SONJA SE ROMERIGE BILTONGSOP
Sonja Klein
Dis heerlik op ‘n koue aand!
125 g botter of margerien
200 ml koekmeelblom (¾ kop)
500 ml melk (2 kop)
1.5 liter beesvleisaftreksel
2 ml fyn neutmuskaat (¼ tl)
2 ml fyn koljander (¼ tl)
sout en vars gemaalde peper na smaak
200 ml room (¾ kop)
100 g biltong poeier
200 ml gerasperde kaas
En hier moet jy roer hoor!!!
Smelt botter in ‘n swaarboomkastrol, voeg dan meel by en kook dit vir 2 minute terwyl jy voortdurend roer.
Voeg melk by en bring tot kookpunt.
HOU AAN met ROER! sodat dit glad bly.
Voeg aftreksel, neut, koljander en sout en peper by.
Prut vir ongeveer 10 minute en roer voortdurend totdat dit verdik en glad is
Voeg room en biltong poeier by en verhit vir ‘n paar minute.
Verwyder van hitte, voeg kaas by en roer goed deur.
Sit dadelik voor.
Enjoy!!
NB!!!
Omdat biltong poeier souterig is proe eers voordat jy nog sout by voeg.
*Ek sny n uitjie baie fyn en braai liggies in botter en gooi n teelepel fyn knoffel ook by.
*Ek gebruik biltong poeier, en ook n hand of 2 fyngekerfde biltong by.
*Ek gebruik 250ml koekmeel vir n dikker sop
*Ek krummel n skyf fetakaas in die sop net voor opdiening.
*Jy kan n knertsie sjerrie net voor opdiening ook ingooi.
*
Dorè Van Wyk Els
BILTONGSOP
2 gekapte uie,
100g botter,
2 fyn knoffelhuisies
60ml koekmeel,
500ml hoenderaftreksel
250ml warm melk,
125g biltong fyn gekap,
60ml bloukaas krummels,
60ml fetakaas krummels,
sout en swartpeper na smaak.
Braai uie in botter.voeg knoffel by en braai.Voeg meel by en braai tot borrel.Voeg aftreksel by en roer terwyl verhit tot kookpunt.Voeg melk by en verhit weer tot kookpunt.
Prut tot gaar. Voeg die biltong by en verpulp die mengsel tot glad. Verhit net voor opdiening weer tot kookpunt en roer die kaas by. Geur met sout en peper na smaak. HEERLIK AS VOORGEREG. Kan verdun word deur meer melk by te voeg.
*
Georgia Strauss De Klerk
BILTONGSOP (Pasella)
Hierdie dis is vir Pasella voorberei as deel van ʼn tipiese Suid-Afrikaanse middagete.
(Bedien 4)
½ k botter
1 k meel
1 L beesvleisaftreksel
1 k fyn biltong
100 g bloukaas
200 g cheddarkaas
1 k room
Smelt die botter en roer die meel by.
Voeg die vleisaftreksel bietjie vir bietjie by terwyl geroer word.
Verhit tot kookpunt en prut tot verdik.
Voeg biltong by en laat baie stadig prut, sodat biltonggeur kan deurtrek.
Proe en voeg sout en peper by na smaak.
Roer die room by, en haal van die hitte af.
Voeg gerasperde kaas by en roer deeglik.
Die hitte van die sop sal die kaas laat smelt.
Bedien met nog gerasperde biltong oor.
*
BILTONG SOP
125ml (1/2 k) botter
2 Beesvleisaftrekselblokkies
2 t gemaalde swartpeper
½ t neutmuskaat
½ t koljander
250ml koekmeelblom
500ml melk
1,5L kookwater
1 k gerasperde cheddar kaas
200g fyngekerfde biltong
Room en port (opsioneel)
100g bloukaas, gerasper of gekummel
Metode:
Smelt botter in kastrol, krummel aftrekselblokkies oor en voeg die speserye by.
Roer die meel in, meng water en melk, voeg dit by die meelmengsel, roer aanhoudend, jy soek nie klonte nie!!!!
Verwyder sop van die stoof, en roer die chedderkaas en helfte van die biltong in.
Moenie die mengsel weer laat kook nie, hou net warm. Roer ‘n bietjie room en port in net voor opdiening. Skep sop in borde, sprinkel orige biltong oor, en krummel bloukaas oor.
*
Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)
BILTONGSOP
Begin deur ‘n Biltongaftreksel te maak. Indien jy haastig is kan jy beesvleisaftreksel van ‘n blokkie maak maar die smaak is nie dieselfde nie.
Neem ‘n stuk nat beesbiltong – sonder vet- wat so 8cm lank is, rasper dit fyn en voeg 1,5 liter water by.
Prut met die deksel op vir 30 -45 minute.
Smelt 125g Botter of Bakmargarien in ‘n pan voeg 1¼ koppie koekmeel by en roerbraai vir so 3 minute.
Voeg nou 2 koppies Melk bietjies bietjies by en bring tot kookpunt. Hou aan roer om klonte te vermy.
Voeg nou jou aftreksel, ¼ teelepel neutmuskaat, ¼ teelepel koljander en ‘n ¼ teelepel kaneel by ( Jy kan al die bogenoemde bestandele vervang met ‘n ¾ teelepel Wonderpeper [“All Spice”].)
Sny nou jou biltong ‘n dun skywe en sny dan elke skyfie in drie. Ek sê altyd ek verkies twee klein stukkies biltong op my lepel as een groot stuk wat oor die rant hang maar smaak verskil. Jy kan ook biltongpoeier gebruik maar ek verkies die stukkies.
Jy het omrtent (na smaak) 1 koppie biltong nodig.
Voeg nou die biltong, 200ml Room en 50ml Sjerrie – daai ou bruines – by en bring stadig tot kookpunt. Laat prut vir 10 minute, voeg ¾ koppie blou- of cheddarkaas by en verwyder van hite.
You must be logged in to post a comment.