Tag Archive | vanilje cake

3 Bestandele koek/ 3 ingredients cake


 

 

 

VIR ALMAL WAT NOG NIE…. die 3 BESTANDELE koek gebak het nie Hier is die BEWYS VAN ‘N SUKSESVOLLE KOEK. Ek sit Marie (sy het nie haar van op die e-pos genoem nie) se aanpassings en toevoegings net so op die blad dat julle kan sien

Ek het presies gemaak soos ek die resep afgeskryf het. Ek het strooisuiker i.p.v. suiker (soos jy aanbeveel het) en i.p.v. bruismeel het ek 250ml koekmeel en 7.5 ml bakpoeier gebruik!

My eerste koek het nie so goed uitgekom nie want ek het net die eiergele en suiker deurmekaar geroer, maar met die foto wat ek vir jou gestuur het het ek die eiergele en strooisuiker geklits tot lig en romerig en toe lepelsgewys by die eierwit ingeroer.

Ek het deurentyd my elektriese klitser aangeskakel gehad sodat die mengsel lig en romerig gebly het!

Ek sal hom hierdie week weer bak en sien of ek weer so gelukkig is! Ek wil net noem dat ek die koek in die nuwe plastiese/silikoon (of wat hulle dit ookal noem) ringvorm gebak het en die koek het in die oond oorgeloop want die pan was te klein!

3 INGREDIENTS SPONGE CAKE !!!!!!
Adapted by: Food.com
6 eggs, separated
1 cup self raising flour
1 cup caster sugar
Method:
Separate the 6 eggs and use the yolks, add the sugar – mix well with whisk
Beat egg whites – it must be almost stiff
Mix together all 3 ingredients
Bake in oven at 180 C (350 F) for 30 min
(Source: Food Lovers Recipes)koek89

Advertisement