Hoender/spek en kaas aartappeldis
Adapted from: singingthroughtherain
Bestandele:
500 gr ontbeende hoenderborsies, in blokkies gesny (rou)
6-8 medium aartappels (geskil) sny in groterige blokkies
1/3 kop olyfolie
1 ½ teelepel sout
1 teelepel swartpeper
1 eetlepel paprika
2 eetlepel knoffel poeier of bietjie knoffel vlokkies na smaak
2 eetlepels warm sous (bv peri peri)
Bolaag:
2 koppies kaas (1x mozzarella – 1x chedder)
250gr spek (gekap)
1 kop gekapte uie en paar stukkies spruituie gekap (die spruituie gee mooi kleur)
Hoe om te maak:
1. Verhit die oond tot 200 grade. Spuit ‘n bak met spray en cook
2. In ‘n groot bak, meng die olyfolie, sout, peper, paprika, knoffel poeier, en warm sous. Voeg die blokkies aartappels en hoender by en roer om te bedek. Versigtig Skep die aartappels en hoender in die voorbereide bak ..
3. Bak die aartappels en hoender vir 55-60 minute, roer elke 20 minute tot gaar, bros en bruin aan die buitekant. Terwyl die aartappels kook, braai jou spek tot bros.
4. Sodra die aartappels en hoender gaar is, verwyder uit die oond. Gooi bo-oor die aartappels die kaas, spek, en groen uie. Sit terug in die oond en bak vir 5 minute of tot kaas gesmelt is.
You must be logged in to post a comment.