Bierbroodjie
500 gram bruismeel
1 X Blikkie Bier van jou smaak
Knippie sout.
Meng die klomp totdat die deeg van jou vingers af is, sit in die broodpan, laat rys, en bak 40 min op 180 grade.
Die lekker van die resep is dat n mens die deeg kan ooprol en enige iets na jou smaak oor die hele oppervlakte smeer of strooi (viennas en tamatie smeer, spinasie en feta, kaas en knoffel, biltong en jalepeno, ag sommer net wat se smaak ookal in jou kieste opspring.
Potbrood met soutvulsel
(Bron onbekend)
Nog ‘n vinnige potbrood van gekoopte brooddeeg:
1 kg brooddeeg
Kies uit die volgende vulsels:
1. Gebraaide ui (skyfies), gebraaide spekvleis (250g), 1 k gerasperde cheddarkaas
2. 1 k gaar (bevrore) spinasie, 1 k fetakaasblokkies
3. gebraaide ui (skyfies), gebraaide sampioene (250g), 1 k gerasperde kaas
Sit helfte van brooddeeg (klaar gerys) in gesmeerde platboompot. Sit vulsel in en bedek met orige deeg. Sit deksel op en bak vir 45 min – 1 uur in buite-oond van jou keuse
Mieliebroodjie
Weg tydskrif)
Die meeste supermarkte verkoop rou brooddeeg. Al wat jy moet doen, is om die deeg een keer af te knie en te laat rys voor jy dit bak. Die brrodjie kan in broodpannetjie, swartpot of blikkies gebak word. (in deie pot kan jy dit bedek met deksel ipv foelie en die deeg is genoeg vir drie blikkies)
Jy benodig:
- 1 pak (600g) brooddeeg
- 1 blikkie pitmielies, gedreineer
- ’n koppie gerasperde cheddar-kaas
- sout en peper na smaak
- botter
Só maak jy
- Maak ’n vuur en laat die hout uitbrand tot kole.
- Smeer die pan se binnekant deeglik met botter.
- Die deeg moet vogtig genoeg wees sodat dit ’n bietjie aan jou vingers vasklou. Indien die deeg te styf is, kan jy ’n titseltjie water byknie, totdat die verlange tekstuur verkry is. Knie die mengsel van gerasperde kaas en pitmielies by die deeg in, verdeel dit in drie gelyke dele.
- Rol elkeen die deeg in ’n bal en laat val elkeen pan. Laat dit vir ’n uur staan om uit te rys.
- Wanneer die deeg uitgerys het, kan jy die meeste van die kole uitskep en solank eenkant daarop braai, maar ’n paar los kole moet agterbly.
- Maak die pan nou toe met tinfoelie. Moenie die foelie onder die pan invou nie, want die broodjie moet dit nog kan opstoot soos wat dit bak. Vorm met jou vingerpunte ’n klein holtetjie bo-op elke blikkie se tinfoelie en skep enkele kooltjies daarin.
- Pak nou die pan versigtig op die kole pak ’n paar ekstra kole rondom sonder dat dit aan die pan raak.
- As jy jou hand so drie tot vier tellings bo die gat kan hou voor dit te warm raak, is jou “oondjie” se hitte reg.(Nee, nie ’n meter bokant die gat nie.)
- Die broodjie kan enigiets van 20 minute tot ’n driekwartier neem voor dit gebak is. Toets die broodjie ná 20 minute met ’n pen of stokkie – was dit droog uitkom dan is dit gaar .Hou die pan met ’n vatlap vas en wikkel die kante van die brood met ’n mes uit die pan los voor jy dit uitskud.
Soet Broodjie
1 Pak klaar gemaakte deeg
1 Koppie bruin suiker
1 Koppie room
Smeer swart pot met botter. Meng die room en bruin. Gooi helfte onder in die pot. Neem die deeg en vorm bolletjies. (sodat elkeen ‘n bolletjie kan afbreek) Pak die bolletjies in die pot en gooi dan die orige room en suiker mengsel bo-oor,. Bak by 180 vir ± 1 uur.
You must be logged in to post a comment.