Tag Archive | heelpit mielies

Heelpitmielie-bierbrood


BIERBROOD MET PITMIELIES

BIERBROOD MET PITMIELIES

HEELPITMIELIE-EN-BIERBROOD:

Rencia Odendaal Pretorius

500 gr bruismeel

2 eetl suiker

1 blik heelpit mielies – gedreineer

2.5ml sout

1 blikkie bier (enige)

1 eier geklits

Bietjie gerasperde kaas

Bietjie bacon gekap in stukkies (rou)

Stukkie ui, greenpepper, red en yellow pepper (gekap) (opsioneel)

Meng al die bg bestandele behalwe die eier.

Sit in swartpot of broodpannetjie

Gooi die geklitste eier oor

Gooi gerasperde kaas, ui en peppers  bo-oor

Bak vir  1 uur by 180 grade

Ek bak gewoonlik my broodjie vir die eerste 20 minute met ‘n deksel op, verwyder deksel en bak vir die laaste  40 min sonder deksel.

Die beslag het ek 2x aangemaak, maar ek het net 1 blikkie pitmielies gebruik en nie 2 nie.

Advertisement