Ma Charlet se Korslose Souttert
Rencia Odendaal Pretorius
Bestandele:
250 gr spek gesnipper
250 gr weense worsies gesny
500ml gerasperde kaas
1 ui gekap
35 ml rosyne
10 ml pietersielie
40ml meel
5ml mosterd
Sout en peper
250ml melk
4 eiers
Metode:
Meng melk en eiers
Meng al die ander bestandele saam en gooi die melk en eier mengsel by – Meng deurmekaar en bak
vir 30/40 min by 180 grade C
*
Belinda Nortje Botha
Maklike souttert
1 pakkie bacon (gesnipper)
1 ui (fyn opgesny)
6 viennas (ringetjies gesny)
6 snye brood (in blokkies gesny)
500 ml melk (louwarm)
4 eiers
Paprika
Braai ui en bacon net tot gaar en laat afkoel. Week brood in die melk tot pap. Meng nou alles saam (behalwe paprika) en gooi in gesmeerde bak. Bak tot goudbruin bo op by 180 grade. Strooi paprika oor en laat afkoel. Baie lekker resep.
Vir vis tert verwyder net al die vleis en voeg 2 blikkies tuna by
*
Raap en skraap souttert
Bestanddele
9 Snye Witbrood in blokkies gesny
500 ml Koue Melk
250 g Koue vleis (enige soort) 2 k Kaas
6 Eiers geklits
60 ml Botter
1 ui Fyngekap
Metode
Week brood in die melk. Voeg vleis, kaas en botter by. Meng deeglik met vurk. Bak tert by 180° C vir 30 minute.
*
SOUTTERT
3 Snye wit brood
5 eiers
1x 125gr polonie gerasper
1 groot ui gerasper of gekap
1tl mosterd
3 kop melk
1 groot blik vienna’s gerasper
3 kop chedderkaas gerasper
Peper
Pietersielie
Gooi 1 en half kop water by brood (week)
Meng ander melk en eier
Voeg alles bymekaar en bak by 180 grade vir ongeveer 30/40 min tot gaar en goudbruin.
*
SOUTTERT
6 Snye witbrood/bruinbrood in blokkies (sonder korsies)
1 Koppie melk
125ml gesmelte margarien
3 Eiers
1 Teelepel bakpoeier
Sout en gemaalde peper na smaak
Uie
Spek (enige oorskiet vleis kan opgesny word)
Sampioene (kan vervang word met green pepper)
1 Koppie gerasperde kaas
Klits melk, eiers en bakpoeier saam. Week brood in eersgenoemde. Gooi gesmelte margarien by. Braai uie, spek en sampioene saam tot gaar. Gooi als bymekaar met half koppie kaas en meng en gooi in gesmeerde oondbak. Gooi res van kaas bo-oor en besprinkel met paprika en bak vir 30-40 minute @ 180 grade.

http://www.wildnews.co.za/
Korslose souttert
KORSLOSE SOUTTERT
BESTANDELE
450g Cheddar Kaas
250g Spek
1 Blikkie weense worsies
8 Geklitste Eiers
4 k Melk
4 e Meelblom
1 e Mosterd
1 e Gedroogde Pietersielie
2 e Gerasperde uie
Sout & Peper
METODE
Rasper kaas en weense worsies.
Versnipper spek en meng al die ander bestanddele en voeg by kaas mengsel.
Verdeel in gesmeerde tertpanne of een groot bakpan
Bak vir 40min teen 180°C
WENK
Gooi die mengsel in kolwyn pannetjies, strooi pietersielie en rooipeper oor, indien verkies.
Bak nou teen 180°C vir 10 tot 15 minute.
Lewer sowat 5 dosyn.
You must be logged in to post a comment.