Tag Archive | klein souttertjies

Souttertjies (vingerhappies)


 

souttertjies

Maggi Oliver
Wenresepte No 2 se RAAP EN SKRAAP SOUTTERT

Bestandele:
375 g witbrood, in blokkies gesny (9 snye)
500 ml koue melk
250 g fyn gesnyde kouevleis
200 g gerasperde cheddar-kaas (500 ml)
6 eiers, geklits
50 g botter of margarine, gesmelt (60ml)
1 ui, fyn gekap
2 – 3 takkies pietersielie fyn gekap
1 ml mostertpoeier (opsioneel)

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C
Week die broodblokkies in die melk
Voeg die vleis, kaas, eiers, botter/marg, ui, pietersielie
en mosterd by en meng liggies maar deeglik met ‘n vurk
Skep in voorbereide bak of muffin pannetjies
Bak ongeveer vir ‘n halfuur of 15 minute vir klein tertjies tot mooi goud van kleur

 

 

 

Maggi Oliver
Jy moet net jou eie maalvleisvulsel maak. Ek deel graag die ongelooflike lekker skondegie. Kan ook dink hoe lekker dit met fyn hoender en sampioenmengsel sal wees. Ek het dit ook al met kerrie maalvleis gemaak en is net so heerlik.

SKON DEGIE VIR VLEISPASTEITJIES

Deeg:
¾ k melk
¾ k olie
2 eiers
1 k meel
3 t bakpoeier
¼ t sout
1 t Aromat

Metode:
Klits alles goed saam
Deeg bietjie dikker as pannekoek deeg
Spuit kolwyntjie pannetjies
Skep lepel vol deeg onder in en skep dan een lepel vulsel op
Skep dan weer deeg op om die maalvleis te bedek
Bak ongeveer 15 minute tot ligbruin (180°C)
Maak net seker jou maalvleis is NIE te souserig nie, want dit maak jou deeg pap.

 

Ek gebruik Wenresepte 2 se RAAP EN SKRAAP SOUTTERT om die klein hand tertjies te maak.

Bestandele:
375 g witbrood, in blokkies gesny (9 snye)
500 ml koue melk
500g gaar maalvleis
1 ui, fyn gekap en gebraai
2 t sout
¼ t peper
1 E kerrie
1½ E suiker
2 E asyn
3 E blatjang
6 eiers, geklits

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C
Week die broodblokkies in die melk
Voeg die gaar maalvleis en die res van die bestanddele by en meng goed deur
Skep in voorbereide bak of muffin pannetjies
Bak ongeveer 15 minute vir klein tertjies tot mooi goud van kleur

souttertjies Tertia

Tertia Nolte se souttertjies: 1kop gaar groente afgekoel. (ertjies pitmielie en wortel) 2kop gerasperde kaas. 6snye ham in klein blokkies. Meng dit saam. Meng 1kop melk, 80ml koekmeel en 3 eiers sout en peper. Meng met die groente en kaas mengsel. Skep in muffin pan. Bak 20/30min by 180grade. Kan uie, rooipeper, bacon gaar hoender ook gebruik.

Eier muffins
Heerlik vir die kosblik, vingerhappies, padkos of pieknieks
Bestandele:
Muffin pan van 6 bakkies
Spray and cook
6 eiers
Oorskiet vleis, spek, ham of kouevleis blokkies
Halwe Green pepper of gebruik al 3 kleure (gekap)
2 Tamaties (geskil en gekap)
Chedder Kaas (gerasper)
Speserye van jou keuse

Metode:
Spuit solank jou pan.
Vat 6 eiers en klits dit goed, voeg die speserye by.
Sny oorskiet vleis of kouevleis in klein stukkies. Sny tamatie en
green pepper ook in klein stukkies. Voeg die alles saam in n bak
Bring pan nader en skep van jou vleis tamatie en green pepper mengsel onder in elke bakkie.
Sny of sprinkel dan kaas oor elke bakkie.
Gooi jou eiers geklits oor almal tot die vleismengsel bestandele net net wys.
Sit in oond op 180° bak vir 15 tot 20 min tot eier reg is.
Jy kan jou eie bestandele by sit soos jy dink goed is en mens kan melk by eiers gooi om dit bietjie meer te maak

muffins - eier22

Eier “Puffies”
Bestanddele:
6 eiers
½ koppie gekapte uie
½ koppie vars spinasie
½ koppie gekapte sampioene
½ koppie gekapte rooi soetrissie
½ tl bakpoeier
½ koppie gevlokte hoender,of kaasworsies gekap, maalvleis, (enige vleis na keuse)(opsioneel)
Oond: 180C
Spuit muffinpannetjies
Meng eiers n ‘n bak. Voeg al die ander bestandele by. Spuit pannetjie met spray en cook. Vul muffinpannetjies tot half. Bak vir 10/15minute tot tandestokkie skoon uitkom

 

Mini pannekoek gemaak in muffin pannetjies:

Let wel: Afhangende van die grootte van jou muffinpan, resep lewer 12-18 muffins.

1 koppie melk
6 eiers
1 koppie  meel
½ teelepel. sout
1 teelepel. vanielje
¼  koppie botter, gesmelt

Verhit die oond tot 200 C grade. Meng eerste vyf bestanddele in ‘n voedselverwerker. Meng tot ‘n gladde mengsel.
Meng die botter nou bietjies gewys by – meng goed deur
Spuit muffin pannetjies goed met spray en cook . Vul die pannetjie net net tot onderkant halfpad vol.
Bak vir 15 minute of tot pofferig en goud bruin  bo-op. Die krater (gaatjie) sal vanself vorm.
Vul met vulsel waarvoor jy lus voel bv tuna en mayo, hoender en mayo, gerasperde ham met mayo

 

Kaas en worsie muffin

1 groot eier
200 ml melk
250ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml mosterdpoeier
2-3 Weense worsies, in dun skyfies gesny
250ml gerasperde cheddarkaas

Breek eier in ‘n maatbeker, klits liggkies met ‘n vurk en vul met melk aan (tot 250 ml).
Sif die meel, bakpoeier en mosterdpoeier saam.
Voeg die melkmengsel by en meng tot meel aangeklam is, beslag behoort klonterig te wees.
Skep beslag in ‘n gesmeerde muffinpan sodat holtes twee derdes vol is.
Bak sowat 15 minute in ‘n voorverhitte oond teen 200C of tot goudbruin. Sit voor met botter.

 

Piekniek souttertjies

3 gerookte Weense worsies fyn gedruk
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2,5 ml sout
2,5 ml rooipeper
125 ml gerasperde Cheddarkaas
5 ml gesnyde pietersielie
1 groot eier (of 2 gewone eiers)
250 ml melk
45 ml olie

Maak die worsies so 5 minute warm in kookwater, dreineer en druk fyn. Meng die koekmeel, bakpoeier, sout, rooipeper, kaas en pietersielie in ‘n mengbak. Gooi die fyngemaakte worsies by. Klits die eier(s) melk en olie en gooi dit by die koekmeelmengsel. Roer totdat mengsel droog is en eweredig klam. (Te veel geroer sal die muffins taai maak.) Skep die deegmengsel in kollewyntjie- of muffin-pannetjies (12) wat goed gesmeer is en bak vir 20 minute by 200 C tot goudbruin

 

Sout muffins (stork resep)

Lewer 10-12

500 ml (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
2 ml (½ t) sout
5 ml (1 t) mosterdpoeier
75 g spek, gebraai en fyn gekap
75 g gerasperde cheddarkaas of gekrummelde fetakaas
4-6 ontpitte swartolywe, gekap
150 g stork to bake
125 ml (½ k) karringmelk of volroommelk
1 ekstragroot eier

Voorverhit die oond tot 200 °C.
Smeer ’n muffinpan met 12 holtes.
Sif die droë bestanddele saam.
Voeg die spek, kaas en olywe by en meng liggies.
Smelt die stork to bake en laat afkoel.
Voeg die karringmelk of melk en eier by en klits tot goed gemeng.
Voeg dit by die droë bestanddele en sny dit liggies met ’n mes in tot net gemeng.
Skep die beslag in die gesmeerde holtes.
Bak 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom.

Maalvleis poffertjies

Maak maalvleis gaar na voorkeur

Klits saam:
250ml melk , 2 eiers , 125ml olie
Voeg by bogenoemde:
250ml koekmeel , 10 ml bakpoeier , 2ml sout , 2ml aromat.

Metode:
Deeg is baie slap. Bespuit kolwyntjiepannetjies. Skep eers deeg onder in dan maalvleis en skep weer deeg bo – oor. Bak in oond 230’c) tot ligbruin