Tag Archive | basaar poeding

Gebakte poeding (3 in 1 resep van Rencia)


grootmaat poeding

Ek moes vir ongeveer 25 mense gebakte poeding maak, so enige beslag moes ek dus ongeveer 3x aanmaak maar daar kom toe die probleem, 5h00 op ‘n Saterdag middag ….
Ek wou eers die een poeding maak, toe sien ek ek het nie genoeg kakoa nie, toe ek die ander een vat toe sien ek ek het nie idealmelk of room nie, die ander een het ek nie genoeg appelkooskonfyt, toe besluit ek, plan moet jy plan maak. Ek neem toe al die resepte en maak 1 resep – 3 nageregte in 1 – dit moet net werk…. sooo nou is die MY POEDING, nie my ma of my ouma of my tannie se resep nie

Hier is die eind produk en julle kan dit met ‘n geruste hart maak, dit flop nie. Dit is nie erg soet nie, dit is nie duur nie, en jy kan die resep op grootmaat maak of net 1x

RENS SE 3 IN 1 GEBAKTE POEDING
Grootte : Oondpan (ongeveer 25porsies)

Die hoeveelhede tussen hakkies is vir 1 beslag – Genoeg vir 6/8 porsies

3 eiers (1 eier)
1 ¼ kop suiker (125ml suiker)
3 kop koekmeel (1kop meel)
3 tl bakpoeier (1tl bakpoeier)
3 tl koeksoda (1tl koeksoda)
90ml wit asyn (30ml asyn)
6 eetlepels appelkooskonfyt (2 eetl appelkooskonfyt)
3 kop melk (1 kop melk)
75 ml kakoa poeier (25ml kakoa)
½ tl sout (knippie sout)
3 tl gerasperde lemoenskil (opsioneel) (1tl lemoenskil)
Metode:
Meng suiker en eiers
Gooi koeksoda in melk en los op
Meng al b.g. bestandele en bak in oondpan vir ongeveer 45/50 minute of tot toetspen skoon uitkom by 180 C . Sit oond af.
Haal uit, sny in blokke. Gooi die warm sous oor die poeding. Die sous lyk baie maar dit is nie. Gooi maar bietjie vir bietjie oor tot alles in die koek ingetrek het
Sit terug in oond vir ongeveer 10 minute

Sous:
3 kop melk (of 2 kop melk en 1 kop room of 2 kop melk en 1 kop idealmelk) (1 koppie melk of half half soos bo)
3 kop water (1 kop water)
1 1/4 kop suiker (125ml suiker)
125gr botter (2 eetl botter)
15ml vanilje (5ml vanilje)
75 ml kakoa poeier (25ml kakoa)
3 tl gerasperde lemoenskil (opsioneel) (1tl lemoenskil)
Bring alles tot kookpunt, en kook ‘n rukkie oor stadige hitte tot alles gesmelt is.

Wenk: Los die lemoenskil uit as jy wil.
Los die kakoa uit vir gewone gebakte nagereg
Beslag kan met gemak verdeel word in 1 beslag (6/8 mense) of 2 (16 mense)
Al die bestandele is deelbaar deur 3

Bedien met vla of roomys of room

 

 

Kitspoeding nagereg


IMG_7151

Piesangkoek

Ek het , soos foto heelbo die resep gemaak. Baie lekker en die is ook ‘n goeie idee vir ‘n basaarpoeding.  Ek het nie die room opgesit nie, en het  ook 2 verskillende geure kitspoeding gebruik nl. piesang  en butterscotch. Het die een geur eerste oorgegooi en die ander een bo-oor. Ek het net tennisbeskuitjies fyn gemaak en bo-oor gestooi.

Probeer gerus ook om klapper oor te strooi asook gekapte neute. Dit sal die nagereg komplimenteer.

Ek het gevind dat jy eers moet wag tot die koek amper heeltemal koud is en dan die gaatjies in te druk. Druk ook baie gaatjies, naby aan mekaar in sodat die kitspoeding die koek lekker nat en klam kan maak.

PIESANG /AARBEI /BUTTERSCOTH OF SJOKOLADE POEDING
Deur: https://www.facebook.com/groups/lilmamma/
Bestanddele:
1 boks koek mengsel of 1 beslag van jou vanilje koekresep
2 pakkies kits piesang poeding
4 koppies melk
250 ml room
20 vanilla wafers koekies, fyngemaak
Metode:
Bak koek soos aanwysings op boks of jou gewone wit vanilje koek
Sodra dit uit die oond kom, laat effe afkoel.
Neem nou jou houtlepel se agterkant en steek gate oral in die koek, tot heel onder op die bak se bodum.
Maak jou gaatjies redelik groot – wikkel die lepel heen en weer want jy wil he die kitspoeding moet lekker in die gaatjies inloop.

In ‘n bak, meng kipspoeding met 4 koppies koue melk. Roer tot glad en laat staan net so vir ‘n rukkie (‘n minuut of 2) Dit moet nog loperig wees, nie gestol nie.
Gooi nou die kits poeding oor die hele koek en smeer met die agterkant van jou lepel alles mooi gelyk sodat alles mooi in die gaatjies inloop.
Sit in die yskas om te stol.
Net voor opdiening, klop die room styf en smeer oor die koek.
Strooi die vanilla wafers wat fyngemaak is bo-oor
Moenie bekommerd wees as daar ‘n paar groterige stukkies vanilla wafers is nie, dit gee lekker tekstuur aan die poeding en maak dit crunchy.
Net voor opdiening, sny paar stukkies piesang op.
Die nagereg is baie lekker as dit die vorige dag gemaak is en oornag in die yskas was.

Variasies:
Gebruik sjokolade koek mengsel en sjokolade kits poeding en wafers vir sjokolade geur
Gebruik vanilje koekmengsel met aarbei kitspoeding en aarbei wafers en vars aarbeie vir aarbei poeding
Gebruik butterscotch kitspoeding met vanilje koek en vanilje wafers vir butterscotch poeding.

Gebruik die maklike koekbeslag:
4 KOPPIE KOEK
(Vir sjokolade koek, voeg 4 eetl kakoa by)
4 koppies meel
4 eiers
4tl bakpoeier
250gr botter
2 kop suiker
2 kop melk
½ tl sout
1 tl vanilje
Room botter en suiker en voeg eiers by
Voeg droe bestandele en melk by
Voeg vanilje by
Bak vir 1 uur by 180grade C

Of maak jou eie kitspoeding as jy nie naby ‘n winkel is nie:

KITS POEDING
Bestanddele:

1/2 koppie suiker
1/4 koppie mielieblom (maizina)
2 eiergele, geklits
1/4 teelepel sout
2 1/2 koppies melk
1 eetlepel botter
1 1/2 teelepel vanieljegeursel

Metode;
Meng al die bestanddele in ‘n medium kastrol oor medium hitte. Roer aanhoudend totdat poeding verdik vir ongeveer 5 tot 10 minute. Hou verkoel.

Variasies:
Sjokoladepoeding: Voeg 2 sjokolade blokkies by

Botterkaramel poeding: gebruik 1/2 koppie ligte bruinsuiker en 1/4 koppie suiker in plaas van 1/2 koppie suiker