Tag Archive | aspersie quiche

Aspersietert


 

aspersietert

Aspersie tert
Maak kors van 4-6 gebotterde brood korsies verwyder, pak in glasbak.
Vulsel
1blik aspersiepunte,
kwart tlp mosterdpoeier
1tlp bakpoeier,
1 eier
1kop gerasperde kaas,
knippie sout+peper,
halwe kop melk,
Meng alles skep op kors bak 20 minute 180°C

Korslose aspersietert
1 pak ontbytspek
1 groot ui, gekap
250 g botter / margarien
250 ml koekmeelblom
1 blik aspersieslaaistukke
900 ml melk
250 ml gerasperde Cheddar-kaas
50 ml fyn gekapte pietersielie
10 ml aangemaakte mosterd
2 ml sout en knypie rooipeper
4 eiers geskei
Metode:
Smeer ‘n oondvaste bak van 30 x 20 x
5 cm. Braai spek en ui saam in ‘n
groot dikboomkastrol totdat dit begin
verbruin. Skep uit en hou eenkant.
Smelt die margarien in dieselfde
kastrol oor lae hitte en roer die
koekmeelblom geleidelik by. Haal van
die stoof af. Dreineer die
aspersiestukke en vul die aspersievloeistof met melk aan tot 1 liter.
Roer die melk-mengsel geleidelik by
die meel-mengsel. Plaas dit terug op
die stoof, roer aan-houdend en verhit
oor matige hitte tot kookpunt. Haal
van die stoof af, voeg die
uiemengsel, aspersiestukke, kaas,
pietersielie, mosterd, sout en
rooipeper by en meng. Klits die
eiergele met ‘n vurk en roer by en
klits die eierwitte tot styf en vou
dit in die aspersiemengsel in. Gooi
die mengsel in die bak en bak dit
sowat 40 minute op die middelste
oondrak tot gaar en goudbruin bo-op

 

 Aspersietert
1Kop meel
125grmargarien
1 klein blikkie roommielies
sout
Meng alles en smeer in ‘n tertbord

Vulsel:
3 groot ui gekap en ge soteer in 65gr margarien
1Kop kaas
2mlsout
2eiers geklits
1 kop suurroom of yogurt
1Blik Aspersies(gedreineer)
1Tl suiker
Meng alles,gooi in kors en bak 45min.

Kits Aspersietert
250 g spekvleis, in stukkies gesny
2 uie, gekap
1 x 410 g blik aspersie slaaistukkies
250 ml gerasperde cheddarkaas
2 eiers
250 ml melk
3 ml sout
1 ml rooipeper
brosdeeg vir kors

Rol die brosdeeg dun uit en voer `n tertbord daarmee uit. Braai die spek en uie saam en laat afkoel. Skep dit bo-op die tertkors. Plaas die aspersies bo-op en strooi die kaas bo-oor. Klits die eiers, melk, sout en rooipeper saam en giet oor die vulsel in die kors. Bak die tert 45 min lank by 180°C.

Quiche en souffle


DIDI SE DOODGOOI SPINASIE QUICHE (Rsg)

Bestanddele
3 snye bruinbrood, gekrummel
1 ui, opgekap en gebraai (Meng die ui en die krummels)
2 koppies spinasie, gekook
6 sampioene, in skywe gesny
1 ui, opgekap en gebraai
1 pakkie gesnipperde spek
1 pakkie bruin uiesop
½ koppie Cheddarkaas
½ koppie maaskaas
3 eiers
Fetakaas, gekrummel

Metode
Sit gebraaide uie en brood wat gekrummel is onder in quiche-bak. Braai sampioene, spinasie, uie en spek. Meng soppoeier, cheddarkaas, maaskaas en eiers. Sit bo-op brood- en uie mengsel. Krummel feta bo-oor en bak vir ½ uur in voorverhitte oond teen 180 grade.

Quiche

GESONDE GROEN QUICHE
Maak-jou-yskas-leeg-quiche
Lewer 6 porsies
’n Wye verskeidenheid bestanddele kan ’n lekker vulsel vir ‘n quiche word. Begin met ’n gesoteerde ui en dalk ’n knoffelhuisie en ten minste 3 koppies bestanddele. Oorskiet vleis, hoender en groente werk goed. As dit nodig is, kan dit aangevul word met ’n koppie mieliepitte, ertjies of gevriesde gemengde groente. Geur dit met sout en peper, vars kruie of speserye van jou keuse.
15 ml (1 e) olyfolie
1 groot ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
750 ml (3 k) bestanddele van jou keuse
geurmiddels van jou keuse
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml (1 k) melk
3 eiers, geklits
50 g (125 ml) fyngerasperde Cheddarkaas
Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak of tertbak liggies.
Verhit olie oor matige hitte in ’n braaipan en soteer ui en knoffel tot sag. Voeg die res van die bestanddele by, geur na smaak en skep in die bak.
Klits die melk en eiers saam, geur met sout en peper en skink oor die bestanddele in die bak.
Sprinkel kaas oor en bak 30 minute of tot gestol. Sit as ’n ligte maaltyd met slaai voor.
Wenke
Geroosterde groente kan met oorskiet hoender of spek gekombineer word.
Ham en ertjies is ’n lekker kombinasie of tuna en mieliepitte.
Geur die melkmengsel met paprika, neutmuskaat, gemengde kruie, cayenne-peper of soetbrandrissie-sous volgens die bestanddele in die quiche.

BASIESE RESEP VIR ‘N SOUFFLE (Attie)
200ml dik witsous
3 eiers, geskei
100g (200ml) geurige bestanddele
2ml sout
peper / paprika (slegs vir geurige soufflés)
Plaas oondrak 2/5 van onder af in die oond en stel oond op 180°C.
Maak witsous.
Klts eiergele tot liggeel en dik. Meng eiergele met die res van die bestanddele, behalwe die eierwit. Klits die witte tot stywe stadium en vou die eiermengsel daarby in.
Skep mengsel in oondskottel waarvan net die boom gesmeer is. Die oondskottel moenie meer as ¾ vol wees nie.
Sit die oondskottel in die oond in ‘n pan met warm water en bak +/- 45 minute lank.
Dien dadelik op.
Variasies:
Geurige soufflé: Meng gaar, gemaalde ham en gesorteerde sampioene / gebruik fyngemaakte vis, gemaalde gaar hoender, kalkoenvlies of gar, fyn groente.
Kaassoufflé: Meng 200ml Cheddarkaas by die witsous totdat dit gesmelt het. Voeg ook 1ml mostert by.

QUICHE

Kors:

240 g Koekmeel

230 g Botter
150 g Cheddarkaas

Vulsel:
500g Spinasie
45 ml Canola olie
250 g Spek
1 groot Ui
1 Knoffelhuisie
300 g Sampioene
Sout
Peper
Aromat
Gedroogte origanum
100 g Gerasperde cheddarkaas

Bolaag:
3 Eiers
150g Korrelrige maaskaas
100 ml Melk
1 wiel Feta

Meng al die bestandele met ‘n voedselverwerker totdat dit ‘n deeg vorm. Gebruik dan ‘n koekpan met ‘n los boom en smeer die kante en die boom met die deeg. Laat staan in die yskas vir 15min.

Soteer die spek, uie, sampioene en knoffel in canola tot gaar. Kook die spinasie en voeg by die gaar spekmengsel. Laat dit vir 5min kook. Voeg al die speserye by. Skep mengsel eweredig in pan. Strooi gerasperde kaas oor.

Klits al die bolaag se bestandele behalwe die feta. Giet die mengsel oor die spinasie. Frimmel dan die feta kaas oor.

Bak vir sowat 40min in die oond by 180oC.

Bedien warm of koud saam met gebraaide kersie tamaties, of net ‘n lekker mengel slaai.

ASPERSIE QUICHE

Deur Herman Lensing, SARIE – April 2011
1 x 400 g-rol blaardeeg
250 g spek, fyngekap
170 g vars aspersies
3 eiers
100 ml room
30 ml tiemie
sout en swartpeper
Verhit oond tot 180 ˚C. Spuit ‘n 9,5 x 33 cm-losboomquiche- pan met kleefwerende kossproei. Gebruik ‘n koekroller en rol blaardeeg op ‘n meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 3 mm dik. Voer quiche-pan uit met deeg. Prik bodem met ‘n vurk en bak vir 10 minute of tot begin verkleur. Sprinkel spek op bodem van kors, gevolg deur heel aspersies. Meng eiers, room en tiemie saam. Geur goed met sout en swartpeper.Gooi bo-oor aspersies en plaas terug in oond. Bak verder vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gestol. Laat effens afkoel en sit voor met slaai van jou keuse.
wenk
As jy nie van aspersies hou nie, kan jy ook uie in dun ringe sny en dit saam met swartolywe gebruik as vulsel.

SPINASIE QUICHE
Bestanddele
1 blikkie soutbeesvleis of Lunch Loaf (opgesny)
1 pakkie bevrore skilfer deeg
250 ml gerasperde kaas (cheddar)
2 groot uie, fyn gekerf
500 ml geblanseerde spinasie, gesnipper
25 ml gekapte pietersielie
1 blikkie (410 g) ingedampte melk
4 eiers
30 ml koekmeel
25 ml blatjang
2 ml (knypie) rooi peper
liSout en peper na smaak

Metode
Voer die tertbord met die deeg uit. Meng al die bestanddele goed saam.

HAM EN PYNAPPEL QUICHE

1 Rol broskorsdeeg
2 Uie, gekap
2 Rooi peppers, in blokkies gesny
30 ml Koekmeel
500 g Ham, in blokkies gesny
1 Blik Pynappelstukke
5 Eiers, geklits
250 ml Melk
500 ml Dikroom
20 ml Aangemaakte mosterd
Sout en peper na smaak
500 ml Gerasperde Kaas

Metode:
Voer tertbord uit met deeg en bak blind vir 20 min. Soteer ui en soetrissie in bietjie botter, roer meel by en laat effe afkoel. Voeg ham en pynappel by en roer deur, giet in tertbord. Klits melk, room, mosterd, geursel en kaas saam en giet oor vulsel, bak 25 min lank of tot gestol.

MIELIE SOUFFLE

1 blik Pitmielies, gooi die water af.
1 blik Roomsoortmielies
2 snye brood – gekrummel, (nie vars brood nie)
1 en ‘n half koppie gerasperde cheddar kaas
2 eiers + ‘n kwart koppie melk geklits – geur met sout, peper en gemengde kruie
Meng alles goed saam, gooi mengsel in oondvaste bak (spuit bak met Spary en Cook)
Bak vir 40-45 minute by 180 grade Celsius.

BILTONG EN CHEDDARKAAS QUICHE
SARIE KOS 2011

1 Rol blaardeeg
100gr cheddar kaas
160gr gekerfde beesbiltong
2 eiers
250ml room

Swart gemaalde peper

Rol skilferkors uit.
Voeg gesmeerde 18cm terborduit met kors
Sprinkelkaas onder in bord en rangskik biltong bo-op
Klits eier en room saam en gooi bo-oor kaas en biltong.
Geur met peper
Bak in vooraf verhitte oond by 180 grade vir 35 minute
Tert is gaar as eier gestol is.
Bedien saam met ‘n lekker mengelslaai.

IMG_0179999
BILTONG TERT/QUICHE (vir 1 tert of 10 ramekins)
1 Pak blaardeeg – rol uit en druk in plat tertbak of in ramekins (1 blaardeeg puff patry is genoeg vir 10 bakkies)
Rasper nou ‘n klomp kaas bo-oor
Gooi ongeveer 300gr gekerfde biltong oor
Klits saam:
6 eiers
250ml room
1 houertjie gladde maaskaas of roomkaas (by kamertemperatuur)
Sout en peper na smaak
1 kop melk
Gooi bo-oor die deeg en biltong – rasper weer net bietjie kaas bo-oor en bak in oond vir 1 uur op 180 grade
Net voor opdiening, gooi nog paar stukkie biltong oor. Bedien warm of lou.

IMPOSSIBLE QUICHE
3eggs,
1 chopped onion,
1 cup grated cheese,
salt & pepper,
1 tablespoon oil,
green pepper,
chopped bacon,
mushrooms (anything you want) 1/2cup selfraising flour,
1 1/2cup milk–

Put all ingredients into a large mixing boul with a lid. seal & shake for 1 min…pour into greased dish.bake 30 – 40 mins at 180!

 

SPEK EN SAMPIOEN QUICHE
DEEG
250ml koekmeel
250ml gerasperde cheddar kaas
125g botter
Meng al die bestanddele tot ‘n sagte deeg in ‘n voedselverwerker. Druk in bodem en kante van gesmeerde 24cm quiche bak.

VULSEL
250g gesnipperde spek
15ml botter
250g sampioene, gesny
3 eiers
375ml melk of room(250ml room & 125ml mascarpone)
15ml suurlemoensap
250ml gerasperde cheddar kaas (100g)
3ml mosterd poeier
3ml sout
Swartpeper na smaak
5ml vars kruie of 2ml gedroogde kruie

Braai spek. Verwyder en hou eenkant. Sit botter by spek vet en braai sampioene. Gooi spek en sampioene in deegbasis.
Klits eiers, room en suurlemoensap saam.
Voeg kaas by en geur.
Gooi in basis en bak in voorverhitte oons by 160˚C vir 45min.

Bedien 4-6
Madri Cordier

FETA EN VY QUICHE
Deeg
400g meel
2 ml sout
200g botter
90 ml koue water
Sif die meel en sout in ’n groot mengbak. Sny die botter in blokkies en vryf by die meel in tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die koue water by en vorm ’n deeg. Bedek met kleefplastiek en plaas vir 30 minute in die yskas. Smeer ’n pan met botter. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en voer die pan uit met die deeg. Sit waspapier bo-op die deeg en vul met boontjies. Bak vir 20 minute teen 200 °C.

Vulsel

350 g Feta kaas in blokkies
500 g vye in helftes/kwarte
2 Eetlepels heuning
Handvol okkerneute fyner gekap
6 eiers
500 ml room
250 ml melk

Sit die feta kaas blokkies in die oondbak. . Rangskik die vye eweredig bo-op die kaas. Sprinkel die neute oor die vye. Klits die eiers, heuning, melk en room goed saam. Gooi die eiermengsel oor die vulsel en bak vir 45 minute teen 180 °C.

QUICHE LORRAINE

Bestanddele:
1 rol bevrore pastei deeg
250 g bacon
1 koppie melk
½ koppie volroom room
3 eiers
½ t sout
½ t swart peper
1/8 t neutmuskaat
1 koppie gerasperde cheddar kaas
¾ koppie fyngekapte ui
bietjie olie om ui in te soteer
METODE
VOORVERHIT OOND TOT 180ºC
SMEER OF SPUIT TERTBORD
ROL DEEG UIT EN VOER DIE TERTBORD U IT MET DIE DEEG
BAK DIE TERTKORS SONDER ENIGE VULSEL VIR 20 MINUTE, MET NET DROË BOONTJIES IN (BLIND BAKE), VERWYDER DIE BOONTJIES, STEEK KLEIN GATJIES MET ‘N VURK IN DIE BASIS EN BAK ‘N VERDERE 10 MINUTE
WANNEER GAAR, HOU EENKANT
VERHIT OLIE IN PAN EN BRAAI BACON TOT BROS, SKEP UIT OP HANDDOEKPAPIER EN DRUK OORTOLLIGE OLIE UIT
LAAT AFKOEL EN SNY IN KLEIN BLOKKIES
GEBRUIK DIE BACON OLIE OM UI IN TE SOTEER, NET TOT GLASERIG, NIE BRUIN NIE
VERSPREI DIE GESOTEERDE UI EGALIG ONDER IN DIE TERTBORD
KLITS DIE EIERS IN ‘N GROOT MENGBAK
VOEG NEUTMUSKAAT, SOUT EN PEPER BY, KLITS DEUR
VOEG MELK EN ROOM BY, KLITS TOT EFFENS SKUIMERIG
PLAAS DIE BACON BO-OP DIE GESOTEERDE UIE, GEVOLG DEUR DIE GERASPERDE KAAS
GIET DIE EIERMENGSEL IN DIE TERTBORD
ROER DIE MENGSEL LIGGIES DEUR MET ‘N VURK OM ALLES EGALIG TE VERSPREI.
PLAAS IN DIE MIDDEL VAN DIE OOND EN BAK VIR 30 – 40 MINUTE
17. TOETS DIE STEWIGHEID NA 30 MINUTE, DIT MOET NOG BIETJIE BEWE, MAAR NIE SLAPPERIG NIE.
HAAL UIT EN LAAT AFKOEL OP ‘N AFKOELRAKKIE
BEDIEN TEEN KAMERTEMPERATUUR OF KOUD, OF HERVERHIT LIGGIES IN ‘N OOND 100ºC VIR 20 MINUTE.

Genoeg vir 6 mense

 

TUNA EN SPINASIE QUICHE

Die tuna kan ook met fyn hoender vervang word.
Bedien 3-4
2 tuna chunk blikkies (gedreineer)
1 ui gekap
30gr spinasieblare (fyngekap)
sout en gemaalde swartpeper
6 eiers geklits
50ml mayonaise
Meng die tuna, ui, spinasie sout en peper
Gooi in tertbak
Klits die eiers en mayonaise en gooi bo-oor (jy kan so ‘n klein bietjie gerasperde kaas ook bo-oor gooi)
Bak 20 min by 180 grade

 

Roasted Butternut, Caramelized Onion, Feta & Mixed Herbs Quiche
serves 8 – 10

Enough shortcrust pastry to suit the size of the dish you are using to make your quiche in
1kg butternut roasted (I roasted it the same was I always do when making my butternut soup)
2 large onions, chopped
200g feta, roughly crumbled
chopped mixed fresh herbs of choice
200ml milk
100ml cream
3 eggs
seasoning
1 tsp sugar
1 clove of garlic, diced
200g grated cheddar
olive oil
Preheat the oven to 180C
I made my quiche in a large spring form tin, you don’t need to grease the tin as the pastry won’t stick.
Roll out the pastry and cut to desired size. You want to ensure that you have a pie like crust for the quiche, so ensure your pastry comes up the sides of the tin. Remember your pastry shrinks when baked so leave a little room for shrinking.
Blind bake for 25 – 30 minutes.
While the butternut is roasting, fry off the onions in a drizzled of olive oil, sprinkle the sugar over the onions and let caramelize, add the garlic and sauté gentle. Do not burn the garlic as this will make your quiche bitter.
Mix the butternut, onions and feta, with the herbs in a bowl, season to taste.
Mix the milk and cream together and add the eggs. Ensure that the mixture is well incorporated.
Place your butternut mixture evenly in the pastry base, pour the milk mixture over, tap the tin once or twice to get the mixture to seep through the butternut, sprinkle cheese over the top and bake for 45 minutes.
Turn your oven up to grill for 2 – 3 minutes just long enough for the cheese to form a nice crust over the top.
Remove and let cool for 5 minutes, release spring form clasp. Let sit for another 5 minutes.
Cut and serve with a beautiful garden salad.