Tag Archive | asparagus quiche

Aspersietert


 

aspersietert

Aspersie tert
Maak kors van 4-6 gebotterde brood korsies verwyder, pak in glasbak.
Vulsel
1blik aspersiepunte,
kwart tlp mosterdpoeier
1tlp bakpoeier,
1 eier
1kop gerasperde kaas,
knippie sout+peper,
halwe kop melk,
Meng alles skep op kors bak 20 minute 180°C

Korslose aspersietert
1 pak ontbytspek
1 groot ui, gekap
250 g botter / margarien
250 ml koekmeelblom
1 blik aspersieslaaistukke
900 ml melk
250 ml gerasperde Cheddar-kaas
50 ml fyn gekapte pietersielie
10 ml aangemaakte mosterd
2 ml sout en knypie rooipeper
4 eiers geskei
Metode:
Smeer ‘n oondvaste bak van 30 x 20 x
5 cm. Braai spek en ui saam in ‘n
groot dikboomkastrol totdat dit begin
verbruin. Skep uit en hou eenkant.
Smelt die margarien in dieselfde
kastrol oor lae hitte en roer die
koekmeelblom geleidelik by. Haal van
die stoof af. Dreineer die
aspersiestukke en vul die aspersievloeistof met melk aan tot 1 liter.
Roer die melk-mengsel geleidelik by
die meel-mengsel. Plaas dit terug op
die stoof, roer aan-houdend en verhit
oor matige hitte tot kookpunt. Haal
van die stoof af, voeg die
uiemengsel, aspersiestukke, kaas,
pietersielie, mosterd, sout en
rooipeper by en meng. Klits die
eiergele met ‘n vurk en roer by en
klits die eierwitte tot styf en vou
dit in die aspersiemengsel in. Gooi
die mengsel in die bak en bak dit
sowat 40 minute op die middelste
oondrak tot gaar en goudbruin bo-op

 

 Aspersietert
1Kop meel
125grmargarien
1 klein blikkie roommielies
sout
Meng alles en smeer in ‘n tertbord

Vulsel:
3 groot ui gekap en ge soteer in 65gr margarien
1Kop kaas
2mlsout
2eiers geklits
1 kop suurroom of yogurt
1Blik Aspersies(gedreineer)
1Tl suiker
Meng alles,gooi in kors en bak 45min.

Kits Aspersietert
250 g spekvleis, in stukkies gesny
2 uie, gekap
1 x 410 g blik aspersie slaaistukkies
250 ml gerasperde cheddarkaas
2 eiers
250 ml melk
3 ml sout
1 ml rooipeper
brosdeeg vir kors

Rol die brosdeeg dun uit en voer `n tertbord daarmee uit. Braai die spek en uie saam en laat afkoel. Skep dit bo-op die tertkors. Plaas die aspersies bo-op en strooi die kaas bo-oor. Klits die eiers, melk, sout en rooipeper saam en giet oor die vulsel in die kors. Bak die tert 45 min lank by 180°C.