies sodat dit 10 cm wyd en 1.2 cm dik is.
Braai vir 4 min per kant tot dit Goud bruin verkleur, Drein Koekies op Kombuis papier en herhaal, verplaas die olie elke nou en dan met 1 Teel op ‘n keer.

 

Georgia Strauss De Klerk

HASH BROWNS : AARTAPPELKOEKIES
500g gaar aartappels, en in 1cm blokkies gesny (ek rasper dit)
30ml koekmeelblom
125g spekvleis, fyngesny en gebraai tot bros
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 eiers, geklits
5ml droë tiemie
sout en varsgemaalde swartpeper
30ml botter
15ml olie

Meng die aartappelblokkies, spekvleis, koekmeelblom, knoffel, eiers, tiemie, sout en peper in ‘n mengbak saam.
Verhit die botter en olie in ‘n swaarboompan.
Vorm aartappelkoekies die grootte van jou handpalm.
Braai tot goudbruin aan albei kante.
Druk die aartappelkoekies effens plat met ‘n eierspaan terwyl gebraai word.
Dreineer op handdoekpapier en sit warm voor by ‘n ontbyt. Bedien 4 porsies.

AARTAPPELKOEKIES

Pamela Venter
3 aartappels, geskil 1 gekapte ui
1 eier, geklits 30ml koekmeelblom
sout en peper na smaak 5ml bakpoeier
125ml gerasperde Cheddarkaas 10ml gekapte pietersielie
olie om in te braai
Bedien dit dadelik.

AARTAPPELKOEKIES 

500 g aartappels, geskil en in kwarte gesny
sout na smaak
15 ml botter
2 ml sout
1 knypie witpeper
1 knypie neutmuskaat
1 heel eier, liggies geklits
1 eiergeel, liggies geklits
10 ml gekapte pietersielie
100 g Cheddarkaas, in 1 cm-blokkies gesny
1 sirkel fetakaas, grof gekrummel
50 ml sondroë-tamaties, grof gekap
sowat 100 ml koekmeel
1 eier, geklits
sowat 125 ml droë broodkrummels
sonneblomolie vir braai
Kook die aartappels sag in water wat met sout gegeur is. Dreineer goed, plaas terug in die kastrol en skud oor lae hitte totdat die aartappels heeltemal droog is. Druk die aartappels heeltemal fyn en klits met ’n houtlepel tot baie glad. Voeg die botter, sout, peper, neutmuskaat, eiers en pietersielie by en meng goed. Voeg nog sout by indien nodig, roer die kaasblokkies, fetakaas en tamatie liggies deur en laat afkoel.
Verdeel die mengsel in vyf gelyke dele. Vorm dit in netjiese koekies met effens meelbedekte hande. Sprinkel met meel, doop eers in die geklitste eier en dan in die broodkrummels. Bedek en plaas minstens 2 uur in die yskas. Verhit genoeg olie in ’n kastrol vir diepbraai tot matig warm. Braai die koekies slegs ’n paar op ’n slag tot goudbruin en bros. Dreineer op papierhandoeke en sit dit voor met ’n vars slaai.
NS Roer ’n blikkie tuna by indien verkies.

AARTAPPEL KOEKIES

Elize van Zyl
Bestanddele
4 Middelgroot Aartappels
1 Middelgroot Ui
1 Eier Sout en peper na smaak
250 ml Meelblom
5 ml Bakpoeier
Metode
Rasper die aartappels grof. Rasper die ui. Meng al die bestanddele goed.
Bak nou lepels vol in die warm kookolie, aan beide kante tot bruin.

ROOSMARYN AARTAPPEL KOEKIES

30 g botter
20 ml vars roosmaryn, fyngekap
1 kg baba-aartappels
Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter in ’n pan en voeg roosmaryn by. Laat kook vir 3 – 4 minute. Plaas aartappels in oondroosterbak en gooi die roosmaryn-botter oor.Oondrooster vir 30 – 40 minute. Haal uit en laat afkoel. Maak aartappels fyn en druk in ’n vierkantige vorm. Om te verhit, plaas op ’n gesmeerde bakplaat in die warm oond vir sowat 10 minute

aartappelkoekies 55555559

AARTAPPELKOEKIES

220 gr aartappels (skil, kook, en maak fyn)
220 gr aartappels (skil en rasper (rou)
200ml koekmeel
1tl sout
½ tl bakpoeier
1 eier
Meng al bogenoemde tot sagte deeg
Skep lepels vol in pan met vlak warm olie
Braai aan beide kante tot goudbruin

Wenk:
Gooi ½ tl droe of vars pietersielie by die beslag
Meng stukkies gebraaide spek in die beslag
Meng ‘n bietjie pitmielies in by die beslag
Meng spruituie in by die beslag
Meng bietjie gekapte spinasieblare in by die beslag

Advertisements

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s