Tag Archive | gebakte nagereg

Gebakte poeding (3 in 1 resep van Rencia)


grootmaat poeding

Ek moes vir ongeveer 25 mense gebakte poeding maak, so enige beslag moes ek dus ongeveer 3x aanmaak maar daar kom toe die probleem, 5h00 op ‘n Saterdag middag ….
Ek wou eers die een poeding maak, toe sien ek ek het nie genoeg kakoa nie, toe ek die ander een vat toe sien ek ek het nie idealmelk of room nie, die ander een het ek nie genoeg appelkooskonfyt, toe besluit ek, plan moet jy plan maak. Ek neem toe al die resepte en maak 1 resep – 3 nageregte in 1 – dit moet net werk…. sooo nou is die MY POEDING, nie my ma of my ouma of my tannie se resep nie

Hier is die eind produk en julle kan dit met ‘n geruste hart maak, dit flop nie. Dit is nie erg soet nie, dit is nie duur nie, en jy kan die resep op grootmaat maak of net 1x

RENS SE 3 IN 1 GEBAKTE POEDING
Grootte : Oondpan (ongeveer 25porsies)

Die hoeveelhede tussen hakkies is vir 1 beslag – Genoeg vir 6/8 porsies

3 eiers (1 eier)
1 ¼ kop suiker (125ml suiker)
3 kop koekmeel (1kop meel)
3 tl bakpoeier (1tl bakpoeier)
3 tl koeksoda (1tl koeksoda)
90ml wit asyn (30ml asyn)
6 eetlepels appelkooskonfyt (2 eetl appelkooskonfyt)
3 kop melk (1 kop melk)
75 ml kakoa poeier (25ml kakoa)
½ tl sout (knippie sout)
3 tl gerasperde lemoenskil (opsioneel) (1tl lemoenskil)
Metode:
Meng suiker en eiers
Gooi koeksoda in melk en los op
Meng al b.g. bestandele en bak in oondpan vir ongeveer 45/50 minute of tot toetspen skoon uitkom by 180 C . Sit oond af.
Haal uit, sny in blokke. Gooi die warm sous oor die poeding. Die sous lyk baie maar dit is nie. Gooi maar bietjie vir bietjie oor tot alles in die koek ingetrek het
Sit terug in oond vir ongeveer 10 minute

Sous:
3 kop melk (of 2 kop melk en 1 kop room of 2 kop melk en 1 kop idealmelk) (1 koppie melk of half half soos bo)
3 kop water (1 kop water)
1 1/4 kop suiker (125ml suiker)
125gr botter (2 eetl botter)
15ml vanilje (5ml vanilje)
75 ml kakoa poeier (25ml kakoa)
3 tl gerasperde lemoenskil (opsioneel) (1tl lemoenskil)
Bring alles tot kookpunt, en kook ‘n rukkie oor stadige hitte tot alles gesmelt is.

Wenk: Los die lemoenskil uit as jy wil.
Los die kakoa uit vir gewone gebakte nagereg
Beslag kan met gemak verdeel word in 1 beslag (6/8 mense) of 2 (16 mense)
Al die bestandele is deelbaar deur 3

Bedien met vla of roomys of room

 

 

Sjokolade malvapoeding met lemoenskil


IMG_0197

 

SJOKOLADE MALVAPOEDING MET LEMOENSKIL
250ml meel
25ml kakoa
15ml bakpoeier
125ml ideal melk
125ml water
30ml botter
15ml appelkooskonfyt
15ml fyn gerasperde lemoenskil
15ml asyn
1 eier
180ml suiker
SOUS – kook al die saam in ‘n pot oor stadige hitte tot alles gesmelt is
250ml ideal melk
100gr Nestle donker sjokolade
45gr botter
90ml suiker

Oond 180C
Smeer oondskottel met volume van 1.5liter
Meng meel, kakoa en bakpoeier
Meng die idealmelk,water, botter, konfyt en lemoenskil in kastrol en roer oor lae hitte tot gesmelt
Verwyder van hitte en roer asyn by
MOENIE BEKOMMERD WEES NIE – DIE MENGSEL SKIF, Dit is hoe dit moet wees
Laat afkoel
Klits eier en suiker tot spons
Vou droe bestandele om die beurt met vloeistof by die suiker spons mengsel
Skep in gesmeerde bak en bak vir 45 minute
Verwyder poeding uit die oond, prik met vurk. Giet warm sous oor die poeding, Plaas terug in die oond vir 5 minute
Bedien warm/lou met vla of mascarone kaas, sjokolade krulle

sjokolade malva poeding

Bedien met roomys en whispers