Ystervarkies (Lemington’s)
(Onbekend)
Bestanddele – Koek
4 eiers
½ k Suiker
1 k Botter
3 k Meelblom
2 t Kremetart
½ t Sout
1 k Melk
1 t Koeksoda
2 t Vanieljegeursel
Bestanddele – Versiering
500 g Versiersuiker
125 g Sagte Botter of margarien
3 e of meer Kookwater
1 t Vanieljegeursel
4 e Kakao ½ t Amandelgeursel
Klapper
Metode – Koek
Klop die eiers en suiker baie goed saam. Smelt die botter en vog by die suiker mengsel en klits weer goed. Sif die meelblom, kremetart en sout saam en voeg dit om die beurt met die melk by. Los die koeksoda in ‘n klein bietjie melk op en voeg by.
Meng deeglik. Gooi in gesmeerde pan van ongeveer 45 cm by 25 cm. Bak by 12 tot 15 minute by 200°C. Wanneer koek afgekoel is sny in blokkies.
Metode – Versiering
Meng alles goed saam. Indien die mengsel te styf is kan ‘n klein bietjie meer water bygevoeg word. Bedek die blokkies met die versiering. Rol elke blokkie in die klapper en laat droog word.
Wenk
Die blokkies kan ook in gladde appelkoos konfyt gedoop word en dan in klapper gerol word.
*
YSTERVARKIES
7ml bakpoeier
1ml sout
125g botter of margarien
250g (325ml) suiker
4 eiers
350g (625ml) Bruismeel
Stel oond op 200˚C en smeer twee bakpanne van 18 x 28 x 3cm.
Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Klop botter en suiker tot romerig.
Klop eiers een vir een by bottermensel en meng goed na elke byvoeging.
Voeg gesifde bestanddele bietjiesgewys by en roer tot alles net gemeng is.
Skep in panne, maak gelyk en bak 15 – 20 minute. Keer uit op draadrak en laat afkoel. Sny in blokkies van sowat 3 x 3cm.
Stroop vir koekblokkies:
375ml kookwater
600g (750ml) suiker
1ml sout
15g (30ml) kakao
15g (15ml botter of margarien
5ml vanieljegeursel
400g (5 x 250ml) klapper
Meng kookwater, suiker, sout en kakao in ‘n dubbel kastrol, oor kookwater.
Doop koekblokkies vinnig in stroop en sorg dat al sy vier sye bedek is. Rol in
klapper en plaas op draadrak. Hou in koelkas.
Lewer 8-9 dosyn
*
YSTERVARKIES:
LAAGKOEK:
250ml melk
25g botter
4 eiers
375ml strooisuiker
5ml vanilla
500ml meelblom
20ml bakpoeier
12.5ml meelblom
Kook melk en botter en laat afkoel. Klits eiers met strooisuiker en vanilla. Sif 375ml meelblom en sout 3 keer saam. Meng bakpoeier met 12.5ml meelblom. Meng eiers met gesifte meelblom. Voeg melk by en roer bakpoeier laaste by. Bak 25 minute by 200C. Sny in blokke.
STROOP:
500ml suiker
20ml kakao
¾ koppie water
knippie sout
klapper
Kook alles vir 3 minute. Hou warm. Gooi oor stukke koek. Rol in klapper.
*
KITS YSTERVARKIES (Brood)
(uit Mikrogolfwenners)
Ongeveer 50 koekies
1 dag oue witbrood
3 kop suiker
1½ kop water
1 kop kakao
2 desertlepels (25ml) botter/margarien
5ml vanieljegeursel
ongeveer 3 koppies klapper
Sny die brood in 3cm dik snye.
Sny die korsies af en sny dan in blokkies van 3cm x 3cm.
Mikrogolf die water, suiker, kakao en botter oop vir ongeveer 10 minute op hoog.
Roer die gereeld elke 2 minute goed.
Voeg die vanielje by en meng.
Doop die broodblokkies een vir een met toetspen of breinaald in die warm sjokoladestroop en rol dadelik in die klapper.
Plaas hulle in enkel laag op ‘n skinkbord of af te koel en bietjie droër te word.
Bewaar die ystervarkies in digte houer in die koelkas.
SUURLEMOEN YSTERVARKIES
1 pakkie Lem-lime jellie aangemaak met 1 kop kookwater
1/2 kop suurlemoensap
Meng alles en laat afkoel tot dit nie meer ‘n loperige water is nie. Druk koek in stroop en rol in klapper —
Maak ‘n wit laagkoek, sny blokke en maak ‘n stroop van:
30g botter
1 pakkie aarbei jellie
2 kop versiersuiker
200ml kookwater
Kook alles – laat afkoel – druk koek in stroop en rol in klapper
YSTERVARKIES
7ml bakpoeier
1ml sout
125g botter of margarien
250g (325ml) suiker
4 eiers
350g (625ml) Bruismeel
Stel oond op 200˚C en smeer twee bakpanne van 18 x 28 x 3cm.
Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Klop botter en suiker tot romerig.
Klop eiers een vir een by bottermensel en meng goed na elke byvoeging.
Voeg gesifde bestanddele bietjiesgewys by en roer tot alles net gemeng is.
Skep in panne, maak gelyk en bak 15 – 20 minute. Keer uit op draadrak en laat afkoel. Sny in blokkies van sowat 3 x 3cm.
Stroop vir koekblokkies:
375ml kookwater
600g (750ml) suiker
1ml sout
15g (30ml) kakao
15g (15ml botter of margarien
5ml vanieljegeursel
400g (5 x 250ml) klapper
Meng kookwater, suiker, sout en kakao in ‘n dubbel kastrol, oor kookwater.
Doop koekblokkies vinnig in stroop en sorg dat al sy vier sye bedek is. Rol in
klapper en plaas op draadrak. Hou in koelkas.
PAAR ANDER IDEES MET YSTERVARKIES

Bak die laagkoek, maar gooi paar druppels pienk of rooi kleursel in, gebruik die geweone sjokolade sous en klapper

Bak jou wit sponskoek, maak verskillende kleure jellie aan MAAR NET MET JOU WARM WATER HOEVEELHEID, dws 1 kop water, druk die blokkies koek in die jellie en rol in klapper

Bak jou ystervarkies in muffin pannetjies, sny oop, druk in stroop rol in klapper sny oop en vul met room en konfyt

Bak jou laagkoek, sny in helfte, smeer nutella op, sit opmekaar, sny blokke, druk in stroop of smeer Nutella om en dan in gekapte neute
You must be logged in to post a comment.