Tag Archive | Mielie brood

Brood vir Moedersdag wat Pa kan maak


Bier Brood - bron onbekend

Bier Brood – bron onbekend

Bierbroodjie

500 gram bruismeel
1 X Blikkie Bier van jou smaak
Knippie sout.

Meng die klomp totdat die deeg van jou vingers af is, sit in die broodpan, laat rys, en bak 40 min op 180 grade.
Die lekker van die resep is dat n mens die deeg kan ooprol en enige iets na jou smaak oor die hele oppervlakte smeer of strooi (viennas en tamatie smeer, spinasie en feta, kaas en knoffel, biltong en jalepeno, ag sommer net wat se smaak ookal in jou kieste opspring.

Pot brood

Pot brood

Potbrood met soutvulsel

(Bron onbekend)
Nog ‘n vinnige potbrood van gekoopte brooddeeg:
1 kg brooddeeg
Kies uit die volgende vulsels:
1. Gebraaide ui (skyfies), gebraaide spekvleis (250g), 1 k gerasperde cheddarkaas
2. 1 k gaar (bevrore) spinasie, 1 k fetakaasblokkies
3. gebraaide ui (skyfies), gebraaide sampioene (250g), 1 k gerasperde kaas
Sit helfte van brooddeeg (klaar gerys) in gesmeerde platboompot. Sit vulsel in en bedek met orige deeg. Sit deksel op en bak vir 45 min – 1 uur in buite-oond van jou keuse

Mieliebroodjie

Weg tydskrif)

Die meeste supermarkte verkoop rou brooddeeg. Al wat jy moet doen, is om die deeg een keer af te knie en te laat rys voor jy dit bak. Die brrodjie kan in broodpannetjie, swartpot of blikkies gebak word.  (in deie pot kan jy dit bedek met deksel ipv foelie en die deeg is genoeg vir drie blikkies)

Jy benodig:

  • 1 pak (600g)  brooddeeg
  • 1 blikkie pitmielies, gedreineer
  • ’n koppie  gerasperde cheddar-kaas
  • sout en peper na  smaak
  • botter

Só maak jy

  • Maak ’n vuur en laat die hout uitbrand tot kole.
  • Smeer die pan se binnekant deeglik met botter.
  • Die deeg moet  vogtig genoeg wees sodat dit ’n bietjie aan jou  vingers vasklou. Indien die deeg te styf is,  kan jy ’n titseltjie water byknie, totdat die verlange tekstuur verkry is.   Knie die mengsel van gerasperde kaas en pitmielies by die deeg in, verdeel dit in drie gelyke dele.
  • Rol elkeen die deeg in ’n bal en laat val elkeen pan. Laat dit vir ’n uur staan om uit te rys.
  • Wanneer die deeg uitgerys het, kan jy die meeste van die kole  uitskep en solank eenkant daarop braai, maar ’n paar los kole moet agterbly.
  • Maak die pan nou toe met tinfoelie. Moenie die foelie onder die pan invou nie, want die broodjie moet dit nog kan  opstoot soos wat dit bak. Vorm met jou vingerpunte ’n klein holtetjie  bo-op elke blikkie se tinfoelie en skep enkele kooltjies daarin.
  • Pak nou die pan versigtig op die kole pak ’n paar ekstra kole rondom sonder dat dit aan die pan raak.
  • As jy jou hand so drie tot vier tellings bo die gat kan hou voor dit te warm raak, is jou “oondjie” se hitte reg.(Nee, nie ’n meter bokant die gat nie.)
  • Die broodjie kan  enigiets van 20 minute tot ’n driekwartier neem  voor dit gebak is. Toets die broodjie ná  20 minute met ’n pen of stokkie – was dit droog uitkom dan is dit gaar .Hou die pan met ’n vatlap vas en wikkel die kante van die brood met ’n mes uit  die pan los voor jy dit uitskud.
Pot brood met suiker en room

Pot brood met suiker en room

Soet Broodjie

1 Pak klaar gemaakte deeg

1 Koppie bruin suiker

1 Koppie room

Smeer swart pot met botter. Meng die room en bruin. Gooi helfte onder in die pot.  Neem die deeg en vorm bolletjies. (sodat elkeen ‘n bolletjie kan afbreek) Pak die bolletjies in die pot en gooi dan die orige room en suiker mengsel bo-oor,. Bak by 180 vir ± 1 uur.

Advertisement

Mieliebrood


Mieliebrood

Mieliebrood

Mieliebrood

Bestandele

500g Bruismeel

5ml Sout

1 Blik Geroomde Skuikermielies

2 Eiers

60ml Melk

25ml Olie

Metode

Sif bruismeel en sout saam

Klits eiers, melk en olie saam.  Voeg die vloeistof en mielies by die bruismeel.  Meng deur met ‘n mens en sit in ‘n gesmeerde pan.  Bak vir 45 minute by 190 °C.

Wenk: Indien beslag droog is meng bietjie vir bietjie melk by titdat alle betsandele net gemeng is.

 

Maklike mieliebroodjie

500g bruismeel
1 pakkie wituiesoppoeier
500ml karringmelk
1 koppie kaas
1 blikkie pitmielies
Meng alles saam met jou hande (baie sagte deeg)
Indien nodig, voeg n klein bietjie melk by.
Sit in broodpannetjie
Bak by 180C vir 1 uur tot 1 uur 15min tot toetspen skoon uitkom
Hoe langer die broodjie staan, hoe lekkerder word dit.

 

Heerlike Mielie-en-Bierbrood

Rencia Odendaal Pretorius
500 gr bruismeel
2 eetl suiker
1 blik heelpit mielies – gedreineer
2.5ml sout
1 blikkie bier (enige)
1 eier geklits

Hierdie bo-op broodjie
Bietjie gerasperde kaas
Bietjie bacon gekap in stukkies (rou)
Stukkie ui, greenpepper, red en yellow pepper (gekap)
Meng al die bg bestandele behalwe die eier.
Sit in swartpot of broodpannetjie
Gooi die geklitste eier oor
Gooi gerasperde kaas, ui, spek en peppers bo-oor
Bak vir 1 uur by 180 grade
Ek bak gewoonlik my broodjie vir die eerste 20 minute met ‘n deksel op, verwyder deksel en bak vir die laaste 40 min sonder deksel. Die foto is ‘n beslag wat ek 2x aangemaak het, maar ek het slegs 1 blik pitmielies gebruik en nie 2 nie

 

MAKLIKE MIELIEBROODJIE
500 gram Bruismeel; 1 Blikkie Bier; Knippiesout; 410 gram Roommielies.
Meng alles en gooi in kleinerige broodpan. Bak 45 minute – 180 grade.

 

MIELIEMEEL SKEPBROOD

500 ml melk
170 ml mieliemeel
2 ml sout
45 g botter
4 eiers geskei
Oond 180º C
Laat melk opkook, verlaag hitte en roere mieliemeel en sout in melk in. Hou aan roer tot dik. Voeg botter by, verwyder van hitte en laat effe afkoel. Voeg eiergele een vir een by. Klop eierwitte styf en vou in. Plaas in gesmeerde kasserolbak en bak sowat 40 minute. Sit voor met botter of eet saam met die sousie van ‘n stowegereg of saam met braaivleis!
BACON AND SPINACH MIELIEBREAD
6-8 bacon rashers, grilled and finely chopped
500ml self-raising flour OR 500ml flour and 20ml baking powder
125ml cheddar cheese, grated
100g spinash (finely chopped)
1 can corn kernels (not the sweetcorn type), drained
125ml olive oil
3 large eggs
Salt and Pepper

Method

Preheat oven to 200ºC.
Grease and line a deep loaf pan.
Mix bacon, flour, cheddar, Swiss chard and corn together.
Whisk oil, eggs and seasoning together.
Stir into dry ingredients to make a batter.
Pour into loaf pan and bake for about 30 minutes (start testing to see if the bread is cooked after about 25 minutes).
Leave to cool slightly, in pan.
Remove from tin and serve.

 

MIELIEBROODJIE

Deur: http://huisgenoot.com/kos/mieliebrood/

’n blikkie (410 g) geroomde suikermielies
2 eiers, geklop
5 ml (1 t) sout
60 g Stork Bake, gesmelt (verdeel in twee bakkies van 30 g elk)
60 ml (¼ k) warm melk
350 g óf 625 ml óf 2 ½ k bruismeel
2 ml (½ t) paprika

Plaas die suikermielies, eiers, sout, 30 g Stork Bake en melk in ’n bakkie en roer alles.

Meng die bruismeel en paprika in om ’n deeg te vorm.

Smeer ’n broodpan met gesmelte Stork, sprinkel dit met meel en skink die deeg in.

Bak teen 170 °C vir sowat 45 minute tot die deeg gerys het en ligbruin is.

Smeer die brood met die res van die gesmelte Stork om sy bokant sag te hou.

Wenk As jy eerder ’n soutbrood wil maak, kan jy die helfte van die oorspronklike hoeveelheid suikermielies vervang met gekapte swart olywe en die ander helfte met gekapte uie (’n halwe koppie van elk).

 

Mieliebroodjie

Ek het n ander resep gemaak na vele resepte en what a treat! 300gr koekmeelblom,15ml bakpoeier,1 blik sweetcorn en 2 eiers en koppie kaas en 1 opgekapte uie! Meng deur,gooi in goed gesmeerde pannetjie en bak vi 1 uur! What a treat! Breek nie as jy sny

 

MIELIEBROOD MET KARRINGMELK EN HEELPIT MIELIES

500 g bruismeel
10 ml gemengde droë kruie
1 x 410 g blik heelpit mielies, gedreineer
5 ml sout
500 ml karringmelk
100 ml gekapte pietersielie

Meng alles baie goed tot taai deeg.
Skep in geoliede meelbestrooide broodpan, 23 x 8 x 8 cm.
Indien verkies, strooi paprika en kaas bo oor.
Bak 1 uur by 180 º C.

 

3 BESTANDELE MIELIEBROOD
400grm Bruismeel
1 blik Kondensmelk
1 blik Sweat-corn
Meng als saam, plaas in gesmeerde broodpannetjie. Bak tot gaar, ongeveer 45min by voorverhitte oond van 180°C
GROENMIELIEBROOD
6 jong mielies
25ml suiker
5ml sout
2 eiers geklits
10ml Bakpoeier
10ml botter

Metode:
Kook die mielies bietjie op. Sny pitte Van die stronke af.
Maal en meet die mielies.
Daar moet 1 liter wees.
Voeg al die best by. Maak ‘n slap deeg met ongeveer 150ml melk.
Skep in klein gesmeerde broodpannetjie.
Stip met botter.
Bak 1 en  1/4 uur by 190C

 

OUDTYDSE GROENMIELIEBROOD
3 Koppies rou groenmielies, van die koppe afgesny
3 eetlepels koekmeel
1½ teelepel bakpoeier
2 eetlepels botter of margarine
2 eetlepels suiker
¾ teelepel sout

Metode:
Maal die mielies met ‘n vleismeul
Meng al die bestanddele goed saam
Smeer 3 – 4 blikke met botter of margarine (Die 415 gram grootte blikke)
Skep die blikke ¾ vol met die mengsel
Maak deksels van tinfoelie vir die blikke sit rekkies om, om stewige te hou
Sit blikke in groot genoeg pot gooi genoeg water in pot (so helfte van die blikke) vul water nou en dan op wanneer nodig
Kook +- 2½ ure

MIELIEBROOD MIKROGOLF
3 eiers
100ml suiker
250 ml koekmeel
250 ml mieliemeel
half tl sout
15ml bakpoeier
1 blik room mielies
250ml melk
3 eetl kookolie
Klits eiers en suiker
Voeg droe bestandele by voeg nou mielies melk en olie by
Giet beslag in ‘n ringpan en bedek met gladwrap Prik gaatjies in gladwrap
Mikrogolf 15min op hoog (100%)
Laat effe afkoel en bedien

 

 MIELIEBROOD

1 k koekmeel
1 k mieliemeel
3 t bakpoeier
1 t sout
125 ml olie
125 ml suiker
3 eiers
1 blik geroomde suikermielies

Klits die volgende saam: olie, suiker en eiers. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Roer mielies by. Giet in broodpannetjie en bedek liggies met foelie. Bak by 180ºC vir ongeveer 1 uur.

 

MIELIEMEELBROOD
120g mieliemeel
120g meelblom
16g bakpoeier
10g suiker
2ml sout
375ml melk
50ml mielie-olie
1 eier

Metode:
Stel die oond op 220 grade C. Voer die broodpan van 200 x 200 x 80 met waspapier uit en smeer dit. Sif die droe bestandele saam. Kits die eier, melk en olie saam en voeg dit by die droe bestandele. Skep die deeg in die broodpan en bak vir 25min of tot gaar. *Keur Mieliegeregte*