OORSKIET BRAAIVLEIS GEVULDE AARTAPPELS
Oorskiet braaivleis in blokkies gesny
1 uie gekap
Gerasperde kaas
Bietjie olyfolie
Botter
Paar stukkies gebraaide spek snippers (opsioneel)
Gemengde groente – gaar gestoom (bv Country veg mix) of sommer net kool of broccoli of wortels – die keuse is joune
Sout en peper
Aartappels gaar gekook tot sag (skil aan)
Metode:
Sny vleis bv hoender, stukkies steak, stukkies skaap tjops ens in blokkies
Braai vleis stukkies en uie in olie
Gooi gaar gemengde groente in en meng deur
Sny aartappels oop
Sit bietjie botter in, sout en peper en skep die vleis en groente mengsel in aartappels
Sprinkel die kaas oor en gebraaide spek bo-op
Sprinkel net klein bietjie olyfolie bo-oor
Sit in oond tot kaas gesmelt is
DIEN DADELIK OP
Die gereg kan ook ‘n eenbak gereg wees. Kook aartappels tot gaar. Sny in helfte en pak in bakplaat – platkant na bo. Stip met botter, sout en peper. Gooi groente en vleismengsel bo-op, gerasperde kaas en spek stukkies bo-op en in die oond tot kaas gesmelt is.
EIERS IN ‘N NESSIE
Sny alle oorskiet vleis in blokkies. Braai saam, uie, sampioene, peppers, paar afgeskilde tamaties in blokkies gesny, sout, peper, knoffelvlokkies en die vleis. Voeg bietjie water by indien nodig. Maak holte in die vleismengsel, gooi eiers in die gaatjies, sit deksel op en stoom eiers tot gaar.
Jy kan ook, as jy wil, die eiers in beker gooi, klits en voeg bietjie melk by, gooi in vleismengsel en roerbraai. Bedien met snytjie brood of roosterbrood. (Dit was my pa se werk toe ons kinders was om die braaivleis in blokkies af te sny, dan maak my ma altyd die gereg vir ons Sondag aande)
You must be logged in to post a comment.