By al die resepte kan jy sjokolade smelt en die bo-oor sit.
Gesondheidstafies
Mariza Adlem Troskie
500g saad (sesam en pampoen)
’n hand vol droë bosbessies (cranberries)
’n hand vol rosyne
4 eetlepels koekmeelblom
50 ml stroop of heuning
Voorverhit die oond tot 180°C.
Verhit die saad, bessies en rosyne vir 3 minute in die mikrogolfoond. Roer dit ná elke minuut. Sprinkel die meel oor die sade en roer dit deur.
Gooi nou die heuning oor en roer die mengsel deur totdat jy geen wit meelspikkeltjies meer sien nie.
Voer ’n broodpan met foelie uit, skep die mengsel in en druk dit goed vas. Bak dit vir 15 minute en laat dit dan afkoel voordat jy die saadblok op ’n draadrak uitkeer.
Wanneer die blok heeltemal afgekoel het, kan jy dit op ’n broodplank oortel en met ’n baie skerp mes in netjiese vingers van ongeveer 3 cm breed opsny.
As jy nie droë bosbessies kan opspoor nie, kan jy pruimedante en droë pere en perskes opsnipper en in die plek daarvan gebruik.
Energie stafies
Mariza Adlem Troskie
125g Botter
30 ml Gouestroop
250 ml Sagte bruinsuiker
2.5 ml Koeksoda
250 ml hawermout
30 ml sesamaad
250 ml klapper
50g glanskersies
50g gedroogde appelkose gekap
250 ml koekmeel
Oond 180C
Verhit botter, stroop en bruinsuiker in ‘n groot kastrol tot die botter gesmelt en die suiker opgelos het.
Haal dit van die stoof af en roer die koeksoda by. Roer die res van die bestanddele by en druk dit egalik in ‘n gesmeerde vierkantige koekpan 20x20cm vas. Merk vierkante af met ‘n mes.
Bak vir 20-25 min en laat dit effens afkoel in die pan. Keer dit op ‘n kapplank uit en sny die stafies deur.
Heuning en Neutstafies
Mariza Adlem Troskie
Hierdie stafies is propvol glukose wat vinnig energie vrystel en heuning wat stadig koolhidraatenergie vrystel – perfek vir ouer kinders wat baie aktief bly of na skool sport doen.
100 g heuning
100 g room
40 g glukose
40 g gedroogde vrugte
50 g gemengde neute
Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en verseker dat die kante ook bedek is. Plaas die heuning, room en glukose in ‘n kastrol en kook saam tot 128°C of hardebalstadium (die stroop sal ‘n harde, tog vormbare bal vorm as ‘n halwe teelepel daarvan in koue water geplaas word). Voeg die gedroogde vrugte en neute by en meng goed. Giet in die bakplaat en laat afkoel. Sny in stafies.
Ontbytstafies
Mariza Adlem Troskie
250ml hawermout
375ml rice Krispies
3 Weetbix gekrummel
250ml Klapper
187ml Vrugtekoekmengsel
187ml bruinsuiker
125ml gouestroop
125 ml Gladde grondboorntjie botter
125g Botter
Meng eerste 5 bestanddele saam.
Verhit volgende 4 bestanddele oor laqdede hitte tot suiker begin oplos. Stel hitte hoër en kook vir ± 3min. Verwyder van hitte
Roer die twee mengsels bymekaar tot gemeng. Druk vas op bakplaat 20cmx30cm wat met bakpapier gevoer is.
Plaas in yskas om ferm te word en sny in stafies.
You must be logged in to post a comment.