Tag Archive | sjerrie

Biltongsop


biltongsop

SONJA SE ROMERIGE BILTONGSOP
Sonja Klein
Dis heerlik op ‘n koue aand!
125 g botter of margerien
200 ml koekmeelblom (¾ kop)
500 ml melk (2 kop)
1.5 liter beesvleisaftreksel
2 ml fyn neutmuskaat (¼ tl)
2 ml fyn koljander (¼ tl)
sout en vars gemaalde peper na smaak
200 ml room (¾ kop)
100 g biltong poeier
200 ml gerasperde kaas

En hier moet jy roer hoor!!!
Smelt botter in ‘n swaarboomkastrol, voeg dan meel by en kook dit vir 2 minute terwyl jy voortdurend roer.
Voeg melk by en bring tot kookpunt.
HOU AAN met ROER! sodat dit glad bly.
Voeg aftreksel, neut, koljander en sout en peper by.
Prut vir ongeveer 10 minute en roer voortdurend totdat dit verdik en glad is
Voeg room en biltong poeier by en verhit vir ‘n paar minute.
Verwyder van hitte, voeg kaas by en roer goed deur.
Sit dadelik voor.
Enjoy!!
NB!!!
Omdat biltong poeier souterig is proe eers voordat jy nog sout by voeg.

*Ek sny n uitjie baie fyn en braai liggies in botter en gooi n teelepel fyn knoffel ook by.
*Ek gebruik biltong poeier, en ook n hand of 2 fyngekerfde biltong by.
*Ek gebruik 250ml koekmeel vir n dikker sop
*Ek krummel n skyf fetakaas in die sop net voor opdiening.
*Jy kan n knertsie sjerrie net voor opdiening ook ingooi.

*

Dorè Van Wyk Els
BILTONGSOP
2 gekapte uie,

100g botter,

2 fyn knoffelhuisies

60ml koekmeel,

500ml hoenderaftreksel

250ml warm melk,

125g biltong fyn gekap,

60ml bloukaas krummels,

60ml fetakaas krummels,

sout en swartpeper na smaak.

Braai uie in botter.voeg knoffel by en braai.Voeg meel by en braai tot borrel.Voeg aftreksel by en roer terwyl verhit tot kookpunt.Voeg melk by en verhit weer tot kookpunt.
Prut tot gaar. Voeg die biltong by en verpulp die mengsel tot glad. Verhit net voor opdiening weer tot kookpunt en roer die kaas by. Geur met sout en peper na smaak. HEERLIK AS VOORGEREG. Kan verdun word deur meer melk by te voeg.

*

Georgia Strauss De Klerk
BILTONGSOP (Pasella)
Hierdie dis is vir Pasella voorberei as deel van ʼn tipiese Suid-Afrikaanse middagete.
(Bedien 4)
½ k botter
1 k meel
1 L beesvleisaftreksel
1 k fyn biltong
100 g bloukaas
200 g cheddarkaas
1 k room
Smelt die botter en roer die meel by.
Voeg die vleisaftreksel bietjie vir bietjie by terwyl geroer word.
Verhit tot kookpunt en prut tot verdik.
Voeg biltong by en laat baie stadig prut, sodat biltonggeur kan deurtrek.
Proe en voeg sout en peper by na smaak.
Roer die room by, en haal van die hitte af.
Voeg gerasperde kaas by en roer deeglik.
Die hitte van die sop sal die kaas laat smelt.
Bedien met nog gerasperde biltong oor.

*

BILTONG SOP

125ml (1/2 k) botter
2 Beesvleisaftrekselblokkies
2 t gemaalde swartpeper
½ t neutmuskaat
½ t koljander
250ml koekmeelblom
500ml melk
1,5L kookwater
1 k gerasperde cheddar kaas
200g fyngekerfde biltong
Room en port (opsioneel)
100g bloukaas, gerasper of gekummel

Metode:
Smelt botter in kastrol, krummel aftrekselblokkies oor en voeg die speserye by.
Roer die meel in, meng water en melk, voeg dit by die meelmengsel, roer aanhoudend, jy soek nie klonte nie!!!!
Verwyder sop van die stoof, en roer die chedderkaas en helfte van die biltong in.
Moenie die mengsel weer laat kook nie, hou net warm. Roer ‘n bietjie room en port in net voor opdiening. Skep sop in borde, sprinkel orige biltong oor, en krummel bloukaas oor.

*

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)
BILTONGSOP
Begin deur ‘n Biltongaftreksel te maak. Indien jy haastig is kan jy beesvleisaftreksel van ‘n blokkie maak maar die smaak is nie dieselfde nie.
Neem ‘n stuk nat beesbiltong – sonder vet- wat so 8cm lank is, rasper dit fyn en voeg 1,5 liter water by.
Prut met die deksel op vir 30 -45 minute.
Smelt 125g Botter of Bakmargarien in ‘n pan voeg 1¼ koppie koekmeel by en roerbraai vir so 3 minute.
Voeg nou 2 koppies Melk bietjies bietjies by en bring tot kookpunt. Hou aan roer om klonte te vermy.
Voeg nou jou aftreksel, ¼ teelepel neutmuskaat, ¼ teelepel koljander en ‘n ¼ teelepel kaneel by ( Jy kan al die bogenoemde bestandele vervang met ‘n ¾ teelepel Wonderpeper [“All Spice”].)
Sny nou jou biltong ‘n dun skywe en sny dan elke skyfie in drie. Ek sê altyd ek verkies twee klein stukkies biltong op my lepel as een groot stuk wat oor die rant hang maar smaak verskil. Jy kan ook biltongpoeier gebruik maar ek verkies die stukkies.
Jy het omrtent (na smaak) 1 koppie biltong nodig.
Voeg nou die biltong, 200ml Room en 50ml Sjerrie – daai ou bruines – by en bring stadig tot kookpunt. Laat prut vir 10 minute, voeg ¾ koppie blou- of cheddarkaas by en verwyder van hite.

Advertisement

Tuna Voorgereg


Tuna Voorgereg - brit

Tuna Voorgereg – brit

 

Vinnige Tuna voorgereg
Rencia Odendaal Pretorius

1 Blik tuna – gedreineer en gevlok
Mayonaise, sout,peper, bietjie colemans mosterd, chutney
1 Uie – gekap
Meng alles liggies deur
2 Hardgekookte eiers – in ringe gesny
Skep lepel vol op oop stukkie blaarslaai, sit so 2/3 skyfies eier bo-op, sit paar gesnyde stukkies biltong op die bordjie en ook ‘n soutkoekie.
Opsioneel, ek het ook al bietjie spagetti sag gekook en in stukkies gesny en die ook in die tuna ingemeng. Dit rek die resep en is ook net so lekker. Moenie skrik vir die biltong saam met die tuna nie, die geure gaan lekker saam.
Bedien

Tuna en Piesang voorgereg

(Liza Bosch)
Bestanddele
1 blik Tuna, gevlok
50 ml Mayonnaise
3 Piesangs, in skyfies gesny (bedruip met suurlemoensap)
50 ml Wit Uiesop poeier (droog)
4 e ingelegde uitjies en agurkies (fyngekap)
Blaarslaai

Metode
Meng al die bestanddele saam. Spoel blaarslaai skoon af en sit onder in voorgereg kelkie of skulp. Skep die mengsel bo-op en versier met ‘n takkie pietersielie.

Tuna en Sjerrie voorgereg

(Liza Bosch)
Bestanddele
2 Blikkies Tuna gedreineer
250 ml Mayonnaise
2 Appels
15 ml Gekapte Pietersielie
125 g Maaskaas
125 ml Tamatiesous
1 Ui
30ml Sjerrie

Metode
Maak vis fyn met vurk. Rasper appels en ui. Meng vis, appels, ui en maaskaas.
Meng mayonnaise, tamatiesous en sjerrie. Roer sous by vis mengsel en skep in kelkies. Garneer met Pietersielie.

Roerbraai


Hoender en rissie roerbraai - foto www.bbcgoodfood.com

Hoender en rissie roerbraai – foto http://www.bbcgoodfood.com

Hoender en Rissie Roerbraai

4 hoenderborsies, ontvel en in repies gesny bietjie olie
ertjie peule 1 rooi soetrissie, in repies gesny
4 brandrissies 3 knoffelhuisies, ontvel
2 uie, gekap 1 klein stukkie gemmer
paar vars koljanderblare 90ml sojasous
30ml bruinsuiker amandels vir garnering

Braai die hoender in ‘n bietjie olie in ‘n braaipan tot goudbruin. Skep dit uit en hou eenkant. Soteer die soetrissie en ertjiepeule tot sag. Skep uit en hou eenkant. Soteer die brandrissie, knoffel, uie, gemmer en koljanderblare vir ongeveer 5 minute. Voeg nog ‘n bietjie olie by as dit te min is. Skep die hoender, soetrissie en ertjiepeule terug in die braaipan. Meng die sojasous en bruinsuiker en giet oor die hoender. Braai tot alles deurwarm is. Sit voor met noedels en rond af met koljanderblare en amandels.

Hoenderroerbraai met groenbone en aspersies - photo PhamFatale.com

Hoenderroerbraai met groenbone en aspersies – photo PhamFatale.com

Hoenderroerbraai met groenbone en aspersies

30ml sonneblomolie 1 knoffelhuisie gekneus
375g hoendervleis, vel verwyder en in 250g groenbone, gehalveer
dun repe gesny 1 middelslag ui, gekap
250g aspersies, gehalveer 250ml hoenderaftreksel
30ml droë sjerrie 20ml sojasous
sout en vars swartpeper na smaak 2ml fyn gemmer
20ml mielieblom, aangemaak met ‘n bietjie water.

Verhit olie in swaarboomkastrol. Voeg hoender en knoffel by en braai vinnig tot bruin (sowat 1 minute.) Roer voortdurend. Voeg die uie, groenbone en aspersies by en roerbraai totdat groente gaar, maar nog bros is (sowat 3 minute) Meng die hoender aftreksel, sjerrie, sojasous,sout, peper en aangemaakte mielieblom goed saam. Gooi oor vleis en groente. Laat toe om te kook en prut 4 minute lank. Sit voor met pitabrood.

Soetsuur roerbraai - Eckrich

Soetsuur roerbraai – Eckrich

Soetsuur Roerbraai

40 ml olie 500g Frankforters, skyfies gesny
1 ui, ringe gesny 1 knoffelhuisie, gekneus
2 wortels, dun repies gesny 1 soetrissie, ontpit en gekap
200g swart sampioene, skywe gesny 750ml gaar stampmielies
440g blik pynapelstukke behou stroop 15ml sojasous
20ml mielieblom 7ml sout
grofgemaalde swartpeper.

Verhit olie in ‘n braaipan of wok en braai die Frankforters tot bruin. Voeg die ui en knoffel by en braai tot deurskynend. Voeg wortels, groenrissie, sampioene en stampmielies by en roerbraai oor matige hitte. Meng 200ml pynappelstroop met sojasous en mielieblom. Roer dit sowel as die pynappelstukke en geurmiddels by die groente en roer totdat die mielieblommengsel verdik het.

Worsie en macaroni roerbraai mumskitchencorner

Worsie en macaroni roerbraai mumskitchencorner

Worsie en macaroni Roerbraai

500ml elmboogmacaroni 15ml kookolie

450ml varkworsies 1 groot ui, in dun skyfies gesny

1 rooi appel, in dun skyfies gesny 15ml vars, gekapte pietersielie

30ml ongegeurde jogurt sout en peper na smaak

tamatieskyfies vir garnering

Kook die macaroni in soutwater tot gaar en spoel af onder lopende koue water.
Verhit die kookolie in ‘n swaarboompan en braai die worsies 10-15 minute lank
daarin. Draai dit dikwels om. Sny dit in skyfies wanneer dit gaar is. Meng die
worsie, ui- en appelskyfies, pietersielie en jogurt en geur dit met sout en
peper. Verhit dit oor lae hitte tot deurwarm terwyl dit liggies geroer word.
Skep dit in ‘n verhitte opdienbak en garneer met tamatie skyfies. Bedien dit
dadelik. Lewer 4 porsies

Roerbraaigroente met appelsap en knoffelbotter

45ml sonneblomolie 5ml donker sesamolie

1 groot ui, in dun ringe gesny 2 knoffelhuisies, fyn gedruk

200g wortels, in julliene repies gesny klontjies knoffelbotter

350g geskilde murgpampoentjies in julliene repies 200g wit sampioene, in
skyfies gesny

500ml lensiespruite 125g mangetout, skoongevee

250ml onversoete appelsap 15ml mielieblom

30ml sojasous geroosterde sesamsaad

Verhit die olies in ‘n groot braaipan. Voeg die uie, knoffel, wortels en
murgpampoentjies by en roer aanhoudend oor medium hitte vir ongeveer 5 minute.
Voeg die sampioene, spruite en mangetout by en roer nog vir 5 minute of tot
alles glansend en gaar, maar nog bros is. Meng die appelsap, mielieblom en
sojasous en voeg by. Roer tot die sous begin dik word en kook. Skep die groente
uit in ‘n groot, warm opdienskottel en strooi sesamsaad oor.

Heerlike roerbraai resep,

1pak hawaien roerbraai groente, 1kg maalvleis, of 1kg hoender filette, of 1kg
beesvleis in repies gesny. 2 uie, chillie sous, sout en peper.Gebruik groterige
pan of wok. Kap die uie fyn en braai in olyfolie tot bruin, voeg die groente by
en kook vir so 15min en voeg bietjie water by indien droog, voeg ook sout en
peper by na smaak en ook die chillie sous, indien verkies voeg sous by wat jy verkies.
Kook vir nog so 15min tot water weggekook is Kook so 2 koppies rys tot gaar, en
bedien die roer braai op die rys of voeg die gaar rys by die roer braai. Lekker
vinnig as jy gou moet kos maak, bon appetit