Marmite Tert
Sarie
60 ml Marmite
60 ml botter
2 ml sout
10 ml bakpoeier
500 ml meel
200 g botter
500 ml gerasperde cheddarkaas
250 ml melk
2 eiers
Sif al die droë bestanddele saam. Smelt die 200 g botter en voeg die gesifte droë bestanddele by. Klits die eier en melk saam en voeg nou by die botter-en-meelmengsel. Roer die gerasperde kaas by. Gooi in gesmeerde bak (20 cm x 15 cm) en bak in voorafverhitte oond teen 200 °C vir 15 minute. Smelt intussen die Marmite en 60 ml botter saam. Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die botter-en- Marmite-mengsel oor. Sny in blokke en eet warm.
Marmite Tert
80 ml botter
200 ml suiker
1 eier
Meng baie goed
Voeg by:
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
1 koppie melk
Meng baie goed. Bak vir 35 min teen 190°C. Prik tert met vurk. Meng 125 ml botter en 10 ml marmite. Gooi oor warm tert. Strooi kaas oor en druk weer in oond tot kaas gesmelt is. Lekker eet.
Marmite Tert
100 g margarien
1 k meel
1 eier
½ t mostert
1 t bakpoeier
½ t sout
¾ k melk
1 k sterk kaas
2 E botter
2 t Marmite
Ekstra kaas – vir bo-op
Sif droë bestanddele en vryf margarien in. Voeg kaas by en meng. Klits eiers en melk en voeg by. Meng goed. Bak vir 35 min teen 180°C. Smelt 2 E botter en 2 t Marmite. Gooi oor warm tert wanneer dit uit die oond kom, asook die ekstra gerasperde kaas
You must be logged in to post a comment.