250gr botter
250ml suiker
2 eiers
860 ml bruismeel
250ml droe klapper
1 ml sout
Room botter en suiker, voeg eiers een vir een by en meng goed na elke byvoeging. Voeg klapper by. Meng meel en sout en voeg by bottermengsel. Meng goed
Deel mengsel in 2 – rol in 2 worse van so 5 cm in deersnee. Maak toe met gladwrap en plaas in yskas vir tenminste ‘n uur.
Sny deegrol in snye van so 1 cm dikte (5mm) en bak op gesmeerde bakplaat vir 15 min by 190°C
Moenie skrik as jy sien die deeg is ‘n los droe beslag nie – dit is hoe dit moet wees. As jy dit in die helfte gedeel het, vorm met jou hande in wors vorm en druk lekker stewig vas in jou gladwrap
Ek maak sommer sulke halwe vierkantige koekies – dit is makliker as om dit rond gevorm te kry soos ‘n wors
My deeg los ek so 2 ure in die yskas. TIP – sny die deeg met ‘n broodmes – ‘n gladde lem sny nie lekker nie en dit krummel die deeg maklik. As jy die deeg sny, druk die deeg vas bo dat dit in posisie bly omdat die deeg so bros is, krummel die koekie maklik.
You must be logged in to post a comment.