Tag Archive | sausages

Wors – varkwors – russians en kaasworsies


varkworsie strogonoff

WORS Stroganoff

Bestanddele

1 eetl olyfolie
8 varkworsies
4 repe spekvleis, gekap
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
500 g sampioene, gesny
250 ml beesvleisaftreksel
60 ml tamatiepasta
1 teelepel paprika
60 ml gewone jogurt

Metode:

Braai wors tot gaar en mooi bruin.
Sny elke wors in 3 of 4 stukke en sit eenkant.
Voeg olyfolie ‘n pan en braai uie tot sag.
Voeg spek en knoffel by en braai tot spek gaar is.
Voeg sampioene by en braai vir ongeveer 5 minute of totdat sampioene sag is.
Voeg beesvleisaftreksel, tamatiepasta en paprika by en bring tot ‘n prut, roer goed.
Voeg gaar wors stukke by en prut vir ‘n paar minute.
Roer jogurt by, meng goed en prut tot deurwarm.
Sit voor saam met kapokaartappels of rys.

VARKWORSIE (PORK BANGERS) GEREG:

1 kg varkworsies

1 groot ui gekap

1 green pepper gekap

50ml tamatiesous

50ml wostersous

50ml chutney

410gr perske skywe

Braai uie, greenpepper en varkworsies (ek sny my varkworsies so in 2 of 3 stukkies)

Voeg by die 3 souse en laaste die perskes met die stroop en laat prut vir so 10/15 min

Bedien saam met mayo mash, ertjies en mengelslaai

Ilse se varkworsie gereg

Ilse se varkworsie gereg

ILSE SE VARKWORSIE EN SPAGETTI GEREG

6-8 mense

1 pak spaghetti
1 hoender aftreksel blokkie
Water

3 uie, gekap
Kookolie
500g pakkie Eskort Russians, wieletjies gesny
1 blikkie tamatie en uie smoor
1 blikkie water
1 pakkie tomato and herb pasta sauce
1 e gemengde kruie
Sout en peper na smaak
1 blikkie mushrooms
2 k gerasperde kaas
Vars pietersielie stukkies

Kook spaghettti in water saam met blokkie tot gaar.
Braai uie in olie tot bruin
Voeg russians by en braai tot deur warm en effens bruin.
Gooi die tamatie smoor by asook dit water.
Bring tot kookpunt.
Maak die pakkie tomato en herb aan met bietjie water en voeg my russian mengsel.
Laat kook tot sous verdik.
Voeg sout en peper na smaak by.
Voeg mushrooms by en laat deurkook tot warm.
Die mengesel is BAIE souserig en nie baie dik nie.
Skep spaghetti in ‘n oondvaste bak. Jy kan maar die grootte uit die kas haal.
Gooi die russian mengsel oor en krap goed deurmekaar
Sprinkel kaas oor en bak 45min op 180C
Haal uit en laat ongeveer 30 minute afkoel om te set.
Bedien met vars broodrolletjie en mengelslaai.
Sprinkel pietersielie oor

Advertisement

Roerbraai


Hoender en rissie roerbraai - foto www.bbcgoodfood.com

Hoender en rissie roerbraai – foto http://www.bbcgoodfood.com

Hoender en Rissie Roerbraai

4 hoenderborsies, ontvel en in repies gesny bietjie olie
ertjie peule 1 rooi soetrissie, in repies gesny
4 brandrissies 3 knoffelhuisies, ontvel
2 uie, gekap 1 klein stukkie gemmer
paar vars koljanderblare 90ml sojasous
30ml bruinsuiker amandels vir garnering

Braai die hoender in ‘n bietjie olie in ‘n braaipan tot goudbruin. Skep dit uit en hou eenkant. Soteer die soetrissie en ertjiepeule tot sag. Skep uit en hou eenkant. Soteer die brandrissie, knoffel, uie, gemmer en koljanderblare vir ongeveer 5 minute. Voeg nog ‘n bietjie olie by as dit te min is. Skep die hoender, soetrissie en ertjiepeule terug in die braaipan. Meng die sojasous en bruinsuiker en giet oor die hoender. Braai tot alles deurwarm is. Sit voor met noedels en rond af met koljanderblare en amandels.

Hoenderroerbraai met groenbone en aspersies - photo PhamFatale.com

Hoenderroerbraai met groenbone en aspersies – photo PhamFatale.com

Hoenderroerbraai met groenbone en aspersies

30ml sonneblomolie 1 knoffelhuisie gekneus
375g hoendervleis, vel verwyder en in 250g groenbone, gehalveer
dun repe gesny 1 middelslag ui, gekap
250g aspersies, gehalveer 250ml hoenderaftreksel
30ml droë sjerrie 20ml sojasous
sout en vars swartpeper na smaak 2ml fyn gemmer
20ml mielieblom, aangemaak met ‘n bietjie water.

Verhit olie in swaarboomkastrol. Voeg hoender en knoffel by en braai vinnig tot bruin (sowat 1 minute.) Roer voortdurend. Voeg die uie, groenbone en aspersies by en roerbraai totdat groente gaar, maar nog bros is (sowat 3 minute) Meng die hoender aftreksel, sjerrie, sojasous,sout, peper en aangemaakte mielieblom goed saam. Gooi oor vleis en groente. Laat toe om te kook en prut 4 minute lank. Sit voor met pitabrood.

Soetsuur roerbraai - Eckrich

Soetsuur roerbraai – Eckrich

Soetsuur Roerbraai

40 ml olie 500g Frankforters, skyfies gesny
1 ui, ringe gesny 1 knoffelhuisie, gekneus
2 wortels, dun repies gesny 1 soetrissie, ontpit en gekap
200g swart sampioene, skywe gesny 750ml gaar stampmielies
440g blik pynapelstukke behou stroop 15ml sojasous
20ml mielieblom 7ml sout
grofgemaalde swartpeper.

Verhit olie in ‘n braaipan of wok en braai die Frankforters tot bruin. Voeg die ui en knoffel by en braai tot deurskynend. Voeg wortels, groenrissie, sampioene en stampmielies by en roerbraai oor matige hitte. Meng 200ml pynappelstroop met sojasous en mielieblom. Roer dit sowel as die pynappelstukke en geurmiddels by die groente en roer totdat die mielieblommengsel verdik het.

Worsie en macaroni roerbraai mumskitchencorner

Worsie en macaroni roerbraai mumskitchencorner

Worsie en macaroni Roerbraai

500ml elmboogmacaroni 15ml kookolie

450ml varkworsies 1 groot ui, in dun skyfies gesny

1 rooi appel, in dun skyfies gesny 15ml vars, gekapte pietersielie

30ml ongegeurde jogurt sout en peper na smaak

tamatieskyfies vir garnering

Kook die macaroni in soutwater tot gaar en spoel af onder lopende koue water.
Verhit die kookolie in ‘n swaarboompan en braai die worsies 10-15 minute lank
daarin. Draai dit dikwels om. Sny dit in skyfies wanneer dit gaar is. Meng die
worsie, ui- en appelskyfies, pietersielie en jogurt en geur dit met sout en
peper. Verhit dit oor lae hitte tot deurwarm terwyl dit liggies geroer word.
Skep dit in ‘n verhitte opdienbak en garneer met tamatie skyfies. Bedien dit
dadelik. Lewer 4 porsies

Roerbraaigroente met appelsap en knoffelbotter

45ml sonneblomolie 5ml donker sesamolie

1 groot ui, in dun ringe gesny 2 knoffelhuisies, fyn gedruk

200g wortels, in julliene repies gesny klontjies knoffelbotter

350g geskilde murgpampoentjies in julliene repies 200g wit sampioene, in
skyfies gesny

500ml lensiespruite 125g mangetout, skoongevee

250ml onversoete appelsap 15ml mielieblom

30ml sojasous geroosterde sesamsaad

Verhit die olies in ‘n groot braaipan. Voeg die uie, knoffel, wortels en
murgpampoentjies by en roer aanhoudend oor medium hitte vir ongeveer 5 minute.
Voeg die sampioene, spruite en mangetout by en roer nog vir 5 minute of tot
alles glansend en gaar, maar nog bros is. Meng die appelsap, mielieblom en
sojasous en voeg by. Roer tot die sous begin dik word en kook. Skep die groente
uit in ‘n groot, warm opdienskottel en strooi sesamsaad oor.

Heerlike roerbraai resep,

1pak hawaien roerbraai groente, 1kg maalvleis, of 1kg hoender filette, of 1kg
beesvleis in repies gesny. 2 uie, chillie sous, sout en peper.Gebruik groterige
pan of wok. Kap die uie fyn en braai in olyfolie tot bruin, voeg die groente by
en kook vir so 15min en voeg bietjie water by indien droog, voeg ook sout en
peper by na smaak en ook die chillie sous, indien verkies voeg sous by wat jy verkies.
Kook vir nog so 15min tot water weggekook is Kook so 2 koppies rys tot gaar, en
bedien die roer braai op die rys of voeg die gaar rys by die roer braai. Lekker
vinnig as jy gou moet kos maak, bon appetit

 

Souttert


Souttert

Souttert

Ma Charlet se Korslose Souttert

Rencia Odendaal Pretorius

Bestandele:

250 gr spek gesnipper

250 gr weense worsies gesny

500ml gerasperde kaas

1 ui gekap

35 ml rosyne

10 ml pietersielie

40ml meel

5ml mosterd

Sout en peper

250ml melk

4 eiers

Metode:

Meng melk en eiers

Meng al die ander  bestandele  saam en gooi die melk en eier mengsel by – Meng deurmekaar en bak

vir  30/40 min by 180 grade C

*

Belinda Nortje Botha

Maklike souttert

1 pakkie bacon (gesnipper)
1 ui (fyn opgesny)
6 viennas (ringetjies gesny)
6 snye brood (in blokkies gesny)
500 ml melk (louwarm)
4 eiers
Paprika

Braai ui en bacon net tot gaar en laat afkoel. Week brood in die melk tot pap. Meng nou alles saam (behalwe paprika) en gooi in gesmeerde bak. Bak tot goudbruin bo op by 180 grade. Strooi paprika oor en laat afkoel. Baie lekker resep.

Vir vis tert verwyder net al die vleis en voeg 2 blikkies tuna by

 *

Raap en skraap souttert

Bestanddele
9 Snye Witbrood in blokkies gesny
500 ml Koue Melk
250 g Koue vleis (enige soort) 2 k Kaas
6 Eiers geklits
60 ml Botter
1 ui Fyngekap

Metode
Week brood in die melk. Voeg vleis, kaas en botter by. Meng deeglik met vurk. Bak tert by 180° C vir 30 minute.

*

SOUTTERT

3 Snye wit brood

5 eiers

1x 125gr polonie gerasper

1 groot ui gerasper of gekap

1tl mosterd

3 kop melk

1 groot blik vienna’s gerasper

3 kop chedderkaas gerasper

Peper

Pietersielie

Gooi 1 en half kop water by brood (week)

Meng ander melk en eier

Voeg alles bymekaar en bak by 180 grade vir ongeveer 30/40 min tot gaar en goudbruin.

*

SOUTTERT

6 Snye witbrood/bruinbrood in blokkies (sonder korsies)

1 Koppie melk

125ml gesmelte margarien

3 Eiers

1 Teelepel bakpoeier

Sout en gemaalde peper na smaak

Uie

Spek (enige oorskiet vleis kan opgesny word)

Sampioene (kan vervang word met green pepper)

1 Koppie gerasperde kaas

Klits melk, eiers en bakpoeier saam. Week brood in eersgenoemde. Gooi gesmelte margarien by. Braai uie, spek en sampioene saam tot gaar. Gooi als bymekaar met half koppie kaas en meng en gooi in gesmeerde oondbak. Gooi res van kaas bo-oor en besprinkel met paprika en bak vir 30-40 minute @ 180 grade.

KORSLOSE SOUTTERT

BESTANDELE

450g Cheddar Kaas
250g Spek
1 Blikkie weense worsies
8 Geklitste Eiers
4 k Melk
4 e Meelblom
1 e Mosterd
1 e Gedroogde Pietersielie
2 e Gerasperde uie
Sout & Peper
METODE
Rasper kaas en weense worsies.
Versnipper spek en meng al die ander bestanddele en voeg by kaas mengsel.
Verdeel in gesmeerde tertpanne of een groot bakpan
Bak vir 40min teen 180°C
WENK
Gooi die mengsel in kolwyn pannetjies, strooi pietersielie en rooipeper oor, indien verkies.
Bak nou teen 180°C vir 10 tot 15 minute.
Lewer sowat 5 dosyn.

http://www.wildnews.co.za/