Tag Archive | rice krispies

Rice krispies/rice crispies


Rice krispies  koekies (rocky road)

2 kop rice krispies
125ml gesoute grondboontjies
20 rooi kersies (gesnipper)
250 ml pienk en wit malvalekkers (gesny)
200ml gesmelte melk sjokolade
400ml gesmelte melk skokolade met neute

2 Maniere:

Die resep se nou – smelt malvalekkers en die 200ml melk sjokolade oor stadige hitte en meng dan die kersies, rice krispies en grondboontjies in. Smeer in plat bak, gooi die gesmelte melk sjokolade met neute oor. Laat afkoel en sny in blokk

Of

Meng die malvalekkers, grondboontjies, rice krispies en kersies met die 200ml gesmelte sjololade, druk in plat bak en gooi die 400ml gesmelte sjokolade met neute oor.

rice krispies

TO DIE FOR RICE CRISPY TREATS

Warning: cake batter rice crispy treats. You will probably never make regular rice crispy treats again.

3 Tbsp. butter

1 bag of mini-marshmallows

1/4 cup yellow cake mix (the dry cake mix, not prepared into a batter!)

6 cups crispy rice cereal container of sprinkles

Method:

Melt butter in a large saucepan over low heat and add marshmallows. Stir until they begin to melt, adding in (dry) cake mix one spoonful at a time so its combined. Stir in cereal and let set.

POST TOASTIES TERT (Rice krispie tert)

1 koppie Post Toasties

125 ml suiker

2 ml kaneel

1 e botter

Smelt botter in tertbord, voeg al die bogenoemde bestanddele by en voer tertbord daarmee uit.

Vulsel:

2 k melk

125 ml suiker

3 eiers, geskei

2 e meelblom

vanielje na smaak

(1t) knippie sout

Maak aan soos ‘n vla, gooi oor kors. Klits eierwit styf met 1 e suiker. Plaas bo-op vulsel en strooi fyn Post

Toasties bo-oor. Bak in matige oond – 180ºC – tot ligbruin.

*

Rice krispie NAGEREG.

1 Koppie Suiker.

3 Koppies Postoasties.

1 Koppie Klapper.

2 Koppies Melk.

2 Eiers.

Gooi droe bestandele in gesmeerde bak. Klits melk en eiers saam. Gooi bo oor droe bestandele. Sit stukkies appelkooskonfyt bo op. Bak dan in n matige oond tot styf. Laat effens afkoel en bedien met roomys.

 rice crispy

Marshmallow rice krispies

Bestanddele
125 g Margarien
350 g Rice Crispies
500 g Marshmallows
400 g Sjokolade

Metode
Plaas margarien in kastrol en smelt. Voeg marshmallows by en roer tot amper opgelos/gesmelt. Voeg rice crispies by en meng goed deur tot alle crispies bedek is.
Giet uit in ‘n gesmeerde rolkoekpan en druk goed vas. Smelt sjokolade en smeer oor crispies mengsel. Laat die hele mengsel stol vir ±1 uur en sny dan in blokkies.

*

KARAMEL RICE CRISPY  KOEKIES

90g botter

190ml suiker

1 blik kondensmelk

12.5ml goue stroop

5ml vanilla

450ml rice crispies

Smelt die botter en suiker sam. Voeg die kondensmelk en stroop by en bring stadig tot kookpunt. Laat prut vir 20min terwyl aanhoudend geroer word. Wanneer die mengsel die sagte-bal stadium bereik, voeg die vanilla en rice crispies by. Gooi in gesmeerde gesmeerde pan, sny in blokkies wanneer koud

*

DADEL/RICE KRISPIES HAPPIES:

1 pak rice krispies

500 gr dadels

1 kop suiker

1 eier

250gr botter

kapper

Smelt botter en suiker. Voeg eier by en dan fyn gekapte dadels.

Laat dit net opkook en haal van stoof af.

Gooi rice krispies by en meng goed.

Rol of in balletjies en dan in die klapper of druk in plat bak en strooi kapper bo-oor en sny in vinger lengtes of blokkies

rice-krispies-treats-cones

CARAMEL RICE CRISPY KOEKIES

1 blik Caramel Treat

3 Eetl margarien

250g Malvalekkers

6 koppies Rice Crispies!

Metode: Smelt margarien en malvalekkers oor lae hitte. Klop caramel treat by, klop goed. Meng nou Rice Crispies in. Meng goed. Druk vas in goed gesmeerde pan. Sny in blokkies wanneer gestol. Kan ook in eetbare “cupcakes gesit word of in cones. Gooi gesmelte sjokolade oor vir ‘n variasie

Resep: NESTLE

PAAR IDEES MET RICE KRISPIES VIR KINDERS

rice crispies met royal icing

RICE CRISPIES BLOMMETJIES OP ‘N SOSATIE STOKKIE:

Madri Cordier

1 Boks Rice Crispies

1 Pak pienk en wit Marshmallows

1 teelepel vanilla essence

2 Eetlepels margarien

Boksie smarties

Paar blokkies sjokolade

1 Oorgetrekte bierboks

Smelt margarien, gooi marshmallow by en smelt. Voordat als gesmelt het voeg vanilla essence by en dan Rice Crispies. Haal kastrol van stoof af en meng goed.

Smeer ‘n oondplaat/bak en gooi mengsel uit. Druk gelyk vas met yster lepel tot glad. Voordat dit heeltemaal afgekoel het en geset het. Neem ‘n koekiedrukker en druk blommetjies uit.

Smelt sjokolade en sit smarties daarmee vas in middel van blommetjies. Druk ‘n sosatie stokkie deur. (knip korter indien nodig)

Draai bierboks om sodat hy soos ‘n ‘tafeltjie’ lyk. Druk eweredig gaatjies in. Sit sosatie stokkies daarin – lyk baie mooi en verkoop vinnig!

Opsioneel kan jy elke ‘stokkie lekker’ met selofaan oortrek en versier met lintjie

*

TEEKOPPIES 

Smelt 750 ml (3 k) gesnipperde malvalekkers saam met

45 ml botter en roer

750 ml (3 k) Rice Crispies daarby.

Skep lepels vol daarvan in klein gesmeerde bakkies of espressokoppies.

Laat styf word en keer uit.

Sit die gestolde vormpies op Mariebeskuitjie-pierings vas met botterversiersel en rond af met ’n pypskoonmaker-oor, ’n rand van lekkers en ’n konfytkoekie bo-op.

*

Druk met koekiedrukkers vormpies uit en druk sosatie stokkie of roomys stokkie in vir ‘n Lolly

rice crispies 2

rice krispies fudge koekies

Maak gewone blokke en gooi gesmelte sjokolade oor en versiersuiker of klapper

rice crispies 11

Advertisement

Krispie Caramel Marshmallows


Krispie Caramel Marshmallows

Deur: http://thesistersdish.blogspot.com/2012/12/krispie-caramel-marshmallows.html

 

Bestandele:

1 pak Rice Krispie Graan

1 blikkie  kondensmelk

1/2 koppie botter, in blokkies gesny

1 pakkie karamels (bv creme caramels)

1 pak groot malvalekkers

 

Aanwysings:

Plaas graan in ‘n groot bak. Sit eenkant neer . In ‘n dubbelkoker of metaal bak oor kokende water, meng die melk, botter en karamels, roer tot glad. Verwyder van die hitte. Met ‘n vurk, steek vinnig malvalekkers in warm mengsel; laat oortollige af drup. Rol in die graan. Plaas op ‘n foelie-gevoerde pan. Verkoel vir 30 minute in yskas. . Haal uit die pan en plaas in die yskas in ‘n lugdigte houer. Lewer: 5-6 dosyn.

2de Opsie.

Druk sosatiestokkie in malvalekker en volg stappe soos bo.

Ek het die resep so gekyk en ek dink mens kan lekker kreatief wees met dit waarin jy die malvalekkers rol. Probeer klapper, 100 & 1000’s, vermicilli, gekapte neute, amandel vlokkies ens.

Ontbyt/Energie/Gesondheids stafies


Ontbytstafies - food.com

Ontbytstafies – food.com

By al die resepte kan jy sjokolade smelt en die bo-oor sit.
Gesondheidstafies
Mariza Adlem Troskie
500g saad (sesam en pampoen)
’n hand vol droë bosbessies (cranberries)
’n hand vol rosyne
4 eetlepels koekmeelblom
50 ml stroop of heuning
Voorverhit die oond tot 180°C.
Verhit die saad, bessies en rosyne vir 3 minute in die mikrogolfoond. Roer dit ná elke minuut. Sprinkel die meel oor die sade en roer dit deur.
Gooi nou die heuning oor en roer die mengsel deur totdat jy geen wit meelspikkeltjies meer sien nie.
Voer ’n broodpan met foelie uit, skep die mengsel in en druk dit goed vas. Bak dit vir 15 minute en laat dit dan afkoel voordat jy die saadblok op ’n draadrak uitkeer.
Wanneer die blok heeltemal afgekoel het, kan jy dit op ’n broodplank oortel en met ’n baie skerp mes in netjiese vingers van ongeveer 3 cm breed opsny.
As jy nie droë bosbessies kan opspoor nie, kan jy pruimedante en droë pere en perskes opsnipper en in die plek daarvan gebruik.

Energie stafies

Mariza Adlem Troskie

125g Botter
30 ml Gouestroop
250 ml Sagte bruinsuiker
2.5 ml Koeksoda
250 ml hawermout
30 ml sesamaad
250 ml klapper
50g glanskersies
50g gedroogde appelkose gekap
250 ml koekmeel

Oond 180C
Verhit botter, stroop en bruinsuiker in ‘n groot kastrol tot die botter gesmelt en die suiker opgelos het.
Haal dit van die stoof af en roer die koeksoda by. Roer die res van die bestanddele by en druk dit egalik in ‘n gesmeerde vierkantige koekpan 20x20cm vas. Merk vierkante af met ‘n mes.
Bak vir 20-25 min en laat dit effens afkoel in die pan. Keer dit op ‘n kapplank uit en sny die stafies deur.

Heuning en Neutstafies

Mariza Adlem Troskie

Hierdie stafies is propvol glukose wat vinnig energie vrystel en heuning wat stadig koolhidraatenergie vrystel – perfek vir ouer kinders wat baie aktief bly of na skool sport doen.

100 g heuning
100 g room
40 g glukose
40 g gedroogde vrugte
50 g gemengde neute

Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en verseker dat die kante ook bedek is. Plaas die heuning, room en glukose in ‘n kastrol en kook saam tot 128°C of hardebalstadium (die stroop sal ‘n harde, tog vormbare bal vorm as ‘n halwe teelepel daarvan in koue water geplaas word). Voeg die gedroogde vrugte en neute by en meng goed. Giet in die bakplaat en laat afkoel. Sny in stafies.

Ontbytstafies

Mariza Adlem Troskie

250ml hawermout
375ml rice Krispies
3 Weetbix gekrummel
250ml Klapper
187ml Vrugtekoekmengsel

187ml bruinsuiker
125ml gouestroop
125 ml Gladde grondboorntjie botter
125g Botter

Meng eerste 5 bestanddele saam.
Verhit volgende 4 bestanddele oor laqdede hitte tot suiker begin oplos. Stel hitte hoër en kook vir ± 3min. Verwyder van hitte
Roer die twee mengsels bymekaar tot gemeng. Druk vas op bakplaat 20cmx30cm wat met bakpapier gevoer is.
Plaas in yskas om ferm te word en sny in stafies.