Skons/muffins met vleis mengsel


muffins met maalvleis

 

HENRIETTE WESSELS SE LEKKER VLEISPASTEITJIES MET SKON-TIPE DEGIE
Maak maalvleis gaar met chutney, uie ens (eie keuse) Sorg dat jou maalvleis ‘n droogerige beslag is. Moenie te souserig wees nie.
Ek dink as jy veggie catering mix insit by jou maalvleis kan dit ook lekker wees veral vir kosblik idees.
Deeg:
Klits saam:
3/4 kop melk
3/4 kop olie
2 eiers
1 kop meel
3 teel bakpoeier
1/4 teel sout
1 teel Aromat
Meng alles goed saam
Deeg bietjie dikker as pannekoek deeg
Spuit kolwyntjie pannetjies
Skep lepel vol deeg onder in
Skep dan een lepel vulsels (maalvleis klaar gaar)
Skep dan weer vulsel op om die maalvleis te bedek
Bak ongeveer 15 min tot ligbruin (180 grade)
Maak net seker jou maalvleis is nie te souserig nie, want dit maak jou deeg pap. Geniet…Heerlik ook as koud is.

Dankie Ancoise Strydom vir die bydrae

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s