GEBAKTE KERRIEHOENDER
http://huisgenoot.com/kos/gebakte-kerriehoender/
Genoeg vir 4 mense
4-6 groot aartappels
sout en vars gemaalde swartpeper
6-8 hoenderporsies
40 ml olyfolie
30-45 ml hoenderspeserye of Masala Mix (Ina Paarman)
2 rooiuie, in kwarte gesny
2 heel knoffelhuisies
SOUS
15 ml mielieblom
20 ml water
125 ml room
125 ml jogurt
Hand vol koljanderblare (opsioneel)
Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n middelslag-oondbak.
Kook die aartappels tot net sag en sny in 2 cm-skywe.
Pak die aartappels in die bak en geur met sout en peper.
Verf die hoender met ’n bietjie van die olie en bedek dit met die hoenderspeserye.
Pak die hoender bo-op die aartappels gevolg deur die uie en knoffel.
Bak 15 minute.
Meng die mielieblom en water en roer dit saam met die room en jogurt in ’n mengbeker.
Giet die sous bo-oor die hoender.
Verlaag die hitte na 180 °C en bak nog 20-40 minute of tot gaar.
Sprinkel met koljanderblare en sit voor met rys.
You must be logged in to post a comment.