Search Results for: mosterdsous

Mosterdsous


Mosterdsous Rens

ROMERIGE MOSTERDSOUS (die foto wys hoeveel dit maak)
500ml suiker
6 eiers
30ml mosterdpoeier
250ml asyn
2ml sout
380ml Ideal melk (1 standaard blikkie)

Klits/meng eiers suiker asyn mosterd en sout goed.
Kook op die stoof tot verdik –
Baie belangrik: ROER DIT DIT HEELTYD – dit brand maklik vas. Ek gebruik my whisk die heeltyd –
Laat afkoel
Meng ideal melk by en meng goed
Bewaar in yskas vir ongeveer 2 na 3 weke in yskas
Die mosterd is heerlik vir kouevleise, worsbroodjies, toebroodjies, en piesangslaai

 

BOGENOEMDE RESEP maar in die MIKROGOLF

ROMERIGE MOSTERDSOUS (mikrogolf)

 

500ml suiker

6 ekstra groot eiers

30ml mosterdpoeier

250ml asyn

2ml sout

380ml Ideal melk

Klits eiers suiker asyn mosterd en sout goed. Mikrogolf vir 7 min (oop) by 50% krag (medium) tot dik. Roer elke minuut

Laat afkoel

Meng ideal melk by en meng goed

Bewaar in yskas vir ongeveer 2 na 3 weke in yskas

MOSTERDSOUS

3/4 koppie suiker
3/4 koppie wit asyn
4 eiers
2 tlp aangemaakte mosterdpoeier
Verder is dit maar sout, peper, naeltjies, knoffelvlokkies, en groen speserye na smaak

Smelt suiker en asyn oor lae hitte. Meng mosterd en geurmiddels by. Klits die eiers goed,maar nie skuimerig nie. Meng dit by. Roer aanhoudend tot dik

 

MOSTERDRING

4 eiers

250ml water

125ml asyn

175ml suiker

15ml gelatien

15ml mosterdpoeier

2ml borrie

1ml sout

250ml room

Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit of met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die koelkas om te stol.

 

 

MOSTERDSOUS IN DIE MIKROGOLF

250 ml witsuiker

25 ml mosterdpoeier

12.5ml koekmeelblom

1ml sout

125 ml asyn

125 ml water

2 ekstra groot eiers

Meng suiker mosterdpoeier koekmeelblom en sout in diep 1litre bak.Voeg die asyn en water by en meng goed met draadklitser.Mikrogolf dit oop 4min lank op 100%krag roer gereeld na elke 2min .Klits eiers en klits dan van warmsous by eiers en klits hierdie mengsel nou by res van warm sous Mikrogolf dit vir 3 min oop by 50%krag tot dik maar klits dit elke min.Laat sous akkoel voor gebruik .Dus heerlik by varkgeregte of meng met mayonaise v aartappelslaai of net so op toebroodjies met kouevleis maak sommer dubbel en skep in flessies .

HIERDIE IS DIE LEKKERSTE MOSTERD SOUS UIT:  KOOK EN GENIET

WEES GEWAARSKU….HY BRAND !!

1 blikkie kondensmelk
250 ml.(1 kop) suiker
200 ml. mosterdpoeier ( ek gebruik die groot Colmans 100 g )
200 ml. mayonaise
200 ml. asyn
1. Meng die eerste 3 bestanddele
2. Voeg die mayonaiseen asyn by en meng. Klits dit goed met n eierklitser
L.W. Die hoeveelheid is genoeg om n vrugtefles van 1 liter te vul. Bewaar dit in die yskas
 

MOSTERDSOUS:

Rencia odendaal Pretorius (Ouma Hester se resep)

2 eiers

125ml asyn

60ml suiker

30ml mosterdpoeier

2ml sout

Meng al die bestandele en laat prut vir rukkie oor stadige hitte

Geskik vir koue vleise, tong, worsbroodjies en soutvleis

MOSTERDSOUS:

75ml mayonaise

30ml aangemaakte mosterd

175ml natuurlike jogurt

100ml room of suurroom

1 knoffelhuise – fyn

paar druppels tabasco sous

sout en peper

15ml gekapte spruit uie

Meng alles tot gladde pasta – berein yskas

MOSTERD SOUS:

Klits 2 eiers baie goed tot skuimerig

Maak 1 eetl mosterd aan met 1/4 kop water – voeg bymekaar en kook oor stadige hitte tot dit begin dik raak. Klits nou met eierklitser tot glad en skuimerig.

Laat koud word en bedien

 

KONDENSMELK-EN MOSTERD SOUS:

1 kop asyn

2 eetl mosterd

1 blik kondensmelk

Meng alles goed en bere in die yskas

 

MAKLIKE MOSTERD EN KONDENSMELK DOOPSOUS:

½  koppie kondensmelk

2 tl mosterd

2 eetl asyn

sout en peper

Meng bo-genoemde goed

Voeg nou by 1 eetl gesmelte botter en klop tot gladde mengsel.

  

MOSTERD DOOPSOUS MET IDEALMELK:

1 blik idealmelk (klits styf)

1 blik kondensmelk – gooi by idealmelk

Voeg by:

4tl mosterdpoeier

3/4 kop asyn

3/4 kop olie

sous

Klits alles goed deur en bere in yskas

 

TUISGEMAAKTE MOSTERDSOUS

397g kondensmelk

250ml suiker

110g mosterdpoeier

200ml mayonnaise

200ml asyn

Meng die kondensmelk, suiker en mosterdpoeier. Voeg die mayonnaise en asyn by en meng. Klits dit goed met ʼn eierklitser. Bewaar dit in die yskas.

Advertisement

Mosterd Hoender


mosterd hoender rens

Mosterd en mayohoender

KORTPAD MOSTERD en MAYOHOENDER

6 Hoederdye
Sny paar sampioene (net gehalveer)
1 groot ui (gekap)
Pak alles in ‘n kasserol

Meng:
1 kop mayonnaise
100ml geel mosterd (ek het Wimpy mosterd gebruik)
5ml colemans mosterd (of die poeier of die klaar aangemaaktes)
2 eetl appelkooskonfyt of bladjang
2 eetl bruinsuiker (jy kan die uitlos indien verkies)
1 tl sout
1 tl peper
2 tl hoender speserye
1 hoogvol tl maizina
Skep die dik mengsel bo-oor die hoender en bedek
Oond 180C vir 1 uur
Moet geen water byvoeg nie, die hoender het genoeg vog in.

Haal deksel af en rooster vir ‘n rukkie

MOSTERDHOENDER
Halwe koppie koekmeelblom
2 mediumgrootte uie, fyn gekap
2 teelepels Aromat
1 blokkie hoenderekstrak, fyngekrummel
1 teelepel sout
400 ml kookwater
knippie peper
50 ml matige soet mosterdsous (soos Cerebos)
1,5 kg hoenderporsies
50 ml blatjang
5 eetlepels sagte bruin suiker
3 t maizena
Sif meel, Aromat, sout en peper saam. Rol hoenderporsies daarin tot goed bedek. Braai porsies aan weerskante tot goed bruin in warm kookolie. Skep hoender in enkele laag in oondvaste skottel met deksel. Braai uie tot goudbruin in pan waarin hoender gebraai is. Los hoenderekstrak in kookwater op. Meng die mosterdsous, blatjang, suiker en maizena goed saam en meng dit met die hoenderaftreksel (hoenderblokkie en kookwater). Voeg dit by die gebraaide uie en laat die sous opkook. Skep die sous oor die hoenderporsies. Sit die deksel op en bak 90 tot 120 minute by 160ºC.
Lewer 6 8 porsies.

MOSTERD HOENDER
125 ml suiker
50 ml mosterdpoeier
50 ml koekmeel
2 ml sout
50 ml olie
125 ml asyn
250 ml mayonnaise
250 ml kookwater
6 hoenderdye
6 hoender boudjies
1. Voorverhit oond tot 180°C
2. Braai hoender in olie tot goudbruin
3. Skep hoender in ‘n oondvaste bak.
4. Meng die res van die bestanddele saam en giet oor hoender.
5. Bak vir 40-45 minute

Deur :
Chef Ann’s Kitchen

DIEET – Ilse se dieet soos op Fb


KONTAK ASB EERS JULLE DOKTER INDIEN JULLE DIE DIEET WIL VOLG EN SEKER MAAK DAT DIT VEILIG  IS VIR JOU GESONDHEID EN LIGGAAM

Baie mense gaan my nou vra wat is die dieet. Ek het dit gekry in ‘n boekie wat ek in ‘n tweedehandse boekwinkel in Jeffreysbaai ontdek het. Die boekie is al in die 50’s gepubliseer. Kan nou nie die naam onthou nie.
Ek is doodseker dit was die begin van hierdie nuwe Tim Noakes se Kosrevolusie wat almal nou op hol het. Dis is basies presies dieselfde behalwe vir die eerste week tot hoe lank jy kan uithou.

Ek het hierdie dieet met my man se nier spesialis bespreek en hy’t gese my man kan saam met my daarop gaan maar hy moet ten minste een keer per week 1 porsie stysel inkry waar dit nie vir my nodig is nie Bv 1 gekookte aartappel, 1 mielie op die stronk, 2 snye volgraan brood, 1 k rys, 1 bakkie ontbytpap. NIE slapchips, toastbroodjies, pasta, pizza of sulke goed nie.

Bespreek asseblief ENIGE dieet wat julle wil probeer eers met julle huis dokters. Ons almal se liggame werk anders en ek wil nou nie moeilikheid hê as iemand siek voel oor my dieet nie. Ek deel net met julle wat vir my gewerk het.

ILSE SE DIEET

Die eerste 2 weke van hierdie nuwe lewenstyl is die belangrikste. Indien jy hierdie 2 weke volledig en stiptelik kan nakom, kan jy oorskuif na die volgende fase. Elke keer as jy kroek begin jou 2 weke weer heel van voor af tel. (Ek het al net ‘n week op dit gebly en dan oorgeskuif, maar hoe langer hoe beter)

Hoe lank kan ek op hierdie program bly??

Solank as wat jy wil, tot jy naby aan jou doelgewig is of as jy net moeg raak vir elke dag dieselfde kos. Onthou om te onderskei tussen moeg raak en cravings. Cravings is die teken dat jou liggaam NIE reg is om oor te gaan na die volgende fase nie.

Wat mag jy eet???

Vleis
Dit sluit in enige bees, skaap, vark, bok. Basies alle rooivleis soos dit uit die slaghuis kom. Vars en ongeprosesseer. Enige hoeveelheid wat jy op ‘n dag kan inneem. As jy nie kans sien om die vetjie af te sny nie, is dit nie die ergste nie, maar dinge gebeur net soveel vinniger as jy dit wel doen. (ek het ondervind dat dit nie eintlik ‘n verskil maak nie).

Vis
Enige seekos, skulpvis en alle visse. Oesters en mossels is baie ryk so vermy eerder vir die twee weke.

Hoender
Enige hoender, eend, kalkoen, tarentaal, gans. As jy nie kans sien om die vel af te sny nie, is dit nie die ergste nie, maar dinge gebeur net soveel vinniger as jy dit wel doen. (ek het ondervind dat dit nie eintlik ‘n verskil maak nie).

Eiers
Enige manier waaraan jy kan dink om hulle gaar te maak.

Kaas / Suiwel
Room en suurroom,VOLROOMMELK, ongegeurde jogurt (volroom as jy kan kry). Enige kaas – dit sluit in roomkaas, maaskaas, bloukaas, camembert, parmesan.

Verkieslik net vars slaghuisprodukte, maar as jy soek kan ‘n paar ander produkte dit bietjie meer interressant maak.

Tamatiesous, Worcestersous en enige speserye en kruie.
Lees die tabelle op die produkte. As jou Carbohydrates / 100g laer is as 3g kan jy dit maar eet.

REELS VIR : FASE 1

Drink minstens 3 liter water per dag. Dit is kritiek om al die vet uit jou liggaam te spoel en dan te help om jou vinniger te laat gewig verloor.

Maksimum 1 koppie gewone koffie ook sonder suiker en melk. (Ek het myne met 2 lepels suiker en volroom melk gedrink).
Sodawater
Tee

Alkohol mag geensins in hierdie fase gebruik word nie. Alkohol vertraag die vetverbrandingsproses baie. (Ek het Whiskey met soda gedrink as ek lus was om iets te drink saam met ‘n braai of so.)

Jy kan olyfolie gebruik om jou kos in gaar te maak. Botter en diervet ook maar NIE MARGARIEN NIE.

FASE 2

Nou raak dinge beter en jy begin jou liggaam leer hoe om met kos te werk.
Hoe lank kan ek op hierdie program bly?? Solank as wat jy wil.
Nuwe kosse wat jy nou mag eet:

Mustard Greens, Beetroot leaves, Watercress, Bamboo shoots, Coriander Leaves, Iceberg Lettuce, Butter Lettuce, Cos Lettuce, Chinese Cabbage, Alfalfa Sprouts, Cauliflower, Celery, Spinach, Radish, Sauerkraut, Chives, Swiss Chard, Chinese lettuce, Mushrooms, Asparagus, Rocket, Zucchini, Cabbage, Tomato, Cauliflower, Dill Cucumber Pickles, Green Pepper, Gem Squash, Parsley, Turnip, Cucumber, Starflower, Jalapeno Peppers, Radish Sprouts, Green/String Beans, Pumpkin, Oyster Mushrooms, Broccoli, Red Pepper, Kidney Bean Sprouts, Mung Bean Sprouts, Fennel bulb, Red Cabbage, Garden Cress, Brussels Sprouts, Peas (frozen), Globe Artichoke, Turnip, Spring Onions, Peas in pod, Carrot, Red Cabbage, Yellow Pepper, Tomato Paste, Eggplant, Parsnips, Leek, Carrot, Red Hot Chilli peppers, Tomato Purée, Avocado, Rhubarb, Olives, Blackberries, Starfruit, Raspberries, Strawberries, Gooseberries, Prickly Pear, Strawberries, Watermelon, Melon, Cranberries, Paw-paw, Peach, Mulberries, Honeydew Melon, Nectarine, Tangerine, Grapefruit, Apricot, Sour Red Cherries, Orange, Blueberries

Slaaisouse.

Greek, Olyfolie en balsamiese asyn, French

Reels van fase 2:

Drink minstens 3 liter water per dag. Dit is kritiek om al die vet uit jou liggaam te spoel en dan te help om jou vinniger te laat gewig verloor.

Maksimum 1 koppie gewone koffie ook sonder suiker en melk. (Ek het myne met 2 lepels suiker en volroom melk gedrink).
Sodawater
Tee

Jy kan olyfolie gebruik om jou kos in gaar te maak. Botter en diervet ook maar NIE MARGARIEN NIE.
Alkohol mag gebruik word. Maksimum van 1 glas wyn per dag. Ander 3-4 sopies brandewyn, whiskey, cane of gin met water of soda.

As jy 10kg van jou gewig af is en jy verloor nog steeds gewig,  kan jy oorgaan na die volgende en laaste fase.
As jy op ‘n stadium kom wat jy nie meer gewig verloor nie maar ook nie optel nie, dan het jy jou leeftydlimiet van carbs gekry. Dan help dit nie jy gaan oor na die volgende fase nie. Nou het jy geleer wat jou liggaam soek en wat nie. Die volgende fase sit NOG meer carbs terug in jou liggaam en dit sal dan die balans wat jy nou het weer van voor af versteur en jy sal weer begin gewig aansit.

FASE 3

Elke einde van die week vermeerder jy jou carb-inname met 1 porsie stysel. Bly op hierdie fase tot jy jou doelgewig bereik het en nie meer gewig wil verloor nie. Elke week sal jy agterkom waar jou stysellimiet is wat jou liggaam soek. As jy stilstaan is dit die hoeveelheid wat jou liggaam soek. As jy aanhou verloor, soek jou liggaam meer en as jy optel neem jy te veel in. So maklik soos dit.
As jy op ‘n stadium kom wat jy nie meer gewig verloor nie maar ook nie optel nie, dan het jy jou leeftydlimiet van stysel/carbs bereik.

Wat mag ek nou by eet??

Styselgroente porsie Carbs
Wortels   ½ k gaar 10.0
Aartappels   ¾ k gaar 10.2
Patats   ½ cup 13.9
Mielies   1 heel 24.7
Bone porsie Carbs
Chickpeas   ½ k 16.2
Suikerbone   ½ k 11.6
Lensies   ½ k 12.1

Vrugteporsie Carbs
Appel   ½ 8.7
Piesang 1 klein 21.2
Druiwe   ¼ 7.1
Koejawel   1 medium 5.8

Kiwi 1 8.7
Mango  ¼ kop 6.3

Graanporsie Carbs

Oats   ½ k gaar 10.6
Pasta (whole wheat)  ¼ k gaar 8.3
Rys (bruin)  ¼ k gaar 10.3

Jy verloor nog gewig?? Jy is al amper onder wat jy moet weeg?? Pas jou porsies per week aan soos jy goeddink.
Nou weet jy presies wat jy kan eet, wat jy nie kan eet nie, en ook die hoeveelhede so uniek soos wat jou liggaam en jy is.

Ek hoop almal verstaan dit nou mooi.

Hier is vir julle ‘n voorbeeld van my eerste week.
Voel vry om aan te pas soos julle wil.

Van Wyk’s huis se kombuis

Week 1 tot so lank as wat jy kan uithou, maar nie langer as 3 maande nie.

Enige hoeveelheid van die volgende 10 items wat jy op een dag voor lus het:
Vleis, Vis, Hoender, Eiers, Kaas, Tamatiesous, Worcestershiresous, Speserye, Vet/regte botter, TEN MINSTE 3 LTR WATER ‘N DAG!!
Moenie die vetjie of velletjie van jou vleis afhaal nie, jou liggaam het dit ook nodig.

Geen ander koeldranke nie, nie eens dieetkoeldrank nie en net 1 k koffie per dag. Ek is baie lief vir my koffie so my een koppie moet lekker wees. Ek het nog steeds my melk en suiker ingegooi. Darem ook nou nie 6 lepels suiker nie. Volroom melk en 2 suiker is voldoende vir my.

Probeer ten minste ‘n week uithou, dis is regtig nie so moeilik nie.

As jy nou so jean size of wat geval het, glo my dit gebeur vinniger as wat jy dink, kan jy die volgende bysit.

Mustard Greens, Beetroot leaves, Watercress, Bamboo shoots, Coriander Leaves, Iceberg Lettuce, Butter Lettuce, Cos Lettuce, Chinese Cabbage, Alfalfa Sprouts, Cauliflower, Celery, Spinach, Radish, Sauerkraut, Chives, Swiss Chard, Chinese lettuce, Mushrooms, Asparagus, Rocket, Zucchini, Cabbage, Tomato, Cauliflower, Dill Cucumber Pickles, Green Pepper, Gem Squash, Parsley, Turnip, Cucumber, Starflower, Jalapeno Peppers, Radish Sprouts, Green/String Beans, Pumpkin, Oyster Mushrooms, Broccoli, Red Pepper, Kidney Bean Sprouts, Mung Bean Sprouts, Fennel bulb, Red Cabbage, Garden Cress, Brussels Sprouts, Peas (frozen), Globe Artichoke, Turnip, Spring Onions, Peas in pod, Carrot, Red Cabbage, Yellow Pepper, Tomato Paste, Eggplant, Parsnips, Leek, Carrot, Red Hot Chilli peppers, Tomato Purée, Avocado, Rhubarb, Olives, Blackberries, Starfruit, Raspberries, Strawberries, Gooseberries, Prickly Pear, Strawberries, Watermelon, Melon, Cranberries, Paw-paw, Peach, Mulberries ,Honeydew Melon ,Nectarine , Tangerine , Grapefruit, Apricot, Sour Red Cherries, Orange, Blueberries,Room en suurroom,VOLROOMmelk, Ongegeurde jogurt (volroom as jy kan kry) Lancewood maak ‘n volroom een, Enige kaas dit sluit in roomkaas, maaskaas, bloukaas, camembert, parmesan, Enige diervet vir kos in gaarmaak, Olyfolie, Pekanneute, macademia, walnuts, Brazil, hazel, Amandels en pampoensade, Coconut, fyn of stukke, Coconut melk en water.
Redro vissmeer, Gebruik eerder Bovril as Marmite.

Gaar of rou nes jy wil en jy kan Knorr se slaaisouse gebruik matig, maar NIE DIE LIGHT NIE. Die olierige een.
Wees net so bietjie versigtig met die vrugte, hulle het nogal baie suiker.

Met hierdie byvoegings kan jy basies jou hele lewensstyl verander vir die res van jou lewe.

FASE 1

Maandag
O – Omelet met bacon en kaas
M – Biltong en droëwors
A – Oondgebakte hoender (resep van gister)

Dinsdag
O – 3 scrambled eiers met gerasperde kaas oor.
M – Oorskiethoender
A – Italiaanse Hoender

Woensdag
O – Eier- en hambakkie
M – 1 houertjie maaskaas
A – Skaaptjoppies op die kole

Donderdag
O – 3 scrambled eiers met gerasperde kaas oor.
M – Cooked ham opgerol met stukkies kaas in. (Kouevleis wat jy kan gebruik Pastrami, Silverside, Gammon, Hickory Ham, Cooked Ham)
A – Frikkadelle (Resep volg)

Vrydag
O – Omelet met bacon en kaas
M – Gerookte hoenderborsies met roomkaasgeur van jou keuse
A – Steak (ek hou van Rump wat nog ‘n vetjie aan het of Sirloin)

FASE 2

Van Wyk’s huis se Kombuis
Ek het ‘n volle 2kg geval van ek verlede week Maandag begin het. Ek gaan vir julle die fase 2 voorbeeld van ‘n eetplan opsit, maar ek gaan nog ‘n week probeer uithou op fase een.
Baie trots op myself. Het ‘n hele 24 liter water die week gedrink!!

Weereens pas aan soos jy wil maar dis min of meer hoe my plan lyk vir fase 2.

Maandag:
O – Omelet met kaas, bacon, mushrooms.
M – Hoenderslaai (Blaarslaai, uie, komkommer, hoenderborsies, tamaties met ‘n sprinkel French Slaaisous van Knorr. Nie die light ene nie)
A – Gegeurde maalvleis met uie, g/peppers, knoffel.
Sprinkel met kaas.
Groenboontjiestirfry met mushrooms, uie en bacon.
*2 gebakte eiers – opsioneel

Dinsdag
O – 2 eier roerbraai met bacon en gebraaide tamatie
M – Oorskietmaalvies met ‘n lekker griekse slaai met fetakaas en olywe soveel jy wil.
A – Hoender stirfry (1 kg Repies hoender, 1 pak French stirfry, lekker baie Aromat en swart peper na smaak)

Woensdag
O – 2 gebakte eiers op tuisgemaakte hamburger patties.
M – Rolletjies cooked ham en maaskaas van jou keuse
A – Braaivleis van jou keuse
Gevulde groot swart mushrooms *resep volg
Tamatie- en uieslaai (Sny tamatie en uie fyn. Maak sous van 1/2k bruinasyn en 2 e Xylitol of 3-4 versoeter pilletjies, sout en peper na smaak.)

Donderdag
O – Minute steaks met gebakte eiers en tamatiesmoor
M – Olywe, salami, Gherkins, kersietamaties.
A – Souttert *resep volg
Mengelslaai

Vrydag
O – Hardgekookte eiers en vars tamatie en uie
M – Biltong en droewors
A – Skaapribbetjie op die kole
Blomkool Tamatie en uie smoor

dieet ilse heuning

1 eetlepel heuning, 1 eetlepel kaneel, 1 eetlepel gemmer, 1 teelepel kremetart, 1 liter water. Meng hou in die yskas en drink voor elke ete n sopie vol.

 IDEES MET BLOMKOOL: 

http://www.buzzfeed.com/christinebyrne/cauliflower-not-carbs?bffb&utm_term=4ldqphi#.sm8o7eKVM

http://talkfeed.co.za/banting-diet-resources-download/

RESEPTE IDEES

https://kreatiewekosidees.com/?s=LOW+CARB

ITALIAANSE HOENDER

6 hoender quarterlegs
1 k tamatiesous
1 t gemengde kruie
1 t fyngekapte roosmaryn (verkieslik vars)
1 t oregano
1 t knoffel
1/4 k worcestersous
¼  k water

Spuit oondbak goed.
Pak hoenderstukke in oondvaste bak. Meng res van die bestanddele en giet oor. Bak op 180C vir 1uur. Skep weer van sous oor en bak tot taaierig, bruin en gaar. Ongeveer nog so 30-40min.
Bedien.

FRIKADELLE

500g maalvleis
2 eiers
½ cheddarkaas grof gerasper
1 e fyn knoffel
½ k parmesankaas
1 t vars gemaalde swartpeper

Meng als goed en rol balletjies. Vlak braai in bietjie olie tot bruin en gaar. As jy groter frikadelle verkies, pak dit in ‘n oondskottel. Meng 1 k tamatiesous, 1 e spice for mince, 1 t knoffel, 1/4 k worcestersous en ¼ water. Giet oor en bak onbedek op 200C vir 40min tot gaar.

EGG AND VEGETABLE LOAF

(Makes 1 small loaf)

6 eggs (whisked)
1/2 cup grated cheese
1/2 zuchinni grated
1/2 carrot grated
1 garlic clove grated
4 slices rindless bacon chopped
1/4 red onion chopped
1 tbs melted butter
Mix all ingredients together in bread tin and bake on 180 in oven for 25 minutes.

SOUTTERT

6 eiers
1 gekapte ui
250g gekapte hamblokkies
2 pakkies spek
3 k cheddarkaas
1/2 k room
1/2 k water

1. Sit oond op 180 grade.
2. Snipper spek en braai tot gaar in pan en laat afkoel.
3. Meng al die bestanddele saam in mengbak.
4. Smeer oondbestande bak.
5. Gooi mengsel in oondbak en bak vir ongeveer 45min tot goudbruin.

low carb hoenderpastei

Chicken pie

CHICKEN PIE

500g chicken breasts
salt and pepper
juice and rind of 1 lemon
250g mushrooms, sliced
oil
200g spinach, stems removed
3 eggs, beaten
250g tub cream cheese

Method:
1. Preheat the oven 180C. Spray an overproof dish.
2. Season the chicken with salt, pepper and the lemon juice and rind. Steam in a food steamer until done.
3. Remove the bones and cut into small pieces.
4. Fry the mushrooms in a little bit of oil till just softened.
5. Add the spinach and fry until the spinach welts. Beat the eggs and cream together.
6. Mix the chicken, spinach and cream cheese together and spoon into the prepared dish. Sprinkle cheese over.
7. Bake for 30-40 min or until the egg has set and the cheese are melted and golden.

Deur: Karin De Freitas

HOENDERSCHNITZELS
4 heel hoenderfillette
Spice for Mince (ja jy lees reg)
Worcestersous

Sit 1 fillet op ‘n slag in ‘n deurskynende sakkie.
Slaan plat met ‘n hammertjie.
Sny in 2 stukke
Sprinkel goed met die speserye.
Sprinkel met die worcestersous.
Los vir so 20 min.

Verhit bietjie olyfolie in ‘n pan.
Vlakbraai net 3 minute per kant.
Pak in ‘n oondbak.
Sprinkel kaas ook en bak net tot kaas gesmelt is.

Bedien met ‘n slaai of groente.

SPINASIE-, SAMPIOEN- EN SALAMIQUICHE

6 eiers, geklits
1/2 kop gerasperde kaas

Voeg kaas by eiers
1 houer buttonsampioene, gesny

500 gr spinasie en 1 ui, gesnipper en gebraai
6 to 8 salamiskyfies
Arrange the salami slices on the bottom of a large foil tart plate; Layer it with the mushroom, onion and spinach mix Pour the egg cheese mixture on top and bake in a pre heated oven at 180 degrees for about 15-20 min

HOENDER- EN BROKKOLIGEBAK
4-6 hoenderborsfilette, in repe gesny
sout en peper na smaak
1 groen of geel soetrissie, in klein blokkies gesny
1 ui, gekap
olie
500 g broccoli-blommetjies
45 ml (3 e) botter of margarien
50 ml (10 t) koekmeel
10 ml (2 t) Dijonmosterd
500 ml (2 k) melk
125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Geur die hoender met sout en peper en braai saam met die soetrissie en ui in ’n bietjie olie tot bruin.
Skep in ’n oondvaste bak en voeg die broccoli by.
Smelt die botter of margarine en roer die koekmeel by tot glad. Roer die mosterd by. Geur met sout en peper. Voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word en die sous kook. Voeg die helfte van die kaas by.
Giet die sous oor die hoender, sprinkel die res van die kaas oor en bak sowat 20 min tot die kaas gesmelt en effens verbruin het.

WEENSE WORSIE ROERBRAAI
Ek het bietjie narvorsing gedoen en agtergekom dan Eskort se rooiworsie nogal heel goed gaan inpas by my eetplan. Hier is ‘n lekker vinnige middagete wat jy sommer in ‘n braaipan maak of ‘n vinnige ontbyt.

2-4 persone
2 Eskort Rooiworsies
4 eiers geklits
Sout en peper na smaak
Cheddarkaas na smaak

Sny die worsies in wieletjies en braai tot bruin in die bietjie botter. Gooi die eiers by en roer gedurig. Geur met sout en peper en sprinkel kaas oor en roer deur sodat dit kan smelt.

Wees maar versigtig met die sout. Die kaas is ook baie sout.

GEVULDE SAMPIOENE

8 groot swart sampioene

Botter by kamertemperatuur
Knoffel na smaak
Sprietuie
Mozzarella en goudakaas
Paprika

Meng die botter, knoffle, sprietuie en kase.
Smeer dit in die holte van die mushroom en sommer oor die stingeltjie ook.
Sprinkel met Paprika
Bak in oond op 180C vir 20 min.

ilse dieet

Eierkoppies en brokkoli en hamslaai

ONTBYT-IDEE – EIERKOPPIES

Genoeg vir 3-4 mense
Jy benodig ‘n muffinpan (12)
12 snytjies ham – rondes werk die maklikste
12 eiers
Spring onions
Kaas van jou keuse

Verhit jou oond tot 200C
Spuit jou muffinpannetjie goed
Druk die ham in die holtes
Breek 1 eier in elke hambakkie
Dit sal bietjie oorloop
Bak vir 12 minute tot wit ferm is en geel nog sag (as jy die geel styf wil he maak dit 20min)
Sprinkel bietjie sping onions en kaas oor
Bak net nog 5 minute tot kaas gesmelt is
Geur met sout en peper na smaak
(‘n Druppel Tabasco is ook heerlik)

BROCCOLI SALAD MET SPEK OF HAM

2 heads broccoli, chopped
1 cup mayonnaise
1 cup sour cream
2 Tbs sugar
½ tsp salt
½ cup red onion, diced (white is also fine)
250gr bacon, fried and crumbled or chopped ham
1 cup cheddar cheese, shredded
Instructions
In a bowl, mix mayonnaise, sour cream, sugar and salt to make a creamy sauce.
Add broccoli and stir until broccoli is coated evenly.
Stir in the bacon, onion and cheese.
Refrigerate until serving.

KERRIE-EIERS
Gekookte eiers
Gekapte ui
Botter
125ml room
250ml cheddarkaas
1/2 teelepel kerrie
1/4 teelepel borrie
Sout en pepper na smaak
Braai uie in botter tot lekker sag, voeg kerrie en borrie by, braai nog ñ minuut.
Voeg room by en verhit terwyl jy heeltyd roer. Sodra warm voeg kaas by roer tot gesmelt (moenie kook nie).

Sou en peper na smaak.
Sny eiers in halwes of skywe en gooi sous bo-oor

GEVULDE BUTTERNUT
2 heel butternuts
Kookwater
sout
1kg maalvleis
2 fyn gekapte uie
1 blikkie gekapte tamaties
Paar skeute Worcestersous
1 t italian herbs
1 t oregano
1 e fyn knoffel
1 t tiemie

Halveer die butternut in die lengte. Verwyder pitte en bedek met kookwater en bietjie sout. Kook tot net net gaar maar nie papsag nie. Hulle sal breek as jy hulle hanteer as hulle te pap gekook is.

Braai uie in bietjie botter. Gooi maalvleis by en braai tot bruin. Gooi res van bestanddele by en laat prut vir 25min terwyl jy die butternut voorberei.

Skraap bietjie van die butternut in die pitte holte en hol hom effe meer uit sodat hy soos ‘n bootjie lyk.
Skep vol van die maalvleismengsel. Hy kan so bietjie hoog uitstaan.
Bedek met genoeg kaas en bak in die oond op 180C tot kaas goudbruin is.
Bedien dadelik met ‘n lekker mengelslaai.

GROENTE

Koljanderhoender en mosterdgroente

8 Hoenderdye
4 e olyfolie
Bietjie growwerige sout. (nie die fyn of die heel grof nie)
Swartpeper na smaak
2 t Fyn koljander of grof gemaal na smaak
2 t Italian herbs van Robertsons

1/4 k olie
3 e dijon mosterd
2 e wit asyn
1 t soyasous (die soet dik ene)
1/2 t kaneel

Hierdie moet ‘n totaal van so 5-6 koppie groentes maak.
Peppers (rooi groen en geel), rape met blare aan, seldery, bababeet met blare aan, als in blokkies gesny.
1 Ui in stukke gekap
3 t fyn knoffel

1 suurlemoen in kwarte gesny

Verhit dit oond tot 180C

Meng 4 e van die olie met die sout, peper en koljander. Smeer goed in die hoender in. Hou eenkant

Meng die 1/4 k olie met die mosterd, asyn, soya en kaneel.
Meng al die groente saam en meng goed met die mosterdsous.

Gooi al die groente en sous in ‘n oonvaste bak.
Pak die hoenderstukke bo-op.
Bak in oond onbedek vir 1uur. Roer deurmekaar en maak seker hoender het weer ‘n lekker sousie op.
Bak vir nog 25 min tot velletjie mooi goudbruin is.

Bedien met die suurlemoen skyfies

LOW CARB RENS SLAAI

SLAAI –  Koue boudvleis (gebruik bv tuna, gevlokte hoender, koue vis, salm – tamaties, gekookte eiers, olywe, feta kaas, komkommer, pers en groen kool, gerkins, blaarslaai, groen rooi en geel peppers en bietjie uie – slaai sousie is growwe gemaalde peper, sout, olyfolie en balsamic asyn

BLOMKOOL- EN FETAKAASGEREG

300g blomkool
200g broccoli
200g vars sampioene
2 knoffelhuisies, gekneus
4 eiers, geklits
250g maaskaas
gemaalde swartpeper
5ml droë tiemie
20ml vars gekapte pietersielie
100g gekrummelde fetakaas

Breek blomkool en broccoli in klein blommetjies. Kook ‘n bietjie water in ‘n kastrol. Voeg die blomkool, broccoli, sampioene en knoffelhuisies by die kokende water. Kook die groentemengsel tot net gaar maar nie pap nie. Dreineer. Meng eiers en maaskaas. Skep groentemengsel in ‘n bakskottel. Strooi peper, tiemie, pietersielie en fetakaas oor die groentemengsel. Gooi maaskaas oor. Bak teen 180C vir 60 minute of tot gestol. Laat 10 minute afkoel voor die gereg bedien word.

CAULIFLOWER SALAD

1 head of cauliflower steamed or boiled until tender in bite size pieces
6 boiled eggs (when done peel eggs, rinse and separate yokes into a bowl. Then mash the yolk and cut the whites into small bite size pieces then blend together.)
1/3 cup (appx) miracle whip or mayonnaise (dont use LIGHT – it has more carbs)
3 tbs of mustard
3 tbs of pickle relish
1/8 cup of chopped onion (uncooked) can use more if you prefer
salt/pepper to taste
mix all together and you can garnish with egg slices and parsley
chill over night

( 1 cup of cauliflower is only 3 carbs) 

LOW CARB EIER SPEK MUSHROOMS

Braai uie, spek of enige koue oorskiet vleis, sampioene net gehalveer en 1 tamatie geskil en in blokkies gesny  tot sag – maak holte – gooi eier in, stoom tot gaar, sny skyfie kaas oor – stoom tot kaas gesmelt is – bedien met slaai

SPINACH AND ONION BREAKFAST

2 tablespoons butter
6 large eggs
1 large onion sliced thinly
2 cups fresh spinach

4 slices of bacon
4 slices cheese of your liking
1/4 teaspoon salt
Ground pepper to taste

1.) Melt butter over medium-high heat in skillet. Add onions and bacon and cook until tender.

2.) Make 6 indentations in the onion mix  and crack the eggs into each one.

3.) Add fresh spinach on top and sprinkle on salt & pepper.

4.) Once set add cheese around and on top covering most of the dish.

5. ) Once set serve or place in oven for about 10 minutes under 180 degrees C until more well-done.

MINI BAKED FRITTATA WITH BACON, TOMATO, SHARP CHEDDAR, AND GREEN ONION

INGREDIENTS:
2 eggs
2 tsp milk
Sea salt and freshly cracked pepper, to taste
1 slice of bacon, cooked & crumbled
3-4 grape tomatoes, sliced
1 small slice of sharp cheddar, diced
1 green onion, sliced

DIRECTIONS:
Preheat the oven to180 C. Coat a mini baking dish with cooking spray.

Mix the eggs with the milk until well combined then season with sea salt and freshly cracked pepper, to taste. Place a few pieces of bacon, tomato slices, sharp cheddar, and green onion into the mini baking dish.

Pour the egg mixture into the baking dish then place the remaining bacon, tomato slices, sharp cheddar, and green onion on top.

Place into the oven and bake for 25-30 minutes, or until a tester inserted into the center comes out clean. Remove from the oven and serve immediately.

MARINATED SALAD

Brocoli crown, cut
Cauliflower head, cut
Tomato, sliced
Green onion, chopped
Cucumber, sliced and cut in half
Italian dressing

Instructions
Clean and cut the vegetables.
Add Italian dressing.
Mix well.
Refrigerate at least 2 hours, best if overnight.

CHICKEN SALAD

750 gr chicken breast, cooked and shredded
2 celery stalks, chopped
2 tsp seasoned salt
½ cup mayonnaise (full cream)
Instructions
Boil chicken breasts until fully cooked, about 45 minutes.
Drain, cool and shred the chicken.
In a medium sized bowl, sprinkle season salt on the shredded chicken.
Mix in the chopped celery.
Stir in the mayonnaise.
Cover and chill for about an hour.
Serve on bread, crackers or wrap.

WENK: Hardgekookte eiers ingemeng sal ook heerlik wees met so ‘n stukkie gekapte ui

ham rolletjies

Hamrolletjis

HAMROLLETJIES 

Jy benodig:
Cooked Ham snye (selfs koue vleis soos silverside , gammon ens sal ook werk)
Maaskaas
Sprietuie, fyn gekap

Osioneel: Aspersies 

Smeer die ham met die maaskaas en sit ‘n aspersie in (as wil).
Sprinkel die sprietuie oor en rol op.

low carb bees kerrie en squeash

Beeskerrie met gem squash en gerasperde kaas – vul ook die gem met gemende groente

CAULIFLOWER MASH

At first cook the Cauli in water till soft and glassy (I know everyone will scream steam but I do it my way)

Take about 200g of butter and fry one medium onion in a pan until glassy. Then take the Cauli from the water and put it is the pan with the onion and butter. Then take a fork and mash the ingredients together..

BAKED OMELET

Ingredients
8 Eggs
½ cup cream
1 cup grated cheddar cheese
1 cup fried bacon bits or ham cubes
¼ cup green pepper (use yellow, red and green)
¼ cup finely chopped onions.
Whisk the eggs and cream in a large mixing bowl. Stir in the cheese, bacon, green pepper and onion. Spray and cook a 20cm square baking pan/bowl and pour the mixture into that. Bake at 200˚ for 20min or until golden brown. Serves 6 people.

tim souffle

Baked omelet

BASIESE OMELETTE
1. Gebruik 2 eiers vir elke persoon en 1 e vloeistof (water of melk)
2. Klits die wit van die eiers styf en sonder om die eierklitser te was, klits die geel van
die eiers tot dit liggeel van kleur is. Voeg die vloeistof en sout na smaak by die geel
van die eiers.
3. Vou die styfgeklopte wit van die eiers in die geel.
4. Verhit ʼn braaipan en smeer dit op die boom en aan die kante met botter of vet. Die
pan moet klein genoeg wees dat die eiermengsel nie te dun uitsprei nie en goed
kan rys.
5. Gooi die eiermengsel in die pan en maak dit gaar oor stadige hitte totdat dit
opgepof en ligbruin van onder is.
6. Laat die pan ʼn paar minute lank in ʼn matige oond staan tot die omelet bo-op droog
is. (As die omelet te lank bak, sal dit krimp en taai word.)
7. Maak ʼn duik in die middel van die omelet met die agterkant van ʼn mes en maak
dit los van die kante van die pan met die mes.
8. Steek ʼn slaplem-mes onder die een helfte in en vou dit toe oor die een helfte in en
vou dit toe oor die ander helfte.
9. Laat dit versigtig op ʼn warm bord afgly en dien onmiddellik op.

VARIASIES

Kaas

Srooi gerasperde kaas met ʼn skerp geur oor die omelet net voordat dit toegevou of terwyl dit gaargemaak word.

Biltong

Strooi gerasperde biltong oor net voordat dit toegevou word.

Uie

Voeg 1 e fyngekapte ui en 1 t fyngekapte pieterselie by voordat die omelet-mengsel in die pan gegooi word.

Ham of koue vleise

Maal die gaar vleis fyn en verhit dit of braai effens bruin in warm vet en strooi dit oor die middel van die omelet terwyl dit gaar word.

Vis

Maak enige gaar vis fyn, voeg sout en perer by na smaak en maak dit klam met room. Verwarm die vis en sit dit op die omelet voor-dat dit toegevou word.

Pieterselie. Braai 1 tot 3 t gekapte pieterselie in ʼn bietjie botter en voeg dit by die eiermengsel.

low carb hamburgerpattie

Maak lekker grooooot hamburgerpattie met net uie, en eiers in – bak tot gaar, bak n eier, sit eier op die pattie, kaas wat jy effe smelt – tamatie en blaarslaai

CHORIZO WORSGEREG
Genoeg vir 4 mense.

1 chorizo-wors
40 g botter
1 ui, gekap
4 takkies tiemie
350 g blomkool, geblansjeer (sien wenk)
300 g broccoli, geblansjeer
sout en peper
500 g roomkaas
80 ml (⅓ k) mozzarellakaas
‘n hand vol grasuie, gekap
125 ml (½ k) cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Verwyder die vel om die chorizo. Verplaas na ’n groot pan en braai oor matige hitte terwyl jy die vleis roer en kap om dit op te breek terwyl dit gaar word. Sit eenkant.
Voeg die botter in dieselfde pan en soteer die ui tot deurskynend. 3. Voeg die tiemie, blomkool en broccoli by en soteer 3 minute. Geur met sout en peper.
Verwyder die pan van die hitte en roer die roomkaas, mozzarella, grasuie en gaar chorizo in.
Skep in ’n bakskottel en strooi die cheddarkaas bo-oor. Bak 12 minute of tot goudkleurig bo-op.

Wenk:
Om die groente te blansjeer onderdompel dit 90 sekondes in vinnig kokende water. Verwyder dit dan met ’n gaatjieslepel en doop dit dadelik in yskoue water om te keer dat dit gaarder word.

BROCCOLI, EGG AND BACON BAKE

12 large eggs
1 tub of sour cream
2 cups cheddar cheese, shredded
500gr  bacon, chopped
1 cup broccoli, chopped
½ teaspoon salt
dash pepper

Preheat oven to 180C

Put eggs and sour cream in blender with salt and pepper. Blend well.

Put half the cheese into a 9X13 baking pan, followed by the bacon, the broccoli and then the rest of the cheese. Pour the egg mixture over the whole thing.

Bake 45-55 minutes, until top is golden brown and toothpick inserted into the centre comes out clean.

Makes 8 servings

Probeer dit gerus oor hoender en selfs blomkool.

SAMPIOEN VIR JOU STEAK, HOENDER, BLOMKOOL 
Ek maak ‘n groot pot op ‘n slag en vries dit in klein plastiekbakkies.

5 x 250 g pakkies bruin mushrooms (knopie of groot plat)
4 e olyfolie
1 lt vars room
Aromat en swartpeper na smaak. (Dis nogal ‘n taamlik hoeveelheid want die mushrooms en room is baie vars)

Rasper die sampioene op die growwe kant van n rasper.
Verhit die olie en gooi die sampioene in.
Roer gereeld om tot sampioene begin braai en verminder in hoeveelheid tot ongeveer 3/4 van die begin hoeveelheid.
Gooi room by en bring net tot by kookpunt en verlaag hitte.
Prut ongeveer 1h30 terwyl jy nou en dan omroer.
Sous sal nou lekker dik wees.
Geur na smaak en prut nog 10min net om geure te laat intrek.
Gebruik soos nodig.

Dit vries lieflik vir tot 6 maande. Ek vries dit in bakkies van 250ml.

Ontdooi:
Laat by kamer temperatuur ontdooi.
Gooi 1/4 k volroom melk in ‘n pot en bring tot kookpunt. Gooi sous by en roer deur tot verhit.

Hier is vir julle ‘n lekker idee vir HOENDERBORSIES

Jy benodig:

6 hoender borsies/filette
1 pakkie baconstukkies
2 e botter
1 e knoffel
1 e pietersielie (vars of droog)
1 skeutTabasco
1 pakkie knopie mushrooms, gesny
Mozzarella en Goudakaas na smaak.

Kap die hoender fillette effe platter. Geur met jou gunsteling speserye en hou in yskas tot benodig.

Braai die bacon stukkies tot lekker bros, verwyder uit pan maar behou die vet.
Smelt die botter in die vet en gooi die knoffel, pietersielie en tabasco by. Braai vir 5 minute tot geure uitkom.
Gooi mushrooms by en braai tot sag.
Verwyder uit pan met gaatjies lepel en hou eenkant.
Braai hoender in oorblywende vet en botter 5 minute per kant tot net net gaar.
Sprinkel mushrooms mengsel oor en bedek met kaas.
Druk onder die gril tot kaas gesmelt is.

Bedien saam met die kool resep wat nou gaan volg.

Kool:

1  medium kopkool
2 k water
1 hoenderaftrekselblokkie

3-4 e botter
parmasankaas
swartpeper
Aromat na smaak

Rasper die kool op die growwe kant van n rasper of druk deur ‘n voedselverwerker.
Bring die water tot kookpunt en los die hoenderblokkie daarin op.
Gooi die kool by en kook vir 5-6 minute tot sag en glasig.
Dreineer goed met ‘n sif.
Smelt botter in ‘n groot genoeg pot of pan.
Gooi die kool by en roerbraai tot ligbruin.
Geur met die parmasan, peper en Aromat.
Bedien dadelik

*jy kan stukkies van die hoenderresep se spek hou en by die kool gooi.

MARINATED VEGETABLE SALAD

Brocoli crown, cut
Cauliflower head, cut
Tomato, sliced
Green onion, chopped
Cucumber, sliced and cut in half
Italian dressing

Instructions
Clean and cut the vegetables.
Add Italian dressing.
Mix well.
Refrigerate at least 2 hours, best if overnight.

CHICKEN SALAD

750 gr chicken breast, cooked and shredded
2 celery stalks, chopped
2 tsp season salt
½ cup mayonnaise
Instructions
Boil chicken breasts until fully cooked, about 45 minutes.
Drain, cool and shred the chicken.
In a medium sized bowl, sprinkle season salt on the shredded chicken.
Mix in the chopped celery.
Stir in the mayonnaise.
Cover and chill for about an hour.

cabbage steaks

Cabbage steaks

CABBAGE STEAKS

1 head of organic green cabbage, cut into 1″ thick slices
1.5 tablespoons olive oil
2 to 3 large garlic cloves, smashed

Salt
Freshly ground black pepper
Non-stick cooking spray

Preheat oven to 200 C  and spray a baking sheet with non-stick cooking spray. Pull outer leaf off cabbage (it’s usually dirty and nasty looking), cut cabbage from top to bottom (bottom being root) into 1″ thick slices.
Rub both sides of cabbage with smashed garlic.
Use a pastry brush to evenly spread the olive oil over both sides of the cabbage slices.
Finally, sprinkle each side with a bit of kosher salt and freshly cracked black pepper.
Roast on the middle rack for 30 minutes. Carefully flip the cabbage steaks and roast for an additional 30 minutes until edges are brown and crispy.
Serve hot and Enjoy!

COFFEE CREME CUSTARD
2 cups heavy cream
2 teaspoons instant coffee granules
4 egg yolks (see my update below)
1 cup granular Splenda or equivalent liquid Splenda
Pinch salt
2 teaspoons vanilla

Heat the cream and coffee granules just to a simmer; cool slightly. I microwaved the cream in a 2-cup measuring cup just until it was hot but not boiling. Stir occasionally to help dissolve the coffee granules. In a medium bowl, whisk the remaining ingredients together and gradually whisk in the cream. Pour into four 6-ounce custard cups and place them in an 8×8″ baking pan. Pour cold water into the baking pan until it comes about half way up the sides of the custard cups. Bake at 350º 25-40 minutes or until a knife inserted into center comes out clean. The internal temperature should be 170º. Mine took 40 minutes but you may want to start checking it sooner. The tops will get a little browned. Chill at least an hour before serving.

Makes 4 servings

Steak wheels

500gr to 750gr steak (rump, serloin or tenderised steak)

8 cloves minced garlic

½ cup chopped sweet red pepper

1 large white onion, diced

1 cup mushroom, diced

2 cups fresh spinach

Slices feta cheese

2 tablespoons olive oil

2 tablespoons butter

2 teaspoons sea salt

Pepper to taste

Butcher string

Place beef on cutting board and pound to ⅛-inch thickness, and set aside.

Mince garlic, chop red peppers and set aside.

Sauté onions and mushrooms (separately as the mushrooms contain more water).

Sprinkle meat with salt and pepper, evenly distribute garlic, peppers, onion and mushroom mixture, feta cheese and spinach.

Roll tightly tying 6-8 sections and cutting respectively (each round should have its own tie).

Add olive oil and butter (extra butter if you’d like it for taste) to your skillet and cook on each side for 4-6 minutes on medium high heat depending upon your desired tenderness and wellness

SOETIGHEIDJIE

1 pakkie Weighless jellie*
1 k koppie kookwater
1/2 k koue water
1/2 k room

Sit die jellie in ‘n bakkie en gooi die kookwater oor en roer 2 min.
Gooi die koue water en room by en roer tot goed gemeng.
Sit in die yskas vir 3-4 ure tot goed gestol.
Die lae vorm vanself.

*As jy nie Weighless jellie kry nie, kan jy 1 koevertjie ongegeurde gelatien gebruik met 2 e Sweeto geur van jou keuse en ‘n druppel of twee koekkleursel wat by die Sweeto pas om dit mooi helder te kry.

pizza zero carb

PIZZA IDEE

LAMSKENKELS

Ek maak heel lamskenkels, stadig in die oond gebak op soet pampoen met gemarineerde broccolislaai.

Jy benodig:
4 heel lamskenkels
4 uie grof gekap
Bbq speserye na smaak
1 t tiemie
Grof gemaalde koljander
1/2 t mint
1 k water

Strooi die uie onder in ‘n oondpan wat kan toemaak.
Pak skenkels bo-op.
Geur met BBq speserye en ander kruie. Giet water in pan, maar moenie dat speserye afspoel nie.
Bedek en sit in die oond op 150C vir 4 ure.
Maak oop en toets of vleis sag is.
Grill sodat vetjie lekker bruin kan raak.
Laat ten minste 10 minute staan voor opdiening.

Soet pampoen:

2 kg pampoen blokkies
1 k xylitol of ander versoeter na smaak
Bietjie botter
Room*

Smelt die botter en gooi die pampoen by. MOENIE toemaak nie. Oor medium hitte braai die pampoen tot dit sag is. Druk fyn.
Versoet na smaak met jou versoeter. As jy pilletjies gebruik kan jy dit oplos in ‘n druppel of 2 kookwater sodat dit makliker by die pampoen gevoeg kan word.
Jy kan nou bietjie room byvoeg. 

Gemarineerde Broccoli slaai

1 kop vars broccoli, in blommetjies gebreek.
1 k ham, in blokkies gesny
1 k goudakaas in blokkies gesny
1/2 ui fyn gesny
1 bottel Knorr French Original slaaisous

Meng als goed saam en los ten minste 2ure in die yskas.

WATERBLOMMETJIE-BREDIE

Klein bietjie olyfolie
2 kg skaap kookvleis
500ml bruin asyn
500 water
2 groot uie grof gekap
BBQ speserye na smaak
1 t mixed herbs
1 t tiemie
1 t roosmaryn
1/2 t mint
4 blikkies waterblommetjies

Gooi olie in swartpot net genoeg om hom te smeer.
Braai die skaapvleis lekker bruin tot die vet begin uitbraai.
Skep die vleis uit en braai die uie in die oorblywende vet tot ligbruin en gaar.
Gooi die vleis by.
Meng die asyn en water.
Giet oor die vleis en laat stadig prut tot vleis amper sag is.
Kook nou sonder deksel tot sous baie verminder het en begin dik raak.
Gooi res van kruie en speserye by. Roer deur.
Draai af en gooi water blommetjies by. Roer versigtig deur dat dit nie heeltemal uitmekaar breek nie.
Sit deksel op en verwyder van hitte.
Los 10min sodat waterblommetjies net kan warm raak.
Geniet saam met ‘n lekker vars slaai en oondgebakte groente.

MAALVLEIS-IDEE

1kg maalvleis
1 groot ui (gekap)
Gekerfde kool (groen en pers)
Wortels in repies gesny
Sojasous
Knoffel, sout, peper en speserye na smaak
Sampioene gekap
Gekapte tamaties (geskil)
Groen, rooi en geel peppers
Brokkoli

Braai die uie, peppers en sampioene + knoffel vir n rukkie – voeg die maalvleis en soya sous by (ongeveer so 100ml sojasous)
Gooi die gekapte tamaties by en roerbraai vir  n rukkie
Gooi die kool en wortels (brokkoli) in, ongeveer 100ml water, sout en peper en prut tot dik.

Bedien saam met n lekker groot mengelslaai

Ete idees / aandete / middagete / borde kos


Hierdie afdeling is slegs voorbeelde van voorbereide borde kos wat op my (Rens) en van ons lede se tafels is.   Niks fancy nie, net straight forward HUISKOS !!

Die meeste resepte sal julle op die webblad kan kry – tik net by die “search”knoppie in bv… hake filette en die resep met die foto behoort daar te wees:  kreatiewekosidees.wordpress.com

H O O P     J U L L E     E E T     L E K K E R  !!!!

IMG_0083

Tuisgebakte Vetkoek hamburger met pattie, maxi slice kaas, tamatie, blaarslaai komkommer en gebakte eier

FB5

Kerrie hoender met aartappels (stoompot) krummelpap en veggie bake in die oond

borde kos renssss

Eisbein in die slow cooker met appletiser, bisto en uie aartappels, soet butternut, rys en sout wortels

boontjie bredie (Lorinda Cloete)

Bone, beeskookvleis en aartappel stowe met rys

borde kos

Krummel varktjops, mash, brokkoli en soet pampoen

 

 

 

 

IMG_0087

Bebakte “porkbelly” met jassie aartappel en  mayonaise gerasperde kaas en mengelslaai

ontbyt idee rens

Pap met gebraaide uie, sampioene, green peppers, maalvleis. Maak bisto sous aan, gooi oor en prut tot dik

 

 

etes1

Ons woon hier in Bangkok en maak soms Suid-Afrikaanse kos… sommer net hoender, aartappel met sampioene gebak, rys en pynappel

rens kos 3x

Krummel varktjops, kapokaartappels, soet pampoen en gestoomde ui

ete idees

Souttert met kapokaartappels en tamatie, uie, komkommer en pepper salsa

ete idees31

Hoender filette met mash en  mengelslaai

HOENDER FILETTE resep !!

Bedien met kapokaartappels en mengelslaai

Oond: 180grade C

Filette – hou net so of butterfly as baie dik is
Broodkrummels of fyngedrukte provitas en kellogs flakes met jou keuse van speserye bv sout peper ,tiemie, roosmaryn ens
2 Eiers geklits

Druk filette in krummels – dan in eiers en dan weer in krummels
Sit in yskas vir tenminste 15 min

Maak pan WARM met net genoeg olie om bodem te bedek. As jy die filette insit moet dit dadelik begin bak. Jou olie moet nie koud wees nie.
Sit filette in pan en los vir ongeveer 5 min tot self loskom van die bodem en dit bruin is
Draai filette om en los vir so 3 tot 4 minute Jou hoender behoort nou 95% gaar te wees.
Spuit nou lekker suurlemoensap oor alles – wag so 30 sekondes draai om
Haal uit en sit in bakplaat en gee rustyd van tenminste 5 min

Sny ‘n paar kersie tamaties in helftes, ui fyn gekap, vars klein pietersielie, spinasie blare, peppers fyn gekap – geel, rooi en groen, sampioene.
Gooi in warm pan net paar druppels olyfolie, – roerbraai bg, net vinnig vir so ‘n minuut of 2 met bietjie balsamic vinegar,
Nou sit die tamatie mengsel bo-op die hoender filette
Rasper nou mozzarella kaas bo-oor elke filette
Sit in oond vir omtrent so 6 minute – net tot kaas oor die hoender filette gesmelt is.
Bedien dadelik !!!

rens kos 6x

Steak, soet wortels, boontjies, gebakte aartappels en skorsie

rens kos 7x

Hoender en groente pot

IMG_9770

Hake fillets met tamatie, uie, gemengde speserye en feta kaas

20141208_221648fb

CHAKALAKA EN BUTTERNUT STOWEVLEIS – Neem enige snit skaapvleis, bv skenkels – Gooi in die stoompot, Sny 2 uie grof in, so 1tl knoffel en so 50ml wostersous. Genoeg water om die vleis te bedek – stoom vir 20 minute – stoom dadelik af Gooi in wortels, aartappels en butternutskywe (Jy kan hier ingooi wat jy wil) Stoom vir 10 minute en stoom dadelik af Haal jou butternut en aartappels uit en hou eenkant Gooi die meeste oortollige water af Gooi nou 1 Blikkie chakalaka met butternut in en prut vir n rukkie. Proe vir nog sout en peper So rukkie voor opdiening, skep die aartappels en butternut terug, roer liggies deur en bedien met rys. Jy kan die chakalaka met mielies ook gebruik, of net die gewone mild of hot chakalaka.

 

IMG_9773

Hake fillets met bierdegie, mengelslaai en skyfies

IMG_9793

Krummel varktjops met kellogs, mengelslaai en oondgebraaide aartappels

hoender eenbak skottel fb

Eenbak hoender, rys groente en aartappel dis/ pastoriehoender

kerrie afval en rys

Kerrie skaapafval met rys en soetpampoen

rooi tjops

Rooi tjops of hoender met mash en slaai ROOI SOUS Sit hoender of tjops onder in kasserol Sny dik skywe uie bo-oor Maak sous van: 1/2 kop tamatiesous 1/2 kop bladjang 1/4 kop wostersous 2 kop water 3 eetl suiker Bak in oond vir 1 uur by 180 C Verdik indien nodig

ete idees4

Gebraaide kool, mash, soet pampoen en ertjies

20141207_203952fb

Melkkos

 

IMG_9924

Chicken snitzel met kapokaartappels, opgekookte groente en ‘n kaassous

fb kos

Oorskiet bolognaise maalvleis en groente met slap pasteideeg, skorsies, aartappelslaai en rysslaai (alles oorskiet kos wat ek “opgejazz ”  het

SLAP PASTEIDEEG

1 kop meel
2tl bakpoeier
½ kop melk
½ kop olie
1 eier
Bietjie sout
1 tl droe pietersielie (opsioneel maar ek gooi dit in gee mooi kleur aan die degie)
Meng tot glad
Gooi oor pastei en bak by 180C vir ongeveer 30 min of tot goudbruin

IMG_9956

Gevulde jassie aartappel met kerriemaalvleis en beet

IMG_9972

Gebraaide chicken q-leg met ‘n aartappel en eier slaai

20141207_143230fb

Ribbetjie, fillet steak met spek omgedraai, aartappelslaai en beetslaai

 

IMG_9993

Boudvleis, kool en witsous met gerasperdekaas, soetpampoen, soutboontjies en rys

PicMonkey Collage8

Hake fillette gaargemaak in meel en southern coating speserye – druk vis in meel dan eier, weer meel, sit in yskas vir 20 minute en panbraai in 1 cm olie tot gaar, mengelslaai en skyfies

bord kos v

Sweet and sour hoender, blomkool en witsous, sout boontjies, patats en gebakte aartappels

IMG_0079

Blokkies beesvleis kerrie met basmati rys, bladjang en piesang

IMG_0109

Beef strogonoff – gebraaide beesrepies met uie en peppers met bietjie spek, pakkie knorr se beef strogonoff aangemaak met koppie room en melk met rys

IMG_0115

Dagwood en Chips

20141202_213051

Russian en chips met gebakte eier (en baie peper oops)

20141130_150213

Kerrie hoender en aartappels met krummelpap en roasted veggies. Bedien ook met mash en rys

20141127_192311

Deboned varkribbetjie in die oond, chips met mosterdsous en baked beans

pannekoek rens11

GEVULDE PANNEKOEKE MET MAALVLEIS Pannekoek 4k koekmeel 4t bakpoeier 4 eiers 4k water 1t sout 1 kop olie 60 ml asyn Meng alles goed tot gladde mengsel. Indien nog te dik voeg bietjie water by Hierdie pannekoekmengsel maak so 20/22 standaard grootte pannekoeke Maalvleis mengsel 1kg maalvleis 1 na 2 uie gekap Halwe pakkie sampioene gekerf Braai tot gaar Voeg by jou speserye bv lemoenpeper, olyf en roosmaryn, knoffelvlokkies, sout en peper Rasper 1 groot aartappel (geskil) by, asook 1 tamatie geskil en in blokkies gesny Roerbraai vir n rukkie Voeg by so 2 eetl tamatiesous en bladjang en bietjie water. Laat prut rustig vir ‘n rukkie tot dik. Rol pannekoeke met die maalvleis en rasper kaas oor

 

PicMonkey Collage

Maalvleisbolletjies met kapokaartappels, skorsie met ertjies en gestoomde patats in die skil

IMG_0499

IMG_0154

Gebakte pastagereg met toast en gesmelte gouda kaas

IMG_0167

Stoompot bees en skenkel pot met groente en sampoiene

IMG_0195 - Copy

Wildspastei met slappastei deeg, roosmaryn hoender, aartappels, pampoenkoekies, spinasie en die bees en skenkelpot soos foto bo

IMG_0193

Mayonaise hoender met roosmaryn

IMG_0221

Ribbetjie oor die kole, tuisgebakte brood met gekoopte brooddeeg, rysslaai en mengelslaai

IMG_0302

Steak, skyfies, gebraaide kool en wortels

IMG_0315

Smelt in die mond steak  met kapokaartappels, skorsie en mengelslaai

IMG_0319

Het hier ‘n gegeurde baksakkie gebruik  Het hoender, baba uitjies, aartappels, wortels en sampioene ingegooi  gebraaide kool met spek en wit uiesop

IMG_0348

Groeentesop met marmite vingers

IMG_0415

Braaivleis hoender en wors met knoffel en spek aartappels, kerrie noedelslaai, koolslaai en ertjie en eier lagie slaai

IMG_0417fb

Kerrie skaapnek in die stoompot, butternut net tot gaar gestoom in die mikrogolf, rys en aartappels

IMG_0421

Stoompot beesvleis met uie,  aartappels en tamatiesmoor

IMG_0438

Tenderised steak met n deeg jassie en krummelpap. Het n bisto en uie sous saam met dit gemaak

IMG_0479

Kerrie en uie skaaptjops in die kasserol, kapokaartappels met “roasted veggies”

IMG_0483fb image

Mayonaise hoender met aartappels, room spinasie, soet pampoen en “roasted veggies”

20140622_123415

Hake fillette met bierdegie, kalamari en gestoomde groente

IMG_0514

4/6 varktjops Braai in pan gaar met baie suurlemoensap en lemoenpeper Maak sousie en gooi bo-oor: 50ml bruinsuiker 50ml tamatiesous 50ml water Laat prut tot sousie lekker taai en caramel begin raak Ek bedien dit gewoonlik met kapokaartappels

IMG_0539

Hoenderpastei, boontjies, groente met witsous, heel beetjies, rys en sous

20140718_203059

Peri peri prawns met rys en tuisgebakte brood

20140721_201741-001

Al my oorskiet braaivleis in blokkies gesny, gebraai met uie en gemengde veggie mix. ‘n Slap pasteideeg oorgesit en gebak. Het dit bedien met rys

fb3

Rump steak met sampioensous, aromat potato wedges en uieringe

20140725_201558

Chicken a la king met rys

fb

Gebakte hoender q-legs met roomkaas en spek, skorsie, ertjies en kapokaartappels

fb

Beesstert (oxtail) met stamp en bisto aartappels

20140821_204519

Herderspastei met vars broodrolletjies en mengelslaai

ete 2

Myne n mengelmoes van als wat nog in yskas was,hoenervlerkies,wors,mengelslaai n gegeurde rys met stukkies spek

ete4

Roti met krokante hoender vingers en slaai

ete7

Bunny WARM brood botter lewesmeer en slap chippies

ete8

Piekel tong, slaaie: kool, aartappel en vrugte – vrugteslaai met heuning en suurlemoensap

ete9

Skaaptjoppie, cocktail sosatie worsies met vars bun, aartappel en beet slaai

IMG_8486

Gevulde jassie aartappel met kerrie en groente vleis met mengelslaai

IMG_8523

Vetkoek met afgekookte springbok wildsvleis

IMG_8544

Wildspastei met slappastei deeg

PicMonkey Collage

Pork rashers in die oond gebak met jimmy sous oor – jassie aartappels, kool en baby marrows met witsous en gemengde slaai

PicMonkey Collage

Mayonaise hoender met uie en mengelslaai – meng mayonaise, bbq sous en chutney, sout en peper, smeer dik mengsel oor hoender, sny uie oor en bak tot gaar

IMG_8745

Rump steak, spinasietert, butternut en ui in foil gestoom tot sag, pietersielie en knoffel aartappels

IMG_9345

Hake filette gebak in room en pakkie potato bake, soet patats, mengelslaai en ertjies

IMG_9356

Gebakte tjoppie in die oond, jassie aartappel, mengelslaai met feta en eier

IMG_9365

Rooi tjops gebak in kasserol, skorsie, gemengde groente met witsous, kapokaartappels en sout wortels

IMG_9372

PASTA GEREG Kook pasta tot sag. Braai maalvleis uie, peppers, sampoene en spek tot gaar. Meng en geniet

IMG_9386

Souttert, kapokaartappels en mengelslaai

IMG_9461

Steak oor die kole, 3 bone slaai en tuisgemaakte knoffelbroodjies met hamburgerbuns, kaassmeer en knoffel

IMG_9491

Mac and cheese met mengelslaai

IMG_9515

Blinde vinkies in roomsous, rys, soet pampoen, gebraaide eiervrug en mengelslaai

cordon bleu

Chicken cordon bleu met kaassous, skyfies, pampoen en room spinasie

IMG_9553

Eenpot macaroni en maalvleis gereg

IMG_9570

Krummelpap met tamatie, bisto en uiesmoor sous

IMG_9593

Kerrie maalvleisbolle, rys, soet pampoen en mengelslaai

IMG_9617

Hake filette met bierdegie, uieringe ook met bierdegie, skyfies en mengelslaai

IMG_9626

Vetkoek hamburger met hoender filette en pynappel, tamatie blaarslaai en komkommer

IMG_9637

Steak met aatappel, spek en kersie sosaties

 

IMG_9656

gevulde jassie aartappels met beef strogonoff en mengelslaaai

IMG_9667

Gevulde “savoury” vetkoeke met maalvleis en kaas

 

IMG_9688

Peri peri hoenderlewertjies met uie, sampioene, pepers, spek met kapokaartappels

 

IMG_8447

Lasagne

IMG_8614

Jaffels met maalvleis

IMG_8645

Lams ribbetjie met mengelslaai

 

IMG_6611

Bobotie en geelrys met pepper, uie en tamatie salsa

 

IMG_6930

Lamsribbetjie, krummelpap met uie en bisto sous

 

IMG_7136

Pasta met gebraaide maalvleis, gekapte tamatie,gerasperde wortels, uie, spek en sampioene

IMG_7357

Hoenderpastei, tamatiebredie, boudvleis,  sout wortels, boontjies, lang opgekookte bone, pampoenpoffers en kool en witsous

IMG_7406

Baksakkie hoender, kapokaartappels, ertjies en mengelslaai

IMG_7429

Gevulde bees fillet met potato wedges en mengelslaai

IMG_7472

Beesstert pot met aartappels, groente en rys

ete 11

Ons het vandag barbecue hoender met knoffel aartappel en ui gehad. Het groenbone, pampoen en rys bygemaak.

ete12

Ons ete van Bangkok af… dit is my Asian-style pork meatballs. Die Thai mense eet hulle kos natuurlik net met die rys en vleis balletjies

ete 13

Ons eet vanaand vleis rol met rys, sous en ‘n groen slaai.

braaivleis

Braaivleis, braaibroodjies, pap en sheba

hoender pastei charne 2

Hoender en sampioenpastei met gebraaide tamaties en mengelslaai

ete20

Snoek, mengelslaai en 3 boneslaai

ete21

Kerrie lamribbetjies met soet pampoen, blomkool met kaassous en witrys. Die kerriesous was heerlik met blatjang, appelkooskonfyt en mayonaise gemaak.

kerrie afval

Kerrie skaapafval

afval en stamp

Kerrie skaapafval met stamp, baba aartappels en wortels

hamburger 33

Hamburger met tuisgemaakte pattie, gebraaide uie en sampioene, tamatie, blaarslaai kaas en eier

ete19

Gemarineerde hoender, gerol in spek en kaas.

 

ete22

Soet en suur hoendervlerkies saam met roerbraai

dagwood1

Dagwood, 3 snye brood getoast in toaster, hamburgerpattie, kaas, groente picalillies, tamatie blaarslaai en n eier

varktjops-in-bruin-uiesop-2

Varktjops in bruin uiesop, mash ertjies, skorsie en slaai

pastei ham en kaas

Ham en kaas pastei met skyfies en slaai

hake fillette

Gebakte Hake filette, mash en slaai HAKE FILLETS Ingredients 100 gram Stork margarine (room temp) 1 teaspoon Lemon rind 6 Fish fillets (e.g. Kingklip, Hake) skinned and deboned 1 KNORR Chicken & Mushroom Pan Dry Cook-in-Sauce Olive oil for dressing 1 teaspoon Robertsons Dried Oreganum (optional) 2 teaspoon lemon juice 3 teaspoon Robertsons Paprika 100gr mushrooms (slices) Potatoes Mix together the margarine, oreganum, lemon rind, lemon juice and half the contents of the KNORR Fresh Ideas Chicken & Mushroom sachet Rub over the fish and place on a greased baking tray Cut the potatoes into wedges Arrange on a greased baking dish Drizzle with olive oil and sprinkle with the remaining sachet contents In a preheated 180 degree’s Celsius oven bake for 30-40 minutes until cooked, adding the fish to the oven 10 minutes after the wedges

hamburger Rens

Hamburger gemaak met ciabata brood, varkfillette of tenderised steak met gebraaide mielies oor die kole

toebroodjies boudvleis

Koue boudvleis toebroodjies met toast, tamatie, kaas en mosterd

stirfey 2

Stirfry met steaks strips, blikkie chakalaka met mielies en pakkie hawaiin stirfry

AFVAL POT OP DIE KOLE

Kerrie afval pot op die kole met wortels, uie, skenkels

20150113_210106

Tenderised steak met deegjassie, skyfies en gebakte eier

boep 5

Uitgeholde hamburgerbuns met maalvleis mengsel. Rasper kaas oor en bak in die oond vir n rukkie

rys kasserol met hoender

Gaar rys, braai uie, pak gemengde groente groen geel en rooi peppers, seldery, pietersielie – gooi rys by met spice for rice en roerbraai tot sag en gaar – bedien met hoender of vis

borde kos rens 999

Boudvleis, samp, bisto aartappels, spinasie met room, soetpampoen en baba wortels gekook met uie en aartappel

pilchards viskoekies borde kos

Pilchards viskoekies, kapokaartappels, beet, soet pampoen en soutwortels

 

Witsous


witsous

WITSOUS

30ml Botter of Margarine
30ml Koekmeelblom
1ml Sout
200ml Melk
´n Knippie Pepper

1. Smelt die botter in ´n kastrol oor lae hitte of oor kookwater.
2. Roer die koekmeelblom, gemeng met sout en pepper, geleidelik by die gesmellte botter tot dit glad is.(gebruik ´n houtlepel)
3. Voeg die melk drupsgewys be en roer deurentyd tot die sous dik en glad is.

VARIASIES VAN WIT SOUS:

Dik witsous:
Volg die resep vir witsous, maar gebruik 45ml botter en 45ml koekmeelblom.

Dun witsous:
Vplg die resep vir witsous en gebruik 310ml melk en 2,5ml sout.

Kaassous:
Voeg 190ml gerasperde kaas by die basiese witsous en verhit tot die kaas gesmelt is.

Geskryf deur: Janie

 

WITSOUS RESEP

Vir die gewone wit sous (Béchamel):

Bestanddele:

1 opgehoopte eetlepel botter

1 opgehoopte eetlepel meel

250ml melk

Sout en peper

Metode:

Verhit die botter in ‘n pan oor ‘n medium tot lae hitte totdat die botter skuimerig is.

Voeg die meel by en klits aanhoudend vir ongeveer 2 minute. Jy wil die meel moet gaar word, nie donker verbruin nie

Begin om die melk by te voeg, terwyl jy die heeltyd klits. Die sous moet glad wees sonder klonte – hou aan klits en kook tot die mengsel blink en verdik het.

Geur met sout en peper.

Indien jy jou witsous vir ‘n rukkie gaan laat staan en jy wil nie he daar moet ‘n vel bo-op vorm nie, gooi klontjie botter bo-op en smeer die oppervlak van die sous liggies met die botter

 Kaassous:

Maak die witsous en voeg 4 eetlepels gerasperde kaas by. As jy ‘n sterk kaas soos parmesan gebruik proe na elke eetlepel.

Klits totdat dit heeltemal gesmelt is

 Sampioen sous:

Ongeveer 60gr gesnyde sampioene en voeg 2 eetlepels water by , ‘n bietjie suurlemoensap en geur met sout en peper. Saggies prutdie sampioene totdat hulle sag is.

Voeg die witsous by en roer deur

  VARIASIES OM BY TE VOEG BY WITSOUS:

KAASSOUS: voeg 150 gr gerasperde parmasaan – blou of chedder kaas by en roer tot glad

SAMPIOENSOUS: braai 250gr mushrooms en 1 ui gekap tot sag en voeg by witsous

MOSTERDSOUS: voeg 15ml droe of 30ml franse mosterd by witsous en roer deur

SUURROOM-EN TAMATIESOUS: roer 120ml suurroom en 45ml tamatiepasta en 5 ml vars basiliekruid by

CHEESE-GARLICSOUS: voeg 1 tl garlic by en 150ml gerasperde chedderkaas

 

VINNIGE MIKROGOLF DIK WITSOUSRESEP

200 ml melk
30 ml koekmeel
20 gm (25 ml) botter of margarien
1 ml sout en ‘n titseltjie swart peper
Roer bestanddele bymekaar en mikrogolf vir 4 minute teen 100% krag ( oop in ‘n diep houer) en roer/whisk elke minuut.- Ek weet as my witsous gaar is, is as die mengsel opkook tot heel bo. Laat staan so 1 minuut in die mikrogolf en haal uit.

Voeg by handvol gerasperde kaas vir kaassous

Mikrogolf resepte/microwave


mikrogolf 400

MIKROGOLF INLIGTING
Ter wille van eenvormigheid word die mikrogolfkrag in perentasies
aangetoon, omdat die woordbeskrywing daarvan van oond tot oond
verskil.
100% = full power, high, maximum
90% = sauté, medium high
80% = reheat
70% = roast, medium high
60% = bake, medium
50% = simmer, medium low, braise
40% = braise
30% = defrost, low
20% = low
10% = low-low, low/hold, warm, low/warm

MIKROGOLFTYD:
Al wil ek hoe graag, is dit vir my onmoontlik om presies te sê hoe lank ‘n gerg
Gemikrogolf moet word, want daar is te veel faktore wat die tyd kan beinvloed.
Tye wat genome word vir resepte is by benadering.
Wanneer jy die gereg maak, sal jou goeie oordeel en die voorkoms van die gereg
vir jou met die bepaling van die presiese tyd help.
DIE GULDE REëL BY MIKROGOLFKOOKKUNS IS OM DIE KOS EERDER TE KORT AS TE LANK TE MIKROGOLF. EN NEEM ALTYD IN AG DAT DIE KOS MET DIE STAANTYD VERDER GAAR WORD.

Al die resepte is in ‘n mikrogolfoond van 650watt getoets. As jou mikrogolf ‘n 500watt verbruik het, laat nagenoeg 20 sekondes ekstra per minuut toe. As jou mikrogolf ‘n 700watt verbruik het, verminder die tyd in die resep met ongeveer 15 sekondes per minuut.

WATTER KOS BY WATTER KRAG:
100 persent
Kook water.
Mikrogof vars vrugte, groente, vis en lekkergoed.

80 – 90 persent
Verhit bevrore en ingemaakte kos.
Warm oorskietkos op.
Verhit babakos.

60 – 70 persent
Mikrogolf koeke, vleis, pluimvee, seekos, eiers- en suiwelgeregte.

50 persent
Mikrogolf kolwyntjies, muffins en vis.
Smelt sjokolade en botter produkte.
Mikrogolf mieliepap, rys en pasta. [tensy anders vermeld]

30 – 40 persent
Mikrogolf taaier vleisstukke, bredies en sop.
Maak botter en margarine sag.
Ontdooi bevrore kos.

10 – 20 persent
Laat suurdeeggebak rys.
Maak roomys sag.
Hou kos warm voor opdiening.

PAP (Mikrogolf)

Gewone “slap” ontbyt mieliemeelpap:
2 Koppies water , 1 Eeetlepel margarien en1 teel. sout
Mikrogolf 4-minute op hoog, tot kookpunt.
Roer 1 koppie mieliemeel in, gebruik draadklitser i.p.v. vurk.
8 Minute op hoog (Deksel op vir stoom).

Krummelpap:
Soos resep bo, maar meel en water verhouding is as volg:
2 Koppies water + 2 koppies mieliemeel
10 Minute op hoog, dan 10-minute medium-low (Deksel op vir stoom).
Roer met draadklitser of vurk.

Hawermoutpap (Oats):
Neem 3 opgehoopte eetlepels oats, gooi in mikrogolfbak. Gooi nou kookwater oor  die oats sodat die water net entjie bo-kant die oats le – sout na smaak. Mikrogolf vir 3 minute en los dit dan in die mikrogolf, sonder om die deur oop te maak vir 3 minute.

Haal uit, gooi nog klein bietjie kookwater oor, en klits met lepel tot romerig. Voeg botter en suiker by na smaak

Mieliepap:

3 koppies mieliemeel
1200 ml kookwater
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels sout
4 eetlepels margarien of botter
Metode
Plaas mieliemeel in mikrogolfbak (omtrent 2,5 liter bak) en mikrogolf onbedek op hoog vir 5 minute.
Voeg bakpoeier en sout by en meng deeglik.
Roer margarien by kookwater tot gesmelt.
Voeg kookwater met gesmelte margarien by mieliemeel en roer deeglik totdat daar geen droë meel meer oorbly nie.
Mikrogolf met deksel op, op hoog vir 8 minute.
Haal uit en roer deeglik.
Plaas terug in mikrogolf met deksel op en mikrogolf vir ‘n verdere 8 minute op hoog.

MELKKOS
500 ml melk
2 e (50 ml) koekmeel
2 e margarine
bietjie sout
Klits alles goed in ‘n bak en sit dan in die mikrogolfoond – hou aan kook (op 100%) totdat dit styf is MAAR jy moet dit kort-kort roer – elke 1 minuut – anders maak dit klonte.
Sodra dit dan styf is Roer deur en skep in bakkies. Gooi dan kaneelsuiker bo-oor met n paar klontjies botter

MELKKOS

1 liter melk
180ml koekmeel
2ml sout
15ml botter
kaneelsuiker
metode:
Mikrogolf die melk teen 100% vir 10min. Meng die botter en die sout met die meel. Gebruik jou  elektriese menger. Gooi die meelmengsel in die warm melk en gebruik whisk om dit te roer. Mikrogolf vir nog 10min. Dien op en bedien met kaneel en suiker oor.

SAGOMELKKOS

100 ml (70g) sago
1L melk
30ml (25g) botter of margarien
2 eiers
75ml (40g) volkoring of gewone koekmeel
20 ml vlapoeier
2 ml sout
125 ml water
Kaneelsuiker
Metode:
Voeg die sago by 250ml van die melk in `n diep 3,5L bak.
Mikrogolf dit 2½ minute oop by 100% krag.
Roer die mengsel goed & laat dit `n rukkie staan.
Voeg die oorblywende 750ml melk & die botter of margarien by die sagomengsel.
Mikrogolf dit 15minute oop by 100% krag & roer dit na elke 5 minute
Skei die eiers & klits die eiergele, meel, vlapoeier, sout & water saam tot gemeng.
Roer dit by die sagomengsel.
Mikrogolf dit 6 minute oop by 100% krag & roer dit ná die eerste 3 minute goed.
Klits die eierwitte tot styf & vou dit liggies by die sagomengsel in.
Sit die melkkos warm met kaneelsuiker voor.

EASY MORNING MICROWAVE MUFFINS

½  cup milk
½ cup oil
2 eggs
½ cup sugar
2 cup. flour
1 tbsp. baking powder
½  tsp. salt
Combine milk, oil, eggs, and sugar; add remaining ingredients. Stir only until flour is moistened. Line 6 cup muffin pan with paper cups. Fill 2/3 full. Cook on medium 3 to 4 minutes. Let stand 5 minutes. If desired, dip tops of muffins in melted butter, then in cinnamon sugar mixture. Store, covered, until ready to serve.

SKONS

500ml meel
45ml botter
1 eier
Voeg genoeg water by om n slap deeg te maak
15ml bakpoeier
knippie sout
Metode:
Meng meel, sout, bakpoeier, en botter tot fyn krummels
Meng eier en melk saam en roer by meel in
Druk effens plat en druk jou skonsies af
Verwarm jpu verbruinings bak op HIGH vir 8min. en smeer bietjie botter op elke skonsie en plaas 8-10 skonse met botterkant na bo op warm bak
Maak gaar op ROAST [70%] vir so 2-3min. smeer weer botter op en draai die skons om en bak nog so 1min.

MIKROGOLF MUFFINS

Rina Kleinhans

HIERDIE EEN WERK GOED AS MENS NET EEN OF ‘N PAAR MUFFINS WIL MAAK, BERE DIE RES VAN DIE DEEG IN DIE YSKAS EN GEBRUIK SOOS NODIG. DIE DEEG HOU TOT 30 DAE IN DIE YSKAS.
2 eiers
300g bruinsuiker
80ml olie
300g koekmeel
2ml sout
8ml koeksoda
500ml bran
500ml melk
5ml vanilla
250g koekmengsel/neute/rosyne
Meng eiers, suiker en olie goed. Meng droe bestandele saam in aparte bak en voeg beurtelings met melk by eerste mengsel. Meng baie goed. Voeg geursel en koekmengsel by, meng baie goed deur.
Skep ‘n lepel hoog vol in klein houertjie en miskrogolf vir 4min by 70% krag. Pas tyd aan indien meer muffins op ‘n slag gemaak word. Plaas res van mengsel in plastiek houer wat dig seel en bere in die yskas. Gebruik soos benodig.

MIELIEBROODJIE

1 blik room mielies of heel mielies
2 eiers
3 ml sout
20 ml suiker
125 ml melk
250 ml meel
250 ml mieliemeel
15 ml bakpoeier
½ k kaas gerasper
Spuit n ring pan
Sprinkel paprika onder op bodem
Meng al die bestandele
Mikro op volle krag vir 9 min.

MIKROGOLF WITSOUS

4 eetlepels maizina of 4 eetl meel
1 ½ k melk
2 eetlepels botter
Sout en pepper
¼ teelepel mostert poeier
Sit ales saam in n mikrogolf bakkie en sit vir so 2 minute op 100 % krag Maak so nou en dan oop en roer dat daar nie klonte is nie….Mikrogolf dat tot dik en roomerig is. Voeg meer melk of maizina wat met water aangemaak is by indien te dun of te dik is. Rasper kaas by vir kaassous.

AARTAPPEL MET TUNA

Kook groot aartappels tot sag of mikrogolf dit in jou plastiese sak tot gaar. Onthou om jou aartappels te prik

Maak tuna slaai van: (Kan hoender ook gebruik)
Blikkie tuna, tamaties gekap, blokkies kaas, gekookte eier in blokkies, vars pietiersielie, uie gekap, groen, rooi en geel peppers, gekap, sout en peper en dan net genoeg mayonaise om dit klam te maak. So ‘n eetlepel na 1 en half is genoeg. Sit die tuna mengsel in die mikrogolf en mikrogolf net vir so 2 na 3 minute of tot alles warm is.
Sny die aartappel oop en skep die tunamengsel bo-oor die aartappel. Gooi nog bietjie gerasperde kaas oor.

SMELT IN DIE MOND BIEFSTUK

Mikrogolf wenners deur Annette Human
by Leer Kook Met Jou Mikrogolf
750g Biefstuk (enige snit) , in 5cm dik skyfies gesny
Sout, peper en rooipeper
Aangemaakte mosterd
100 ml Koekmeel
2 Uie
SOUS:
375ml Water
1 Blokkie biefekstrak
25ml Worcestersous
25ml Tamatiesous
12,5ml Sojasous
12,5 ml Bruinsouspoeier
12,5ml Mielieblom
Geur biefskyfies liggies met die sout, peper en rooipeper.
Smeer op elk ‘n bietjie mosterd en plak hulle twee-twee opmekaar soos toebroodjies.
Elke skyfie kan ook in die helfte toegevou word.
Rol die “toebroodjies” in die koekmeel.
Kap die oorblywende meel hard met die rand van ‘n piering eers aan die een kant van die “toebroodjie” en
daarna aan die anderkant in.
Plaas die “toebroodjies” in ‘n kastrol van 25 x 25cm.
Skil en sny die uie in ringe.
Versprei dit oor die vleis.
Mikrogolf die bestanddele vir die sous 5 minute oop in ‘n diep bak [1 lt] by 100% [Hoog] en roer dit goed
na die eerste 2½ minuut.
Giet die sous oor die vleis en uieringe.
Bedek en mikrogolf die gereg vir 45 minute by 50% [Medium] krag.
Verskuif elke 15 minute die middelste vleisstukke versigtig na die buitekant.

Laat gereg 10 minute staan voor opdiening.

VLEISBROODJIE (MEATLOAF)
’n Vinnige en moeitelose maaltyd wat in die mikrogolf gemaak word.Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaak: 8 minute

500 g beesmaalvleis
125 ml (½ k) broodkrummels
1 eier
60 ml (¼ k) melk
30 ml (2 e) beesstertsoppoeier
45 ml (3 e) tamatiesous
45 ml (3 e) Worcestersous

1. Meng al die bestanddele met nat hande in ’n bak.
2. Verdeel in twee ewe groot stukke. Plaas op ’n mikrogolfbestande bak en druk in twee ronde brode.
3. Bedek met kleefplastiek en kook 8 minute terwyl jy dit halfpad deur die gaarmaaktyd omdraai. Sit voor saam met gemengde blaargroente.

Wenk:
Wissel die smaak af deur jou gunsteling-geurmiddels by die vleisbroodmengsel in te voeg, soos uie en kruie.

HOENDER IN JOU MIKROGOLF
Hoenderstukke volgens keuse
60ml tamatiesous
60 ml mayonaise
60ml blatjang
30ml mostert
30ml woschestersous sous
15ml kerriepoeier
5ml sout
1 ui fyngekap
1 soetrissie fyngekap (opsioneel)
Pynappelstukke/ perskeskywe (opsioneel)
Pak die hoenderstukke in ‘n mikrogolfvaste bak met deksel, geur volgens smaak.
Meng al die ander bestandele saam.
Gooi d sous oor die hoender.
Mikrogolf op 100% sterkte vir 20minute met die deksel op.
Mikrogolf ‘n verder 15 minute op 75% krag sonder die deksel op. Indien nodig, draai die stukke hoender om

HOENDERDYE 

1kg hoenderdye
1 pakkie sampioensoppoeier
10ml hoendergeursel
1 pakkie sampioene – gesny
1 ui gekap
12,5ml droee pietiersielie
250ml melk
3 eetlepels mielieblom
Halwe koppie cheddar kaas
Sny alle sigbare vet af. Meng sop en hoendergeursel en rol dye daar in
Plaas op mikrogolf vaste bak met vel na onder.
Bedek bak met waspapier.
Mikrogolf vir 8min op 100%.
Draai dye om en gooi sampioene, ui en pietersielie oor.
Bedek weer met waspapier en sit in vir 8min op 100%.
Klits melk en milieblom tot gemeng en gooi oor.
Bedek weer met waspapier.
Mikrogolf so 6min by 100% tot sous dik raak
Strooi cheddar oor en mikroglof vir so 2min. Maak seker vleis is gaar.
Sit warm voor.

MIKROGOLF HOENDERPORSIES

1/2 pakkie Bacon Kips fyngedruk in sakkie
1/2 pakkie (20g) Parmasankaas
12 Hoenderporsies (ontbeende Borsies werk beste)
Hoenderspeserye
Sprinkel bietjie asyn oor die hoender, dan speserye en rol dit in die krummels van die bacon kips.
Laat staan ‘n paar minute.
Mikrogolf op 100% krag vir 10 – 15 min (afhangende van die krag van die mikrogolfoond – toets deur klein snytjie te maak en te loer of dit gaar is.)
Haal uit en laat staan vir nog so 5 minute

HOENDER MET BRUINSUIKER

1.5kg hoenderstukke
125ml sagte bruinsuiker
25ml kerriepoeier
Sout en peper
Sousmengsel
10ml botter
150g uie gekap

SOUS
250ml tamatiesous
37,5ml Worcestersous
Skeutjie tabascosous
375ml kookwater
70ml suurlemoensap
125ml blatjang
37,5 ml sojasous
1 blik sampioenroomsop of 1pk sampioensoppoeier
Droog die hoender met kombuispapier af. Strooi bruinsuiker, kerriepoeier en geuropwekker oor. Rol in bietjie van die sousmengsel om vogtigheid te absorbeer
Mikrogolf 5ml botter 1 min op hoog in ‘n plastiek beker. Voeg die uie by en mikrogolf 5min op hoog. Voeg sousbestandele by uie. Meng deeglik. Mikrogolf 8min op hoog – roer 2 keer – totdat sous net-net begin kook. Voeg klein bietjie van die kookwater by indien sous te dik is. Verhit bruineerbak 8min op hoog. Voeg orige botter by en mikrogolf nog 3min op hoog. Plaas hoenderstukke in bruineerbak, mikrogolf 10min op hoog. Draai hoender om en giet warm sous oor. Bedek en mikrogolf 14min op hoog.

BOBOTIE (MIKROGOLF)

1 groot ui gekerf
1 sny brood
200ml melk –
750gr maalvleis
2 eiers
15 ml appelkooskonfyt
50 ml suurlemoensap
60gr rosyne
4 teel kerrie
5ml borrie
sout en peper
30 ml chutney
Mikrogolf die olie en ui vir 1 min – roer – mikrogolf verder vir 3 min. Week brood in helfte van die melk – Voeg al die bestandele bymekaar BEHALWE die oorblywende melk, eier en suurlemoensap – Bedek en mikrogolf op 100 persent vir 10 minute – roer deur – maak weer gelyk en druk plat in bak. Meng nou die melk, eier en suurlemoensap gooi bo-oor en mikrogolf vir 10/12 min op medium (onbedek)
Gee staantyd van so 10 minute en bedien met geelrys en slaai

LEWER IN DIE MIKROGOLF (SMELT IN DIE MOND LEWER)

Lewer (skaap of Hoender) Skoongemaak en buise verwyder en in blokkies gesny.
3 Eetlepels botter
Meel (± 3 eetlepels)
Jou eie hoeveelheid:
Blatjang
Tamatiesous
Worcester sous
Mosterdsous of poeier

Mikrogolf lewer en botter vir 3 min op hoog. Roer af en toe. Meng ander bestanddele tot ‘n pasta.
Voeg mengsel by en mikrogolf vir 4 min. Roer elke min. Mikrogolf vir verder 3 min en haal uit.

BEESSTERTBREDIE VIR DIE MIKROGOLF (4-6 porsies)
1 kg beestert
Kookwater
5ml botter
250g uie gekap (2 groot uie)
1 lourierblaar
3 heel naeltjies
Swartpeper
Witpeper
10ml sout
30ml hoenderaftrekselpoeier
1kg aartappels geskil en in kwarte gesny (6 groot)
200g geelwortels geskil en in ringe gesny (3-4 middelslag)
Sousmengsel
250g bevrore ertjie (opsioneel)
Plaas beesstert in ‘n diep oondbak en bedek heeltemal met water. Bedek bak met kleefplastiek en mikrogolf vir 30min op hoog. Mikrogolf botter 1 min op hoog in ‘n plastiekbeker. Voeg uie by botter en mikrogolf vir 5min op hoog. Voeg uie, lourierblaar, naeltjies, swartpeper, witpeper, sout en aftrekselpoeier by vleis in oondbak. Bedek met kleefplastiek en mikrogolf vir 60min op laag. Voeg aartappels en geelwortels by, bedek en mikrogolf vir 30min op hoog. Verdik met sousmengsel en mikrogolf 5min op hoog. – roer af en toe. Die ertjies kan saam met die sousmengsel bygevoeg word. Dien saam met rys op

HOENDERPASTEI IN JOU MIKROGOLFOOND:

Deur:  Leer Kook Met Jou Mikrogolf
1 Pak hoenderporsies van ongeveer 1kg (4-6 stukke).[of koop gaar hoender]
5ml Sout, peper na smaak.
1 Blik Unox gekondenseerde sampioensop
½ Koppie (125ml) suurroom (opsioneel)
½ Eetlepel droë mosterd
Kook hoender tot sag, +- 18-20 minute op hoog met deksel op, verwyder bene en sny in
stukke, voeg res van bestanddele by en meng.
Kook saam vir 5-minute op hoog met deksel op.
Kors:
1 Eier geklits
1 Koppie Bruismeel
½ Koppie olie
¼ Koppie melk
½ Teelepel sout
Klits eiers, melk, olie saam, voeg by meel en sout, meng goed en skep deeg op hoender,gebruik twee lepels.
Mikrogolf 10-minute op hoog met deksel op
Jy kan ook dié kors vervang met kapokaartappels, nog vinniger en baie lekker. Strooi paprika op

LAMSBOUD IN WYN

(8-10 porsies)

Onthou om altyd alle oortollige vet aftesny van groot vleis snitte af wat jy in die mikrogolf gaarmaak, dit verhoed dat die vleis in die binnekant gaar word, want die vet absobeer die mikrogolwe.
2kg lamsboud
2 knoffelhuisies in repe gesny
5ml appelkooskonfyt
Sout na smaak
Swart en wit peper na smaak
Goeie knypie vars of droe roosmaryn
5ml botter
250ml wit wyn
25ml kappertjiesaad
125ml room
Droog vleis goed af met kombuispapier. Maak snitte in vleis met skerp mes en druk die knoffel repe in elke snit. Mikrogolf appelkooskonfyt vir 10sekondes op hoog tot sag en verf oor die vleis. Strooi sout, pepers e roosmaryn oor die vleis. Verhit die ruineerbak 8min op hoog, voeg botter by en mikrogolf vir 3min op hoog. Plaas vleis in bak en mikrogolf 2min op hoog. Draai die vleis om en mikrogolf 2 in op hoog. Stel oond op laag en mikrogolf vleis 50min – draai na 25min om. Giet wyn oor vleis en mikrogolf nog 50min op laag – draai na 25 min om. Voeg kappertjiesaad en room 15min voor einde van gaarmaaktd by. Laat vleis 30min in bruineerbak staan en sit dit dan voor

APPELKOOSHOENDER

(4-6 PORSIES)
Heel hoender ongeveer 1.5kg
5ml appekooskonfyt
Sout
Bietjie paprika
Bietjie hoenderspeserye
Sousmengsel
Swartpeper
Witpeper
5ml botter
Droog hoender af met kombuispapier. Mikrogolf appelkooskonfyt 10sekonders op hoog tot sag en smeer oor honder. Strooi sout, paprika, hoenderspeserye, sousmengsel en peper oor hoender. Verhit bruineerbak vir 8min op hoog, voeg botter by en mikrogolf vir 3min op hoog. Plaas hoender in bak en mikrogolf 2min op hoog, draai hoender op bors en mikrogolf 22min op hoog. Plaas deksel skuins op bak gedurende die gaarmaaktyd. Laat hoender 20min staan voor dit gesny en bedien word. *Stap vir stap in die mikrogolf*
Wenk: Witvleis word altyd op hoog gemikrogolf en die sousmengsel absorbeer van die vloeistof.

GROENBOONTJIES EN SAMPIOEN GEREG

250g vars of bevrore groenboontjies
30ml botter
100g uie gekap (1 Middelslag)
250g sampioene
Gerasperde parmesaan- of cheddarkaas om oor te strooi
SOUS
150ml Bulgaarse jogurt
125ml room
5ml gerasperde ui
1 hoenderaftrekselblokkie verkrummel
5ml mielieblom
2ml paprika
Swart en wit peper na smaak
Sout na smaak
Meng die sousbestandele saam en laat staan vir 1 uur.
Plaas boontjies in’n plastieksak.
Mikrogolf botter 1 min op hoog in ‘n plastiek beker.
Voeg uie by en mikrogolf vir 5min op hoog.
Voeg sampioene by en mikrogolf 1min op hoog.
Plaas uiemengsel by boontjies in sak.
Bind sak lossies toe met ‘n rek of tou en plaas op ‘n stuk karton. Mikrogolf 10min op medium.
Hou eenkant.
Mikrogolf sousbestandele op hoog tot dik – roer af en toe.
Plaas boontjie mengsel in ‘n oondbak en giet sous oor.
Strooi kaas oor en mikrogolf vir 8-10min op medium.

BROKKOLI MET KAASSOUS

25ml Botter
30ml Meelblom
2,5ml Sout
250ml Melk,warm
250ml Gerasperde kaas
2x250g Gevriesde Brokkoli
1Tamatie in skyfies gesny
METODE:
Maak witsous van botter, meel, sout, en melk
Roer kaas by
Plaas brokkoli met stingels na buitekant van bak
Bedek met kleefplastiek en kook op HIGH vir 8-10min. of tot brokkoli gaar is maar nog bros
Gooi Kaasous oor en versier met tamatie skyfies
Kook op ROAST{ bietjie meer as med.]vir so 3-4min tot deurwarm

TELEFOONPOEDING

(4-6 porsies)
125g botter
500ml koekmeel gesif
20ml bakpoeier
2ml sout
25ml suiker
100ml geroosterde fyn klapper
1 jumbo eier
125ml melk
Appekooskonfyt
SOUS
125ml sagte bruinsiker
250ml kookwater
Knyppie van elk, sout, fyn gemmer en kaneel
Vryf botter in meel wat saam met bakpoeier, sout en suiker gesif is, totdat dit soos fyn broodkrummels lyk.
Voeg klapper by.
Klits eier en melk saam, voeg by droe bestandele en meng tot sagte bal vorm.
Rol op meelbestrooide oppervlak uit en smeer appelkooskonfyt oor die deeg.
Rol deeg op soos ‘n rolkoek, sny in snye van 2cm dik en pak in ‘n gesmeerde bak.
Mikrogolf sousbestandele 1-2min op hoog, gooi sous oor deegsnye. Mikrogolf 6-8min op hoog en plaas onder ‘n voorverhitte oondrooster om liggies te verbruin

SOUSKLUITJIES

Stroop:
500ml Kookwater
5ml Kaneel
15ml Botter (1 Eetlepel)
15ml Suurlemoensap (1 Eetlepel)
5ml Karamelgeursel (Vanielja)
375ml Bruin suiker
5ml Gemmer
Plaas in mikrogolfoond +-8-minute op hoog en kook tot suiker opgelos het. (Moenie deksel op sit nie, stoom sal stroop Verdun).
Beslag:
140ml Appelkooskonfyt (½ Koppie + 1 eetlepel)
10ml Koeksoda (2 Eetlepels)
125ml Botter (½ Koppie)
375ml Koekmeel (1 ½ Koppies)
Knippie sout
Verhit konfyt en botter in glashouer vir 1-minuut op hoog, voeg koeksoda by en roer totdat mengsel skuim, dan meel en sout by.
Skep teelepelsvol beslag in kokende sous, maak deksel dig toe en plaas in mikrogolfoond
vir 5-minute op hoog. Laat 1-minuut bedek staan.

DADELPOEDING

100g dadels
5ml koeksoda
250ml kookwater
200ml suiker
250ml self-raising koekmeeL
5ml gemmer
1 eier
50ml sagte margarien
STROOP:
250ml melk, 50ml suiker, 1 eetlepel botter
Sprinkel koeksoda oor dadels. Giet kookwater oor dadels en laat afkoel. Voeg
res van bestandele en meng goed. Gooi mengsel in mikrogolf bak en mikrogolf vir 10 minute.
Laat staan vir 5 minute. Mikrogolf stroop bestandele vir 3 minute en gooi oor warm poeding.
Bedien met vla.

SJOKOLADE POEDING

sous:
300ml water
125ml suiker
25ml kakao
2 ml kaneel
Deeg:
125ml suiker
50ml olie
1 eier
25ml kakoa
2 ml vanilje
knip sout
250ml meelblom
15ml bakpoeier
125ml melk
1 plak 100gr peppermint sjokolade
Plaas sousbest. in bak 21cm in deursnee en 10cm diep
Mikrogolf 3 min op hoog
Haal uit en roer goed om te meng. Klits suiker, olie en eier goed saam.
Voeg kakao, vanilje en sout by en roer tot gemeng
Sif meel en bakpoeier saam en roer beurtelings met melk by eiermengsel
roer helfte van die sjokolade by, deeg is slap.
Skep deeg in sous
Mikrogolf 4 1/2 min op medium en 4 1/2 min op hoog
Strooi oorblywende sjokolade bo-oor en laat n rukkie staan

WARM MIKROGOLF POEDING

SOUS:
625ml Kookwater
15ml Botter
5ml karamel of rum geursel
5ml kaneel
5ml gemmer
15ml suurlemoensap
375ml suiker
Meng alles in n groot bak en kook op HIGH totdat suiker gesmelt is en dit borrel.
DEEG:
140ml Appelkooskonfyt
125ml Botter
10ml Koeksoda
375ml Meelblom
knippie sout
METODE:
Verwarm konfyt en botter in glasbak op HIGH vir 1min
Meng koeksoda in sodat mengsel skuim en voeg dan meel en sout by
Skep lepelsvol van die deeg in KOKENDE SOUS  [dit is belangrik]  maak bak dig toe
Bak op HIGH vir 5min. Haal uit oond

MALVAPOEDING

Sous:
50ml water
125ml melk
60ml botter
60ml suiker
2ml vanilla
Deeg:
1 eier
25ml appelkooskonfyt
5ml bakpoeier
5ml koeksoda
125ml koekmeel
125ml suiker
250ml melk
2ml sout
Sous:
Mikrogolf water tot kookpunt, voeg res van bestandele by, mikrogolf nog minuut, hou eenkant.
Deeg:
Meng eiers en suiker goed, voeg konfyt by en roer. Sif meel, bakpoeier en sout bo-oor, meng goed. Los koeksoda in melk op, voeg by meelmengsel en meng tot ‘n slap deeg.
Mikrogolf vir 7min op hoog of tot gaar. Gooi sous bo-oor en laat staan so bietjie. dubbel beslag vat so 12 tot 14min

JOGURT YSKASTERT

Pakkie tennisbeskuitjies
500 ml grenadella jogurt (of enige geur waarvoor jy lus voel)
1 blikkie kondensmelk
Bak tennisbeskuitjies onder in glasbak.
Meng yogurt en kondensmelk en gooi bo-oor tennisbeskuitjies in bak.
Plaas in mikrogolfoond vir 4 tot 6 minute.
Laat dit bietjie afkoel en hou in die yskas!

KORSLOSE MELKTERT

½ kop suiker
½ kop meel
2 eiers
2 kop koue melk
1 tl bakpoeier
1 hoogvol eetl botter
Sout
Room botter, suiker en eiergele. Voeg droe bestandele om die beurt met die melk by.
Klits eierwitte styf en voeg by. Gooi in gesmeerde tertbak. Plaas in mikrogolf op omgekeerde piering. Bak vir 8-10 min op hoog. Strooi kaneel oor wanneer gaar.
Hierdie Mikrogolf melktert is baie lekker, maar verdubbel die beslag vir ‘n groot tertbak, of gebruik ‘n klein tertbakkie

MELKTERT

Tennis beskuitjies gepak in groot tertbak vir krs
1 blik kondensmelk
1 blik melk
2 blikke water
12,5ml (1E) Margarien
4 eiers geskei
150ml mielieblom aangemaak met bietjie melk
7ml vanilla
Verhit die kondesmelk, melk, water en margarien in ongeveer 8 min op 100% krag
Meng die eier gele, aangemaakte mielieblom en vanilla saam en voeg by melkmengsel. Mikrogolf vir 4min by 100% krag, roer na elke minuut tot lekker dik.
Klop eierwitte styf en vou in mengsel in. Gooi in tertbak, strooi kaneel bo-oor en sit in die yskas tot afgekoel.
Resep: Watertand wenners

ROOIBOSTEE KOEK

1 rooibosteesakkie sterk aangemaak in 1k kookwater.
Voeg by 1tl vanilla, 60ml olie +2 eiers.
Voeg by 1k meel, 1k strooisuiker, 2tl bakpoeier en knippie sout en meng goed.
Sit vir 7min op high en laat 2min in die mikro afkoel. Dis heerlik saam met suurlemoen versiersuiker (gewone versiersuiker met 1tl suurlemoen geursel by).

MIKROGOLF KOEK

KOEK
2 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) suiker
15 ml (1 e) mayonnaise
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knippie sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) kookwater
1 blikkie (115 g) grenadellamoes

VERSIERSEL
100 g (1 plak) wit sjokolade, in blokkies gebreek
25 ml (5 t) grenadellamoes
Voer die boom van ’n mikrogolfringpan uit met kombuispapier.

KOEK
Klits die eiers, suiker en mayonnaise goed saam. Sif die droë bestanddele saam en roer dit en die vanieljegeursel by die eiermengsel in. Voeg die kookwater en grenadellamoes by en meng goed. Giet die mengsel in die voorbereide pan en mikrogolf 6-7 minute by hoog of tot die koek net-net begin wegtrek van die kante en terugwip as jy liggies met jou vinger daarop druk. Laat die koek in die pan afkoel en keer uit op ’n koekbord.

VERSIERSEL
Smelt die sjokolade in die mikrogolfoond en roer die grenadellamoes by. Skep oor die koek.
Deur: Huisgenoot

WORTEL EN PIESANG KOEK

Sif saam:
350 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml kaneel
3 ml sout
Voeg by:
250 ml bruin suiker
250 ml gekapte okkerneute of pekanneute
125 ml piesang –fyn gedruk
250 ml gerasperde wortel
150 ml olie
25 ml water
2 groot eiers
5 ml vanieljegeursel
Meng als saam
Gooi in uitgevoerde plastiekbak/mikrogolfbak
Sit in mikrogolfoond vir 11 –14 minute op medium
Laat afkoel
Versier met roomkaas &versiersuiker:
37,5 ml margarien
250 ml versiersuiker
50 ml roomkaas
5 ml vanieljegeursel
Meng saam en versier koek

WORTELKOEK

Klits:
2 eiers
125ml gerasperde appel of pynappel
170ml kookolie
250ml gerasperde wortel
200ml bruinsuiker
Voeg by:
300ml koekmeel
250ml neuter, gekap
5ml bakpoeier
5ml vanilla
5ml kaneel
5ml koeksoda(met bietjie melk gemeng)
2ml sout
Gooi in ringkoekpan wat met Spray & Cook gespuit is. Bak 12 minute, Med High 70%)
Versiersuiker
160ml maaskaas
60ml margarien
500ml versiersuiker
5ml vanilla
Klits goed en gooi oor koek as dit afgekoel is.

VLASKYWE

1 pak cream crackers
1 liter melk (4 kp)
200g suiker (1 kp)
50g botter of margarine (4 eetl)
70g koekmeel (1 ½ kp)
50g mielieblom (7 eetl)
12,5 ml vlapoeier
2ml sout
125ml water
3 eiers
5ml vanilla
½ pak (250g) versiersuiker
25ml kookwater
10ml suurlemoensap
Pak die beskuitjies in rye van drie op die boom van ‘n tertbak. Mikrogolf die melk, suiker en botter/margarine ongeveer 13min op 75% krag en roer die mengsel af en toe. Meng die koekmeel, mielieblom, vlapoeier en sout in ‘n mengbak. Klits die water en eiers saam en maak die meelmengsel daarmee aan. Klits ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die meelmengsel en klits die meelmengsel dan by die res van die kookmelkmengsel. Mikrogolf die vulsel vir 7min by 70% krag en klop dit elke 1 ½ min goed met ‘n draadklopper. Roer die vanilla by. Skep die vulsel op die beskuitjies in die bak en maak gelyk. Bedek dit met ‘n laag beskuitjies wat presies soos die onderste laag gepak word. Laat dit ‘n rukie by kamertemperatuur afkoel en verkil dit verder in die koelkas. Sif die versiersuiker en maak dit met die kookwater en suurlemoensap aan. Bedek die boonste beskuitjies daarmee. Plaas dit in die koelkas om styf te word. Sny net voor opdiening die vlaskywe in blokkies so groot soos die halwe beskuitjie. *Agrilla Mikrogolf Kookboek

mikrogolf koek
SJOKOLADE RINGKOEK
Rencia Odendaal Pretorius (Mamma)
Meng saam:
1 en half kop warm water
4 eetl kakao
1 en half tl vanilje

Meng saam:
1 en half kop strooisuiker
1/3 tl sout
6 teel bakpoeier
1 en half kop meel
Klits saam:
3 groot eiers
1/3 kop olie
Voeg kakao mengsel by eiermengsel.
Voeg droe bestandele by en meng goed.
Gooi in ringvorm
Mikrogolf vir 1 min op medium (of 2 min op 60%)
Mikrogolf dan 7 min op hoog (of 8 min op 100%)
Gooi dadelik uit en laat afkoel.
Versier na smaak.
My ma smeer altyd karamelkondensmelk oor met klapper,of gesmelte dairymilk neute sjokolade.

Editha De Bruyn

VINNIGE MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK
‎1k suiker,1k bruismeel,4 eetl olie,3 eetl kakao, 2eiers, 1k kookwater, sout

Klits als saam en bak in mikrogolf op hoog vir 7min, laat staan in mikrogolf vir 10 min! Laat bietji afkoel en gooi uit !

SJOKOLADE KOEK MET MAYONAISE

240g (500ml) Koekmeelblom
75g (180ml) Kakao
10ml Bakpoeier
15ml Koeksoda
3 Ekstra groot eiers
320g (400ml) Suiker
5ml Vanilla geursel
250ml Mayonnaise
330 Water
Voorverhit oond tot 180°C
Spuit 2x 24cm ronde koekpanne met Spray & Cook en voer uit met waspapier.
Sif koekmeelblom, kakao, bakpoeier en koeksoda saam in n bak. Sif weer en hou eenkant.
Klop eiers, suiker en vanilla geursel tot lig en donsig. Verminder spoed en voeg mayonnaise by.
Voeg meel mengsel in 4 dele alternatief met water by, begin en eindig met meel.
Gooi mengel in koekpanne en bak vir 30-35 minute (toets deur toetspen in koek te druk moet skoon uitkom). Laat vir 10-15 minute in panne afkoel voordar dit op n draadrak uitgekeer word

Annette Human

MILJOENER SE SJOKOLADEKOEK 
375 ml bruinsuiker
250 ml water
50 ml brandewyn
250 ml koekmeel
30 ml bakpoeier
knippie sout
1 x 200g donker sjokolade
250g botter of margarien
5 eiers
1 x 200g Heelneutsjokolade
50 ml melk

Bespuit n 2,5l (mikrogolf ringpan) van 23 cm deursnee met Spray & Cook.
Bedek die boom met n sirkel handdoekpapier met n gat in die middel sodat dit plat onder in die pan kan lê.
Mikrogolf 250ml vna die bruinsuiker & water vir 4 minute in n diep 1l bak vir 4 minute op hoog/100% en roer 1 of 2 keer. Laat die stroop afkoel en voeg 25ml van die brandewyn by. Hou eenkant
Sif die meel, bakpoeier & sout saam. Hou eenkant.
Breek die sjokolade in donker blokkies. Voeg orige bruinsuiker, en die botter by. Mikrogolf by 50%/med vir 4 minute in n diep bak tot gesmelt en roer dit gereeld.
Klop die eiers een-een by die sjokolade mengsel en klop goed na elke byvoeging.
Roer die orige 25 ml brandewyn by en dan die meelmengsel.
Giet die beslag in die mikrogolfpan (ringpan) (die ronde een met gat in die middel)
Plaas die pan op n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf vir 15 minute by 50%/Medium.
Skep die stroop oor die warm koek.
Laat dit n rukkie afkoel in die pan en keer versigtig uit op n opdienbord.
Verwyder die papier en laat heeltemal koud word.
Breek die pak neutsjokolade in blokkies en mikrogolf dit saam met die melk vir 2 minute op 50%/ medium. Roer goed en skep dit oor die koek. Verkoel die koek in die yskas voor

MOKKAKOEK

125ml Margarine
200ml strooisuiker
3 eiers
500ml meelblom
165ml mielieblom
15ml bakpoeier
200ml melk
20ml kitskoffie
2ml fyn kaneel
2ml vanieljegeursel
knippie sout
Smeer 2 x 29cm plastiek bakpanne en voer uit met waspapier
Klop die margarine en strooisuiker tot romerig
Klits eiers een op ‘n slag by.
Sif saam: meel, mielieblom, bakpoeier, koffiepoeier, kaneel en sout en meng in by geroomde mengsel afwisselend met die melk.
Roer die vanieljegeursel in en klop/klits vir 3 min.
Vul panne en mikrogolf 4min op 70% krag en dan 2 tot 3min op hoog.
Laat staan vir 10min. en versier dan met koffieversiersel

KOFFIE KOEK 

‎250 ml koekmeel
12,5 ml bakpoeier
250 ml suiker
knippie sout
2 eiers
45 ml kakao
50 ml kookolie
5 ml vanielje
250 ml kookwater
4 eetlepels koffie

Meng meel, bakpoeier, suiker en sout
Los koffie op in kookwater en klits dan eiers, kakao, olie, vanielje en die aangemaakte koffie saam
Meng nat en droee bestanddele
Gooi in 2l roomysbak (sit net ‘n lagie waspapier onderin sodat die koek nie vassit nie)
Bak vir 7 min op hoog en laat staan vir so 5 min net so in die mikrogolf nadat dit gaar is

KARRINGMELKBESKUIT

500g margarien,
2k bruinsuiker,
500ml karringmelk,
2 eiers,
1kg bruismeel,
1ml bakpoeier,
knippie sout en
5 weetbix blokkies, fyn gebreek. …
Smelt margarien en roer die suiker by tot amper opgelos. Klits karringmelk en eiers saam. Meng al die droë bestanddele. Meng nou die margarien-, karringmelkmengsel en droë bestanddele saam. Spuit 3 x 2lt roomys bakke. Verdeel die mengsel tussen die drie bakke. Sit elke bak vir 10 min op hoog in die mikrogolfoond. NIE LANGER NIE!! Droog uit in gewone oond!

GESONDHEIDSBESKUIT (MIKROGOLF)

500gr harde margarine
5ml sout
1 ½ kop bruinsuiker
3 MIN OP HOOG
Klits saam:
500 ml karringmelk (amasi)
2 eiers
Meng saam:
1 kg bruismeel
5 kop semels of 3 kop all bran en 2 kop semels
Voeg nou die botter mengsel en eier mengsel bymekaar en voeg by 200 ml olie en 15ml bakpoeier
Voeg nou die meel en semelmengsel by
Sit in 2x 2l roomysbakke
Bak elke bak 10 min op HOOG en laat staan vir 4 tot 5 min (staantydperk)
Keer uit en sny in vingers en droog soos normaalweg in oond
Opsioneel, jy kan so bietjie rosyne en neute (handvol) van jou keuse ook by die semel mengsel ingooi.

 

MIKRO MAKLIKE MOSBESKUIT: [HUISGENOOT] 
BAK TUIS EN NEEM SAAM. [FOTO IS OUMA BEER SIN] Kos vir kampeerders met idees
Ek bak myne in my gewone oond by 180°C omdat ek nie baie daarvan hou om my mikrogolf vir gebak te gebruik nie. Ook heerlik as ‘n nat-beskuit.
BENODIG:
5 pakkies (500g elk) plus 750ml koekmeel
15ml sout
2 pakkies(10g elk) kitsgis
25ml anys
750ml suiker
5 eiers geklits
1 blik (397g) kondensmelk
5 kondensmelkblikke vol lou water
450g botter, gerasper
SO MAAK JY:
Spuit `n langwerpige tupperwarebak met kleefwerende middel of broodpanne sou jy dit in die gewone oond gaan bak.Sif die koekmeel en sout saam. Voeg die kitsgis, anys en suiker by en meng goed. Klits die eiers, kondensmelk en lou water saam. Voeg by die meel mengsel en meng goed. Knie totdat diedeeg nie meer aan jou hande vassit nie.( Voeg nog koekmeel by as die mengsel te slap is) Maak dit liggies toe met kleefplastiek en laat op `n warm plek rys vir ongeveer 2 uur lank tot die deeg se volume verdubbel het. Voeg die gerasperde botter by en knie dit in. Knie tot jou hande amper skoon kom van die deeg. Maak weer toe en laat rys weer sowat 1 uur lank totdat die deeg hoog uitgerys is. Moenie afknie nie. Knyp stukke deeg af en vorm bolletjies so groot soos tennisballe (grootte na jou keuse). Pak styf teenmekaar in die tupperwarebak of die broodpanne. Mikrogolf 1 min lank by 100% krag net om die rysproses aan die gang te sit. Laat staan dan totdat die beskuit goed uitgerys is en die bak amper vol is. In die gewone stoof metode gaan jy dit net toemaak totdat dit die verlangde hoogte gerys het. Mikrogolf dan 15 min lank onbedek by 100% krag. Laat staan 5 min lank en keer dan uit. Breek in bolletjies en verdeel elke bolletjie weer in twee terwyl dit nog warm is. Droog die beskuit in die gewone oond uit by 100 grade. Lewer omtrent 150 stukke beskuit.
MIKRO MAKLIKE MOSBESKUIT:  [HUISGENOOT] 
BAK TUIS EN NEEM SAAM.  [FOTO IS OUMA BEER SIN]
Ek bak myne in my gewone oond by 180°C omdat ek nie baie daarvan hou om my mikrogolf vir gebak te gebruik nie. Ook heerlik as 'n nat-beskuit.
BENODIG:
5 pakkies (500g elk) plus 750ml koekmeel
15ml sout
2 pakkies(10g elk) kitsgis
25ml anys
750ml suiker
5 eiers geklits
1 blik (397g) kondensmelk
5 kondensmelkblikke vol lou water
450g botter, gerasper
SO MAAK JY:
Spuit `n langwerpige tupperwarebak met kleefwerende middel of broodpanne sou jy dit in die gewone oond gaan bak.Sif die koekmeel en sout saam.  Voeg die kitsgis, anys en suiker by en meng goed.  Klits die eiers, kondensmelk en lou water saam.  Voeg by die meel mengsel en meng goed.  Knie totdat diedeeg nie meer aan jou hande vassit nie.( Voeg nog koekmeel by as die mengsel te slap is)  Maak dit liggies toe met kleefplastiek en laat op `n warm plek rys vir ongeveer 2 uur lank tot die deeg se volume verdubbel het.  Voeg die gerasperde botter by en knie dit in.  Knie tot jou hande amper skoon kom van die deeg.  Maak weer toe en laat rys weer sowat 1 uur lank totdat die deeg hoog uitgerys is.  Moenie afknie nie.  Knyp stukke deeg af en vorm bolletjies so groot soos tennisballe (grootte na jou keuse).  Pak styf teenmekaar in die tupperwarebak of die broodpanne.  Mikrogolf 1 min lank by 100% krag net om die rysproses aan die gang te sit.  Laat staan dan totdat die beskuit goed uitgerys is en die bak amper vol is.  In die gewone stoof metode gaan jy dit net toemaak totdat dit die verlangde hoogte gerys het.  Mikrogolf dan 15 min lank onbedek by 100% krag.  Laat staan 5 min lank en keer dan uit.  Breek in bolletjies en verdeel elke bolletjie weer in twee terwyl dit nog warm is.  Droog die beskuit in die gewone oond uit by 100 grade.  Lewer omtrent 150 stukke beskuit.

MIKROGOLF SJOKOLADE FUDGE-KOEKIES
500g versiersuiker (MOET gesif wees)
250ml margarien
100ml kakao
1 eier
1 pakkie tennis beskuitjies in stukkies gebreek
Sit, versiersuiker, kakao en margarien in groot mikrobak en kook vir 3 min op 100% krag. Meng goed (indien bietjie droog lyk, moenie worry) Voeg eier by en meng goed. Voeg… koekies by en roer goed deur. Sit in gesmeerde pan (25 x 25) en sny in blokkies wanneer afgekoel het.

FUDGE

500g Versiersuiker
1 Blikkie Kondensmelk
125 ml Botter
5 ml Vaniella Essens

Kook in Mikrogolf vir 14 min, alles saam, behalwe die essens. Roer elke 2-3 min. Gebruik diep boden bak. As 14 min verby is, voeg Essens by en roer vinnig. Gooi in gesmeerde glasbak en sny is blokkies voordat dit heeltemal koud word.

MIKROGOLF FUDGE

1 blik kondensmelk
2 kop strooisuiker
125gr botter
Meng bogenoemde in glasbak -sit in mikrogolf vir 2 min op hoog
Haal uit, roer goed en mikrogolf weer vir 8 min op hoog
Gooi 1 tl vanilje by en roer deur
Gooi in gesmeerde bak. Laat afkoel en sny in blokkies

FUDGE
1 blik kondensmelk
1 blik kookwater
3 eetlepels goue stroop
6 koppies suiker
1 koppie koekmeel
1 eetlepel asyn
250g wit margarien (wooden spoon)
½ (‘n halwe) teelepelvol kremetart
1 teelepel vanieljegeursel Metode
Meng alles behalwe kremetart en vanielje.
Kook alles op hoog in mikrogolf oond – kook vir 8 min. Roer goed.
Kook vir 6 minute.
Roer ½ teelepelvol kremetart in bietjie water opgelos by.
Kook vir nog 20 minute.
Roer goed en voeg vanielje by en klop flink tot dik.
Gooi in gesmeerde 30 x 45cm pan uit.
Koel af en sny in blokkies

FUDGE MIKROGOLF

125gr botter
10 ml asyn
500 ml strooisuiker
5 ml vanillageursel
1 blik kondensmelk
sout
Plaas botter vir 1 min in mikrogolfoond.Gooi suiker & kondensmelk by. MOENIE ROER.
Mikro 1 min & roer dan goed. Mikrogolf by 100% vir 10 min ,roer elke 3 min.
Pasop vir oorkook! Gooi asyn en vanilla by Roer vir 5 – 8 min goed.
Gooi uit in gesmeerde bak en sny in blokkies .Word baie gou styf.
Gebruik van Stork Bake Margarine ipv Botter.
Gebruik groot diep bak anders kook dit oor

YSKAS FUDGE KOEKIES

250 gr botter
1 pak versiersuiker
100ml kakao
2 eiers
2 pakke (200gr elk) marie beskuitjies of tennis beskuitjies (fyn)
Mikrogolf botter vir 1 ½ minuut op 100%
Sif en voeg versiersuiker en kakao by en meng goed.
Klits eier en voeg by mengsel.
Mikrogolf alles nou vir 2 minute by 100%
Voeg nou die fyn koekies by en meng goed.
Skep in bak van ongeveer 20cm x 20cm en laat afkoel.
Sny in blokkies en bewaar in yskas.

CUP CAKES

60 g butter

¼ cup caster sugar
1 tablespoon Cocoa
1 egg, beaten
½ cup self-raising flour
8 marshmallows
Method
Melt the butter in a large microwave proof bowl on High (100% power) for 30 seconds.
Add the sugar and cocoa. Mix well to dissolve any lumps.
Add the egg and flour, and stir through with a fork.
Spoon the mixture into eight triple thickness paper patty pans. Place around the edge of the microwave turntable and cook on High for 1 minute.
Place a whole marshmallow on the top of each cup cake. Cook on High for 30 seconds or until the marshmallow begins to melt. Remove from the oven immediately.
Leave to cool.

KONFYT

MIKROGOLF APPELKOOSKONFYT:
KAN OOK FYN VYE KONFYT KOOK MET DIE RESEP
KAN OOK TAMATIEKONFYT KOOK MET DIE RESEP (voeg net jou gekneusde gemmerwortel by die konfyt)
Sny appelkose oop, verwyder pitte
1 kg appelkose
1 kg suiker
30ml suurlemoensap
2tl botter
Mikrogolf appelkose (bedek) vir 5 min op hoog (100%) – sit eenkant –
Mikrogolf suiker IN GLASBAK vir 6 min op hoog (100%) roer elke 2 min
Meng nou appelkose in by suiker, gooi botter en suurlemoensap by
Mikrogolf nou vir 20/25 min op hoog (100%)
Roer af en toe liggies.
Bottel warm
NB jy sal sien jou sous is nog waterig maar moenie verder kook nie. Dit is reg en dit word dik in die bottel as jy dit gebottel het. Hierdie resep is ALTYD suksesvol. Ek kook glad nie meer konfyt op die stoof nie. Ek vries my appelkose 1 kilo gewys, en soos my konfyt klaar raak, haal ek net ‘n kilo uit en maak gou ‘n paar botteltjies. (Rens)

MIKROGOLF APPELKOOS of GEELPERSKE KONFYT
(Maak 2 x 500 ml flesse vol)
1kg appelkose
20 ml suurlemoensap
1 kg suiker
Was, halveer en ontpit. Plaas in groot glasbak, sprinkel sap oor en mikrogolf vir 8 minute op 100% krag.
Voeg suiker by en roer tot opgelos. Mikrogolf weer op 100% krag vir 20 – 30 min of tot geset (Myne – 30 min). Roer gereeld met houtlepel.
Bottel.

KYK VIR NOG RESEPTE VIR ” ONE MUG” GEREGTE IN DIE MIKROGOLF: https://kreatiewekosidees.com/?s=koppie

Ingeleg/ingelegde/canned


ingeleg

Noedelslaai
500g Noedels
1/2kg uie gekap
1 kg tamaties
2 soetrissies ( rooi, geel en groen)
100ml mayonnaise
375ml olie
250ml wit asyn
500ml suiker
20ml sout
METODE:
Kook tamaties, uie, soetrissie, asyn, suiker en olie saam tot sag.
Kook noedels sag, maar nog ferm  met sout en – spoel onmiddelik af met koue water om die kookproses te stop
Voeg eerste mengsel by noedels, kook goed deur, voeg mayonnaise by.
Bottel warm in voorbereide bottels.

 

Ingelegde spagetti

3½ kg tamaties
500 g uie
4 e appelkooskonfyt
1½ k suiker
1 k asyn
1 t fyn naeltjies
1 t peper
1 t neut
1 e sout
250 g egte botter
1 boks spaghetti
METODE:
Kook tamaties tot gaar. Haal skille af. Versap. Kook ui in water tot sag. Versap saam met tamatie Kook spagetti sag – nie pap nie. Water af. Voeg alles bymekaar. Laat kook 10 min. Bottel warm

 

Ingelegde spagetti met tamaties

25 groot Tamaties
5 groot Uie ringe gesny
½ t Rooi pepper
1 k Appelkooskonfyt
½ t fyn Naeltjies
1 t Neut
2 e Sout
1 k Suiker
180 ml Asyn
1 Pak Spaghetti
METODE:
Gooi tamaties in kookwater en trek die skille af, sny bietjie kleiner
Kook nou alles saam behalwe die asyn en spaghetti.
Kook tot uie sag is, maak alles fyn in n voedselverwerker. Kook jou Spaghetti en dreineer goed. Voeg die asyn en spaghetti by die Tamatiemengsel en kook nog so 10min. Bottel en verseel warm

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

 Kerrieboontjies

2 kg gesnipperde groen boontjies

1 kg uie – gekap

1,25 liter asyn

10 ml borrie

15 ml sout

500 ml suiker

45 ml kerriepoeier

15-20 ml mielieblom

Opsioneel, ek gooi altyd ‘n blik perskes wat gesnipper is by  en ‘n handvol rosyne –

Die rosyne kook ek saam met die uie en groen bone en die perskes gooi en by as ek alles bymekaar gooi en deurkook. Dit gee mooi kleur aan die boontjies.

Kook die boontjies en uie sag, maar nie pap nie. Meng die

asyn, borrie, sout, suiker en kerrie saam. Plaas dit in ‘n groot kastrol en

bring tot kookpunt. Voeg die boontjies en uie hierby en kook deeglik deur. Maak

die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Roer terwyl dit verdik. Skep

in warm, gesteriliseerde flesse.

 

Mosterd bone

2kg gekerfte bone
1kg gekerfte uie
1/2 kop droe mostert
2 kop suiker
2 eetl sout
1 kop koekmeel
2 teel borrie
3 kop asyn
1 1/2 kop water
METODE:
Kook uie en boontjies tot sag en gooi water af. Kook res van bestandele saam tot dik.
Gooi by boontjies, kook goed deur en bottel.

 

Rencia se beetslaai

1.5 kg gerasperde beet (gaar – gerasper of blokkies of ringe)

2 eetl maizina

500ml asyn

2 kop water

1 ½ kop suiker

Sout en peper

Meng alles en bring tot kookpunt – bottel warm.

As opgedien word, sny uie oor en frimmel feta kaas bo-oor

 

Kerrie beetslaai

Deur:  http://www.ontbyt-brekfis.co.za/Kerriebeet.html

Bestanddele

125 ml water

125 ml bruinasyn

200 ml suiker

750 ml gaar beet – in repe of blokkies gesny

1 groot ui – gekerf

5 – 10 ml kerriepoeier

2½ ml sout

30 ml mielieblom of soveel as wat jy benodig om die regte substansie aan die beet te gee

Metode

Voeg die asyn en die suiker by die water en roer nou en dan tot dit kook en die suiker opgelos is.

Voeg ui by en kook vir ongeveer 5 minute.

Voeg beet by en kook vir ongeveer 10 minute.

Meng kerrie, sout en mielieblom met ʼn bietjie koue water – voeg by en kook tot dit verdik.

Bottel dit in gesteriliseerde bottels.

 

 Beet atjar

Meng en bring 2 kop bruin asyn, en 3 kop suiker tot kookpunt. Voeg dan by: 6 kop gaar beet in blokkies gesny en 2 uie redelik fyn gekap.

Meng die volgende en voeg by kokende mengsel: 3 tl kerrie, 1 tl tiemie,1 tl sout, en kook alles vir nog sowat 10 minute, voeg dan 45 ml maizena by en kook deur tot verlangde dikte. Bottel warm.

 

Beet bladjang

750 ml suiker

500 ml bruin asyn

6 kopppes gaar beet, geskil en in blokkies gesny

2 groot uie, fyn gekap

15 ml kerriepoeier

5 ml sout

45 ml mielieblom, aangemaak met bietjie water

Meng suiker en asyn in ‘n kastrol. Verhit oor lae hitte. Roer tot die suiker opgelos is en begin kook. Verhit tot kookpunt, voeg beet en uie by en kook nog 5 minute. Meng kerrie, sout en mielieblom met ‘n bietjie water om ‘n lopende pasta te vorm. Voeg by die beet en kook 5 minute deur. Skep warm in gesteriliseerde bottels en verseël.

 

Beet bladjang

2 groot bossies beet
8-10 uie
6 eetl Kerrie
1.5 kg suiker
1.5 l wit asyn
Sout en peper na smaak
3 eetl olie
4 eetl Maizena
Kook beet tot gaar, rasper. Braai uie in olie tot ligbruin.Voeg by beet. Voeg res van bestandele by, bring tot kookpunt. Meng die Maizena met bietjie water en voeg egter laaste by, roer tot verdik. Bottel.

 

Kerrie kool

1 kg kool gekerf

2 uie, in ringe gesny

375 ml hoenderaftreksel

2 knoffelhuisies, fyngedruk

250 ml asyn

¼ koppie suiker

5 ml sout

5-10 ml kerriepoeier

knippie rooipeper

2 teelepels heel swart peperkorrels

15 ml mielieblom gemeng met bietjie water

Plaas die kool, uie, hoenderaftreksel en knoffel in ‘n middelmatige

swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder die deksel

vinnig kook tot net gaar.

Meng die asyn, suiker, sout, kerrie, swart peperkorrels en rooipeper.

Voeg by die kool en laat net opkook.

Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind.

Laat afkoel en bottel.

Rina Kleinhans:  Juanita Van Pletzen

 

Ingelegde aartappelslaai

4 kg Aartappels,
2 (750ml) Mayonaise,
1 Blik Kondensmelk,
3 Groot uie gekap.
Skil en sny aartappels in blokkies,kook in water met sout in.Belangrik-moenie aart te sag kook nie,maar NET gaar.Staan maar die rukkie en toets jou aart.blokkies.Gooi water af.
Gooi mayonaise,kondensmelk en uie in ander kastrol en verhit,moenie kook.Gooi aartappels by die warm Mayo mengsel,roer deur en bottel warm.Die bottels kan tot 2 maande op ‘n koel plek gehou word.

 

Koperpennie wortelslaai

1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies
Bestanddele Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcestor Sous
7 ml Mosterd
Metode Slaai
Sny Wortels in ringe.
Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie).
Sny uie in ringe en kook.
Sny groen rissies in blokkies.
Pak wortels, uie en groen rissies in lae in bak.

Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Kook 3 minute saam.
Gooi warm sous oor die wortels.
Laat staan in yskas vir ten minste een dag.

Om te bottel, sterliseer bottles en bottle warm.

 

Rooi slaphakskeentjies

1.5kg dwerguitjies

150g gebleikte sultanas/rosyne

125g wit suiker

250ml wit asyn

250ml water

125ml tamatiepasta

50ml sonneblomolie

2 ml sout

knippie rissiepeper

Skil die uitjies. Voeg die res van die bestanddele by en kook dit, aan die begin met die deksel op, maar later daarsonder, oor matige hitte totdat die uitjies sag en die sous dik is. Bottel die uitjies warm en verseël dit dadelik.

 

Sonja Visser Porton se: UIEBLADJANG MET APPEKLOOSKONFYT

500g appelkoos konfyt
400ml asyn
125ml suiker
7 ml “tumeric” (borrie)
7 ml kerriepoeier
2kg uie
5 ml sout

Sny uie in ringe and gooi dan mense van al die bestandele wat jy saam gemeng het oor die uie laat dit oornag staan en skep volgende dag in bottels
Bron:Watertand resepte

 

Uie marmelade

150 ml olyfolie

20 ml mosterdsaad
1 kg rooi uie, geskil, in dun ringe gesny

25 ml gemmer, vars, gerasper
2 vars lourierblare

100 ml bruinsuiker
150 ml rooi wynasyn

100 ml rooiwyn
Fyngerasperde skil en sap van 2 lemoene
Verhit die olie in ‘n groot swaarboomkastrol en soteer die uie stadig oor ‘n lae hitte tot dit sag is (sowat
25 minute). Roer dit af en toe. Voeg die res van die bestanddele by en prut saggies tot die sappe
verdik. Geur na smaak met sout en en vars gemaalde peper en laat staan 8 uur sodat die geur goed
deurtrek. Skep in droë, skoon en warm flesse en bêre in yskas. Sit voor met gebraaide beesvleis, ham
of kaas.

 

 Uie Marmelade

Bestandele
1 kg uie in dik skywe gesny
Halwe kop Balsamic Asyn
Halwe kop Bruin Asyn
3 kop Bruin suiker
1/4 kop Heuning
1 kop vars uitgedrukte lemoensap met die vessel
1 Bay leaf
1 teelepel sout
Kwart kop olyf olie
Gooi als in n groot genoeg kastrol
Plaas op stoof en kook baie stadig vir 3 ure
Met deksel op roer gereeld en haal deksel laaste halfuur af
Laat oop kook totdat stropie lekker dik begin word toets in n piering tot reg
Onthou net om te roer !!!
Bottel warm .

 

Kerrie uie

Maak ten minste 3 weke vooraf, bottel en plaas op rak – nie in yskas!

1,5 kg uie, geskil en in ringe gesny

500 g fyn appelkooskonfyt

100 ml druiwe-asyn

7 ml matige kerriepoeier

7 ml sout

7 ml borrie

125 ml suiker

Vermeng alles deeglik en laat ongeveer 2 ure lank staan voordat dit gebottel word. Laat minstens 3 weke lank by kamertemperatuur verouder voor dit gebruik word.

 

Mosterd Uieslaai

3 kg piekeluie (ek het die groter tipe gebruik)
Skil die uitjies en kook dit vir 5 minute en dreineer.

SOUS:
8 eiers geklits met elektriese klitser.
5 k suiker, bietjies-bietjies by gesit en klits goed.
Voeg by: 500 ml wit Safari spirits asyn. Klits baie goed tot suiker
opgelos is.

Maak dan die volgende bestanddele aan tot ‘n pap:
7 ml sout
30 ml mosterd
45 ml Maizena
250 ml Safari spirits asyn

Sit die uie terug in jou pot en giet die eiemengsel oor die uie.
Kook gaar en dik oor matige hitte… roer af en toe. Bottel warm en
verseël dadelik. Baie lekker

 

 Pickle onions

2 and  1/2 kg pickling onions
450 g brown sugar
1 1/4 liters vinegar
15 g ground cloves
15 g ground allspice
2 tablespoons flour
2 teaspoons curry powder
2 teaspoons turmeric
Peel all the onions. Without boiling heat the vinegar and sugar and stir till sugar is dissolved.. Stir in other dry ingredients (except for onions) which have been mixed with a little cold vinegar.
Boil until it thickens.. Pat dry onions, put in jars and fill jars with the sauce. Keep three weeks before using

 

Groente atjar

*Peter-jasies*
50ml sout
2 liter water
1 blomkool in blommetjies gebreek
4 wortels geskil en in skyfies gesny
2 uie grof gekap
4 brandrissies – ontpit en fyn gekap
2 knoffeltoontjies fyngedruk
1 liter olie
80 ml atjar masala of gewone masala

 Los sout in water op en sit wortels, blomkool en uie daarin. Week vir 24 uur en dreineer en druk droog. Verhit olie saam met rissies, knoffel en masala tot goed warm. Meng groente en oliemengsel en sit in gesteriliseerde bottels. Laat afkoel en verseël.

 

 Gemengde groente atjar

Afrikaanse Resepte

10 ml koeksoda
6 groot wortels, geskil en in dun stroke gesny
1 klein blomkool, in blommetjies gebreek
1 groot ui, in dun skywe gesny
1/ 2 groenkool, in dun skywe gesny
250 ml vars of bevrore ertjies
50 ml atjarmasala
5 ml sout
5 knoffelhuisies, gekneus
400 ml kookolie

 Voeg koeksoda by kastrol met kookwater en laat voorbereide groente 2 minute daarin week. Dreineer goed en bedek dadelik met koue water. Dreineer weer en laat groente 10 uur in `n sonnige plek droog word. Meng atjarmasala, sout en knoffel met 30 ml kookolie om pasta te vorm. Verhit res van kookolie en voeg die atjarmasalamengsel by. Giet oor groente en meng aan; maak seker dat groente goed bedek is met mengsel. Plaas in houer in yskas en bedek of verpak in gesteriliseerde, verse¸lde flesse. Berg in koel, donker plek. Hierdie atjar kan dadelik ge eet word, maar is beter na 2-3 weke.

 

Picalilli’s

500g sampioene

500g blomkool

500g dwerguitjies

500g murgpampoentjies

250ml water

50g mielieblom

2 liter wit asyn

200g wit suiker

100ml appelkooskonfyt

20ml mostertpoeier

15ml kerriepoeier

10ml borrie

5ml sout

Vee die sampioene skoon en halveer.

Sny die blomkool in stukkies.

Skil die uitjies.

Sny die murgpampoentjies in skyfies.

Vermeng die groente en kook dit in die water tot amper gaar.

Dreineer die groente en skep dit n inmaakflesse.

Vul die vloeistof aan tot 250ml en maak die mielieblom daarmee aan.

Verhit die res van die bestandele saam tot kookpunt.

Roer die aangemaakte mielieblom by en prut die sous ongeveer 5min.

Giet dit oorlopens toe oor die groente en verseël

 

BLOMKOOL PIEKELS: [SARIE]

As jy van piekels hou as bykos, dan is hierdie resep net vir jou. Dit kan maande in die yskas gehou word.
Genoeg vir 6 – 8
10ml heel koljander
10ml mosterdsaad
5ml komynsaad
1 lourierblaar
500ml witwyn-asyn
5 knoffelhuisies
1 stuk gemmer [duimnael grote], fyngerasper
2 baba-uie, in ringe gesny
125ml suiker
10ml sout
10ml rissievlokkies
1 kop [340g] blomkool, in los blomme gebreek
4 wortels, in ringe gesny
SO MAAK JY:
Droogbraai die speserye en lourierblaar. 3 – 5 minute in warm middelslag pot.
Voeg res van die bestanddele, behalwe blomkool en wortels by.
Bring tot kookunt en kook 5 minute.
Voeg blomkool en wortels by,
Verwydervan hitte en gooi vuurwarm mengsel in glasflesse wat dig seël.
Laat afkoel in flesse en piekel minstens ‘n dag lank voor jy dit voorsit.
Dit kan 2 – 3 maande in die yskas hou.
Kerriesous vir enige groente (voeg slegs gaar groente teen die einde in en kook deur en bottel

2 koppies druiwe asyn
1½ koppies suiker
½ koppie water
50ml appelkooskonfyt
4 teelepels matige kerriepoeier of na smaak
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel borrie
½ teelepel fyn komyn(jeera)
½ teelepel fyn koljander
1blikkie tamatiespasta
1 teelepel sout
¼ koppie mielieblom.
METODE:
Meng al die bestandele en roer tot suiker gesmelt het. Laat goed kook vir 5 minute, gooi by enige gaar groente en bottel warm.
“Helena Kruger” (Lekker resepte vir die jongergeslag

 

Suurlemoen atjar/piekels

Dié atjar is die perfekte bykos vir enige spesery-gereg.

Maak: 4 mediumgroot flesse

12-15 klein suurlemoene of lemmetjies

45 ml growwesout

60 ml atjar-masala

45 ml fenegriek (methi)

15 ml selderysaad

2-4 groen brandrissies, ontpit

en gekap

300 ml suurlemoensap

1 Verhit ‘n groot kastrol vol water tot kookpunt. Haal dit van die plaat af en gooi die suurlemoene by. Laat dit vir ‘n paar uur week tot sag.

2 Sny die bo- en onderpunte van die suurlemoene af en sny dit in agt wiggies. Haal die pitte uit. Sit die wiggies in ‘n bak wat nie van metaal is nie. Meng die sout en speserye saam en sprinkel dit oraloor die wiggies.

3 Sit die wiggies in gesteriliseerde flesse. Verhit die suurlemoensap tot kookpunt en gooi dit oor die suurlemoene. Seël dit en los dit vir ‘n paar dae

 

Mosterd groente picalilli/piekels

2,5 kg mengsel van blomkool blommetjies, komkommer, groenbone, klein uitjies en murgpanpoentjies.
350 g sout
280 ml witsuiker
1 eetlepel mostertpoeier
8 ml fyn gemmer
2 knoffeltoontjies- fyngedruk
1,4 liter wit asyn
6 eetlepels meel
2 eetlepels borrie
METODE:
Halveer komkommer in helfte en sny pittjies uit. En sny in blokke. Verwyder stingels van boontjies en murgpampoentjies en sny in stukke. Halveer uitjies. Pak groentes in lae in glasbak. Sprinkel sout tussen lae. Giet 3,4 liter water oor en laat ´n dag/nag staan. Dreineer en was deeglik af in lopende water. Droog af
Meng suiker, mostertpoeier, gemeer en knoffel met 1,1 liter asyn in kastrol.
Voeg groentes by en laat opkook. Kook tot groentes gaars maar nog bros is. Meng die meel en borrie met res van asyn en roer by groete mengsel. Laat vir nog 2 minute kook. Skep in gesteriliseerde bottels en verseël.


Sousboontjies
250 g droë suikerboontjies
50 ml suiker
100 ml asyn
10 ml sout
3 ml fyn swartpeper
50 ml botter
METODE:
Was die boontjies en week hulle oornag. Dreineer en plaas in ’n kastrol. Bedek met water en kook tot sag. Voeg die ander bestanddele by sodra die boontjies sag is en byna droog gekook het. Die gereg moet souserig wees. Vul gesteriliseerde flesse met jou sousboontjies

“Bg resep: Sarie Kos “

 

Cucumbers

Ingredients
3 kg to 2 ½ kg Cucumbers
33 cups Vinegar
3 cups Sugar
3 tablespoons Pickling salt  (growwe sout)
4 1/2 teaspoons Celery seed
4 1/2 teaspoons Turmeric
1 teaspoon Dry mustard
Method
Wash cucumbers. Cut in strips or slices. Pour boiling water over cucumbers. Let stand overnight. The next day, drain off water ,rinse and pack cucumbers in clean jars. In a large pan, combine remaining ingredients. Bring to a boil, Cook 5 minutes. Pour over cucumbers in jars.  Seal. (Simple, tasty ~~amp crisp.)

 

Rencia Odendaal  Pretorius (my wenresep)

Komkommer in Kerriesous

2 groot komkommers – Sny die komkommer in ringetjies en elke ringetjie dan in 4 (dws daar moet van 1 ringetjie – 4 blokkies le as jy dit klaar gesny het)

1 tot 2  uie  (gekap)

Growwe sout

Gooi bogenoemde in vergietes in lae – sit ietsie swaar op sodat die sout die ergste water uittrek – Laat staan so vir omtrent 1 uur.

Maak intussen ‘n sous op die stoof:

2 kop asyn (wit of bruin)

1.5  kop  bruin suiker

1 eetl mosterdsaad (ek vat half wit en half swart)

2 tl dille saad (opsioneel)

2 tot 3 tl  maizina

2   tl Kerrie

1 tl borrie

1 tl mosterdpoeier

Kook nou bogenoemde – dit moet kookpunt bereik

Spoel jou komkommer mengsel  af onder lopende water en druk ergste water af

Kap fyn – of ½ rooi greenpepper of so 5 tot 6 peppadews (mild of hot) opsioneel

Gooi in kokende sous en kook so vir ongeveer 20 min oor lae hitte

Bottel warm

 

KERRIE-KOMKOMMERS
(Heerlik as n slaai by braaivleis of sommer so op brood)

1Kg Engelse komkommers
500 g Uie, geskil
250 ml (1kop) Water
5 ml (1tl) sout
250 ml (1kop) Suiker
500 ml (2kop) Wit asyn
30 ml (2e) Kerriepoeier
10 ml (2tl) Mosterdpoeier
30 ml (2e) Mielieblom, aangemaak met ‘n bietjie koue water

METODE:
Sny die komkommers en uie in dun skywe en halveer. Bring die water tot kookpunt en kook die komkommer en uie dan 10 minute lank daarin. Voeg die sout en suiker by en verhit tot die suiker opgelos is.
Voeg die res van die bestanddele by en kook goed deur tot die mengsel verdik.
Skep die warm mengsel in skoon gesteriliseerde flesse en bottel.
Lewer 1,75 liter.

komkommer kerrie

ROMERIGE MOSTERDSOUS (die foto wys hoeveel dit maak)
500ml suiker
6 eiers
30ml mosterdpoeier
250ml asyn
2ml sout
380ml Ideal melk (1 standaard blikkie)
Klits/meng eiers suiker asyn mosterd en sout goed.
Kook op die stoof tot verdik –
Baie belangrik: ROER DIT DIT HEELTYD – dit brand maklik vas. Ek gebruik my whisk die heeltyd –
Laat effe afkoel
Meng ideal melk by en meng goed

Bottel dadelik

Mosterdsous Rens

Komkommer suurtjies

1.5 liter water
200ml wit asyn
70g sout
12,5ml wit suiker
7ml speseryemengsel vir suurtjies
Dille na smaak
12 gewone komkommers, elk ongeveer 10cm lank
METODE:
Vermeng al die bestandele buiten die komkommers in ‘n 5 liter houer met ‘n wye nek wat geskik is vir die maak van suurtjies. Plaas die komkommers in die mengsel en laat 24uur tot 48 uur by kamertemperatuur daarin marineer. Bewaar die suurtjies in die koelkas.
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Komkommer bladjang

3 jong engelse komkommers
2 middelslag uie
500ml water
250ml wit asyn
15ml wit suiker
10ml sout
5 swart peperkorrels
2 lourierblare
Metode:
Sny die komkommers oorlangs in kwarte op en sny die kwarte in dun skyfies op. Hou eenkant. Skil en snipper die uie. Verhit dit saam met die res van die bestandele tot kookpunt en kook tot die uie sag is. Voeg die komkommers by, verhit die mengsel tot kookpunt en kook vir 4 min. Laat die blatjang afkoel voordat dit gebottel enverseel word.
( Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Komkommer ingeleg

12 gewone komkommers (Nie Engelse komkommers jou gewone boere komkommers)

1.25liter warm water

500ml druiwe-asyn

20ml sout

60ml suiker

5 rooi brandrissies ( opsioneel)

16 peperkorrels

8 lourierblare

10ml speserye vir suurtjies

5 knoffelhuisies

Moenie die komkommers skil nie.  Krap dit in die lengte met ‘n vurk. Sny in kwarte en dan weer in 1cm stukkies. Meng die res van die bestanddele in ‘n diep kastrol en verhit. Voeg die komkommer stukke by wanneer die mengsel kook en bring weer tot kookpunt. Verwyder die komkommer stukke met ‘n gaatjieslepel en skep uit in gesteriliseerde flesse. Plaas ‘n brandrissie in elke bottel. Dreineer die vloeistof in die kastrol deur ‘n sif. Skep ‘n teelepel van die gedreineerde speserye in elke fles.  Maak die flesse goed vol met die gedreineerde vloeistof. Verseël dadelik.

 

Chillies gepiekel

Bestanddele
1 Bottel Asyn
2 tot 3 k Suiker
1 Pakkie Piekel Speserye
Chilies
Rooi en Geel peper (Red & Green Peppers)

Metode
Kook chilies vir ongeveer 20 minute tot sag. Kook asyn, suiker en piekel speserye saam. Gooi chilies in bottel(s). Sny die peper in blokkies en sit tussen chilies vir kleur. Gooi asyn mengsel oor. Bere vir so 2 maande.

Wenk
Hierdie chilies is lekker net so of saam met kos. Ek neem partykeer ‘n suurlemoen en sny in dik skywe. Dan skep ek so lagie chilies in die bottel. Dan ‘n lagie peper blokkies en dan ‘n dik sky suurlemoen. Die suurlemoene gaan ‘n besonderse smaak aan die chilies.

 

Chillie sous gebottel

2 eetl olie
2 eetl Meel
1 en ¼ kop water
¼ teel sout
1 Knoffel fyngekap
1 kop Groen Chilli’s fyngekap[ of helfte rooi en groen]
2 eetl Ui fyngekap
2 eetl Sweet – Chilli sous
½ teel Suiker
klein bietjie fyn swartpeper
METODE:
Braai uie, knoffel en chilli’s so n bietjie tot amper gaar
Voeg jou meel by en roer deur en braai n bietjie
Voeg jou water, sout, suiker en chilli sous by en prut so 5-8min.
Skep in botteltjie en laat afkoel Plaas in yskas .
Gebruik by enige gereg !!!Soos Seekos of in n aparte bakkie of as n
Pasta vir n gereg!!!Wees net voorbereid!!! Baie lekker en HOT!!
Helena Kruger” (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Sweet chillie sous

75g rooi rissies, ontpit (pas die hoeveelheid aan as jy dit nie baie warm wil he nie – hy brand nogal)
6 knoffelhuisies, geskil
3cm stuk gemmer, gerasper
2 appels, geskil en ontpit
1 x 400g blik gekapte tamaties
125ml asyn
500ml suiker
125ml water
Sout na smaak

Metode:
Meng al die bestanddele in pan en verhit stadig tot suiker gesmelt is.
Laat mengsel kook en prut ongeveer 10 min – roer af en toe. Maak mengsel fyn en voeg sout by na smaak. Bring mengsel terug na stoof en kook weer 10 min.
Gooi in gesteriliseerde bottels en verseel. 
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Chilli chutney

‎500g red chillies-stems trimmed

3 garlic cloves-peeled

750ml white vinegar

645g caster sugar.

Method:

Halve 100g of chillies and place in foodprocessor.

Halve and deseed the remaining chillies, place in foodprocessor.

Add garlic and 250ml of vinegar. Process untill finely chopped.

Place chilli mixture,remaining vinegar and sugar in large sauce pan over low heat. Cook for 5 min or untill sugar is dissolved. Ingrease heat and bring to a boil,stirring occasionally for 35-40min or untill sauce thickens.

Pour into bottles

 

VIR GROEN CHILLIS as dit klein chilli is was en pak dit in sterileerde flesse /as dit groot is soos jalapinos kook sous en sit chillis in met n bord op om dit onder sous te hou oornag en pak chillis in bottels en gooi kokende sous oor en seel warm

Sous:

650ml water, 275ml asyn, 50ml growwe sout Kook alles saam as sterk kook gooi kokende sous oor chillis en seel dadelik

ROOI CHILLIS 1kg skoon chillis,  1/2 kg uie,  4kp suiker,  4kp asyn,  4 kp water,  2tl sout maak chilli+uie fyn/kerf fyn gooi alles in kastrol en kook +- 2 ure roer gereeld en voeg 4etl maizina met bietjie water gemeng by roer goed tot dik en skep in skoon warm bot en seel dadellik kan ook n bietjie kerrie poeier byvoeg van begin af dis heerlik

 

Chillie sous

500 g brandrissies gedroog
8-10 huisies knoffel
2 stukke gemmer
kap dit fyn in ‘n masjien tot amper “liquidize”
roer die volgende by
1 eetl sout
2 k asyn
verhit in ‘n groot pot
2 k olie tot kookpunt
gooi die boonste mengsel groot lepels gewys in die warm olie roer met draad spaan of groot lepel wees versigtig vir warm olie hou in olie net so 2-5 min pasop dat dit nie brand nie gooi alles in bottel en bere.

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Soetrissie sous

Kap vier groot jalapeño-rissies en vier knoffelhuisies fyn.
Smelt 10 ml botter in ’n groot pan en soteer die rissies en knoffel, maar moenie dit verbruin nie.
Haal dit van die plaat af.

Meng:

50 ml water

50 ml suiker,

10 ml mielieblom

50 ml witwynasyn in ’n bakkie. Gooi die mengsel by die rissies en sit dit dan weer op die plaat.
Verhit tot kookpunt en laat dit prut totdat die sous dik word

 

Hier is n lekker SWEET CHILLIE SOUS met skop!

1 ui gekap

1 knoffelhuisie gekap

3-4 chillies gekap (as jy pitte in los is dit net warmer)

Halwe koppie asyn

3 eetl suiker

1 eetl rooipeper

halwe rooipeper fyn gekap.

Halwe koppie water

Braai jou uie eers tot deurskynend. Gooi res van bestandele in pot en kook tot stroopering.

 

Soet suur soetrissies ingeleg (green/red/yellow peppers)

Sny jou soetrissies[ geel, groen, rooi] in mooi dun repies. Vul jou bottels lekker styf. Maak jou sous en gooi dit kokend bo-oor en verseel dit warm. [haal al die blassies uit as daar is met n sosatiestokkie] ek het net 1 van elke kleur gebruik op die sous hoeveelheid.
SOUS
500ml Suiker
500ml Asyn
500ml Water
10ml Sout
1/2 t peperkorrels
Metode;
Kook jou asynmengsel vir so 3min.en gooi oor jou soetrissies in jou bottels.

 

Rissie bladjang

Bestanddele
3 Uie
2 Knoffelhuisies
500 ml Opgesnyde brandrissies
250 ml Bruin asyn
750 ml Appelkooskonfyt
10 ml Kerriepoeier
5 ml Mosterdpoeier
5ml Gemaalde Gemmer
125ml sweet chillie sous
5ml Sout
Metode:
Skil die uie en knoffel en sny dit in stukkies op.
Maal dit saam met die branrissies.
Voeg die asyn by en kook vir ‘n paar minute.
Roer die res van die bestanddele by.
Verhit dit stadig tot kookpunt.
Prut ongeveer 30 minute lank tot dik.
Roer gereeld.
Bottel blatjang warm en verseël dadelik

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Chakalaka (kan ook inle)

250ml canola olie
3-4 knoffelhuisies gekap
1 groot ui gekap
5ml Kerrie poeier of paar kerrieblare
2 rooi brandrissies ontpit en gekap
3cm stuk gemmerwortel gerasper
5 tamaties grof gekap
1 groen en rooi soetrissie ontpit en in stukke gesny
2 groot wortels skoongeskraap en gerasper
1 blik (400g) gebakte bone
Sout en peper na smaak
45ml koljander gekap.
Metode:
Verhit die olie en braai die knoffel en ui daarin tot sag. Voeg die Kerrie by en verhit nog 2-3 min. Voeg brandrissies, gemmerwortel en tamaties by en verhit sowat 10min tot dit begin stukkend kook. Voeg die soetrissies en wortels by en verhit nog 10min. Roer die gebakte bone by, geur met sout en peper na smaak en verhit tot goed warm. Sprinkel die koljander oor. Skep in ‘n fles en bêre minstens ‘n dag in die yskas sodat die geur kan ontwikkel.

* Huisgenoot resep*

 

Chakalaka

4 wortels gerasper
2 uie in repies gesny
200g kool gekerf
6-8 vet rooi rissies gekerf [met pitte in]
1 groen soetrissie[ in blokkies gekap]
5ml paprika
5ml borrie
15ml kerriepoeier
100ml suiker
1 blikkie gekapte tamaties
50ml asyn
1e appelkooskonfyt
50ml water
Metode;
Braai uie en soetrissie in olie tot mooi sag. Voeg wortels, kool, rissies,paprika, borrie, kerrie,en roerbraai tot groente sag is en gaar. Voeg dan jou tamatie, suiker, appelkooskonfyt, asyn en jou water by en prut vir so 10min.[ roer want dit kan maklik brand] Bietjie sout en peper en bottel dit dan warm. Sorg net dat daar geen lugblassies in botteltjies is nie!!! N.S ek het 2 soorte gemaak maar by die een mengsel het ek n blikkie gekoopte “Hot & Spice” Chakalaka bygevoeg en toe gebottel.

 

Appelkoosblatjang

Rencia Odendaal Pretorius

2.5kg appelkose – ontpit

500 gr ontpitte rosyne

6 knoffelhuisies

750gr uie

750 ml suiker

20ml sout

20ml gemmer

10ml kaneel

7ml swartpeper

2ml rooipeper

1.5liter asyn

Opsioneel– ek gooi 1 teel Crusted chillies van Robertson by (vir die byt ekstra)

Maal die roysne, appelkose knoffel en uie

Ek doen dit nie, ek gooi dit sommer in my twista en tjop fyn, of sny net kleiner.

Ek sny die appelkose sommer net in blokkies, los die rosyne heel en die uie kap ek net fyn.

Voeg alles bymekaar en kook tot dik

Skep in gesterliseerde bottles

 

Basiese resep vir : Aarbeikonfyt/appelkooskonfyt/tamatiekonfyt

Die 3 fyn konfyte word op dieselfde manier gaargemaak

Verwerk jou vrugte. Sny stigels af of haal pitte uit en sny in kleiner blokkies indien verkies

Weeg jou vrugte

Die formule is 1 op 1 dws :

1kg vrugte vir 1kg suiker ….. geen water word  bygevoeg nie .

Pak vrugte in lae en laat staan vir ‘n rukkie om water te trek. Sit plaat aan op nr 1 en laat die suiker stadig smelt. Roer gereeld. Moenie konfyt begin kook voor al die suiker opgelos is nie, anders brand dit aan.

Kook vinnig vir ongeveer 1 na 2 ure tot sag en stroop dik is. (Doen jou yskas druppel toets)

Gooi bietjie suurlemoensap by om te keer dat dit sandsuiker word.

Bottel warm.

Tamatiekonfyt is presies dieselfde as bogenoemde, gooi net ‘n stuk gekapte gemmer by as dit gekook word.

 

Appelkooskonfyt (mikrogolf)

Kan ook fyn vye, tamatiekonfyt en perskekonfyt met die resep maak (voeg net jou gekeusde gemmerwortel by die die tamatiekonfyt )

Sny appelkose oop, verwyder pitte

1 kg appelkose

1 kg suiker

30ml suurlemoensap

2tl botter

Mikrogolf appelkose (bedek) vir 5 min op hoog (100%) – sit eenkant –

Mikrogolf suiker IN GLASBAK vir 6 min op hoog (100%) roer elke 2 min

Meng nou appelkose in by suiker, gooi botter en suurlemoensap by

Mikrogolf nou vir 20/25 min op hoog (100%)

Roer af en toe liggies.

Bottel warm

NB jy sal sien jou sous is nog waterig maar moenie verder kook nie. Dit is reg en dit word dik in die bottel as jy dit gebottel het. Hierdie resep is ALTYD suksesvol. Ek kook glad nie meer konfyt op die stoof nie. Ek vries my appelkose 1 kilo gewys, en soos my konfyt klaar raak, haal ek net ‘n kilo uit en maak gou ‘n paar botteltjies.

 

Mrs Ball’s chuney

(Edward Ball, haar kleinseun, het die oorspronklike grootmaat-resep verklein. Dit maak 18 bottels ( mild) blatjang.)

Bestandele

612 g droeperskes
238 g gedroogde appelkose
3 liter bruin druiwe-asyn(gewone bruine azijn)
2 +1/2 kg wit suiker
500g uie
120 g sout
75 g cayenne-peper (rooipeper)
Om die blatjang sterk (hot) te maak , voeg 75g gemaalde brandrissie ( chili) by.
Om perskeblatjang te maak, los net die appelkose uit en gebruik 850 g droe perskes.

METODE:

Spoel die vrugte goed af en week dit oornag in druiwe asyn
kook vrugte in asYn en dreineer
Maal in klein stukkies in ′n meul ( of versnipper met kombuismes).
Gooi die vrugte, suiker ( opgelos in ′n bietjie asyn) en uie ( gemaal) by en kook in ′n groot pot in die asyn die      hoeveelheid asyn hang af van
die vastigheid: dit moenie te loperig of te dik wees nie
Voeg kruie by en kook vir 2 na 2 en 1/2 uur
Roer nou en dan met ′n houtlepel dat dit nie vasbrand nie
Bottel

 

Boeremeisies (appelkose)

(Ingelegde baba appelkose in brandewyn)

Dink net: gesonde, ryp appelkose ingelê in brandewyn en suiker.

Jy het 250 g wit suiker nodig vir elke 500 g appelkose.

Pak die appelkose in lae in ’n inmaakflesse. Gooi suiker oor elke laag.

Vul die flesse op met brandewyn en plaas die deksels net lossies terug.

Vou ’n vadoek op en plaas dit in ’n kastrol.
Plaas die flesse op die vadoek en vul die kastrol met water wat net tot by die nekke van die flesse kom.
Verhit die water stadig tot dit begin kook en laat dit so aanhou tot die brandewyn begin prut. Haal nou die flesse uit.
Gooi die stroop af en syg deur.
Gooi dit terug in die flesse en verseël wanneer die afgekoel het.

 

Om knoffel te skil en te bottel

Doen vir jou liggaam iets goeds vandag, en doen vars knoffel.
As jy ‘n paar huise het, en weet jy gaan nie alles kan opgebruik nie, le dan maar die huisies in.
Neem gesteriliseerde flesse (sit dit skoongewas in ‘n oond wat klaar gebruik is, omgekeer, om vuurwarm, droog te word) en meng ‘n doppie Milton in ‘n koppie water.
Ontvel die knoffel, en gooi in die Milton water. Tel tot 60. Lig dit met ‘n lepel uit, op handdoek papier, om van die water af te gooi, sit in die fles, en bedek die knoffel met olyf olie.
Wanneer jy ‘n knoffelhuisie nodig het, neem ‘n tandestokkie en druk hom in sy ribbes en lig hom uit. Sodoende sal jy nie onnodige bakterie in die olie vrylaat, en gif knoffel brou nie.
Gebruik die olie agterna as marinade, slaaisous, of by enige resep waar olyf olie vereis word.

 

Piekel eiers – ingeleg

14 hardgekookte eiers, afgedop;

4 rooi brandrissies, gehalveer en ontpit;

‘n klein stukkie vars gemmerwortel, gekneus;

1 liter wit asyn;

5ml sout;

10ml peperkorrels.

Plaas eiers met rissies en gemmer in inmaakflesse. Prut asyn vir 10 minute saam met sout en peperkorrels en laat afkoel. Bedek eiers met asynmengsel en verseël onmiddellik. Gebruik ná 4 weke.

 

Kerrie eiers ingeleg

Hierdie is n resep uit my Moeder se resepte boek van 1967!!
24 eiers [so n week oud]
6 uie fyn gekerf [med]
10ml kerriepoeier
1t borrie
1 lt. water
30ml suiker
25ml appelkooskonfyt
35ml asyn[bruin of wit]
25ml mielieblom[ maziena]
15ml blatjang
Knippie rooipeper
1t sout

Ek sal so 20ml Sweet-Chilli sous byvoeg
METODE:
Kook jou eiers hard en dop dit mooi af, plaas dit in n bak met n deksel op en maak gou jou sousie. Kook jou uie,kerrie,borrie en 500ml water tot jou uie sag is en die meeste van die water weggekook het. Meng nou die ander best. met die orige 500ml water en voeg dit by die uiemengsel en kook dit vir so 20min. Gooi jou warm sousmengsel oor jou eiers en laat dit afkoel. Plaas dit dan in die yskas met n deksel op.
BYSKRIF by die resepie !!!Dit is baie lekker ek maak dit baie!!
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Tamatie bladjang

4 kg tamaties in blokkies
1kg uie
5kop suiker
400ml asyn
Kook alles saam tot sag.
Meng die volgende:
¾ kop asyn
½ kop water
3 eetl mostertpoeier
2 ½ teel sout
2 eetl Kerrie
4 eetl maizena
1 ½ teel borrie
Metode:
Kook vir ongeveer 15min, roer gedurig en voeg by eerste mengsel. Kook goed deur en bottel warm. Kan koud of warm bedien word saam met braaivleis, op pap of net waarby jy wil, dit is ‘n heerlike sous om altyd in jou yskas te he

 

Tamatie lekkerte

Tamatiemengsel
4kg geskilde tamaties
1kg gekapte uie
3kop suiker
2kop asyn
2 gekapte “greenpeppers”
Kook saam ± 1uur
Meng en voeg by:
2eetl mosterdpoeier
2eetl Kerrie
2eetl sout
2eetl maizena(hoogvol)
2eetl koekmeel (hoogvol)
1kop asyn
Kook goed deur. Skep in bottels.

 

Italiaanse tamatie sous

2kg tamaties
2 knoffelhuisies
15 ml sout
500 ml asyn
1 kg uie
2 rooi peppers
300 g suiker

1. Sny skil af  van tamaties – sny alles op en  gooi in pot. Voeg sout en asyn by en kook tot sag.
2. Blend met handblender en voer deur sif.
3. Gooi suiker by en kook tot duk.
4. Gooi in bottels en seel.

Dis vir baie  lekker as mens n bietjie origanum (vars) saam blend .

 

Groentamatie bladjang

‎3 kg groen tamaties
125 ml sout
1½ kg fyngekapte uie
750 ml suiker
1,8 liter asyn

Verwyder ogies van tamaties, sny in blokkies, sprinkel sout oor en laat staan oornag. Dreineer oortollige vloeistof. Roer gekapte uie, suiker en asyn by. Kook vir 1 uur sonder deksel

Bottel

 

Groentamatie bladjang

Plaasing:  KleinKombuis

Sny 1kg groen tamaties in kwarte, en gooi in ‘n pot. Neem 500g groen appels, sny ook in kwarte, en verwyder die stronk. Moet dit nie afskil nie.

Sny 2 medium uie op, gooi in die pot, draai ‘n vlammetjie onder sy bodem oop, en laat dit stadig warm word.

Gooi verder in die pot: 4 koppies mout (malt) asyn, of appel asyn. 1 3/4 koppies bruin suiker, 1 koppie goue sultanas, 1 1/2 teelepels mostertpoeier, 1 teelepel gemaalde kaneel, 1/4 teelepel gemaalde naeltjies, 1/4 teelepel cayenne peper en ‘n skeutjie sout.

Prut die inhoud vir 90 minute sonder deksel. Roer gedurig. Die blatjang sal begin verdik.

Proe die suikergehalte en gooi in gesteriliseerde flesse. Draai styf toe, laat omgekeer afkoel, plak pronkerige strokies met datum en naam op, en stal uit vir almal om te sien!

 

Tamatie bladjang

2kg baie ryp tamaties geskil
1kg uie grof gekap
3&4 knoffelhuisies gekap
300 g karemelsuiker
250 ml sonneblomolie
250 ml WIT ASYN
250ml bruin asyn
50ml fyn appelkooskonfyt
15 ml gemaalde gemmer
12.5ml sout
7 ml mosterd poeier<geel blik>
5 ml rissiepeper
Kook alles stadig saam tot suiker gesmelt is kook dit dan vir n halfuur vinnig roer gereeld. Prut mengsel tot dik en roer gereeld. (ek gooi 2t van die pikkelspys wat effe fyn gedruk is ) Bottel Laat staan eers vir tenminste een week voor jy begin gebruik

 

Tamatiekonfyt

Gooi tamaties in kookwater – haal uit en trek skil af – Weeg nou jou tamaties – vir elke 1 kg tamaties, 1kg suiker Gooi die tamaties onder in jou pot – druk sommer so met jou hand die tamaties fyn – gooi nou die suiker bo-oor Laat staan so ‘n rukkie dat die suiker begin smelt – Ek sit my stoof so op 1 sodat dit net effe hitte gee van onder af Roer gereeld- pasop net dat jou suiker nie brand nie – gooi nou ‘n gekapte gemmer wortel in – Laat kook vir omtrent 2 ure vinnig – gooi so 3 eetl suurlemoensap by –
Toets jou stroop in die yskas om te sien of jou stroop reg is. Om te toets, gooi bietjie stroop in piering en sit in die yskas- laat staan paar minute – as jy dit uithaal en jy draai die bordjie skuins, moet dit soos ‘n traanderuppel stadig afloop, indien dit soos water afloop, kook verder.
Hou jou konfyt dop, tamatiekonftyt brand maklik en jy kan dit ook maklik te lank kook en dan is dit taai – indien dit te taai is, gooi nog water by en kook weer vir ‘n rukkie.

Bottel warm

 

Kerriekool

 

1 kg kool gekerf

2 uie, in ringe gesny

375 ml hoenderaftreksel

2 knoffelhuisies, fyngedruk

250 ml asyn

¼ koppie suiker

5 ml sout

5-10 ml kerriepoeier

knippie rooipeper

2 teelepels heel swart peperkorrels

15 ml mielieblom gemeng met bietjie water

Plaas die kool, uie, hoenderaftreksel en knoffel in ‘n middelmatige

swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder die deksel

vinnig kook tot net gaar.

Meng die asyn, suiker, sout, kerrie, swart peperkorrels en rooipeper.

Voeg by die kool en laat net opkook.

Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind.

Laat afkoel en bottel.

 

Kerriekool

Rencia Odendaal Pretorius

2 kg kool (gekerf)

1 kg uie (gesny)

Bring die volgende tot kookpunt:

2 ½ kop asyn

3 kop suiker

3eetl maizina

1eetl sout

2 eetl Kerrie

Kook die kool en uie net vir paar minute – dit moet sag wees, nie pap nie.

Gooi kokende asynmengsel bo-oor en kook net vinnig deur.

Bottel warm

 

Kool atjar

2 kg kool, fyn gekerf
1 kg uie, fyn gekerf
½ kg wortels, in repies gesny
½ kg bone, fyn gekerf
2 eetl kerrie poeier
1 eetl borrie
4 eetl mielieblom
3 kop suiker
3 kop asyn
2 dessertlepel sout

Kook groente 1½ kop water tot sag maar nie pap.
Water deeglik af.
Kook sous apart tot dik.
Gooi oor groente en laat deur kook.
Bottel.

 

Soet kool met pickling spices

16 koppies gekapte kool
3 kop gekapte ui
4 kop suiker
125 ml sout
3 kop asyn
375 ml water
1 Eetl pickling spice
Metode:
Meng kool, uie en sout. Los oornag, dreineer en spoel een keer . Meng suiker,asyn en water. Knoop piekel spice in doek toe en voeg by kool. Bring tot kookpunt en kook dan stadig vir 5.min.
Verwyder piekel sakkie en vul flesse.
Opsioneel -Jy kan gerasperde wortel bysit of groen en rooipeper vir kleur.

 

Tamatie en kerrie kool

1 en 1/2 kg gekerfde kool
1/2 kg gekerfde uie
4 wortels gerasper
Metode:
Gooi alles in kastrol en kook vir 10min
Dreineer goed en gooi Skoon water op en kook tot sag. Dreineer en maak jou sous
Sous:
4 k asyn
3 k suiker
150ml appelkooskonfyt
125ml Sweet-chilli sous
2 blikkie of pakkie Tamatie Pasta
1 k water
2t natige kerrie [of sterk]
1 en 1/2t borrie
1t fyn koljander 2t sout
2t fyn gemmer
125ml Mielieblom[ Maziena]
Metode;
Kook alles vir so 3min. Gooi die gedreineerde koolmengsel by en kook 5min. Maak jou mielieblom aan met n bietjie water en gooi by tot die regte dikte en kook tot gaar. Bottel warm

 

Sandwichspread

1 Engelse komkommer fyn gekap of gerasper
1 ui fyn gekap
2-4 geelwortels fyn gerasper
1-2 groen soetrissies fyn gekap
1-2 rooi soetrissies fyn gekap
750 ml wit druiwe asyn
500 ml mayonaise
METODE:
Meng al die groente in ‘n mengbak, giet die asyn oor en laat 24 uur staan. Dreineer goed. Druk al die vloeistof uit, men…g die groente
met net genoeg mayonaise tot dit smeerbaar en goed gemeng is. Skep in skoon
flesse en maak dig toe en bere in yskas

 

Ingelegde perskes

Groot perskes halveer en ontpit
Klein perskes kan heel gehou word
Skil dun af
Matige Stroop
200g suiker
500ml water
Kook dit tot n matige stroop
METODE:
Kook perskes in water tot sag
Dreineer goed en kook verder in stroop vir so 5-10 min
Pak vlesse lekker vol en gooi stroop oor tot oorlopens
Verwyder al die lugblasies en Verseel dadelik
N.S..2-3 pitte in stroop gekook smaak lekker haal net uit voor bottel

 

Perske bladjang

500g geelperskes

2 uie, gekap

10ml sout

3ml koljanderkorrels

2ml piment-of –wonderpeperkorrels

2ml peperkorrels

5ml matige kerriepoeier

1ml sout

250ml wit asyn

12.5ml mielieblom

25ml koue water

100ml kookwater

100ml suiker

Spoel perskes af om hare te verwyder. Halveer en snipper in dun skyfies. Bedek perskesnippers en gekapte uie met water waarby 10 ml sout gevoeg is. Laat staan vir  ‘n uur. Kook vir 20 – 30 minute in ‘n kastrol, nadat 100ml kookwater bygevoeg is. Kook intussen speserye, sout en asyn vir 3 minute in ‘n ander kleiner kastrol. Voeg asynmengsel by gaar perskemengsel. Meng mielieblom en koue water tot glad.  Roer kookwater en suiker by mielieblommengsel. Kook vir ongeveer 5 minute of totdat sous verdik. Skep blatjang in warm, skoon, glasbottels en verseël.  Bêre op ‘n koel donker plek.

 

Mikrogolf perskebladjang

5 groot geel taaipitperskes
1 middelslag ui
3 selderystingels
1 knoets vars gemmerwortel
1 knoffelhuisie
220g wit suiker
180ml siderasyn
150g pitlose rosyne
2ml kerriepoeier
1ml kaneel
1ml gemaalde naeltjies
30g amandelsplinters
Halveer en ontpit die perskes. Skil die ui, sny dit in kwarte op. Sny die seldery in stukke op en skil die gemmerwortel en knoffel. Maal dit alles grof en vermeng dit in ‘n groot mikrogolfvaste bak met die res van die bestandele buiten die amandels. Bedek die bak en mikrogolf die mengsel teen 100% krag totdat die meeste van die vloeistof afgedamp is, roer dit gereeld tydens die kookproses wat 45-60min kan duur. Roer die amandels by wanneer die blatjang dik genoeg is. Bottel dit warm en verseël dadelik

 

Perske bladjang

Rencia Odendaal Pretorius

2.5kg geelperskes (ontpit en in blokkies gesnipper)

2.25kg uie (gekerf)

1 eetl Kerriepoeier

1 tl gemmer

25ml sout

1 tl naeltjies – heel

1 tl borrie

4 ½  kop wit asyn

750 gr suiker

10 ml koljander

5ml crushed droe chillies van Robertsons (opsioneel) gee lekker brand smakie

Plaas speserye in asyn en bring tot kookpunt

Voeg by suiker,sout kerrie en borrie en kook tot alles gesmelt is

Gooi perskes en uie by

Kook op vinnige hitte vir 20 min

Bottel kokend

Onthou om die naeltjies uit te haal.

 

 Mikrogolf geelperskes (kan ook gebruik vir appelkose)

(Maak 2 x 500 ml flesse vol)
1kg appelkose
20 ml suurlemoensap
1 kg suiker
Was, halveer en ontpit. Plaas in groot glasbak, sprinkel sap oor en mikrogolf vir 8 minute op 100% krag.
Voeg suiker by en roer tot opgelos. Mikrogolf weer op 100% krag vir 20 – 30 min of tot geset (Myne – 30 min). Roer gereeld met houtlepel.
Bottel.

Kan ook geelperskes gebruik.
Jou konfyt gn lyk soos ware skou-konfyt!

 

Geelperkse konfyt

2.5kg geelperskes
750ml water
7x250ml suiker
5ml wynsteensuur

Ontpit en skil die perskes. Snipper dit. Plaas perskes in ‘n kastrol en voeg die water by. Kook die snippers ongeveer 10 minute lank totdat dit sag is. Roer die suiker en wynsteensuur by totdat die suiker heeltemal opgelos is. Stel die plaat op en kook die konfyt oor matige hitte totdat dit soos dik lawa lyk. Toets of stolpunt bereik is. Skep in warm, droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik.

 

Ingelegde Kerrie perskes met peperkorrels

‎2.5kg gesnipperde perskes,

1.25kg gesnipperde uie,

1.25kg wit suiker,

50g Mosterd poeier,

50g Kerrie poeier,

1 bottel wit asyn.

Kook uie en ¼  bottel asyn saam sonder ‘n deksel tot die asyn weggekook het.

Voeg perskes, suiker, ½ bottle  asyn en 1 tl sout by uie en kook dit met ‘n deksel vir 30 tot 45 minute. Meng res van asyn, mosterd en kerrie. Haal deksel af en voeg kerrie mengsel by. Kook 15minute met deksel. ‘n eetlepel peperkorrels (verkieslik gemengde) kan ook nou bygevoeg word. Opsioneel klein rooi en geel rissies.

Bottel warm. Indien jy sien die sous is bietjie loperig, verdik met bietjie maizina .

 

Geelperske atjar

Bestanddele
1½ kg Geelperskes
750 ml Asyn
250 ml Suiker
10 ml Gemengde Speserye
4 Groot Uie
12,5 ml Kerrie
12,5 ml Borrie
12,5 ml Sout
10 ml Mielieblom

Metode
Skil perskes, ontpit en sny in skywe. Skil uie en kap grof. Plaas geelperskes in ‘n pot.
Meng al die droë bestanddele en maak aan met asyn. Gooi asyn mengsel in die pot en kook vir 1½ uur lank. Roer gereeld. Laat afkoel. Bottel en bêre.

Wenk
Laat die atjar vir sowat twee weke staan voor gebruik. Die perskes kan vervang word met droë vrugte soos bv. sultanas. Of droë vrugte kan ook gemeng word. Heerlik as slaai, bykos of marinade.

 

Heel gepiekelde perskes – kan ook gesnyde perskes wees – verkort net kooktyd

2kg meduim taaipitperskes , geskil

heel naeltjies

500ml asyn

250ml water

450g suiker

3 heel kaneelstokkies

3 stukke steranys

Plaas 2 naeltjies in elke perske. Plaas onmiddelik in ligte sout en asyn water. Kook 3 minute in KOOKwater. Pak in gesteriliseerde flesse, sodra stroop gereed is.

Stroop:

Verhit die asyn, water en suiker saam, roer totdat suiker gesmelt is. Laat 5 minute lank kook. Plaas kaneelstok asook steranys saam met perskes in elke fles en gooi kokende stroop tot by die rand van die fles. Perskes moet heeltemal bedek wees. Verseël.. Bedien saam met vleis.

 

Aarbei konfyt

Soek net die ferm helderrooi aarbeie uit vir hierdie konfyt.
Weeg die aarbeie af en gebruik vir elke 500g aarbeie 350g wit suiker en 15ml suurlemoensap. Plaas die aarbeie en suiker in afwisselende lae in ‘n kastrol en sprinkel die suurlemoensap oor die suikerlae. Moenie water byvoeg nie. Laat oornag stroop vorm.Verhit die volgende dag baie stadig oor lae hitte tot kookpunt en roer dit versigtig aan die begin om nie die aarbeie te breek nie, maar seker te maak al die suiker is opgelos. Kook die konfyt oor matige hitte totdat die stroop effens jellierig is. Toets of die konfyt dik genoeg is deur ‘n bietjie van die stroop op ‘n ysblokie of yskoue piering afte koel en dit met die vinger te stoot. Daar moet rimpels op die oppervlak vorm. As die stroop nie wil jel nie, voeg ‘n gerasperde vars suurappel by elke 500g aarbeie wat gebruik is, laat dit ‘n rukkie kook en toets weer. Skuim die konfyt af, indien nodig voordat dit gebottel en verseel word. Om seker te maak dat die aarbeie nie bo in die bottel dryf nie laat die konfyt eers 10 – 15 min afkoel voordat dit gebottel en verseel word

 

Aarbei bladjang (Vrouekeur)

60ml rooiwynasyn

60ml balsemieke asyn

125ml bruinsuiker

250g aarbeie, in blokkies gesny.
METODE:

Meng die 2 asyne en bruinsuiker in ‘n kastrol. Roer oor lae hitte tot suiker opgelos is. Voeg die aarbeie by, kook vir 5 minute en laat afkoel. Bottel

 

Moerbei konfyt

Hierdie resep kan ook vir brame gevolg word. (Lewer 3 x 400 ml flesse)
1kg moerbeie, stingels uitgebreek
800g (4 x 250ml (4 koppies) suiker )
125 ml (‘n halwe koppie) kookwater
25 ml (2 eetlepels) suurlemoensap
‘n knippie sout
1. Was die bessies goed af onder sagte, lopende kraanwater. Druk die vruggies effens fyn met ‘n aartappeldrukker en skep in ‘n groot, mengbak of plastiekmikrogolfbak. Voeg die suiker by, roer deur, bedek met kleefplastiek en plaas oornag in die koelkas.
2. Verwyder uit die koelkas en verwyder die kleefplastiek. Voeg die kookwater by en roer totdat al die suiker opgelos is. Roer die sap en sout by.
3. Mikrogolf 30 minute lank by 100 persent krag en roer deur. Die konfyt behoort nog nie dik genoeg te wees nie. Mikrogolf nou weer 10 minute by 100 persent krag en toets vir dikte. Indien die konfyt nog nie dik genoeg is nie, moet dit nog elke keer in siklusse van vyf minute by 100 persent krag gemikrogolf word totdat die verlangde dikte verky is. Skep die warm konfyt in warm, gesteriliseede flesse en verseël onmiddellik.

 

Maketaan konfyt (fyn)

(Hierdie konfyt is ook in die volksmond onder ‘n ander naam bekend. Maar die landswette verbied my om die konfyt op hulle regte naam te noem.)
Bestanddele
500 g Waatlemoen
750 g Suiker

Metode:
Vir elke 500 g Waatlemoen gebruik 750 g suiker. Sny die wartlemoen in klein stukkies. Gooi suiker daaroor. Laat oornag staan. Nou kan u ‘n bietjie wynsteensuur, gemmer en kaneel oor. Kook en roer tot die stroop dik word. bottel

Maketaan konfyt (fyn)

3 kg makataan geskil en in klein blokkies gesny
2 kg suiker
vir elke 9 kg makataan 1 groot pynappel

Metode:
Gooi suiker oor die makataan en laat smelt stadig. Skil die pynappel en rasper grof, gooi by die makataanmengsel. Laat kook vinnig tot die stroop redelik dik is (omtrent 1 uur) Bottel
Hierdie reseppies van WEOV

Waatlemoek konfyt (stukke)
Skil en sny waatlemoen in mooi stukke. Prik met n vurk en laat oornag in n mengsel van gebluste kalk en water le Plaas n piering bo-op om die skille onder te hou.[ 25ml gebluste kalk op 5lt.water]
Dreineer die volgende dag en spoel mooi skoon af.
Kook n groot kastrol met water en plaas jou stukke daarin en kook tot sag maar nie pap nie Dreineer goed en maak droog kook jou stroop.

Stroop:
1kg waatlemoen stukke
2 ½ lt water
1 ½  kg suiker
20ml suurlemoensap
Paar stukke gedroogde of vars gemmer
Kook jou stroop en roer tot al die suiker opgelos is en helder is.=5min.
Plaas jou blokkies versigtig in die kokende stroop en kook tot die stroop dik is en die stukkies mooi deurskynendis Pak in bottels , gooi sous bo-oor en verseel dadelik

 

Druiwekonfyt

Bestanddele
375 g Suiker
500 g Druiwe
Metode
Was die druiwekorrels en verwyder die pitte indien verkies.
Weeg die vrugte.
Gebruik 375 g Suiker vir elke 500 g Druiwe.
Sit die vrugte en suiker in lae in die kastrol.
Laat dit eenkant op die stoof staan tot die sap van die druiwe gedeeltelik uitgetrek het.
Verhit die mengsel stadig en roer af en toe tot al die suiker opgelos is.
Die mengsel mag nie kook voordat al die suiker gesmelt is nie.
Kook nou vinnig tot al die helder en deurskynend is en die stroop dik is.
Sorg net dat die mengsel nie aanbrand nie, trek ‘n lepel oor die boom van die pot.
Toets die konfyt na sowat 30 minute om te sien of dik dik is.
As dit nie lekker dik is nie toets weer elke 15 minute.
Bottel die konfyt terwyl warm.

Om die pitte uit te kry gooi 1eetl asyn in terwyl die konfyt nog kook Die pitte sal bo dryf

 

 Lemoen konfyt

Was die lemoene goed af en skil of rasper baie dun af.

Sny dan elke lemoen middledeur en haal die pitte uit, sonder om die husies te veel to beskadig. Hou altyd die lemoene teen die lig want dan is die pitte mooi sigbaar.

Nadat die pitte uitgehaal is, weeg die lemoene en sit hulle in water. Laat die lemoene oornag so bly.

Gooi die water die volgende more af en plaas die lemoene in skoon water.

Herhaal die uitvarsing van die lemoene vir sewe dae. Na die sewende dag, sit die lemoene in ‘n kastrol met genoeg water om dit te dek.

Kook totdat ‘n mens ‘n vuurhoudjie maklik in die lemoene kan insteek. Haal dan van die stoof af.

Maak nou die stroop.

Neem 1kg  suiker vir elke 1 kg lemoene ek gooi ‘n klompie water op. Laat dit dan stadig smelt en moenie te veel daarin roer nie.

Laat dan kook totdat die stroop ‘n duidelik draadjie trek.

Sit nou die lemoene in en kook totdat alles mooi dik is en deurgekook is (soos waatlemoenkonfyt).

 

Lemoenmarmelade

Gebruik lemoene aan die begin van die seisoen vir hoë pektiengehalte)
Sny 8 lemoene in baie dun snippers sonder om te skil
Haal die pitte uit.
Meet nou 3 koppies water vir 1 koppie snippers. Laat oornag staan.
Kook die volgende dag baie goed tot papsag. Laat weer oornag staan.
Weeg nou af 500g suiker vir 500g pulp. Voeg die sap van 3 suurlemoene by.
Kook vinnig en roer baie. As die marmalade soos lawa begin kook is dit reg.
Laat die mengsel bietjie afkoel voordat dit in gesteriliseerde bottles gegooi word, anders styg die snippers op in die fles.

 

4 Sitrus marmelade

1 lemoen
1 pomelo
1 suurlemoen
2 nartjies
4 en 1/2 liter water

1 pynappel
5 kg suiker.

Metode:
Sny nog ‘n loemoenindien nodig by om dit 1 ½ kg vrugte te maak. Was vrugte en sny in kwart, sny elke kwart in baie dun repies, dunner is beter! Gooi die snippers en die water in ‘n kastrol. Laat staan oornag. Kook die volgende oggend in dieselfde water totdat vrugte sag is. Onveer 1/2 uur.
Sny pynappel in skywe, verwyder die stronke en sny die res in baie klein stukkies. Skep die pulp van ongeveer 6 grenadellas uit en voeg die pynappel, grenadellamoes (die grenadella en pynappelstukkies moet ongeveer 1/2 kg weeg) en die suiker by die lemoensnippers in die water. Kook op ‘n vinnige plaat vir ongeveer 1 uur. Skep gereeld die skuim af. Toets vir jellie vorming deur bietjie van die stroop in koue water in ‘n piering te skep. Wanneer dit jellie begin vorm kook stadiger. Die jellie is dik genoeg as dit plooie vorm wanneer daar liggies met die vinger aan gestoot word. Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseel.

 

Suurlemoen marmelade

Was 5 groot  suurlemoene af en snipper in stukkies of skywe

Gooi 5 liter water by dit en laat staan vir  24 uur

Kook volgende dag vinnig tot sag (ongeveer 30 minute)

Laat staan weer vir 24 uur in water

Dreineer die water af. Die moes moet agterbly

Weeg nou af:

500 gr suiker vir elke 500 gram suurlemoen moes

Sny 2 appels middeldeur en voeg by – dis vir die pektien

Kook vir 1uur met deksel toe…. Sit stoof af en laat staan vir 6 ure

Haal deksel af en kook sonder deksel tot jellie reg gevorm het- Doen die yskastoets met jou stroop om te sien of dit reg is.

Bottel warm in gesterliseerde bottles.

 

Gepiekelde suurlemoene

Lewer 2  x 2L flesse
8 ryp suurlemoene, goed gewas
125-200ml growwe sout
Sowat 300ml vars suurlemoensap
1. Skep 15ml van die sout in elke, warm gesteriliseerde fles
2. Sny die gewaste suurlemoene eers in die helfde en dan in kwarte tot 1cm van die groeipunt af – nie dwarsdeur nie. Verwyder die pitte.
3. Trek die suurlemoene effens oop en sprinkel die binnekante mildelik met sout.
4. Pak die suurlemoene in die flesse en sprinkel nog sout tussen die vrugte.
5. Vul die flesse met die vars suurlemoensap en skep nog ‘n paar lepels sout bo-op. Druk die suurlemoene af sodat van die sap tot bo kan kom.
6. Verseël en bêre op ‘n donker plek. Keer elke paar dae om.
7. Plaas die flesse na vier weke in die yskas. Na 6 weke behoort dit perfek te wees. Dit sal tot 8 maande goed in die yskas hou.

 

Marmelade (suurlemoen of lemoen)

Geskryf deur: Neels de Ronde

Sit ‘n aantal lemoene/suurlemoene deur ‘n versapper, skil en al maar sonder pitte.
Weeg 1 kg van hierdie mengsel, die sap, skil, ens. en gooi in pot.
Voeg 750 g suiker by en kook.
Skep skuim af.
Kook totdat mengsel dik genoeg is.
Skep in gesteriliseerde glasbottels.
Opsioneel: Meng 1 koppie sjerrie by mengsel net voordat dit gebottel word.
Variasie: Lemoene kan met suurlemoene vervang word of ‘n mengsel van die twee.
Advies: Hoe meer wit van die skil in die mengsel is, hoe bitterder is die eindresultaat.

 

Suurlemoenstroop

12 suurlemoene (so 750ml) skil van 2/4 suurlemoene gerasper

2.5 kg suiker

2 liter water

1 pakkie van elk: citric acid, tartaric acid, engelse sout.(12gr in pakkie- Dit is gelykstaande aan 20ml (4 teelepels elk)

Bring tot kookpunt en bottel

 

Lemoen en suurlemoenstroop

8 sappige lemoene

4 sappige suurlemoene

1.5liter kookwater

1.2kg wit suiker

15ml wynsteen of sitroensuur

 Rasper net die oranje en geel buiteskil van die lemoene en suurlemoene dun af. Moet nie die albedo ook rasper nie aangesien dit die stroop bitter sal laat smaak. Druk die sap van die lemoene en suurlemoene uit en voeg dit by die gerasperde skil. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker opgelos is. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5 minute lank. Laat die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en verseël dit.

 

Vye konfyt (mikrogolf)

1 kg ryp vye
50 ml suurlemoensap
1 kg suiker

Metode:
Sit vye en suurlemoensap in ‘n houer en bedek. Mikrogolf vir 15 minute teen 100%. Roer na 7 minute. Voeg suiker by en roer totdat die suiker opgelos is. Mirogolf onbedek vir 35 tot 40 minute. Roer elke nou en dan. Roer konfyt goed deur en skep warm in gesteriliseerde bottels

 

Vyekonfyt (fyn van ryp vye)

Skil vy dun af – of krap net die skil effe af. Sny in stukkies (indien verkies)

Prik goed as jy die vy heel hou, en laat staan oornag in kalkoplossing van 1tl kalk op 4 l water

Spoel volgende oggend af en plaas in kokende stroop

Stroop:

2  kop water vir elke 1 kg suiker en 1kg suiker vir elke 1 kg vrugte

Voeg die sap van een suurlemoen by vir elke 1 kg vrugte (ek gooi sommer so 2 eetl gewone suurlemoensap by

Voeg ¼ tl kremetart by

Voeg ‘n gekneusde gemmer wortel by

Kook  vir ongeveer 2 ure op hoog (vinnig)

Onthou om die skuim aft e skep, – doen die yskas toets om te sien of jou stroop reg is.

Bottel warm.

 

Groenvye konfyt (heel vye van voor vy)

Krap, rasper of skil effe af( baie dun )

Maak snytjie in vorm van kruis aan die blom-ent van elke vy

Weeg vye

Laat le vye oornag in mengsel van kalk (15ml) op 3.4 l water of koeksoda (30ml) op 3.4l water

Spoel vye af en plaas dit in kokende water vir ongeveer 15/20 min tot sag. Bepaal self wanneer vye sag is. Dit hang somtyds af van die hoeveelheid wat jy kook.

Gebruik water vir stroop –

Gebruik 1 op 1 bv 500gr suiker op 500gr vrugte en 375ml water vir elke 250ml suiker

Voeg ‘n paar kruienaaltjies, stukke heel gekneusde gemmer of stukke heel kaneel en 60ml suurlemoensap by vir elke 3kg vrugte.

Kook vir ongeveer 2 ure vinnig tot vrugte helder en stroop dik is.

Maak 1.5l ekstra stroop aan om die bottels aan te vul namate die stroop wegkook.(Die is belangrik want as jy bottel en die stroop is nie genoeg nie, le jou stukke droog in die bottels

 

Ingelegde vye

1 kg vye – heel en ongeskil
3 kop suiker
1 kop water
8 dun skyfies suurlemoen

Spoel vye deeglik af in koue water en laat dan in koue water lê vir 20 minute.
Kook suiker en water saam tot ‘n stroop vorm wat helder is, ongeveer 10 – 15 minute en voeg dan vye en suurlemoen by.
Verhit weer tot kookpunt en laat kook vir 1 minuut, verlaag temperatuur en laat prut vir 30 minute.
Verseël in gesteriliseerde flesse.

Bottel warm.

 

Vye in Port

500ml water

300g wit suiker

15ml heel kruienaeltjies

1 groot suurlemoen

750ml port

1.5kg vye

Verhit die water, suiker en kruienaeltjies stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Prut die stroop 5 minute lank. Skil die suurlemoen dun af en sny die skil in smal repies op. Voeg die skilrepies saam met die port by die stroop. Pak die vye met skil en al in warm inmaakflesse en vul die flesse met stroop.

Bedien met roomys.

 

Chutney resep vir appelkose of geelpruime

3kg appelkose of pruime.

2 en half kg suiker,

3 groot uie gekap

1bottel bruin asyn,

1 kop rosyne

2 teel fyn gemmer

1teel mosterdpoeier

1teel rooipeper

3teel kerriepoeier

2teel borrie

1teel sout

½  teelepel peri-peri (opsioneel)

Ons sit die vrugte in voeselverwerking of jy kan dit maal of fyn kerf voeg alles bymekaar en kook vir 1 uur bottel warm en laat staan vir so 3maande dit is werklik n lekker chutney

 

Pruim bladjang

750ml asyn
5ml gemaalde gemmer
5ml gemengde speserye
5ml fyn kaneel
5ml droë mosterd
2.5ml brandrissie poeier
knypie gemaalde naeltjies
knypie gemaalde neutmuskaat
1.5kg ryp pruime, gewas, gehalveer en ontpit
500g pitlose rosyne
600g appels geksil, ontpit en in stukke gesny
500g suiker
500g wortels, geskil en grof gerasper
30ml sout
2 groot mango’s, geskil, ontpit, gesny in stukke
600g uie, geskil en gekap

Giet die asyn en speserye in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt. Voeg al die oorblywende bestanddele by en roer goed. Bring weer tot kookpunt. Draai die hitte af nadat kookpunt bereik is en kook oor ‘n lae temperatuur vir 2½ uur. Roer gereeld sodat die mengsel nie aanbrand nie. Kook blatjang tot dik. Wanneer jy ‘n lepel deur die mengsel trek en die twee kante stadig na mekaar toe loop is die blatjang reg. Wanneer die blatjang reg is, haal dit van die stoof af en gooi ‘n vadoek oor die pot. Laat oornag afkoel. Skep die volgende dag in botteltjies. Die deksels moet met plastiek uitgevoer wees, sodat die asyn nie met die deksel in aanraking kom nie. Bêre op ‘n droë plek. Vir beste resultate gebruik eers na ‘n maand

 

Pruimkonfyt (mikrogolf)

1 kg pruime
1 kg suiker
30 ml suurlemoensap

Sit ‘n paar pierings in deepfreeze.
Was pruime, sny middeldeur en haal pitte uit.
Plaas in groot glasbak en sprinkel sap oor.
Mikrogolf vir 8 minute of tot sag.
Voeg suiker by en roer deur tot op gelos.
Mikrogolf by volle krag vir 20 – 30 minute en roer geereeld.
Toets na 20 minute deur ‘n bietjie stroop op koue piering te sit en laat koud word. Druk met jou vinger aan die stroop en as dit so rimpel is die konfyt reg.
Indien nie mikrogolf weer vir ‘n minuut en toets todat dit rimpel.
Laat bietjie afkoel en en skep in gesteriliseerde bottels.

 

 Pruim konfyt

1kg vrugte (ontpit, gekap of fyngemaak soos jy verkies)
1kg suiker
2 e suurlemoensap
2 t botter

Sit die vrugte bedek vir 5 min in die mikrogolf op 100%
Haal uit en hou eenkant
Verhit die suiker vir 6 min in die mikrogolf ook op 100%
Meng suiker en vrugte en meng sap en botter goed deur
Mikrogolf vir verder 25 min op 10 terwyl elke 10 min geroer word
Dit lyk baie dun, maar dis reg, dit word lekker dik in die bottels.
Bottel

 

Koejawels in suikerstroop

15 ryp koejawels – geskil en deurgesny

5 1/2 koppies suiker

1 liter water

12 naeltjies

1 kaneelstok

In ʼn groot pot maak jy alles stadig warm terwyl jy dit roer met n houtlepel totdat die stroop kook en die suiker gesmelt is, laat dit stadig prut totdat die stroop begin dik raak en op die agterkant van ʼn lepel bly klou

Gooi die koejawels in die stroop en prut saggies tot die koejawels net sag is, moet dit nie pap kook nie. trek die pot van die stoof en laat die koejawels afkook in die stroop

Jy kan dit warm, warm in flesse inlê of jy kan dit in die yskas laat staan vir tot 3 weke

As jy inlê sorg dat jou bottels gesteriliseerd is – pak jou vrugte dan met ‘n lepel in warm bottels, gooi die warm stroop oor, skud om borrels uit te haal, seel die bottels, sit in ‘n kastrol met kookwater wat oor die bottels se koppe strek en kook vir 15 minute – daarna kan hulle spens toe tot jou lus jou weer kom kry en jy ‘n bottel oepmaak

As jy gril vir die pitte kan jy dit uitskep voor jy dit kook, en die koejawels in die middel deursny.

 

Ingelegde Pere

Skil jou pere, halveer en verwyder die klokhuisie.
Kook saam 4k suiker vir elke 3 k water.
Sodra dit kook, gooi die pere in en kook tot pere amper sag is.
bottel en bere

Kersies ingeleg

500g vars kersies
Gerasperde skil van ’n klein lemoen
1 koppie suiker
Genoeg brandewyn om die vrugte te bedek

Ontpit die kersies as jy wil.
Was en dreineer die kersies en prik elkeen sowat ses keer met ’n steriele naald.
Pak die kersies en repies varsgerasperde lemoenskil in een groot of 2 middelslag gesteriliseerde flesse tot so 2cm of 3cm
van die fles se bek.
Gooi die suiker oor en bedek met brandewyn.
Maak die flesse dig toe.
Bêre minstens 6 weke voor gebruik.
Dop die flesse daagliks om en draai hulle regop om die suiker te laat oplos.
Op ’n koel, droë rak sal dit minstens ’n jaar hou.
Dien op met roomys of gebruik die gedreineerde kersies as nagereg en die vloeistof as likeur ná ete.

Rita Möller Partykeer is die brandewyn te sterk en “bitter”. Wat ek doen is om die kersies in ‘n plastieksakkie met suiker te skud sodat die suiker aan die kersies vassit. Plaas die “suiker” kersies in bottels en gooi die brandewyn bo-oor. Seel en laat staan totdat di suiker opgelos is voordat dit gebruik word. Die brandewyn-sous kan weer gebruik word vir skemerkelkie meng drankies of as sous vir poedings.

 

Kersie bladjang

1.2kg Kersies
375g sultanas
125ml asyn
160ml suiker
5ml wonderpeper[Allspice]
2ml fyn gemmer
125ml Sweet Chilli sous
METODE:
Ontpit kersies
Verhit stadig saam met al die ander best. tot die suiker opgelos is Kook vir 5min. vinnig en laat dan prut tot jou mengsel lekker dik is. Bottel dit warm en verseel wanneer dit koud is..
Baie lekker veral saam met koue vleise of braaivleis.

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Ingemaakte Kersies

SOETKERSIES
Prik dit met ‘n stopnaald of peuselstokkie. Of maak ‘n snytjie waar die stingel was en krap die pit uit. Pak die kersies styf maar sonder om dit te verdruk in warm inmaakflesse en bedek dit met kokende stroop gekook van 200g witsuiker vir elke 750ml water.
SUURKERSIES
Halveer en ontpit dit, vang terselfdertyd die sap op om by die stroop te voeg. Pak die kersies styf maar sonder om dit te verdruk in warm inmaakflesse en bedek dit met kokende stroop gekook van 200g witsuiker vir elke 500ml water waarby die kersiesap gevoeg is.
ALBEI – Verseel die flesse, maar draai die skroefringe ‘n halwe draai los. Laas dit op ‘n vals boom in ‘n diep kastrol en giet genoeg warm wateer in die kastrol om die flese 5cm diep te bedek. Sit die deksel op, verhit die water tot net onder kokpunt (90°C) en steriliseer dit 20min lank by kamertemperatuur. Lig die flesse uit en draai die skroefringe onmiddelik styf vas.

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

Spererykersies in asyn
500ml wit asyn
400g wit suiker
5ml gekneusde wonderpeperorrels
4 heel kruienaeltjies
2 opgebreekte stokkies pypkaneel
1 liter suurkersies met kort stingeltjies
METODE:
Verhit die asyn, suiker en speserye tot kookpunt en roer dit aan die begin om die suiker te laat oplos. Laat die mengsel ‘n kwartuur lank prut met die deksel op. Laat dit oornag staan. Pak die kersies in gesteriliseerde inmaakflesse tot 1.5cm van die borand van elke fles af. Syg die asynmengsel deur en verhit die filtraat tot kookunt. Bedek die kersies daarmee. Verseel die flesse. Plaas die flesse op ‘n vals boom in ‘n groot kastrol en voeg genoeg warm water by om dit 5cm diep te dedek. Verhit die water tot kookpunt, sit die kastrol se deksel op en laat 10min lank kook. Haal die flesse versigtig uit en laat dit op ‘n gevoude afdroog doek afkoel. Bewaar dit op ‘n koel, dinker plek.

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Kersies in brandewyn

Bestanddele:
500 g kersies, steeltjies verwyder,
1 klein stukkie pypkaneel,
250 g suiker,
125 ml water,
15 ml suurlemoensap
150 ml brandewyn.
Metode:
Was en droog die kersies af. pak in ‘n warm gesteriliseerde glasfles met pypkaneel. Meng die water, suiker en suurlemoensap in ‘n bak.  Mikrogolf 3 minute op volle krag en roer elke minuut. Mikrogolf 4 minute sonder om te roer. Laat effens afkoel en voeg brandewyn by. Giet oor kersies, verseël, plak etikette op en bewaar in ‘n donker plek. Hou minstens een maand voor gebruik. Sit kersies voor saam met ‘n skeppie roomys. Die vloeistof kan ook deurgegiet en as likeur gedrink word.

 

Pynappel en chillie chutney

Ingredients
150ml cider vinegar

150g caster sugar

1 small pineapple , trimmed, peeled and diced

2 small red onions , very finely chopped

2 red chillies , finely chopped (leave the seeds in if you like it hot)

Method

Bring the vinegar and sugar to a simmer in a big pan. Tip in the pineapple for 1-2 mins, then remove from the heat and tip into a serving bowl. When almost cool, stir in the onions and chilli. Cool completely, then chill (for up to 24 hrs) until ready to serve.

 Kerrie pynappel

Kook 2 kg uie (nie te fyn nie) vir ‘n half uur

Dreineer

Voeg nou die volgende bestanddele by

4kg suiker

3 kop wit asyn

2t borrie

1 eetl sout

2t Kerrie

2t gemmer

1 ml rooi peper

3 groot suur pynappels (ek gebruik enige)

1 ½ eetl opgehoopte eetl maizena

Kook 15 min tot dik en bottel warm

 

Pynappelbladjang

2.5kg ryp pynappels
2 groot uie
300g melassesuiker
125ml bruin asyn
15ml goue stroop
7ml kerriepoeier
5ml mostertpoeier
5ml sout
2ml borrie
METODE:
Skil die pynappels en uie en kap dit fyn op. Voeg die res van die bestandele by, verhit tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Prut mengsel tot dik en roer gereeld. Bottel die blatjang warm en verseel dit dadelik

 

Pynappelkonfyt (mikrogolf)

Vermeng 500g gerasperde, geskilde pynappel, 500g wit suiker en 5ml gemmerstroop in ‘n diep mikdrogolfvaste bak. Mikrogof die mengsel ongeveer ‘n kwartier lank by 50% krag tot dik. Roer af en toe. Bottel die konfyt warm, plaas die flesse 5min in ‘n kastrol met warm water sodat die lugblasies kan styg. Haal flesse uit en verseel dit dadelik.

 

Pynappelringe of stukke

Skil die pynappel, sny alle ogies en merke uit. Sny die stronk met ‘n pitboorder uit. Sny die vrugte in ringe of stukke.
Kook stroop vooraf oor matige hitte: 200g wit suiker vir elke 500ml water.
Kook die pynappelringe/stukke 20-30 min lank in matig vinnig in die stroop. Pak dit in die flesse en maak die flesse tot oorlopens toe vol met die stroop. Verwyder die lugblasies indien nodig. Verseel die flesse dadelik.

 

Gaan kyk by die skakels vir nog ingeleg: Kliek net op die skakel/link vir verwysing

https://kreatiewekosidees.com/?s=ingeleg+bottels+sterliseer

https://kreatiewekosidees.com/?s=ingelegde+sampioene (SAMPIOENE)

https://kreatiewekosidees.com/?s=tuisgemaakte+kondensmelk (KONDENSMELK)

https://kreatiewekosidees.com/?s=tuisgemaakte+nutella (NUTELLA)

https://kreatiewekosidees.com/?s=tuisgemaakte+stroop (STROOP)

https://kreatiewekosidees.com/?s=ingelegde+avokadopeer (AVOKADOPEER)

https://kreatiewekosidees.com/?s=ingelegde+kerrievis (KERRIEVIS)

https://kreatiewekosidees.com/?s=peppadews+ingeleg (PEPPADEWS)

https://kreatiewekosidees.com/?s=kaassmeer (KAASSMEER)

 

Peppadews ingeleg (soet)

3 koppies vars peppadews (Stingels en sade verwyder)
1 koppie bruinsuiker
1 koppie kookwater
1 eetlepel heuning
1 teelepel growwe sout
1 koppie wit druiwe asyn
Koljander sade, heel swart peper korrels, heel anys saad, naeltjies

Sit peppadews, water, sout, suiker en heuning in ‘n pot. Kook stadig vir 15 minute. Gooi dan asyn by en kook nog 2 minute. Skep in skoon bottels. Sit halwe teelepel koljander saad, so 10 peper korrels, halwe teelepel anys sade, en 2 naeltjies in elke bottel. Maak seker die peppadews is tot bo toe met stroop. Draai bottels onderstebo tot koud. Bere in yskas tot benodig. Lekker by pizza, kaas broodtjie of kouevleis! “Snip” 10

 

Piesang bladjang

800 gram Ryp Piesangs

400 gram Suiker
2 Groen rissies (fyn gekap)
2 Uie (fyn gekap)
2 Knoffelhuisies (fyn gekap)
250 gram Saltanas
2 ml Sout
10 ml Kerrie Poeier
5 ml Borrie
1 ml Tiemie
Knippie Fyn Naeltjies
750 ml Wit asyn
METODE:
Meng alles goed
Plaas in kastrol en prut vir 1 uur
Plaas in gesterliseerde flesse.

 

Piesang konfyt

875ml Suiker
1 ½ kg Ryp Piesangs (fyn gesny)
2 ml Sout
METODE:
Kook alles saam in kastrol oor baie lae hitte totdat suiker gesmelt is
Roer gereeld
Kook vir omtrent 20 min
Plaas in gesterliseerde flesse.

 

Ingelegde olywe

Jy kan groen of swart olywe geruik vir hierdie resep. ‘n Swart olyf is gewoon ‘n ryp olyf.

Gooi jou olywe op ‘n harde, verkieslik graniet, oppervlak en kneus hulle liggies. ‘n Alternatief is om elkeen met ‘n vurk te prik of 3 snytjies in elkeen te maak. Dit laat die soutwater toe om die olyf te penetreer en so van bitterheid ontslae te raak en dit te bewaar.

Gooi hulle in ‘n emmer skoon soutwater. Gebruik ‘n ½ koppie growwe sout vir elke 2,5 liter water. Vervang die soutwater elke dag. Doen dit vir 12 dae vir groen olywe en 10 dae vir swart olywe. Sorg dat die olywe onder die wateroppervlak bly. Sit sommer ‘n bord bo-op. Na 12 dae behoort die meeste bitterheid uit die olyf te wees. Byt een om te proe.

Nou moet jy dit nog een keer in soutwater laat lê, warm soutwater. Die verhouding is nou 1 koppie sout vir elke 2,5 liter warm water. Los eers die sout op in die water oor hitte. Laat dit dan kook en laat staan om af te koel.

Pak die olywe in flesse en gooi die soutwater oor. Voeg enige kruie of ander geurmiddels by, indien jy dit verlang. Laat ‘n klein spasie bo in elke fles vir ‘n bietjie olyfolie. Dit maak dit moeiliker vir lug om by jou olywe uit te kom. Seël die flesse. Hierdie metode het ‘n raklewe van 12 maande.

Dit is beter om die volgende metode te volg wanneer jy olywe eet:

Gooi die soutwater/ kommersiële mengsel af en vul die fles met skoon water. Laat dit in jou yskas staan vir 24 uur voor jy dit bedien.

 

Olywe ingele

Genooeg olywe om sowat 5 l bottels in totaal vol te maak.
Metode:
Gebruik altyd ‘n emalje, hout of erde houer. Moet onder geen omstandighede Aluminium gebruik nie.
Neem olywe en was hulle.
Plaas hulle in die houer.
Laat die olywe nou vir 36 uur lank in ‘n bytsoda oplossing van 56 g bytsoda op 4.5 l water week.
Hou olywe heeltyd onder die water oplossing.
Spoel die olywe baie goed af met skoon water.
Laat in skoon water lê vir paar uur, gooi water af en gooi weer skoon water oor.
Na 2 dae toets net die water, dit moet skoon proe en nie alkalies nie.
Sodra skoon is maak ‘n soutoplossing aan van 56 g Sout op 4.5 l water.
Laat die olywe oornag in die oplossing staan.
Gooi sout oplossing af en maak nuwe soutoplossing aan van 110 g sout op 4.5 l water.
Laat die olywe nou vir 2 dae in die oplossing staan.
Gooi weereens die soutoplossing af en maak nou ‘n oplossing aan van 220 g sout op 4.5 l water.
Laat staan die olywe 1 dag in die oplossing.
Maak nou ‘n soutoplossing van 335 g sout op 4.5 l water aan.
Die olywe moet 1 week in die oplossing staan.
Maak nou vir die laaste maal ‘n soutoplossing aan van 390 g Sout op 4.5 l water en hou eenkant.
Neem die olywe en plaas hulle in bottels.
Bedek die olywe met die soutoplossing.
Gooi sowat 1 cm olie oor die olywe.
Seël met glasdeksels.
Metaaldeksels sal roes.

 

Jalepenos ingeleg

Inlê van jalepenos

Jy kan dit net so heel of gesny met klein uitjies inlé

Klein uitjies stoom jy in mikrogolf 5 min dan is dit net sout na smaak

Voeg by: lemoen peper suiker olyf olie en balsamic asyn en jy kry wit balsamic asyn op n half kg uitjies en half kg jalepenos

Die sous: half koppie olyf olie jou asyn. Maak seker dit is genoeg om die jalepenos te bedek Jou sout en lemoen peper en 4 opgehoopte suiker Maak seker dat jou bottels goed seel en die beste is om in jou yskas te bère. Kan tot 3 maande goed bly.

 

Kweper bladjang

500g kwepers in baie fyn stukkies gekap

2 groot uie, gekap

250g pitlose rosyne

2 knoffelhuisies, fyngedruk

15ml fyn koljander

15ml growwe sout

500ml bruin asyn

1 skerp rooi rissie, fyn gekap

15ml fyn gemmer

375ml bruin suiker

Meng al die bestanddele in ‘n groot kastrol. Kook stadig tot mooi dik en donker van kleur -sowat 2 uur lank. Bottel in gesteriliseerde flesse. Bêre op ‘n koel donker plek om ryp te word vir minstens ‘n maand

 

Wortel bladjang

1kg wortels
1kg uir
1kg groenbone
1kg kopkool
1 brandrissie
1kg karamelsuiker
850ml bruinasyn
500ml water
75g gebleikte sultanas
30g kerriepoeier
12.5ml sout
Skil die wortels en uie en rasper dit grof. Snipper die groenbone, kopkool en rissie. Verhit al die bestandele stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat die suiker opgelos is. Prut die mengsel tot sag en dik en roer dit af en toe. Bottel die blatjang warm in voorbereide bottels en verseël dit dadelik.

 

Pampoen bladjang

1kg pampoen geskil, ontpit ,in blokkies gesny

2 groot uie gekap

250g sultanas

1,25 liter asyn

125ml suiker

60g mosterdpoeier

20ml sout

15ml borrie

5ml fyn naeltjies

1ml gemengde speserye.

Plaas pampoen, uie, sultanas en asyn in ‘n kastrol en kook tot sag. Plaas pampoen, uie, tesame met res van die bestanddele in ‘n voedselverwerker of versapper en maak fyn. Indien te styf, voeg bietjie van die asyn waarin die pampoen gekook is, by. Skep in gesteriliseerde bottel en verseël.

 

Appel bladjang

1 kg groen appels

1 groot ui, gerasper

375ml bruinsuiker

375ml asyn

125ml lemoensap

3 brandrissies, fyn gekap

5ml gemaalde gemmer

sout na smaak

3 knoffelhuisies, gekneus

Skil em ontkern appels. Rasper die appels. Meng al die bestanddele goed saam. Laat prut dit ongeveer 40 minute lank totdat die blatjang dik en souserig is. Skep die blatjang in warm gesteriliseerde flesse en maak seker dat daar geen lugblasies vorm nie. Verseël dit. Bewaar die blatjang op ‘n koel droë plek.

 

Suurlemoensmmer / Lemoncurd

3 eiers geklits
Skil en sap van 1 groot suurlemoen
60g Botter
Metode:
Oor n groot bak water (pot met water met glasbak in) klits alles saam
Bottel.

Bere in yskas as oopgemaak is en gebruik binne 1 week

 

Lemoensmeer/lemoncurd

(sowat 300 ml)

140 g (145 ml) strooisuiker

170 ml lemoensap

170 g (185 ml) ongesoute botter, in blokkies gesny

4 eiergele, geklits

2 eiers, geklits

Kwart van ‘n lemoen se skil

fyngerasperde skil (zest) Meng al die bestanddele saam in ‘n kastrol. Verhit oor lae hitte terwyl jy roer. Laat prut vir sowat 15 – 20 minute. Jy moet heeltyd roer. Die mengsel moet dik wees voor jy dit van die hitte verwyder. Bottel onmiddelik

 

Mango bladjang

6 koppies Mango, half groen
1 koppie appel
500 g uie, gekerf
1 eetlepel knoffel
12,5 ml rissies
3 teelepels borrie
1 eetlepel sout
5 eetlepels suiker
2 koppies asyn

Skil die vrugte en sny in netjiese stukkies. Gooi alles saam in kastrol en kook stadig tot sag en bottel warm.

Beesboud/brisket/Beef roast


beef roast

 KNOFFEL BEESBOUD

(Boerekos : Dine van Zyl)

250 g spek

1 kop asyn

Sout

1,5 – 2 kg beesvleis

2 knoffelhuisies, of meer

sout en peper

½  kop meel

kookolie

125 ml warm water

Vir die sous:

1 eetl meel

2 kop water

Eintlik stop jou spek makliker as dit bevrore is. Behandel dit eers en sit dit dan in die vrieskas vir ‘n ruk. Sny die spek in repies van 5 mm dik en 5 cm lank en laat lê dit ‘n uur lank in asyn. Sprinkel nou sout oor en vries die spek.

Sodra die spek bevrore is, kan jy jou beesvleis begin stop. Vat ‘n skerp mes en maak diep snye in die vleis in die rigting waarin die vesels loop. Stamp twee knoffelhuisies fyn, en druk dit saam met die bevrore spekrepies in die gate in die vleis. Vryf die fyn sout oral om die vleis en jy marineer die vleis in ‘n skottel met die orige asyn waarin jy die spek laat lê het. Draai die vleis af en toe om.

Die volgende dag haal jy die vleis uit die asyn en vee dit goed af. Sout en peper die vleis goed en strooi meel oor. Verhit olie, so 5 mm diep, in ‘n swaarboomkastrol. Braai die vleis aan alle kante bruin in die warm olie. Voeg ‘n halfkoppie warm water by, sit die deksel op en verminder die hitte. Nou kan jy maar die vleis los dat dit gaar stoom. Dit sal ongeveer 2,5 uur lank duur. Jy kan die vleis een keer omdraai en teen die einde, wanneer jou vleis gaar is, kan jy die deksel afhaal en die vleis lekker bruin laat braai in die pot.

As jy nou ‘n bietjie sous by die vleis wil maak, dan gaan jy nou so te werk: lig die vleis uit die pot en hou dit warm. As die sous in die pot baie vetterig is, gooi dan die vet af. Roer ‘n bietjie meel in die orige vet en voeg water of water en rooiwyn by. Roer terwyl dit verhit word, sodat daar geen klonte vorm nie – daar het jy nou lekker sous.’

 BEEF ROAST IN DIE SLOW COOKER

1 Kg beesvleis braaistuk

1 koppie beesaftreksel

½ koppie balsamic vinegar

1 eetl wostersous

1 eetl soya sous

1 eetl heuning (of 2 eetl bruinsuiker)

1 na 2 uie gekap

½ tl crushed black pepper

Knoffel vlokkies na smaak

5 ure op hoog of 7 tot 8 ure op laag

Die beesstuk sal so lekker sag wees, dit trek sommer met die vurk uitmekaar.

Maureen Adendorff Van Os

OONDGEBRAAIDE BRISKET

1,5 kg brisket

SOUS

1 groot ui, fyn

2 knoffel, gekap

62,5 olie

250 ml tamatiesous

62,5 ml worcestersous

62,5 ml soyasous.

62,5 ml witasyn of suurlemoensap

125 ml water

25 ml heuning

5 ml mosterdsous

5 ml sout

5 ml mosterdpoeier

Verhit  oond 150 C.

Plaas vleis in gesmeerde oondpan.

Braai ui en knoffel vir 3 min. in olie

Voeg al die sous bestandele by en prut 10-15 minute.

Giet sous oor vleis.

Bedek en bak 2- 2 1/2 uur. Bedruip gereeld met die sous.

Verwyder die deksel of foelie die laaste 30 minute.

Skep vleis uit en roer bietjie kookwater by die sous indien dit te dik is

COCA COLA BRISKET:

Cola in the sauce helps tenderize brisket. Make the brisket the day before and reheat for best flavor.

Ingredients:

1 medium onion, peeled and quartered

1 two-inch piece fresh ginger, peeled

6 large cloves garlic

¼ cup Dijon mustard

½  cup dry red wine

1 to 1 ½  cups Coca-Cola or ginger ale

1 cup ketchup

¼  cup honey

¼  cup cider vinegar

¼ cup soy sauce

½ cup olive oil

¼ teaspoon ground cloves

1 Tablespoon coarsely ground pepper or to taste

1 six- to seven-pound first-cut brisket, rinsed and patted thoroughly dry

Preparation:

Heat oven to 350 degrees F.

Place onion, ginger, garlic, Dijon mustard, red wine, cola, ketchup, honey, cider vinegar, soy sauce, olive oil, cloves, and pepper into a food processor, and process with steel blade until smooth.

Place brisket, fat side up, into a heavy baking pan just large enough to hold it, and pour sauce over it. Cover tightly and bake for 2 hours. Turn brisket over and bake uncovered for one more hour or until fork-tender. Cool, cover brisket and refrigerate overnight in cooking pan.

The next day, transfer brisket to a cutting board, cut off fat and cut with a sharp knife against grain, to desired thickness. Remove any congealed fat from sauce and bring to a boil on top of stove.

Heat oven to 170 C Taste sauce to see if it needs reducing. If so, boil it down for a few minutes or as needed. Return meat to sauce and warm in oven for 20 minutes. Serve warm.

 

PERFECT ROAST BEEF

Jamie Oliver

1.5kg topside of beef

2 medium onions

2 carrots

2 sticks of celery

1 bulb of garlic

a small bunch of fresh thyme, rosemary, bay or sage, or a mixture

olive oil

sea salt and freshly ground black pepper

To prepare your beef:

Take your beef out of the fridge 30 minutes before it goes into the oven

Preheat your oven to 240°C/475°F/ gas 9

There’s no need to peel the vegetables – just give them a wash and roughly chop them

Break the garlic bulb into cloves, leaving them unpeeled

Pile all the veg, garlic and herbs into the middle of a large roasting tray and drizzle with olive oil

Drizzle the beef with olive oil and season well with salt and pepper, rubbing it all over the meat

Place the beef on top of the vegetables

To cook your beef:

Place the roasting tray in the preheated oven

Turn the heat down immediately to 200°C/400°F/gas 6 and cook for 1 hour for medium beef

If you prefer it medium-rare, take it out 5 to 10 minutes earlier

For well done, leave it in for another 10 to 15 minutes

If you’re doing roast potatoes and veggies, this is the time to crack on with them – get them into the oven for the last 45 minutes of cooking

Baste the beef halfway through cooking and if the veg look dry, add a splash of water to the tray to stop them burning

When the beef is cooked to your liking, take the tray out of the oven and transfer the beef to a board to rest for 15 minutes or so

Cover it with a layer of tinfoil and a tea towel and put aside while you make your gravy,

GEBAKTE BEESRIB

http://huisgenoot.com/kos/gebakte-beesrib/

1 kg beesrib (in 5 cm-stukke gesny)
sout en vars gemaalde swartpeper
30 ml blatjang
30 ml Worcestersous
30 ml tamatiesous
40 ml olyfolie
Paar druppels suurlemoensap
4 groot aartappels
50 ml melk
botter
30 ml pietersielie

Voorverhit die oond tot 160 °C en geur die beesvleis met sout en peper en pak in ’n oondbak.

Meng die blatjang, Worcestersous, tamatiesous, olyfolie en paar druppels suurlemoensap en giet bo-oor die beesvleis.

Bedek met foelie en bak 40 minute.

Verwyder die foelie en bak nog sowat 20 minute of tot gaar en bros.

Skil intussen die aartappels, sny in blokkies en kook in soutwater tot sag.

Dreineer en druk fyn met ’n aartappeldrukker.

Roer die melk, botter en pietersielie by en sit voor saam met die beesrib en vars slaai.

GARLIC ROAST BEEF
Ingredients: 

1 to 1 ½  kg roast or eye round, all fat trimmed off

3-4 cloves garlic, cut into thin slivers

olive oil spray

kosher salt, to taste

fresh cracked pepper, to taste

2 tsp dried rosemary

meat thermometer

Directions:

Remove the roast from refrigerator 1 hour before cooking to reach room temperature.Trim all the fat off the meat. Using a sharp knife, pierce meat about 1/2-inch deep and insert slivers of garlic in each hole, pushing all the way in. Lightly spray the meat with olive oil and season generously with salt, pepper and rosemary. Place the thermometer all the way into the center of the meat.

Preheat oven to 180C. When the oven reaches 180C, place the roast in a roasting pan and put in the oven.

Roasuntil the thermometer reads 130° for rare, 140° for medium rare, 150° for medium, and 155-160° for well done. Remove the roast from the oven and let it rest 10-20 minutes before you cut it so that the juices distributed evenly. I personally remove my roast beef from the oven when it is 135° for medium rare. The temperature will rise an additional 5 degrees as it sits.

Adapted: skinnytaste.com

 

Tong/Beestong


 

tong resepte

HOE OM GEPEKELDE BEESTONG GAAR TE MAAK
1 beestong
3 koppies rooiwynasyn
2 knoffelhuisies, gekap
olyfolie
koppie pietersielie, gekap
teelepel basilie, gekap
takkie roosmaryn
peper
sout
Metode:
Plaas dit in n pan met net genoeg water om dit te bedek. Bring dit stadig tot kookpunt en kook vir 45 minute.
Meng bietjie olyfolie met die res van die bestandele.
Wanneer die tong afgekoel is sny jy al die vet af en trek die vel van die tong af.  Maak fyn snytjies oor die hele tong en smeer die kruiemengsel
oor. Bedek en plaas in die yskas vir vier dae.
Verwyder dit uit die yskas omtrent een uur voor jy dit gaan bedien.

tong

Laat jou tong eers effe afkoel en trek dan die vel af.

 

 

Rencia Odendaal Pretorius

BEESTONG MET MOSTERDSOUS

1 kg beestong

1 klein ui

1 klein geelwortel

vars seldery of pietersielietakkies

knippie sout

4 peperkorrels

2 heel naeltjies

Sous:

125 ml suiker

60 ml mosterdpoeier

30 ml koekmeel

250 ml kookwater

250 ml mayonnaise

125 ml witasyn

sap van 1 suurlemoen

vars broodkrummels

Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot

sag. Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in

skywe en pak in ‘n oondvaste bak.

Stel oond op 160°C.

Vir die sous:

Meng die droë bestanddele

saam en voeg die res – buiten die broodkrummels – by. Kook stadig deur oor lae

hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor. Bak

25 – 30 minute.

 

TONG IN APPELKOOSSOUS

2 sout beestonge

Wortelskyfies

1 lourierblaar

1 groot ui in skywe gesny

SOUS:

1 groot blik ingelegde appelkose

190ml bruinsuiker

5ml droë mosterd

125ml wit druiwe asyn

3ml sout

1 blokkie beesboeljon

85ml sultanas

Aromat

15ml meel en water om pasta te vorm.

Laat prut tong vir 1uur lank. Voeg ui lourier blaar en

wortels by en prut vir nog 1 uur. Doop tonge in koue water en trek vel af. Sit

eenkant. Sit appelkose met stroop in pot. Voeg suiker, mosterd, sultanas asyn

en sout by. Verhit en roer aanhoudend.. As dit te soet is voeg 1 boeljonblokkie

by. Voeg meel wat tot pasta gemaak is, by en roer sodat die sous nie vasbrand

nie. Sny tong in skywe en voeg by sous. Verhit dwarsdeur voor opdiening. Bedien

10 tot 12 persone.

 

BEESTONG IN TAMATIE-SAMPIOENSOUS

 1 vars of gepekelde beestong 1 groot ui, fyngekap

30 ml kookolie 1 x 285g heel sampioene

125 ml tamatiesous 125 ml asyn

30 ml suiker 10 ml aangemaakte mosterd

10 ml sout 1 ml peper

As ‘n gepekelde tong gebruik word, moet dit eers ‘n uur lank in koue water uitgevars word.Bedek die tong met vars koue water en kook dit tot sag – sowat 40 minute in ‘n drukkastrol. Laat die tong in die tong-aftreksel afkoel. Trek die vel af en sny die tong in dun skyfies. Plaas die skyfies in lae in ‘n oondvaste skottel van 20 x 20 cm.

Braai die ui in die kookolie tot sag. Voeg die sampioene en hul vloeistof, tamatiesous, asyn, suiker, mosterd, sout en peper by en kook dit sowat 5 – 8 minute oor matige hitte. Gooi die sous oor die tongskyfies.

Bak die tong 30 minute lank by 180ºC. Lewer 6 – 8 porsies.

BEESTONG:

Kook jou tong gaar in water, sout en pickling spices en 25 ml bruinsuiker – Laat koud word trek vel af en sny in dun snye – Sous: 25 ml kookolie , 25ml meel, 50ml mosterdpoeier, 125ml suiker, 2 ml sout, 250ml kookwater, 50ml wit asyn, 250ml mayonaise, sap van 1 suurlemoen, vars wit broodkrummels, Meng olie, meel mosterd suiker sout en kookwater in pot op stoof tot gladde pasta Haal van stoof af – roer asyn mayonaise en suurlemoensap by, Pak nou die tong in lae met ‘n sousie tussen elke lagie. Eindig af met die broodkrummels en bak vir 30 min op 180 grade

 

Deur: Huisgenoot

Deur: Huisgenoot

GEBAKTE MOSTERDTONG

Deur: HUISGENOOT

Hierdie is ’n lesersresep van G.M. Ehlers van Witpoortjie, Johannesburg en dié gereg is al meer as 30 jaar lank in hul familie.

Genoeg vir 6 Mense
Bereiding: 15 minute
gaarmaaktyd: 45 minute

SOUS
30 ml (2 e) olie
60 ml (¼ k) mosterdpoeier
125 ml (½ k) suiker
2 ml (½ t) sout
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) mayonnaise
sap van 1 suurlemoen
125 ml (½ k) wit druiwe-asyn
30 ml (2 e) koekmeel

TONG
2 gaar tonge, vel afgetrek en in skywe gesny (SIEN WENK)
125 ml (½ k) sagte broodkrummels

Voorverhit die oond tot 180 °C.

SOUS Meng die olie, mosterd, suiker en sout saam en klits die kookwater bietjie vir bietjie by. Klits die res van die bestanddele by.
TONG Pak die tongskywe in ’n oondvaste bak en giet die sous oor. Sprinkel die krummels oor en bak 45 minute in die oond tot die sous effens verdik het en die krummels goudbruin is.

WENK

Maak die tong so gaar:

Bedek dit met koue water. Voeg ’n kruiesakkie, 1-2 wortels, 1-2 uie, 1-2 selderystokkies en 1-2 peperkorrels by. Laat kook, verlaag die hitte en kook sowat 3 uur tot sag. Dompel in koue water en verwyder die vel terwyl die tong nog warm is. As jy die tong in die kookvloeistof laat afkoel, proe dit beter.

 

SOET EN SUUR SOUS VIR TONG
250ml Asyn
250ml bruinsuiker
6 gemmerkoekies goed gekrummel
30ml suurlemoensap
125ml [75g] rosyne
2ml kaneel [nie te veel nie]opt.
8 heel naeltjies
1 loulierblaar
1 klein ui in dun skyfies gesny
3ml sout
Swartpeper

Metode:
Meng alles en prut vir so 10min.
Verwyder naeltjies en lourierblaar.

 

 SOUS VIR BEESTONG

1 Koppie water

25 ml Asyn

25 ml Suurlemoensap

25 ml Blatjang

6 tl Bruinsuiker

12,5 ml Koekmeel

5 ml Mosterdpoeier

½ koppie Rosyne

Gerasperde skil van 1 suurlemoen

2 Gemmerkoekies

Metode

Gooi alles behalwe ¼ koppie water en

koekmeelblom in ‘n kastrol en roer

tot opgelos. Wanneer warm verdik met

koekmeelblom en prut stadig tot gaar.

Gooi oor gesnyde tong en bedien.

 

 

KERSFEES VLEISE


KERSFEES VLEISE

christmas 355

TONG:

https://kreatiewekosidees.com/?s=tong

SKAAPBOUD: 

https://kreatiewekosidees.com/?s=skaapboud

LAMSBOUD:

https://kreatiewekosidees.com/?s=Lamsboud

HOENDERPASTEIE:

https://kreatiewekosidees.com/?s=hoender+pastei

HOENDER HEEL:

https://kreatiewekosidees.com/?s=hoender+heel

TURDUCKEN:

https://kreatiewekosidees.com/?s=Turducken

KALKOEN:

https://kreatiewekosidees.com/?s=kalkoen

BEESBOUD/SILVERSIDE /BEEF ROAST:

https://kreatiewekosidees.com/?s=Beesboud

VARKBOUD: GAMMON:

https://kreatiewekosidees.com/?s=varkboud

EEND/DUCK

https://kreatiewekosidees.com/?s=eend

MOSTERDSOUS VIR JOU KOUE VLEISE:

https://kreatiewekosidees.com/?s=mosterdsous

 

Wors / Boerewors geregte


wors kasserol
MACARONI EN BOEREWORS SKOTTEL: [OUMA BEER SE EIE RESEP]

½ – 1kg boerewors, afhangende hoeveel persone eet, sny in happie grote stukkies
250g pakkie gemengde gevriesde groente
1 – 2 uie fyn gekerf
1 blikkie Mild en spicy Chakalaka [gebruik enige ander chakalaka as jy nie hou van effens brand nie]
2 blikkies water, gebruik die chakalakablikkie
500g macaroni
1 kop elke gerasperde cheddar en parmasaankaas
1 groen en geel of rooi soet pepper, in repies gesny
50ml chutney
30ml tamatiesous
1e suiker
Sout en peper na smaak
Maizina en bisto om sous dikker te maak [meng die 2 met bietjie water tot pasta en voeg by]
Olyfolie vir braai
SO MAAK JY:
Braai uie, peppers en wors in ‘n pan  tot net gaar, wors kan nog bietjie pienk wees binne.

Voeg nou jou groente en macaroni by en roer goed deur.
Voeg dan jou geurmiddels, tamatiesous, chutney, suiker by en meng goed deur.
Nou kan jy die water byvoeg, gereg moet net bedek wees met water.
Kook gereg totdat die macaroni gaar is [al denté].
Indien sous nie dik genoeg is nie, voeg dan jou bindmiddel by en roer goed deur.
Voeg ook nou die helfte van beide kase by en roer deur.
Strooi nou die ander helfte van die kaas bo-oor jou gereg.
Sit deksel op en laat prut vir nog so ongeveer 5 – 10 minute tot die kaas lekker gesmelt het.
Geniet!
WENK:
Jy kan die chakalaka vervang met ‘n blikkie gekapte tamaties as jy nie van chakalaka hou nie.
Jy kan enige tipe wors in die gereg gebruik.
Jy kan ook die wors vervang met stukkies gaar hoender of klein frikkadelletjies.
Jy kan self ook blokkies of repies vleis in die gereg gebruik.
Vervang die groente met waarvan jy hou, as jy nie die gemengde groente wil gebruik nie of laat dit heeltemal uit.

Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering

BOEREWORS PASTEI

Bestanddele

Boerewors, genoeg om ronde tertbak vol te le.
Pakkie Bruin uiesop poeier
1 Gesnipperde Ui
Sout
Peper
Gemengde Spesery na smaak
Pasteideeg
2 Aartappels in blokkies gesny
250 ml Room
2 Gerasperde Wortels

Metode
Voer ronde tertbak uit met pasteideeg. Hou genoeg deeg om bo oor pastei te sit
Braai wors aan weerskante vir 30 sekondes, Hou dit in rol gedraai. Plaas die rol wors op die deeg in tertbak. Braai aartappels, ui, wortels, sout, peper en speserye in bietjie margarien. Los mengsel in pan. Kook room en soppoeier tot dik. Voeg room mengsel en voeg by aartappelmengsel. Kook ‘n rukkie saam terwyl aanhoudend geroer word
Gooi mengsel bo oor wors. Rol oortollige deeg uit en bedek die wors. Bestryk deeg met geklitste eier en melk. Bak teen 180º C vir een uur lank.

 

BOEREWORS PASTEI

Boereworspastei (Bertha)
(Bedien ses)

500 g boerewors (oorskiet van braai werk goed)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil (of een sakkie aangemaakte Smash)
1 k gerasperde Cheddarkaas

Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.
Kook aartappels tot gaar. Geur met ‘n klont botter en ‘n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.

MUSHROOM AND BOEREWORS PIE

Deur: YOU magazine

300 g boerewors

30 ml (2 T) oil for frying
1 red pepper, diced
200 g mushrooms, halved
1 onion, finely chopped
2 cloves garlic, finely chopped
15 ml (1 T) flour
500 ml (2 c) beef stock
400 g puff pastry
whisked egg for brushing

Preheat the oven to 180 °c.

Fry the boerewors in a hot pan until done. remove from the pan and dice.

Heat the oil and fry the red pepper, mushrooms, onion and garlic for a few minutes.

Stir in the flour, ensuring the vegetables are coated.

Stir in the stock and return the cooked boerewors to the pan.

Stir for 15-20 minutes or until the mixture thickens.

Divide between 2 medium ovenproof dishes and cover each with puff pastry.

Brush with whisked egg and bake for 15-20 minutes.

OUVROU-ONDER-DIE-KOMBERS – whatsfordinner.co.za (SPAR)

125ml melk
175ml water
2 eiers
4ml sout
250ml meel
1 pakkie Potato Bake Cheese & Bacon
500gr wors
1 pakkie Roast Meat Gravy, aan gemaak

1) Meng die melk, water, eiers en sout
2) Voeg die meel en Potato Bake by en meng tot ‘n gladde deeg
3) Laat die deeg rus terwyl die worsies gaar gemaak word
4) Bak die worsies in die oond teen 180°C tot gaar (omtrent 30 min)
5) Vermeerder die oond se temperatuur tot 200°C en smeer ‘n oond bak goed
6) Gooi die deeg in die bak en druk die worsies in die deeg
7) Bak vir 35 min tot gaar.
8) Bedien saam met Roast Meat Gravy.

 

Leanre Coetzee

Wil graag volgende Padmankos met almal deel

 PADMANKOS

Braai wors soos gewoonlik in pan. Verwyder wors en sit een kant neer. Gooi 2 koppies rys by olie van wors wat gebraai het. Braai rou rys in die olie vir paar minute. Gooi klein bietjie water by as worssous en olie te min is. Gooi nou genoeg water in sodat rys gaar kan kook. Voeg by 2 eetlepels rys speserye en klein bietjie sout. Voeg gemengde groente saam rys in om te kook. Kook vooraf in mikrogolf 2 aartappels in blokkies gesny tot sag. As rys sag genoeg is, voeg aartappel blokkies by. Sny gebraaide wors in stukkies en voeg saam rys,groente en aartappels by. Sit stoof op stadig tot rys heeltemal droog is.

 WORSIELEKKERTE MET KRUMMELPAP/MASH

25ml margarien

1 klein ui (fyn gekap)

1 groen soetrissie(ontpit & fyn gekap)

2 groot tamaties (geskil & grof gekap)

25ml blatjang

25ml tamatiepasta

10 ml bisto

12,5ml sagte bruinsuiker

5ml sout

1ml vars gemaalde swartpeper

100ml warm water

500g warm gaar beeswors

Verhit die margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie 5-8 minute lank daarin. Roer die tamaties, blatjang, tamatiepasta, bruinsuiker, sout , peper en warm water by en laat dit 15 minute lank prut. Roer dit gereeld om. Plaas die warm, gaar beeswors in ‘n warm opskepskottel en gooi die sous daaroor. Skep lekker bord mash of krummelpap en sny jou stuk wors af en gooi van die lekker sous oor pap.

 

DOODEET WORSGEREG

1 ui 1 soetrissie

25ml sonneblomolie

10ml kerriepoeier

2ml borrie

500ml kookwater

12,5ml blatjang

5ml sout

knypie peper

500g rou boerewors

410g appelkooshelftes

375ml rou rys

grasuie vir garnering (opsioneel)

Skil en kap ui fyn. Halveer, en sny die soetrissie aan repies. Soteer uie en soetrissie in olie. Voeg kerriepoeier en borrie by en roerbraai effens. Voeg kookwater, sout en peper en blatjang by en kook 2 minute lank. Sny wors in stukkies en pak dit in oondvaste bak. Skep uiemengsel oor wors en versprei egalig. Versprei appelkoos helftes oor wors en giet sap ook oor. Strooi rys bo-oor, plaas deksel op en bak teen 200C, 45 minute lank. Roer liggies om, garneer met uiegras en sit warm voor. Lewer 4-6 porsies.

BOEREWORS MET DIK UIE SOUS

Berei boerewors voor volgens eie behoefte.

DIK UIESOUS:

25ml margarien

2 groot uie(fyngekap)

125ml rys

125ml vleisaftreksel

2.5ml sout

1ml peper

1 eiergeel

12.5ml room

Smelt die botter.  Braai die ui tot deurskynend. Voeg die rys en aftreksel by. Voeg die sout en peper by. Kook 30minute lank. Die rys moet baie sag wees. Vryf die mengsel deur ‘n sif of versap dit. Roer die eiergeel en room of bo-melk by.

Recipe courtesy of food blogger, Jon Hey. View the video athttp://www.youtube.com/watch?v=fwxplrscYWk

Recipe courtesy of food blogger, Jon Hey. View the video athttp://www.youtube.com/watch?v=fwxplrscYWk

BAKED BOEREWORS ROLLS

Recipe courtesy of food blogger, Jon Hey. View the vido athttp://www.youtube.com/watch?v=fwxplrscYWk

2 large onions
1 can of tomatoes
1 punnet of good quality boerewors
Bread dough (gekoopte deeg by kettingwinkel)

Brown the sliced onions and tomatoes and allow the smoor to thicken.

Braai wors until just cooked.
Cut the bread dough into rectangles of 20cmx30cm and starting at the bottom, place a piece of boerie and tomato/onion mix on the dough. Fold over and cut with a pizza cutter.
Brush with a beaten egg mixture and bake on a baking sheet or Plate Setter or Pizza Stone at 180◦C for 10 – 12 minutes.

WORS MET APPELRINGE

4 stukke wors

1 ui, fyn gekap

65ml botter

2 middelslag appels, geskil en in ringe gesny

Suiker na smaak

Braai wors in die helfte van die botter tot gaar en goudbruin. Braai appelringe in ‘n ander pan in res van botter tot net gaar en strooi ‘n bietjie suiker daaroor indien jy hulle eers wil karamelliseer.

Rangskik wors, ui en warm appelringe op ‘n warm opdienbord en sit voor saam met vars volkoring of rogbrood.

WORS EN GROENTE GEBAK

2 groen soetrissies, in dun repe gesny

2 medium uie, in dun skywe gesny

2 vet knoffelhuisies, grof gekap (of tl knoffel)

8 kleinerige heel tamaties

10ml gedroogde orego

knippie fyn brandrissievlokkies

30ml olyfolie

sout en varsgemaalde swartpeper

1kg boerewors, in 10cm-lengtes gesny

Gaar mieliepap om mee voor te sit

Voorverhit die oond tot 180C. Rangskik soetrissies, uie, knoffel en tamaties in ‘n mediumgrootte oondvaste bak. Sprinkel orego en brandrissie oor. Giet olie oor en meng deur. Geur mildelik met sout en peper. Verbruin die wors vinnig in ‘n bietjie olie in ‘n dikboompan, skep uit en rangskik bo-op die groentes. Bak ongeveer 20 minute lank tot die wors asook die groentes gaar is. (Rooster vinnig-indien nodig om verder te verbruin. Sit voor saam met die mieliepap en skep van die pansouse oor. Lewer 5 – 6 porsies.

ANDERSE PAP EN WORS

600g boerewors

625ml water

200ml gerasperde Cheddarkaas

25ml rissie-en-knoffelsous

250ml mieliemeel

Sout en peper na smaak

410g tamatie-en-uiesmoor

Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n ronde, middelslag-oondvaste bak met kleefwerende middel. Hou die wors in ‘n spiraal en braai dit in ‘n verhitte pan tot bruin en gaar. Verwyder en hou eenkant. Meng die mieliemeel met 125ml water. Verhit die res van die water in ‘n kastrol en voeg die mieliemeel by wanneer die water kookpunt bereik. Geur met sout en roer tot kookpunt en tot wanner die pap verdik. Prut tot gaar. Roer ‘n bietjie kaas by. Skep die pap ui in die voorbereide bak. Skep die wors, steeds in spiraalvorm, bo-op. Verhit die tamatie-en-uiesmoor saam met die rissie-en-knoffelsous. Geur na smaak met sout en peper en prut ongeveer 5 minute lank. Skep daarvan oor die wors en strooi die orige kaas oor. Bak 15-20 minute of tot lekker warm. Dien op saam met die orige sous.

BAKED PAP AND WORS: [rainbow cooking]

BAKED PAP AND WORS: [rainbow cooking]

BAKED PAP EN WORS

Deur:  Rainbow cooking
An old time favourite – pap, wors en sous (porridge, sausage and sauce) – served as a one-dish meal.
INGREDIENTS:
600 gram boerewors (South African sausage)
2 cups water
1 1/2 cups maize meal (pap)
Salt and pepper
¾ cup (200 ml) grated Cheddar or Tasty cheese
Optional: ¼ cup (60 ml) frozen corn to add to porridge
For the sheba sauce
410 gram tin of tomato and onion
Garlic and mild or hot chilli, according to taste, added to tomato and onion mixture
METHOD:
1.Heat oven to 180°C
2.Grease a round, medium sized ovenproof dish.
3.Keep the wors in a spiral and fry it in a heated saucepan until brown and cooked. Alternatively, barbeque the wors.
4.Remove from saucepan.
5.Boil the water in a saucpan. Add ½ teaspoon salt. Add the maize meal, stir with a wooden spoon, and simmer until cooked.
6.Add a little grated cheese to the stiff porridge. Taste and season with more salt and pepper if needed.
7.Add frozen corn if used. Put the porridge / “stywe pap” in the ovendish.
8.Place the boerewors on top in its spiral shape.
9.Heat tomato and onion mixture, salt, pepper, garlic and chilli, and simmer for 5 minutes.
10.Pour the sauce over the sausage and sprinkle cheese over.
11.Bake 20 – 30 minutes.

WORSKASSEROL

Sit pakkie gevriesde boerewors vir 1 minuut in mikrogolf (ongevriesde wors is pap en werk moeilik).

Gooi intussen 1 koppie rou rys in kasserol.

Meng pakkie beesstertsop met 3 koppies water.

Sny wors in 1 cm stukkies en pak op rys.

Gooi 1 koppie elk gevriesde ertjies- en mielies oor wors.

Gooi sop met water oor alles en bak by 180 grade C vir 1 uur.

Het al tamatiesop gebruik~ die kinders dink die rooi rys is “cool” !

Elna Kuyts

 BOREWORS LEKKERTE

500g boerewors

2 uie, opgekap

2 Knoffelhuisies, fyngemaak

Basieliekruid

1 pakkie sampioene

1 eetlepel meel om dis te bind

1 blikkie gebakte bone

1 blikkie gekapte tamaties

2 teelepels worcestersous

20ml bruinsuiker

Sout en peper

Braai die wors in ‘n pan tot gaar.

Haal dit uit die pan en sny in skywe en sit eenkant.

Braai die uie, knoffel, sampioene en basieliekruid saam en voeg bietjie meel by om te bind.

Gooi die gebakte bone, tamaties, worcestersous, bruinsuiker, sout en peper by en

laat dit prut.

Gooi die gaar wors terug en laat dit deur prut.

Bedien dit op pap, rys, koes-koes of brood.

BOEREWORS SOSATIES

Braai wors tot amper gaar. Sny in “bite size” stukkies. Ryg op sosatie stokkies met kersie tamaties, sampioene, peppers, uie, baby marrows  en sit terug op kole. Smeer so bietjie bbq sous oor bv.  Jimmy sous tot groente sag is.

BOEREWORS SOSATIES: [MAROELAMEDIA – Oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai]
Uitgewer: Struik
lewer 12
Suid-Afrika se gunsteling-wors maak uitmuntende sosaties – en dis ʼn welkome variasie op die manier wat ons boerewors gewoonlik berei.
BENODIG:
750 g boerewors van die beste gehalte
12 Houtsosatiestokkies, in water geweek vir 30 minute
1 groot rooi-ui, in wiggies gesny
12 kersietamaties
1 rooi, groen of geel soetrissie, ontpit en in groterige stukke gesny
Olyfolie
Sout en varsgemaalde swartpeper
MAAK DAN SO:
1. Gebruik ʼn skerp mes en sny die boerewors in stukke van 3-4 cm lank. Sit ʼn uiwiggie ʼn stuk boerewors, tamatie, nog ʼn stuk boerewors en ʼn stuk soetrissie op elke sosatiestokkie.
2. Plaas in ʼn bakpan en smeer olyfolie oor die sosaties. Geur deeglik met sout en peper net voordat jy dit op die rooster sit.
3. Braai 7-10 minute aan ʼn kant.

boerewors 55

Elna Kluyts

 BOEREWORS MET PERSKES 

1groot ui,

1 kg boerewors,

30ml sonneblom olie,

1 blik(410g)perskeskywe,

50ml blatjang,

5ml sojasous.

Skil en kerf die ui.

Braai wors en ui saam oor matige hitte in die olie tot gaar.

Dreineer die perskeskywe,behou die sap.

Versprei die perskes oor die wors.

Meng perskesap,blatjang en sojasous en giet bo-oor wors mengsel.

Prut vir so 20 minute of totdat n lekker sous gevorm het.

Bedien saam rys,pasta of kapok aartappels.

Elna Kluyts

WORS KASSEROL

500g rou wors in stukkies gesny,

ui gekap,

gekleurde pepers gekap,

3 aartappels in blokkies gesny,

3 wortels in skyfies gesny,

tamatie geskil en gekap.

10ml matige kerrie poeier,

5ml borrie,

15ml suiker.

sout en peper na smaak afhangende van wors se sout inhoud.

Braai uie en pepers en voeg wors wortels en aartappels by

roer braai tot wortels en aartappels addante is,

gooi nou kerrie, suiker en borrie by en gekapte tamatie,

voeg so twee koppies kookwater by,

bring tot kookpunt en stel hitte af.

Laat prut en voeg sout en peper na smaak by.

Kan met rys of pap bedien.

Ek ook al so koppie vol rou macaroni bygevoeg as ek die kookwater by sit,

wors6

Nederige worsgereg

NEDERIGE WORSPOT: [BOEREKOS KOOKENGENIET]
My gesin se gunsteling pot, die is ‘n baie nederige pot.. trooskos
Bietjie kookolie vir braai
2 el botter
1 kg boerewors
500 g varkworsies
1 blikkie botterbone
3 tl koekmeelblom
3 kop aftreksel van jou keuse
halwe kop rooi wyn
2 el tamatiepuree
1 tl mosterdpoeier
1 el worcestersous
1 tl tiemie
3 groot uie grof gekap
6 knoffelhuisies , mooi gekneus
paar geelwortels skil af en lang “stir-fry” repies gesny
vars gemaalde swartpeper

MAAK DAN SO:
Maak bietjie kookolie in ‘n groot pot warm, braai wors aan albei kante tot mooi bruin.
Plaas 2 el botter by, gooi uie, knoffel en wortels by. Potbraai vir vyf minute alles saam oor matige hitte Maak pasta met water en koekmeelblom en gooi by worspot saam aftreksel , gooi nou botterbone by, die res van die bestanddele by, bring tot kookpunt en prut stadig vir so 5 minute. Skep op saam kapokaartappels of lekker vars brood om al daai sousies op te skep.

Rencia Odendaal Pretorius

KERRIEKOS: (WORS)

500g boerewors, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, gekneus

2 uie gekap

15ml kookolie

2ml rissiepoeier

15ml kerriepoeier

250ml vleisaftreksel

15ml tamatiepuree

30ml suurlemoensap

5ml sout

2ml vars gemaalde swartpeper

3 aartappels, in blokkies gesny

4 piesangs, in skywe gesny

Rooster wors tot byna gaar.

Hou eenkant warm.

Soteer intussen knoffel en ui in verhitte kookolie.

Voeg rissie- en kerriepoeier by en braai effens.

Voeg verhitte vleisaftreksel,tamatiepuree, suur lemoensap, sout en peper by.

Voeg aartappels en wors by en prut vir 20 minute.

Voeg piesangs by, meng goed en verhit deeglik.

Sit voor met gebotterde heelgraanbrood

Simoné Venter van Wyk

TOAD IN A HOLE (WORS)

125ml melk

175ml water

2 eiers

4ml sout

250ml koekmeel

1 pakkie potato bake

500g wors

meng melk eiers water sout goed saam.

gooi dan meel en potato bake saam meng goed en laat rus vir 10 minute.

Sny wors in stukkies en sit in microwave vir 10 minute op 70% krag.

Gooi melk mengsel in lasagne bakkies druk wors in mengsels in en

bak in oond op 180 vir 35 minute en gooi kaas boor bak tot kaas gesmelt het.

Rencia Odendaal Pretorius

BOEREWORS MET MOSTERD AARTAPPELS

500 g boerewors

MOSTERDAARTAPPELS:

4 groot aartappels

4 repies spekvleis

1 ui (gekap)

1 knoffelhuisie (gekneus)

2 agurkies (gekap)

MOSTERDSOUS:

1 eiergeel

125 ml mayonnaise

15 ml aangemaakte mosterd

30 ml gekapte pietersielie of vars kruie

Berei die mosterd soos volg:

Klits eiergeel tot skuimerig. Voeg mayonnaise lepel vir lepel by en klits

tot bestanddele deeglik gemeng is. Voeg mosterdpoeier en pietersielie

laaste by. Plaas in yskas in toe houer tot nodig.

Panrooster wors tot gaar. Hou eenkant warm. Kook intussen aartappels met skil

aan tot sag. Trek skil af en sny in blokkies terwyl nog warm. Braai

spekvleis tot bros in braaipan. Voeg ui en knoffel by en sorteer.

Voeg spekvleis, ui, knoffel by aartappels terwyl nog warm. Voeg

agurkies en mosterdsous by en meng liggies saam. Stapel mosterd

aartappels in die middel van ‘n ronde bord en rangskik wors rondom.

Lewer 6 porsies.

BOEREWORS TERT MET MOSTERD

Bestanddele vir 12 porsies

250 g meel

sout

125 g botter of margarien

3 eier (s)

1 bossie grasuie

150 g crème fraîche/suur room

4 eetlepels korrel mostert

600 g Bratwurst/Boerewors

Komyn, fyn

Voorbereiding

Meng meel, sout en komyn, voeg botter / margarien (in klein stukkies) en 1 eier by. Verwerk tot ‘n gladde deeg. Plaas deeg in foelie en vir sowat 30 minute in die koelkas.

Plaas die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak, rol dit rond uit, sodat dit in’ n gesmeerde losboompan (ongeveer 26 cm in deursnee) pas (dit werk ook in ‘n tert pan). Vorm n rand en prik die bodem verskeie kere met ‘n vurk. Rol die wors op en plaas dit op die deeg.

Sny die grasuie in ringetjies. Meng die Crème fraîche/suur room, mosterd, en 2 eiers, roer die grasuie by. Smeer die mengsel egalig oor die wors.

Verhit die oond to 200 º C (Termo-fan175 º) en bak die tert vir ongeveer 40 minute tot goudbruin.

WORS EN APPELKOOSGEBAK

1 ui, gekap

1 knoffelhuisies, gekneus

bietjie olie

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

5 ml kerriepoeier

2,5 ml borrie

500 ml kookwater

30 ml blatjang

sout en swartpeper na smaak

2,5 ml gedroogde gemengde kruie

600 g boerewors, half gaar

1 x 410 g blik appelkooshelftes

625 ml half gaar rys

Stel oond op 180°C. Soteer uie n knoffel

in olie tot sag. Voeg soetrissie, Kerrie

en borrie by en soteer vir nog `n minuut.

Roer kookwater, blatjang, sout, peper en kruie by en laat 5 minute

prut. Sny wors in stukkies en pak in

gesmeerde oondbak. Skep warm uiemengsel bo-op

Skep rys bo-op, bedek die bak en bak 45 min lank tot rys sag is. Laat gereg `n rukkie staan voor dit voorgesit word sodat al die vloeistof geabsorbeer kan word.

  

Licelle Vorster

Hi,ek het eendag tussen my skoonma se resepte die volgende resep gekry. Sy het dit jare terug uit ‘n huisgenoot wenrespepte uitgeskeur. Dis vinnig,maklik en baie lekker.

WORS-JUWEEL GEREG

1 ui,fyngekap

1soetrissie,ontpit en in repies gesny
Olie
10 ml kerrie poeier
2ml borrie
500ml kookwater
12,5ml blatjang
5ml sout
Peper na smaak
300g rou rys
500g rou boerewors
1 blik appelkooshelftes

Metode
Soteer uie en soetrissie. Voeg kerrie en borrie by en braai effens. Voeg dan blatjang,kookwater,sout,peper by en prut vir 2min. Sny wors in stukkies en pak in oondvaste bak. Skep die uiemengsel oor en versprei eweredig. Versprei appelkooshelftes oor die wors en giet die sap ook oor. Strooi rys bo-oor. Sit deksel op en bak in ‘n voorverhitte oond van 200C vir 45min lank.

Ek kook sommer die rys apart en gooi die borrie daarin. Soms sit ek stirfry ook by. Dis ‘n lekker resep wat jy jou eie kan maak.

Wors met groente

Wors met groente

 DIE WAS OULIKE IDEE: MAAK JOU GROENTE GAAR (roast veggies)  EN GOOI STUKKIES WORS TUSSEN IN, KERSIE TAMATIES VARS PIETERSIELIE ENS

BOEREWORS AARTAPPELSLAAI: 

SLAAISOUS:

30ml wit wynasyn

125ml olyfolie

3ml swartpeper

1 knoffelhuisie fyngedruk

15ml Dijon mosterd

5ml suiker

SLAAI:

1kg baba-aartappels, met skil, gehalveer

15ml olyfolie

1 ui, dun gesny 1 rooi soetrissie, in repe gesny

500g gaar boerewors, in skyfies gesny

1 groot steel seldery, gekap

10 ml vars tiemie, gekap

Klits alles vir slaaisous saam tot goed gemeng. Kook baba aartappels tot net sag en dreineer. Verhit intussien olie en braai uie en soetrissie tot sag. Voeg worsstukkies en tiemie by en meng deur. Meng liggies met gaar aartappels. Giet slaaisous oor terwyl steeds warm. Bedien terwyl nog louwarm.

MY VINNIGE RAADOP RESEP EEN AAND TOE EK MOEDELOOS WAS MET ‘N BAK GEBRAAIDE WORS WAT TOE AL 3 DAE IN DIE YSKAS LE NA ‘N SATERDAG AAND SE BRAAI

Die foto lyk om en by hoe dit gelyk het, maar ek moet se dit was BAIE LEKKER

(Rens)

Sny wors in stukkies (grootte soos verkies)

Braai 1 groot ui gekap tot sag

Kook so 2 koppies veggie mix tot sag maar nie pap nie

Maak vinnig 2 aartappels geskil  (in blokkies gesny)  in die mikrogolf gaar

Maak 1 pakkie of pasta sous of potato bake aan met melk en gooi by die groente (ek het die 3 cheese een gebruik)

Kook deur tot dik

Gooi die wors by die groentemengsel en dan in ‘n oondvaste bak

Maak SLAP PASTEI DEEG:

125 ml olie

125ml melk

200 ml bruismeel (of 200ml meel en so 2 tl bakpoeier)

1 eier (geklits in bietjie water)

Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei .

Bak in oondby 180 grade vir ongeveer 15/25 min tot gaar en goudbruin

Het dit bedien met slaai

** My man het gese ek mag dit maar weer maak **

WORS EN FRIKADELLE

Wors en frikadelle

Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering
SEWENTIGS-POTJIEKOS MET BOEREWORS EN FRIKKADELLE: [MICHELLE DAVIS]
GENOEG VIR 6 – 8 MENSE
15ml [1e] olie
500g boerewors
200g rou frikkadelle voorberei volgens jou resep
Sowat 15 baba-aartappels, geskil [of hou skil aan, dis gesonder, was net goed]
10 baba-uie, geskil
500ml [2k] water
15ml [1e] bruinsouspoeier
250g sampioene
METODE:
Smeer platboompot met of olie of kossproei.
Plaas die boerewors in die pot en pak die rou frikkadelle bo-op wors.
Plaas die aartappels en uie bo-op die frikkadelle.
Meng ‘n bietjie van die water met die souspoeier en roer tot glad. Giet die res van die water by en roer goed.
Pak die sampioene bo-op en giet die sousmengsel in die pot.
Plaas die deksel op en kook sowat 30 – 40 minute oor matige kole tot gaar.
Sit voor saam met rys en slaai of groente
Jy kan dit ook in die oond maak in jou kasserol met jou deksel op

FRUITY BOEREWORS CASSEROLE:

DEUR: CHECKERS
(Serves 6)
10 ml cooking oil
2 medium onions, sliced
about 600 g thick Championship Boerewors, cut into 3cm
pieces
3 medium potatoes, peeled and cubed
250 ml beef stock
30 ml cake flour
15 ml dried oreganum
salt and freshly ground black pepper to taste
100 g dried apricots, halved
70 g dried prunes, cut into quarters
30 ml vinegar
45 ml fruit chutney
HERE’S HOW:
• Heat the oil in a large pan and sauté the onion until transparent.
Add boerewors and fry until lightly browned. Add the potatoes and beef stock, cover with a lid and simmer for 10 minutes.
• Stir in the cake flour, oreganum, seasoning, dried fruit, vinegar and fruit chutney. Reduce the heat and simmer another 10 minutes or until potatoes are cooked.
• Serve with fluffy white rice.

BOEREWORS BAKED POTATO:

DEUR: CHECKERS
Serves 6
15 ml cooking oil
1 medium onion, finely chopped
2 celery sticks, finely chopped
410 g tin peeled and chopped tomatoes
45 ml tomato puree
125 ml water
about 300 g thin Championship Boerewors
6 large potatoes
salt and freshly ground black pepper to taste
125 ml grated cheddar cheese
Sauce:
Heat oil and sauté onions and celery until soft. Add
the chopped tomato, tomato puree and water and simmer
for 5-10 minutes. Set aside.
• Heat a frying pan and fry the boerewors with a little water
until browned on both sides. Remove from pan and cut
into 3 cm pieces.
• Rinse the potatoes in cold water and prick with a fork. Rub
the potatoes with salt and pepper and cook in the
microwave for about 12 minutes at 900W power. Allow to
cool slightly.
• Cut a shallow cross in the top of each potato and squeeze
from the sides so that the top opens up. Press 4 pieces of
boerewors into each potato, so that it slightly sticks out the
top. Spoon the sauce into the cavity and sprinkle with
grated cheese.
• Place the potatoes on a baking tray under the grill for 10
minutes, until the cheese has melted and slightly browned.

BOEREWORS BREAKFAST ROLLS:

Deur: CHECKERS
(Serves 4)
4 hotdog rolls (white or whole wheat)
30 ml hot english mustard / sauce of choice
6 large eggs
200 ml milk
salt and freshly ground black pepper to taste
5 ml butter
about 600 g Championship Boerewors, cut into 18 cm slices
1 tomato, cut into small cubes
HERE’S HOW:
• Cut open each roll through the middle length ways.
Spread with mustard or sauce of choice.
• Whisk the eggs, milk and seasoning together.
• Melt the butter in a heated pan and scramble the egg
mixture over medium heat for about 4 minutes. Remove
from the heat.
• Fry boerewors in a pan with a little water until cooked and
brown on both sides.
• To assemble the roll, spoon the scrambled egg into the
hotdog roll, arrange the boerewors in the scrambled egg
and top with fresh tomato pieces.

Hoender geregte


IMG_8280

Chakalaka hoender

Die maklikste hoender ooit – 1 Bestandeel en speserye !!!

CHAKALAKA HOENDER

Pak hoender in casserol. Sny dik skywe uie oor. Gooi sout peper en knoffel vlokkies oor en 1 blikkie chakalaka met butternut. Ek het skywe butternut met skil aan ook bygesit – In die oond (bedek) vir 1 uur na 1 uur 15 minute @ 180 C – Net voor opdining – onder die grill indien verkies tot velletjie lekker bruin en bros is.
WENK: Pak jou aartappels saam in met die hoender – jou hoender, pampoen en aartappels is alles op een slag gaar.

Gewone Mild chakalaka kan ook gebruik word.

*

GESTOOFDE HOENDER MET PASTA
Aangepas vir KKI

Hoenderporsies na gelang van hoeveelheid mense
15 ml paprika
60 ml botter 
250 ml hoenderaftreksel
5 ml sout
1 ml peper
250 ml room of ½ pakkie sampioensop of wit uiesop met 1 kop melk
250gr sampioene in skyfies gesny
100 ml fyngekapte pietersielie
1 soetrissie repies gesny
200 gr pasta gekook en gedreineer.
Braai sampioene en uie liggies – verwyder en sit eenkant
Braai paprika effens in botter. Voeg hoender by en braai aan weerskante tot bruin.
Voeg aftreksel, sout en peper by. Sit deksel op en stowe tot vleis sag is. As sag is kan jy die stukke heel hou of in kleiner stukkies sny
Voeg room, sampioen en uie mengsel, pietersielie en rissie by en stowe vir nog 10 min. Voeg nog melk by as te dik is
Voeg pasta by, meng liggies deur en geur met sout indien nodig of jy kan die mengsel bo-op die pasta skep
Verhit tot goed warm en bedien met slaai.
Deur: Resepte wat mans ook verstaan

 

CHEDDERKAAS HOENDER

4 groot hoenderborsies

6 na 8 provitas (fyngedruk) Jy kan ook Tuc, cream crackers  of salticrax koekies gebruik)

½   teelepel sout

½  teelepel peper

½  koppie melk

3 koppies cheddarkaas, gerasper

1 teelepel droë pietersielie

Sous: (opsioneel)

1 blikkie  room  hoender sop

2 eetlepel suurroom

2 eetlepel botter

Gooi die melk, kaas en provita  krummels in 3 afsonderlike bakke  Meng die sout en peper in die krummels in.  Doop elke stukkie van die hoender in die melk en dan in die kaas. Druk die kaas vas met jou vingers. Druk dan die hoender in die  provita krummels en druk styf vas.

Spuit ‘n pan met cook en spray  en plaas die  hoender in die pan. Strooi die droë pietersielie oor die hoender. Sit hoender in die yskas vir tenminste 20 minute .  Bedek die pan met foelie en bak by 200 grade vir 35 minute. Verwyder die foelie, bak vir ‘n verdere 10-15 minute, of totdat die kante van die hoender goudbruin en bros is.

In ‘n medium pan meng die room  hoender sop, suurroom en botter.  Roer dit oor medium  hitte tot die sous lekker warm is. Dien op oor die hoender

*

GEBAKTE MAYO MET BRUIN UIESOP HOENDER

Bestanddele:
1 pak (8-10) hoenderstukke
1 pk bruin uiesop poeier
250 ml warm water (nie kook)
1/2 k mayonaise
1/4 k chutney
1/4 k soet chilli sous
1/4 k tamatie sous
Sout
Metode:
Oond 180 gr C.
Pak die hoender stukke in ‘n oondbak en geur liggies met sout. Meng die uiesop-poeier met die warm water. Roer die mayonaise, chutney, soet chillie sous en tamatie sous daarby. Gooi oor hoender en bedek met tinfoelie. Bak vir 50-60 minute. Haal foelie af en bak oop tot goudbruin.

Deur: Radio Namakwaland

ham en spinasie pastei2HOENDER/HAM MET SPINASIE GEREG

2 koppies pasta (gaar gekook)
2 eetlepels botter
½ koppie gekapte ui
1 teelepel knoffel
2 koppies gekapte vars spinasie ( kan bevrore ook wees)
2 eetlepels meel
1 ½ koppies melk
½ teelepel swartpeper
1 teelepel sout
½ koppie suurroom (of ½ kop room met ½ eetl asyn)
2 koppies gaar gekapte ham
1 ½ koppies gerasperde kaas
1 koppie broodkrummels, of salticrax koekiekrummels, fyngemaakte kellogs of enige simba skyfiekrummels
Braai ui in botter (en sampioene) voeg knoffel en spinasie by en kook sowat vyf minute of tot spinasie sag is. Verwyder spinasie en uie uit pan en hou eenkant. Smelt die botter en voeg by die meel. Maak soos wat jy ’n witsous sou maak, roer in die melk , swart peper, sout en suur room . Roer tot glad. Verwyder van die hitte en roer dan al die bestandele bymekaar behalwe die koekies of broodkrummels Giet in ‘n gespuit oondbak.
Sprinkel oor die krummels . Bak in voorverhitte oond by 180 C vir 30 tot 35 minute tot bruin bo-op.
Maak sowat 8 porsies

Wenk:
Kan gevlokte hoender ook gebruik
Indien jy nie suurroom het nie, neem ekstra ½ kop melk en so 1 eetl wit uie- of sampioensoppoeier.
Ek dink so lekker groot handvol gekapte sampioene kan ook bygevoeg word

*

CHICKEN CORDON BLEU

Rencia Odendaal Pretorius

Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie

Neem vars spinasie blaar en sit bo-op filette

Sit feta kaas  bo-op

Geur met sout en gemaalde peper

Rol toe en neem nou “streaky bacon” en rol om die hoender

So 2 of drie stukke – steek vas met tandestokkies

Sit in bakplaat

Maak sousie van jimmy sous, suurlemoensap  en smeer bo-oor die hoender. Gooi so ‘n paar stukkies roosmaryn op as jy het.

Bak in oond by 180grade C tot gaar. Smeer elke nou en dan van die sousie oor

Dit neem so 30 minute om deurgaar te wees.

Bedien met kapokaartappels, ertjies mengelslaai of potato wedges.

** Jy kan basies jou fillet vul met enige iets – ek het al gevul met spek en spinasie en kaas en ook spruit uie en peppadews. Die keuse is joune – kyk wat jy in die yskas het.

*

SPEKVET HOENDER

4 hoenderborsies sonder vel of been

Genoeg repies spek om hoender mee te bedek

½ koppie fyngerasperde parmasaan kaas

2 knoffelhuisies

1 t botter of olie

‘n paar tandestokkies

Stel oond op 220grade.

Rol hoenderborsies in kaas.

Sny vars knoffel in dun lagies, en pak bo-op hoender.

Draai repies spek om hoenderborsies, en maak vas met ‘n tandestokkie.

Sit bietjie botter of olie in die oondbak en sit hoender in, en bak vir 15 tot 20 minute sonder deksel.

Bedien met kapokaartappels met sprietuie in, asook brokkoli

*

GEVULDE HOENDER FILLETTE

6 hoender fillette, ontvel

½ pakkie tamatiesoppoeier

½ pakkie sampioensoppoeier

½ pakkie bruin uiesoppoeier

6 skyfies ham, gekap

Fetakaas

200 g spinasie, opgekap

Sout en peper na smaak

Sny die fillette halfpad oop. Meng soppoeiers, rol die hoenderstukke daarin tot dit bedek is. Meng ham, feta en spinasie en stop dit in die hoender. Steek die hoender met ‘n tandestokkie vas. Geur met sout en peper.

Bak in ood tot gaar.

*

ELSA SE ROOI HOENDER
(Hierdie resep maak baie en vries goed)
2 hoenders – gaar en ontbeen
1 blik tamatie sop (of 1 pakkie sop aangemaak met water)
1 blikkie mushrooms
6 groot wortels – gerasper
3 uie – gekerf
3 teelepels kerriepoeier
¾ tot 1 koppie blatjang
1 pak skulpie noodles (gekook)

Metode
1. Braai die uie in ’n bietjie olie. Sodra dit begin verkleur, gooi wortels by en braai saam.
2. Gooi tamatiesop by en kook ’n rukkie saam met wortels en uie.
3. Gooi al die ander bestanddele by en roer deur (hoender en pasta ook)
4. Gooi in bak. Strooi kaas bo-oor en bak by 180C tot kaas gesmelt en ’n bietjie verbruin het.
* As jy van die dis vries, moenie kaas oorgooi nie.
*As jy voel die dis is n bietjie droog, gooi van jou hoenderekstrak oor die dis voor jy kaas oorgooi en warm maak

*

 SPAANSE HOENDER
1 Pakkie Dik Uiesop poeier
500 ml water
50 ml mayonnaise
50 ml blatjang
50 ml tamatiesous
15 ml gekapte pietersielie
Aromat en peper na smaak

Meng al die bestanddele, gooi sous oor hoender stukke, sit deksel op en bak vir 2 ure. Loer af en toe indien sous droog lyk gooi net bietjie water by. Bak by 160 grade celsius. Haal later die deksel af en bak hoender mooi bruin.

Mosterd hoender

Mosterd hoender

MOSTERD HOENDER

½ Koppie koekmeelblom

2 Mediumgrootte uie, fyn gekap

2 Teelepels Aromat

1 Blokkie hoenderekstrak, fyngekrummel

1 Teelepel sout

400 ml Kookwater

5 ml Swartpeper

50 ml Matige soet mosterdsous (soos Cerebos)

8 na 10 Hoenderborsies of dye of boudjies

50 ml blatjang of heuning

3 Eetlepels sagte bruin suiker

3 t Maizena

Metode:

Sif meel, Aromat, sout en peper saam. Rol hoenderporsies daarin tot goed bedek. Braai porsies aan weerskante tot goed bruin in warm kookolie. Skep hoender in enkele laag in oondvaste skottel met deksel. Braai uie tot goudbruin in pan waarin hoender gebraai is. Los hoenderekstrak in kookwater op. Meng die mosterdsous, blatjang, suiker en maizena goed saam en meng dit met die hoenderaftreksel (hoenderblokkie en kookwater). Voeg dit by die gebraaide uie en laat die sous opkook. Skep die sous oor die hoenderporsies. Sit die deksel op en bak 90 tot 120 minute by 160ºC.
Bedien met rys, gebakte aartappel ‘n slaai of kapokaartappels en lekker soetpampoen

*

STROOP HOENDER

1-2 eetlepels olyfolie

6 been in / vel op hoenderborsies

Sout en peper na smaak

½ koppie hoender aftreksel

½  koppie stroop

1 volle eetlepel vars tiemieblare of roosmaryn (droog is ook geskik)

4 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny (ongeveer 2 teelepels)

2 eetlepels appelasyn of gewone asyn

2 eetlepels droe mosterd

Verhit die oond tot 200 C Spuit ‘n pan met spray en cook

In ‘n groot pan, verhit olie oor medium-hoë hitte.Smeer hoender met sout en peper. Braai hoender in pan aan beide kante tot mooi bruin. Verwyder hoender uit pan. Voeg hoenderafteksel, stroop, tiemie/roosmaryn  en knoffel by. Bring tot kookpunt, roer gereeld vir ‘n paar minute. Voeg asyn en mosterd by en kook vir nog ‘n minuut of so.

Plaas hoender in bak, gooi die sous oor hoender en bak vir 30 minute of tot die hoender gaar is.

*

GEBAKTE KNOFFEL EN BRUINSUIKER HOENDER

Bestanddele:

4 ontbeende hoenderborsies

4 knoffelhuisies, fyn

4 eetlepels bruinsuiker

3 eetlepels olyfolie

Metode:

Verhit die oond tot 240 C en liggies smeer ‘n oondbak.

In klein braai pan, soteer knoffel met die olie tot sag.

Verwyder van die hitte en roer in die  bruinsuiker.

Plaas hoenderborsies in ‘n voorbereide bak en bedek met die knoffel en bruinsuiker mengsel.

Voeg sout en peper na smaak.

Bak onbedek vir 15-30 minute.

*

SWEET & SOUR CHICKEN

Adapted from: Mels Kitchen Cafe

Chicken Breading:

3-5 chicken breast
salt and pepper
1 cup cornstarch (maizina)
2 eggs, beaten
1/3 cup canola oil

Rinse chicken, trim off fat or extras and then cut into 1 inch cubes. season with salt and pepper. Dip chicken into cornstarch and coat all the way and then into eggs. Heat oil in large skillet. Cook chicken until browned. Place in baking dish. 3 chicken breasts can be in a 9×9 but 5 chicken breasts fits better in a 9×13.

Sauce:
3/4 cups white sugar
4 Tablespoons ketchup

1/2 cup white vinegar

1 Tablespoon soy sauce
1 teaspoon garlic salt

Whisk until smooth. Then pour evenly over chicken. Turn chicken so the sauce gets on both sides and then put in the oven at 350 degrees for 15 minutes. turn chicken and then cook for 15 more minutes.

*

HOENDER SOENTJIES (PASTEI)

Bestanddele

4 koppie gaar hoender  in blokkies gesny
1 houertjie cream cheese, versag
4 eetl botter, saggemaak
1 teelepel sout
1/2 teelepel peper
1/4 koppie melk
1 eetlepel gerasperde ui
Puff pastry /skilferkorsdeeg
1 houer Heinz hoender sous, of enige sous wat jy verkies

Instruksies
Meng hoender, room kaas, botter, speserye, melk en uie in bak.
Rol deeg bietjie uit. Hier kan jy nou jou eie pakkies vorm soos keuse. Sny sirkels, maak reghoekige of langwerpiges, Jy kan selfs een groot pastei vorm.  Knyp die hoeke goed vas.

Smeer met bietjie eier, of mayonase.
Bak by 180 C  vir ongeveer 20/30 minute of tot gaar en goudbruin. Bedien met warm sous!

Verhit die hoendersous, giet oor pasteie en …Geniet dit!

BRAAI HOENDER IN BIER MARINADE: Deur: RADIO NAMAKWALAND)

BRAAI HOENDER IN BIER MARINADE:
Deur: RADIO NAMAKWALAND)

BRAAI HOENDER IN BIER MARINADE:

Deur: RADIO NAMAKWALAND)
Meng saam:
1 Blikkie bier
3 E bruin suiker
1 fyn knoffelhuisie
100 ml olyf olie
Sout en peper.
MAAK DAN SO:
Pak 10-12 rou hoenderstukke, gegeur, in glasbak, gooi marinade Bo-oor, maak toe met tinfoelie en plaas in yskas, oornag, of ten minste 4 ure.
Braai oor matige kole tot goudbruin en gaar.
Eet met slaai van jou keuse en stukke roosterbrood met konfyt.

*

 HONG KONG HOENDER

Deur: Maddi Mads

1.5 kg hoenderstukke
500 ml coke
15 ml sojasous
15 ml gouestroop
5 ml sout
Plaas hoenderstukke in ‘n swaarboomkastrol.
Meng res van besstandele en giet oor hoenderstukke.
Sit die dekdel op en stowe tot sag.
Verwyder deksel en braai hoenderstukke in sous tot glansendbruin.

*

ROQUEFORT-HOENDER

12 hoenderfilette
1 koppie room
4 basiliekruidblare, gekap
125 g Roquefortkaas, gerasper
sout en growwe swartpeper na smaak
olie om in te braai
1 eetlepel brandewyn

Verhit oond tot 1800C.
Rol filette in die meel en braai tot bruin en pak in bakskottel.
Meng res van die bestanddele en giet oor hoender.
Bedek met foelie en bak vir 40-60 minute tot hoender sag en gaar is.

 *

BUURVROU SE HOENDER GEREG:

8-12 hoenderdye

2 uie gekap
sout en peper na smaak
4 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels worcestersous
1 eetlepel mosterd
2 eetlepels kerriepoeier
½ koppie warm water
1 groenrissie, gesnipper
1 eetlepel margarien

Stel oond op 190C. Rangskik hoender en uie in ‘n oondskottel met ‘n deksel. Meng geurmiddels en skep oor hoender. Plaas klontjies margarien op vleis en bak vir 2 ure

*

EENBAK HOENDERGEREG

Rencia Odendaal Pretorius

Gebruik casserole met deksel

Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole

Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor

Pak jou hoender / skaaptjops stukke bo-op

Sny dik skywe uie bo-op

Maak pakkie sampioen  of wit uie sop aan met 500ml water en gooi oor alles

Sout en peper na smaak Ek sit parykeer halwe aartappels saam bo op by die hoender, asook skorsies of butternutskywe

Bak vir  2 ure by 150/160 grade C (met deksel op)

Sit net onder grill om velletjie lekker crispy te maak en goudbruin

*

 ITALIAANSE HOENDER

Braai eers stukke liggies albei kante, pak onder in bak en geur na smaak. Gooi dan 1 blik tamatie en uie smoor bo-oor en strooi bo-oor dit 1 pakkie italiaanse slaaisous poeier. Bak tot gaar! Heerlik sappig!

*

 HOENDER KASSEROL:

Maak 1 hoender gaar, ontbeen en sny in stukkies. VOEG BY: 2 kop gaar rys; 1 kop mayonnaise; 1 groot pak plain chips of sout en asyn chips; 1 blik hoendersop; 1 blikke sampioenstukkeis; 1 blik pynappelstukke met sous; 1 middelslag ui, gekap en soteer; half green pepper, gekap en gesoteer. Meng alles saam en skep in bak en bak by 180 grade C tot deur warm en effens bruin bo-op.  Jy kan self bietjie bevrore ertjies by sit as jy wil. Dit maak ‘n groot bak vol.

*

MACARONI HOENDER

1 kg Hoender

Sout & Peper

1 Pakkie Sampioensop

250 ml macaroni

125 g botter of margarien

2 uie in blokkies gesny

4 tamaties in blokkies gesny

125 ml ongesifte koekmeelblom

200 ml Water

250 ml Kaas

Geur hoender met sout & peper en kook tot sag.

Ontbeen en sny vleis in stukke.

Vul hoendersous met water aan tot 625 ml.

Voeg soppoeier by, roer gereeld & kook tot dik.

Kook macaronistukkies in soutwater to sag & dreineer.

Smelt botter in ‘n groot kastrol.

Voeg uie by & braai tot sag. Voeg tamaties by & kook ‘n rukkie.

Meng meel met water en roer by tamatiesous.

Voeg sop by & roer tot gemeng. Voeg hoender, kaas & macaroni by, meng en laat ‘n paar minute prut.

Sit warm voor met rys en ‘n slaai. (6 – 8 persone

*

 PASTORIEHOENDER

Bestandele vir swart oondpan.

14 hoenderstukke

2 blikkies tamatie en uie smoor

1 ½ kop rou rys

2 pakkies  sampioen of hoendersop

Gooi rou rys onder in bak. Pak hoenderstukke bo-op, geur effens met sout en peper, maar pasop vir te sout. Gooi tamatie en uie smoor bo-oor. Strooi soppoeier bo-oor. Gooi 6kp kookwater bo-oor. Maak toe met foelie en bak by 180°C vir ongeveer 2-2 ½ ure. Toets om seker te maak dit kook nie droog en brand aan nie.

Deur: *Kospotte van Pearly Beach*

*

 FEESTELIKE HOENDER (6 Porsies)

8 hoenderporsies skoongemaak

Sout en peper

125ml koekmeel

5ml kerriepoeier

2ml borrie

1 ui fyngekap

30 ml olie

125ml blatjang

125ml tamatiesous

30ml worcestersous

150ml water

OPSIONEEL: fyn naeltjies, knoffel, pietersielie 125ml sultanas

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n groot oondbak met kleefwerende middel.

Meng die volgende saam in ‘plastieksak: koekmeel, Kerrie, borrie, sout en peper en die opsionele speserye indien verkies. Plaas die hoenderporsies een, een in die sakkie en skud goed totdat die hoender goed bedek is. Braai in verhitte olie tot bruin. Rangskik in oondbak. Gooi die res van die meelmengsel in die sakkie oor die hoender.

Soteer die uie in die olie tot sag. Voeg die res van die bestandele by en meng goed. Giet oor die hoender, bedek met tinfoelie en bak vir 1 uur of tot sag en gaar. Verwyder die foelie en bak ‘n verder 10min tot lekker bruin. Bedien met rys en slaai

*

GEVULDE ROMERIGE HOENDERBORSIES

VULSEL

1 ui, fyn gekap

Sap en skil van een suurlemoen

Vars kruie soos basielieblare, pietersielie of grasuie

200 g feta kaas

Sout en varsgemaalde swartpeper

HOENDER

8 groot hoenderborsies met vel

30 ml (2 tbsp) olyfolie

SOUS

250 ml (1 k) gewone jogurt

250 ml (1 k) mayonnaise

Zest van 2 suurlemoene

80 ml vars suurlemoensap

4 knoffelhuisies, fyn gekap

30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap

VULSEL

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n groot oondbak.

Meng die bestanddele vir die vulsel.

HOENDER

Lig die vel op en druk van die vulsel onder die vel, steek die vel vas met ‘n tandestokkie.

Geur die hoender met sout en peper.

SOUS

Meng die bestanddele vir die sous en hou eenkant.

Verf die hoender met die olyfolie en rangskik dit in die voorbereide oondbak.

Skep die sous bo-oor, bedek met foelie en bak vir sowat 30 minute, verwyder die foelie en bak vir nog sowat 15 minute of tot gaar en goudbruin.

Skep die hoenderborsies uit en kook die sous tot verdik.

Sit voor saam met rys en slaai.

*

HOENDER EN TAMATIE RYSKASSEROL (10 porsies)

20ml olyfolie

10 ontvelde hoenderdye

1 groot ui gekap

5ml gekapte knoffel

3 selderystingels gekap

1 groot groen soetrissie, ontpit en in repiesgesny

250ml rou rys

5ml karwysaad (opsioneel)

10ml paprika

10ml sout

Swartpeper na smaak

115g blikkie tamatiepasta

750ml kookwater

50ml gekapte pietersielie

Verhit die olie en braai die hoenderdye daarin tot bruin. Verwyder die hoenderdye en voeg die ui, knoffel, seldery en soetrissie by die olie in die pan. Roerbraai tot die ui deurskynend is. Voeg die rys, geurmiddels, tamatiepasta en kookwater by die gebraaide uiemengsel en prut 5min lank. Skep die rysmengsel in ‘n oondskottel en rangskik die hoenderdye bo-op, bedek met foelie of ‘n deksel. Bak vir 30min by 180°C, verwyder die deksel/foelie, verlaag die oond temperatuur tot 160°C en bak nog ‘n uur lank. Sit warm voor met ‘n groen slaai

*

HOENDER IN SUURLEMOENSOUS 

Sout en swartpeper

4 hoenderstukke (ontvel en ontbeen)

80 g botter

5 ml sjerrie

5 ml gerasperde suurlemoenskil

20 ml suurlemoensap

150 ml room

80 g gerasperde kaas

4 repe rooi soetrissie

pietersielie

5 ml suurlemoenskil

Vryf sout en peper in hoenderborsies. Braai in 60 g botter tot

bruin. Skep vleis in vuurvaste oondskottel en hou warm. Voeg

suurlemoenskil, -sap en sjerrie by braaibotter. Verwyder van hitte en

laat afkoel. Roer room stadig by en laat geleidelik warm word – dit

mag nie kook nie. Giet sous oor hoender. Strooi kaas oor, plaas

stukkies botter op en laat onder die rooster goudbruin kleur. Garneer

met rissie, pietersielie en suurlemoenskil. Sit warm voor saam met  rys

*

OROS HOENDER

1 koppie Oros stroop (onverdun)

8 hoenderporsies

1/2 ui, fyngesny

6 eetlepels blatjang

6 eetlepels mayonnaise

Kook die hoender in hoenderaftreksel tot halfgaar. Pak in oondvaste bak. Meng res van die bestanddele goed saam en giet oor hoender. Bak 1 uur onbedek

*

COKE HOENDER

8 hoenderborsies, ontbeen en vel verwyder
2 eetlepels botter of olie
2 koppies coke (nie die light soort)
1 eetlepel gouestroop
1 eetlepel sojasous
1/2 teelepel sou1/2 teelepel witpeper

Braai borsies liggies in botter tot goudbruin. Voeg coke by en kook 20 – 30 minute tot hoender gaar en sag is
Voeg res van bestanddele by en kook sonder deksel tot die sous bruin en taai is.

*

 CHIPPIE CHICK COKE HOENDER

1 kg hoenderstukke

1 groot pak aartappelskyfies

2 liter Coke

Gooi hoenderstukke in pot en bedek met Coke.

Sit op plaat totdat die Coke begin kook.

Maal skyfies fyn en gooi in pot saam met ander liter Coke.

Los op plaat vir 15 tot 20 minute.

Dit kan ook buite in ‘n potjie gemaak word.

*

VRA NA MEER HOENDER MET VERSKIL  (SIMBA TJIPS)

550g hoender borsies of dytjies

groot pak simba tjips (roast beef, texan chillie of chutney)

Bestanddele vir witsous

Metode:

Kook die hoender in n kastrol met kookwater wat die hoenderstukke bedek.

Stel oond op 180 grade C

Gooi water af.

Ontvel en ontbeen.

Breek in fyn stukkies op.

Maak wit sous.

Maak die simba tjips fyn.

Bespuit vuurvaste bak met kossproei.

Sit laag witsous onder in bak.

Dan hoender stukke.

Dan simba tjips.

Maak meer as een laag as nodig.

Eindig altyd met witsous en simba tjips.

Bak in oond vir 1 uur/in mikrogolfoond op 100% krag vir ongeveer 10 – 15 minute.

Bedien warm voor.

hoender noedel gereg met simba skyfies

hoender noedel gereg met simba skyfies

 AARTAPPELSKYFIE HOENDER (SIMBA TJIPS)

1 hoender, in porsies gesny

sout en peper;

45 ml botter, gesmelt

2 knoffelhuisies, gekneus

1 klein pakkie kaas-en-uieskyfies

Metode:

Plaas hoenderporsies met vel na bo in

gesmeerde oondskottel. Geur. Voeg die

fyn knoffel by die gesmelte botter en

bedrup hoender daarmee. Maak die

aartappelskyfies fyn en sprinkel oor

die hoender. Bak in voorverhitte oond

teen 200° vir ‘n uur.

*

EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG (SIMBA TJIPS)

1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok

1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)

100 ml mayonaise

1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak

50ml gekapte vars pietersielie

2 eiers geklits

Meng hoender, noedels mayonaise en helfde van die chips. Skep in oondskottel.

Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor

Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor

Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.

*

HOENDER GEREG met kaaskrulle

1 kg Hoender

1 Pak groot kaaskrulle

2 koppies Melk

6 Eetlepels koekmeel

3 Teelepels Margarien/botter

1 Pak Macaroni

Knippie sout en vars gemaalde swartpeper vir smaak

Metode:

Verhit oond op 180°C. Oondvaste bak.

Maak die hoender gaar. Laat afkoel en ontbeen. Hou een kant.

Maak witsous van die melk, botter en koekmeel. Voeg sout en swartpeper by na smaak.Kook die Macaroni tot gaar.

Skep in lae van macaronni en dan hoender en krummel die kaaskrulle bo-oor die hoender. Laaste die witsous en gaan aan met lae. Heel laaste die witsous waar daar weer kaaskrulle op gekrummel word.

Bak in oond tot kaaskrulle half gesmelt het. Bedien op met lekker Griekse slaai.

*

HOENDERSTUKKE IN DIE OOND (Bedien warm of koud)

Rencia Odendaal Pretorius

Mayonaise hoender

Ek maak my hoenderstukke as volg: Pak hoender in platbak. Maak ‘n  sous met die volgende – mayonaise, hoenderspeserye, sout, peper, roosmaryn, bietjie knoffel, droe pietersielie, bietjie bladjang of appelkooskonfyt en mosterd en so ‘n bietjie suurlemoensap – Meng die dik pasta lekker deurmekaar en skep,smeer bo-oor hoender. moenie water bygooi nie, die hoender het genoeg water in. Sny so ‘n paar skywe uie bo-oor. Sit foil oor en bak vir so  uur en ‘n half na 2 ure by 160grade C. Kyk na rukkie of jy nie die oond moet hoer stel nie. Dit hang af van die dikte van jou hoender en die hoeveelheid.-

*

MAYONNAISE HOENDER

Bestanddele Sous
1 blik (410 g) room van Sampioensop
125 ml – 250 ml Mayonnaise
5 ml Medium Kerriepoeier
Sap van ½ Suurlemoen

Bestanddele Hoender
1 Gaar Hoender, ontbeen en in stukkies gesny
1 kg Brokkoli of 300 g Sampioene

Metode
Meng al die bestanddele vir die sous baie goed. Meng stukkies hoender en brokkoli/sampioene. (Pasop om nie te veel te meng). Voeg sous mengsel by en meng effens. Strooi vars wit broodkrummels bo-oor en dan 250 g gerasperde cheddarkaas of parmesaan kaas. Bak in oond van 180 °C vir ¾ uur.

 *

BLADJANG HOENDER

Bestanddele
1 Hoender in stukke
250 ml Olie

Bestanddele – Sous
1 Gekapte Ui
1 k Tamatiesous
2 e Worcestersous
1 ¾ k Meelblom
250 ml Blatjang
40 ml Asyn
140 ml Water.

Metode
Plaas hoender, meelblom, sout en peper in sakkie en skud goed. Verhit olie in diep pan. Braai hoender tot bruin en sag. Verwyder hoender uit pan. Gooi olie uit pan totdat daar slegs 25 ml oor is. Voeg uie by olie en braai uie tot bruin. Voeg al die ander bestanddele by. Voeg hoender by. Sit deksel op pan en prut tot sous dik is.

*

GEBAKTE MAYONNAISE HOENDER

1 Hoender

1 Pakkie Bruinuiesop-poeier
250ml Mayonnaise
250ml Water
125ml Appelkooskonfyt/chutney
Verhit oond tot 180¤C. Sny hoender in stukke en rol in uiesoppoeier. Plaas stukke in oondvaste bak. Meng mayonnaise, water en konfyt. Geur met sout & peper na smaak en skep die mengsel oor hoenderstukke. Bak ongeveer 90minute tot gaar en goubruin

*

KARRINGMELK HOENDER

Madri Cordier
500ml Karringmelk
2kg Hoenderstukke
250ml Koue melk
Half pakkie wituiesop
Half pakkie hoenderroomsop
Half pakkie sampioensop
250 Gesnyde sampioene
1 Gekapte ui
Sout en gemaalde swartpeper
10ml Country garlic & herb spice (Robertsons) of mixed herbs
Sit hoender in oondbak en gooi sout en peper na smaak. Gooi die sampioene en uie tussen die hoenderstukke. Meng karringmelk, koue melk en soppe tot romerig. Gooi oor die hoenderstukke en bak in die oond @ 180 grade C vir 40-50 minute of tot gaar. Draai 1 keer om gedurende baktyd. As die sous gedurende baktyd te dik geraak het, roer dan half koppie melk in en meng goed. Bak dan verder.

*

PYNAPPEL HOENDER
(4 porsies)

1 ui, gehalveer en in skyfies gesny
25 ml (2 e) sonneblom- of olyfolie
1 kg hoenderporsies
50 ml (4e) blatjang
250 ml (1k) rou rys
750 ml (3 k) sterk tee
1 pakkie sampioensoppoeier
1 x 440 g-blik pynappelstukke
1 elk rooi en groen soetrissie, pitte verwyder en in driehoeke gesny

Braai ui en hoenderporsies in warm olie tot verbruin. Gooi blatjang en rys by en meng deur.
Meng tee met soppoeier en gooi oor hoender.
Dreineer pynappelstukke en gooi sap by. Prut vir 30 min. Roer af en toe.
Gooi pynappelstukke en soetrissie by.
Laat prut vir 10 min. tot net sag en geur na smaak met sout en swartpeper. ‘n Vullende maaltyd in een gereg.

*

HOENDER MET PYNAPPEL

Bestanddele:

1 teelepel gedroogde roosmaryn, fyn gedruk

Sout en peper

1 heel hoender, verdeel in stukke

10 tot 12 uie, dun gesny

1 k pynappelsap

2 teelepels fyn gekapte geblikte gemmer

4 snye pynappels, gehalveer

Metode:

Meng die sout, peper en roosmaryn. Vryf die hoenderstukke goed.

Sit die hoender in ‘n oondbak en besprinkel met die uie.

Meng die pynappel sap en gemmer en gooi oor hoender.

Bak, onbedek teen 180 C vir omtrent 45 min, of tot die hoender gaar is

Smeer nou en dan met die sappe terwyl dit bak.

Omtrent so 10 tot 15 minute voordat die hoender klaar is rangskik die pynappel skrywe bo-op die hoender stukke.

*

Uit Kos is op die tafel

HOENDER MET HEUNING EN PATATS

Lewer 4 porsies – aangepas vir twee mense

1 groot uie, gehalveer en in wiggies gesny

2 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
300 g patats met die skil, in groot blokkies gesny
1,5 kg heel hoender of 8 hoenderdye
60 ml (4 e) heuning
45 ml (3 e) suurlemoensap
30 ml (2 e)balsamiese asyn
6 dun repies suurlemoenskil
100 ml hoenderaftreksel
50 ml droë witwyn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
6 takkies elk vars roosmaryn en tiemi

Voorverhit oond tot 180 °C. Plaas ui, knoffel en patats in ’n groot oondpan en plaas die hoender in die middel, tussen die groente

Meng res van die bestanddele, behalwe roosmaryn en tiemie. Geur hoender en skink vloeistof oor. Sit die takkies kruie oral tussen die hoender en groente en bedek die pan met foelie

Rooster hoender 30 minute en verwyder die foelie. Skep van die sous bo-oor die hoender en groente en rooster nog 30 minute (sonder die foelie) of tot die hoender goudbruin en gaar is. (Porsies hoender sal binne 40 minute gaar wees.

Sit met koeskoes of vars brood en ’n slaai voor, indien verkies. Die patats kan ook as stysel dien en dus net so voorgesit word

Ontbeen die hoender terwyl dit nog louwarm/kamertemperatuur is, want dan kom die vleis makliker van die been af. Laat heeltemal afkoel en vries vir ’n volgende ete. Maak seker dat die stukkies vleis nie te fyn is nie, want dan droog dit maklik uit. Skink enige orige sous en groente oor die hoendervleis en vries saam met die vleis. Die vleis kan dan in ’n pasta of enige ander gereg gebruik word. Ontdooi die hoender oornag in die yskas. Bv Soteer ui, knoffel en soetrissie in ’n pan, voeg gaar rys by tot deurwarm en roer gaar hoender en bevrore ertjies by tot warm. Geur na smaak en voeg vars kruie na smaak by

Kook pasta van jou keuse en voeg ’n handvol broccoli-blommetjies of groenboontjies by die pasta vir die laaste minuut of twee van die kooktyd. Dreineer alles saam en plaas terug in die warm pot. Skink ’n bietjie olyfolie oor en roer enige orige sous, groente en dan die hoendervleis daarby. Verhit oor lae hitte en roer gereeld tot deurwarm. Roer ’n handvol olywe by, indien verkies

Kook penne of macaroni soos hierbo en roer die hoender en enige sous daarby. Voeg ’n halwe blikkie suikermielies by en rasper ’n bietjie kaas bo-oor. Die suikermielies bind die pasta saam en dis ’n lekker manier om ’n vinnige macaroni-en-kaas-idee te maak, sonder dat dit melk en meel in het en jy het nie nodig om dit in die oond te bak nie.

*

HOENDER NUGGETS

Lewer 4 – 6 porsies

Maak dié groot kindergunsteling self by die huis. Dis maklik en gesonder as die wegneem-weergawe. Sit die hoender op verskillende kreatiewe maniere voor.

100 g (180 ml) koekmeel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
15 ml cayenne-peper, paprika, cajun speserye of gedroogde kruie van jou keuse, bv. gemengde kruie, tiemie of origanum
40-60 ml olyfolie
500-750 g hoenderborsfilette, in happie-grootte blokkies gesny

Meng die meel, sout, peper en geurmiddels van jou keuse in ’n vlak mengbak of groot bord. Maak seker dat die mengsel genoeg sout en peper bevat.

Verhit 10-15 ml van die olie oor matige hitte in ’n braaipan. Plaas intussen ’n kwart van die hoenderblokkies in die meelmengsel en skud die houer of rol die blokkies tot dit heeltemal met meel bedek is. Skud oortollige meel af en plaas in die warm olie.

Braai hoender alkante tot goudbruin en net gaar, maar steeds sappig. Dit behoort nie meer as 5-10 minute te neem nie. Skep uit en hou eenkant warm.

Herhaal met orige hoender en meel in sarsies en voeg nog olie by, soos nodig. (Moenie die hoender te lank in die meel laat lê nie.) Geur hoender na smaak, indien nodig.

Sit hoender op kapokaartappels, pasta of met geroosterde aartappelwiggies en slaai voor. Sit die hoender vir kinders met ’n soetsuur-, soet brandrissie- of tamatiesous voor. Vir die grootmense kan gekaramelliseerde uie (sien bladsy xx slaai) lekker wees.

Laat die kinders hul eie kebabs met die hoenderblokkies, kersietamaties, stukkies komkommer of ander slaaibestanddele op kebab- of sosatiestokkies ryg. Selfs tandestokkies kan lekker werk.

*

 BLADJANG ROOIBOSHOENDER

Resep van Cooking from the heart
Lewer 4 – 6 porsies

6-8 hoenderporsies, bv boudjies en dytjies

1 groot ui, gehalveer en in skyfies gesny
1 k (250 ml) ongegeurde laevet-jogurt
½ k (125 ml) goeie gehalte blatjang (lees die etiket)
½ k (125 ml) Rooibostee of lemoensap
½ t (2,5 ml) sout
2 t (10 ml) mielieblom, met ‘n bietjie water tot ‘n pasta gemeng

Voorverhit oond tot 180 °C.

Trek die vel van die hoenderporsies en sny enige oortollige vet af. Omdat die sous oor die hoender geskink word, sal dit nie uitdroog nie, maar wel heelwat gesonder wees.

Plaas hoender en ui in ‘n oondbak. Meng jogurt, blatjang, tee of sap, sout en mielieblompasta en skink oor die hoender.

Bak vir 30-45 minute of tot goudbruin en gaar, maar nie droog nie.

Sit met bruinrys of kapokaartappels en groente voor.

Wenk
Varktjops, met die oortollige vet verwyder, kan op dieselfde manier gaargemaak word. Voeg blokkies botterskorsie by die vleis en bak so saam in die sous.

*

HOENDER EN TAMATIE – OONDGEBAK

Voorverhit oond tot 180 °C. Plaas die volgende bestanddele saam in ’n groot oondbak. 2 Uie, in wiggies gesny; 1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny; 250 g sampioene, in kwarte gesny en 8 hoender porsies, bv. dye en boudjies.Giet 2 x 410 g-blikke gekapte tamaties, 60 ml (¼ k) droë witwyn of hoenderaftreksel, 30 ml (2 e) balsamiese asyn oor. Voeg ’n handvol gekapte vars roosmaryn en tiemieblare en 10 swart olywe, ontpit en gehalveer by. Skep van die sous oor die hoender om dit daarmee te bedek. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper en bak 45-50 minute of tot hoender gaar en goudbruin is. Sit met koeskoes of kapokaartappels voor.

*

LEMOENHOENDER

Lewer 6 – 8 porsies

Hierdie eenpotgereg is sommer ’n manier om krag te bespaar en lemoene is nog maklik beskikbaar en in seisoen.

8 hoenderdytjies en –boudjies, oortollige vet en vel verwyder
10 ml (2 t) olyf- of avokado-olie, indien nodig
1 groot ui, in dik skywe gesny
125 ml (½ k) rooibostee
125 ml (½ k) lemoensap
4 lemoene, geskil en gesegmenteer en witgedeeltes verwyder
15 ml (1 e) sagte bruinsuiker
6 takkies vars tiemie of roosmaryn
1 lourierblaar
2 middeslag patats, met die skil in blokkies gesny
30 ml (2 e) mielieblom, met water gemeng om ’n pasta te vorm
sout en peper

Verhit ’n groot braaipan en braai hoender alkante tot goudbruin, maar nie gaar nie. Skep uit en hou eenkant. Gebruik ’n bietjie olie as dit nodig is.

Braai ui in dieselfde pan vir ’n paar minute en roer orige bestanddele, behalwe die hoender, patat en mielieblom, by. Bring tot kookpunt oor matige hitte.

Verlaag hitte en voeg patats en hoender by. Geur liggies na smaak en prut met ’n deksel vir 45 minute of tot hoender gaar, maar nie droog is nie.

Roer mielieblompasta by en laat ’n paar minute prut om die sous te verdik. Geur na smaak en sit warm voor met ’n klein porsie bruinrys.

*

PROVENSAALSE HOENDER

Uit Kos is op die tafel
Lewer 4 – 6 porsies

15 ml (1 e) olyfolie
6-8 hoenderdye
125 g sampioene, in skyfies gesny
1 groot rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
2 x 410 g-blikke gekapte tamaties
15 ml (1 e) gedroogde tiemie
10 ml (2 t) balsamiese asyn
15 ml (1 e) sagte bruinsuiker
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
12 swart olywe, ontpit en in kwarte gesny (opsioneel)
30 ml (2 e) gekapte vars Italiaanse pietersielie

Verhit die olie oor matige hitte in ’n groot kastrol en braai die hoender met die velkant eerste, aan beide kante, tot goudbruin. Skep hoender uit en hou eenkant.

Plaas sampioene en soetrissie in die kastrol en soteer ’n paar minute. Voeg tamaties, tiemie, asyn en bruinsuiker by en roer deur. Skep die hoender terug, roer deur om dit met sous te bedek en geur na smaak.

Verlaag hitte, sit die deksel op en prut die hoender 40-45 minute of tot net gaar.

Roer olywe by en geur na smaak. Sit op koeskoes, polenta of pastarys voor en garneer met pietersielie. Of geniet dit saam met vars brood om die sous mee op te vee.

Berei dubbel die resep en vries helfte vir ’n volgende ete.

*

KERRIEBOTTER HOENDER:

8 hoenderdye, vel verwyder

sap van een suurlemoen

15ml masala

sout en vars gemaalde swartpeper

60ml olie

2 uie, in dun skywe gesny

1 soetrissie, in repies gesny

10 ml komynsaad

10ml vinkel

4 kardemomsade

2 stukke pypkaneel

4 vet knoffelhuisies, gekneus

1×2.5cm vars gemmer, fyngekap

5ml borrie

2 suurlemoen- of lourierblare

2 groen brandrissies, fyngekap

6-8 vars, ryp tamaties

45ml tamatiepasta

50ml botter

vars koljander vir garnering

Vryf suurlemoensap oor hoenderdye. Sprinkel masala oor hoenderdye en geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Bedek en laat eenkant staan vir 30 minute. Verhit helfte van olie in ‘n kastrol en braai hoenderdye aan albei kante tot liggies verbruin. Verwyder hoender en hou eenkant. Verhit oorblywende olie in dieselfde kastrol en soteer ui en soetrissies oorl lae hitte tot baie sag. Voeg komynsaad, vinkel, kardemomsade, pypkaneel, knoffel, gemmer, borrie, suurlemoen blare en brandrissies by. Roerbraai om geure te laat ontwikkel. Sny ‘n kruisie deur die skil van die tamaties grof. Voeg by uie en soetrissies in kastrol saam met tamatiepasta. Bring tot kookpunt en prut vir 10 minute. Plaas hoender terug in kastrol en bring tot kookpunt. Prut vir sowat 35- 40 minute stadig totdat vleis sag is en amper van die bene wil afval. Roer botter by.  Proe en geur. Indien nodig kan ‘n bietjie bruinsuiker bygevoeg word. Sprinkel koljanderblare oor net voordat gereg voorgesit word.

*

KERRIE HOENDER

Uit wenresepte 2000

1 heel hoender
sout
1 ui,in ringe gesny
5 ml olie

kerriemengsel

12,5 ml – 2 ½ t matige kerriepoeier
5 ml borrie
12,5 ml vrugte blatjang
12,5 ml olie
10 ml suiker
5 ml asyn
Voorverhit oond tot 180°C.
Maak die hoender goed skoon en sny dit deur die borsbeen oop. Vryf goed met sout van buite en binne in. Plaas die hoender in `n baksakkie en vlek dit oop sodat dit plat lê.
Soteer die ui in verhitte olie tot glansig en skep in die holte van die hoender.
Meng al die bestanddele vir die kerriemengsel en giet dit in die baksakkie. Skud die baksakkie goed totdat die hoender heeltemal met die kerriemengsel bedek is. Plaas die hoender in `n vlakkerige oondskottel en bak 1 – 1 ½ uur lank of totdat dit gaar is. Daar moet nog `n bietjie sous in die sakkie oor wees. Draai die hoender die laaste kwartier om.
Sit voor met gemengde groente, Kerrie-aartappels en blatjang.
Genoeg vir 4-6 mense

*

GEURIGE KERRIEHOENDER

 1 ui gekap

Olie

10 ml kerriepoeier

2 tamaties, ontvel en in blokkies gesny

250ml rooiwyn

80ml blatjang

25ml appelkooskonfyt

1 kg fyn gaar hoender

250ml mayonnaise

50ml room

soteer ui in ‘n klein bietjie olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai og sowat 1 minuut. Voeg die tamatie, rooiwyn, blatjang en appelkooskonfyt by en laat sowat 10 minute prut. Meng dan die fyn hoender asook die maynnase en room by en verhit tot lekker warm. Skep in klaar bereide fillobakkies, indien verkies of dien op oor rys. Kan ook koud as slaai bedien word. Genoeg vir 4 – 6 mense

*

CHICKEN A LA KING

Gaargekookte hoender (ontbeen en gevlok) Oorskiet hoender hier werk baie lekker

1 Groenpeper (ontpit) in blokkies

1 Groot gekapte ui

6 Snytjies ham in blokkies (opsioneel)

Olie

2 Eetlepels margarien

250g sampioene gesny

1 Pakkie sampioensop

1 Pakkie hoenderroom sop

1 Pakkie wituie sop

500ml koue water

500ml koue melk

10ml mixed herbs

Sout en gemaalde swartpeper

500g spaghetti (gaargemaak)

6 Snye witbrood (sonder korsies) in blokkies

Braai uie, groenpeper en hamblokkies en sampioene in olie en margarien. Voeg speserye by. Gooi hoender by en roer vir 2 minute. Meng melk en koue water en soppe en gooi by. Bring tot kookpunt. Roer broodblokkies en spaghetti by en prut vir 5 minute. Bedien op rys.

*

KORSLOSE HOENDERPASTEI

Bestanddele
1 Hoender
2 Eiers
¼ k Mayonnaise
1 k Gekookte rys
2 Pakkies Simba chips
1 Steel Selery
1 blikke room sampioene sop
1 Pakkie sampioen sop
1 Ui
1 k Ertjies
Hoender aftreksel
Melk en water
Gerasperde Kaas

Metode
Kook hoender en sny in fyn blokkies. Kook eiers hard en sny fyn. Druk Simba chips fyn. Maak sop aan soos op aanwysings maar vervang die helfte van die vloeistof met Melk en die ander helfte met water. Kap ui fyn en braai in botter. Meng alles behalwe aftreksel saam. Plaas in oondbak. Indien te droog voeg hoenderaftreksel by. Strooi gerasperde kaas oor. Baak in oond teen 200º C vir 10 tot 15 minute.

Wenk
Hierdie gereg kan net so gevries word voordat dit gebak word. Ontdooi en bak dan soos bo beskryf. Hierdie mengsel is genoeg vir twee groterige pasteie of 3 kleinerige pasteie.

*

SUPER MAKLIKE HOENDERPASTEI A LA RENS

1 groot hoender of 2 kg hoender – afgekook en gevlok

250gr gram spek (opsioneel)

Hoenderspeserye, fyn naeltjies,garlic,  peper en sout

1 of 2 uie gekap
250 g sampioene in skyfies gesny
1 pakkie hoender roomsoppoeier

1 pakkie Chicken a la king – cook in sauce

1 koppie veggie mix

1 liter melk – meng die pakkie chicken a la king en hoendersop daarin
1 pak voorbereide blaardeeg (puff pastry)

Braai uie, spek en sampioene. Gooi die groente in en roerbraai vir so ‘n rukkie. Voeg die melk met sopmengsels in en laat net effe kook – voeg die speserye by en hoender. Kook tot dik. Voeg nog melk by indien jy sien die mengsel is te dik of bietjie meel as jy sien mengsel is te dun.

Plaas in gesmeerde bak, sit puff pastry oor en bak in vooraf verhitte oond vir 30 na 45 min by 180 grade C of tot ligbruin.

*

HOENDERPASTEI

‎(4 – 6 porsies)

1 gaar hoender
15 ml botter
3 knoffelhuisies, fyngekap
6 klein preie, in dik skywe gesny/leeks
250 ml room
4 klein Mediterreense aartappels, gaar en skil verwyder
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 vel blaardeeg (400 g)
1 eier, geklits
Verwyder die vleis van die hoender. Besluit self of jy die vel wil bysit – ek dink persoonlik dis die lekkerste deel van die hoender. Smelt die botter in ’n pan en braai die knoffel en preie saam tot sag. Meng die hoender, preie en aartappels in ’n groot mengbak. Gooi die room oor en meng goed. Geur met sout en swartpeper. Plaas die blaardeeg op ’n gesmeerde bakplaat. Smeer die deeg met die geklitste eier. Stapel nou die hoendermengsel in die middel van die blaardeeg op. Los so ’n 4 cm-rand oop. Vou die 4 cm-deeg om die hoender. Smeer die rand van die deeg met nog geklitste eier. Plaas in ’n warm oond teen 200 °C vir ongeveer 45 minute sodat die deeg gaar en mooi bruin word. Garneer met vars roosmaryn.

*

 HOENDERPASTEI

‎80 ml olyfolie
4 knoffelhuisies, fyngekap
2 uie, grofgekap
2 suurlemoene, gehalveer
2 heel hoenders
500 ml groenteaftreksel
45 ml botter
250 g wit sampioene
250 ml room
sout en varsgemaalde swartpeper
500 g blaardeeg
1 eier
Verhit oond tot 200 °C. Verhit olie in ‘n groot pot. Voeg knoffel en uie by en braai liggies tot goudbruin. Druk halwe suurlemoene in hoenders en braai in warm pot tot goudbruin. Gooi hoenderaftreksel by. Maak pot toe en plaas in warm oond. Bak vir 2 uur of tot die vleis van die been loskom. Vlok vleis van karkasse af en hou eenkant. Gooi alle pansappe by gevlokte hoender. Verhit botter in ‘n braaipan en braai sampioene tot goudbruin. Voeg hoender by en braai nog 5 minute. Gooi room oor en laat stadig prut tot mengsel dik en romerig is. Geur goed met sout en swartpeper. Gooi in ‘n oondvaste bak van 30 cm. Rol blaardeeg uit en sny sowat 2 cm groter as bak se rand. Plaas op hoender. Sny woorde of vorms uit orige deeg en sit bo-op. Verf met eier en bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.

*

HOENDERPASTEI MET RYS

1kg hoender

250ml mayonnaise

250ml gaar rys

2 hardgekoote eiers

1 pakkie roomsampioensop

1 pakkie hoenderroomsop

1 pak tamatie chips of beacon kips of skilferkorsdeeg

Kook die hoender sag in baie water, moenie sout opgooi nie. Maak fyn en haal al die beentjies uit. Maak die soppoeier aan met die sous van die hoender en voeg water by totdat dit 850ml is. Meng alles saam en gooi in oond bak. Bak vir 30min by 180°C. Maak chips of beacon kips fyn, gooi bo-oor en bak weer vir 30min- of sit skilferkors bo-op en bak tot gaar en goudbruin.

Bedien saam met lekker vars slaai

*

HOENDER LASAGNE

Bestandele:
12 velle lasagne
1 EL olie
1 Ui in skywe gesny
100 g Sampioene, in skywe gesny
2 TL gemaalde gemmer
1 TL nutmeg
3 bay leaves
Sout en peper na smaak
3 gaar hoender porsies, (ontbeen en vel, en in stukkies gesny)
1 EL mazina
450 ml melk
150 ml Griekse Jogurt
100 g gerasperde Cheddar

1. Kook die lasagne in sout water tot sag. (‘n Bietjie olie in die water sal keer dat die velle aan mekaar vasplak).
2. Maak die olie warm in ‘n pan, en braai die uie tot sag.
3. Gooi die sampioene by, en braai vir ‘n verdere 3 minute.
4. Gooi die speserye, bay leaves, sout en peper by, en roer deur. Voeg dan die hoender by.
5. Meng die mazina en melk goed, en gooi dan by die hoender in die pan. Bly roer totdat die sous dik word.
6. Haal die lasagne uit die water, en plaas dit oop op kombuisrol om al die extra water te verwyder.
7. Plaas dan die lasagne velle en hoender mengsel in lae in ‘n oondvaste bak (ek hou daarvan om met ‘n laag lasagne te begin en eindig).
8. Meng die Jogurt en kaas, en smeer bo-oor die laaste laag.
9. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 200C vir 30 minute, of totdat die kaasmengsel bo-op mooi bruin gebraai is.

*

HOENDER FILETTE

Rencia Odendaal  Pretorius

Bedien met mayo mash en lekker mengelslaai of roast butternut

Sit jou oond aan op 180grade C

Filette – hou net so of butterfly as baie dik is

Broodkrummels of fyngedrukte provitas en kellogs flakes met jou keuse van speserye bv sout peper ,tiemie, roosmaryn ens

Eiers geklits

Druk filette in krummels – dan in eiers en dan weer in meel

Sit in yskas vir tenminste 15 min

Maak pan WARM met net genoeg olie om bodem te bedek. As jy die filette insit moet dit dadelik begin bak. Jou olie moet nie koud wees nie.

Sit filette in pan en los vir ongeveer 5 min tot self loskom van die bodem en dit bruin is

Draai filette om en los vir so 3 tot 4 minute Jou hoender behoort nou 95% gaar te wees.

Spuit nou lekker suurlemoensap oor alles – wag so 30 sekondes draai om

Haal uit en sit in bakplaat en gee rustyd van tenminste 5 min

Sny ‘n paar kersie tamaties in helftes, ui fyn gekap, vars klein pietersielie, spinasie blare, peppers fyn gekap – geel, rooi en groen, mushrooms

Gooi in warm pan met net paar druppels olyfolie, – roerbraai dit net vinnig vir so ‘n minuut of 2 met bietjie balsamic vinegar, dit moet net warm wees en geskroei wees. Moenie dit pap braai nie

Nou sit die tamatie mengsel bo-op die hoender filette

Rasper nou mozzarella kaas en sit bo –op elke filette

Sit in oond vir omtrent so 6 minute – net tot kaas oor die hoender filette gesmelt is.

Skep nou die kapokaartappels  in die middlel, en sit die filette bo-op die mash, skep die slaai in, of pampoen en bedien dadelik

Oondgebraaide Brisket


Oondgebraaide Brisket-Laurens Kitchen

Oondgebraaide Brisket-Laurens Kitchen

Oondgebraaide Brisket

1,5 kg brisket

SOUS

1 groot ui, fyn

2 knoffel, gekap

62,5 olie

250 ml tamatiesous

62,5 ml worcestersous

62,5 ml soyasous.

62,5 ml witasyn of suurlemoensap

125 ml water

25 ml heuning

5 ml mosterdsous

5 ml sout

5 ml mosterdpoeier

Verhit oond 150 C.

Plaas vleis in gesmeerde oondpan.

Braai ui en knoffel vir 3 min. in olie

Voeg al die sous bestandele by en prut 10-15 minute.

Giet sous oor vleis.

Bedek en bak 2- 2 1/2 uur. Bedruip gereeld met die sous.

Verwyder die deksel of foelie die laaste 30 minute.

Skep vleis uit en roer bietjie kookwater by die sous indien dit te dik is


Cocktail Worsies-Bron onbekend

Cocktail Worsies-Bron onbekend

Vinnige “ÇOCTAIL WORSIES”

1 pak skilferkors – rol dunner uit

Pak kaasworsies, viennas, hoender coctailworsies, varkworsies,  enige van daardie worsies wat jy in pakkies koop wat reeds gaar is. Jy kan selfs gaar dun boerewors gebruik.

Rol elke  worsie toe in ‘n stukkie  skilferkors.

Borsel/smeer bietjie melk of  bietjie mayonaise  oor.

Sprinkel bietjie pietersielie, rooipeper of paprika oor.

Bak by 180gr C tot gaar en goudbruin.

Sny in Bite size happies en bedien met ‘n lekker mosterdsous.

Ontbyt idees / Brunch idees


ONTBYTE

‘N PAAR OULIKE IDEES:

1. Pizzadeeg met roereier en spek. Gebruik pizzabasis, sit roereier en spek bo-op met kaas en druk vir 15 min in oond by 200grade C

2. Gaar worsie met skilferkorsdeeg om – gebak in die oond tot goudbruin. Bedien met roereier en gebraaide tamaties en uie.

3. Gekleurde plaatkoekies (spesiaal vir die kinders) Maak plaatkoekie mengsel aan, deel in bakkies, gooi verskillende koekkleursels in. Bedien met heuning of stroop of maaskaas.

4. Maak skons beslag, rol baie dun uit, bak tot gaar. Sit roereier en spek op en bak in die oond tot kaas gesmelt is

5. Tortillas – braai spek en ham, eier en uie. Rol toe in tortilla en sny in skywe.

6. Broodrolletjie met gebraaide spek, groot sampioen wat gaar gemaak is in die oond, skyfie tamatie en ‘n sagte eier.

plaatkoekies
PLAATKOEKIES
250ml koekmeel
10ml bakpoeier
1ml sout
30ml suiker
1extra large eier
200ml melk
15ml gesmelte botter of margarien

1. Sif al die droe bestandele saam.
2. Klits eier en melk en gesmelte botter saam en voeg by droe bestandele.
Meng baie goed tot beslag mooi glad is.
Laat staan dan vir +/- 30min voor jy begin bak.

paprika-eggs

Sny dik skwye peppers of uie. Sit in pan met bietjie olie. Sit skyfie tamatie onder in.

Doen die volgende:

Gooi klein bietjie eierwit in, wag dat eierwit  effe begin stol en gooi dan die hele eier in. Sit deksel op en stoom tot gaar.

plaatkoekies 2

Maak plaatkoekie beslag aan. Sit repie spek in pan, gooi plaatkoekie beslag oor en bak tot gaar.

ontbyt 6

Plaatkoekie ontbyt met tamatie, hardekookte eier, gebraaide spek, uie en kaas.

Bak plaatkoekies
Hardgekookte eiers
Skyfies tamaties
Braai bietjie gesnipperde spek, gekapte uie.
Kaas van jou keuse (gerasper)
Stapel jou ontbytkoekie
Begin met die plaatkoekie, snytjie tamatie, skyfies eier, en laastens die spek en uie en bietjie gerasperde kaas.
Plaas in oond sodat die kaas net bietjie smelt en koekie warm is.
ontbyt 1

SCRUMPTIOUS SANDWICH TREAT – (Enterprise)

Deur: Koskapperjolle 2

12 slices white bread
1 red or green pepper, deseeded and thinly sliced
20 ml oil
250 g Enterprise Garlic Polony, sliced and chopped *
12 eggs
500 ml milk
50 ml mayonnaise
175 g cheddar cheese, grated
30 ml fresh parsley, chopped

Preheat oven to 180ºC.
Grease a large flat square tart dish or oven pan.
Put 6 slices of bread side by side in the bottom of the tart dish.
Fry the green pepper in heated oil for 3 minutes.
Arrange equal amounts of red or green pepper and polony on the slices of bread.
Place the other 6 slices of bread on top as if you are making sandwiches..
Beat eggs, milk and mayonnaise together. Pour over the bread and leave for 1 hour or overnight.
Sprinkle with the cheese and the parsley.
Bake for 40 minutes until the egg mixture has set.
Use an egg lifter and place one sandwich on each plate. Serve whilst still hot. Garnish with a crisp fried bacon rasher and baby tomatoes, if preferred.

PIZZA MUFFINS

KAAS EN WORSIE MUFFINS:

1 groot eier

200 ml melk
250ml koekmeelblom

10 ml bakpoeier
2 ml mosterdpoeier

2-3 Weense worsies, in dun skyfies gesny
250ml gerasperde cheddarkaas

1. Breek eier in ‘n maatbeker, klits liggkies met ‘n vurk en vul met melk aan (tot 250 ml).
2. Sif die meel, bakpoeier en mosterdpoeier saam.
3. Voeg die melkmengsel by en meng tot meel aangeklam is, beslag behoort klonterig te wees.
4. Skep beslag in ‘n gesmeerde muffinpan sodat holtes twee derdes vol is.
5. Bak sowat 15 minute in ‘n voorverhitte oond teen 200C of tot goudbruin. Sit voor met botter.

bacon-and-eggs

Braai spek, uie, sampioene, rooi, geel en groen peppers tot sag. Maak gaatjie in die mengsel en gooi eier in. Sit deksel op en stoom tot eier gaar is

omlet

FRANSE OMELET
6 eiers
½ t sout
6 e melk of room
¼ t peper
2 e botter

1. Klits die eiers effens, net genoeg om die wit en geel te meng.
2. Voeg die melk of room, sout en peper by.
3. Maak die pan goed warm en smelt dan die botter daarin.
4. Gooi die eiermengsel daarin en laat dit oor stadige hitte gaar word.
5. Wanneer die mengsel begin kook, lig dit effens op aan die kante sodat die rou bo-op
ook met die warm pan in aanraking kan kom. Moet dit nie roer of breek nie.
6. Wanneer die omelet ʼn dik romerige voorkoms het, word dit toegevou, en enige van
die variasies vir omelette kan ook gebruik word.
7. Laat dit op ʼn warm bord afgly en dien dit onmiddellik op.

Spinach-Ham-Cheese-Omelet

Vul omelet met roomspinasie, gerasperde kaas en stukkies ham/spek.

muffins met maalvleis

MAALVLEIS POFFERTJIES:

BESLAG:

KLITS SAAM: 250ml melk , 2 eiers , 125ml olie

VOEG BY BOGENOEMDE: 250ml koekmeel , 10 ml bakpoeier , 2ml sout , 2ml fondor.

METODE: Deeg is baie slap. Bespuit kolwyntjiepannetjies. Skep eers deeg onder in dan maalvleis en skep weer deeg bo – oor. Bak in oond 230’c) tot ligbruin..

muffins

30 DAE GESONDHEIDS MUFFIN

Bestanddele
4 eiers
175 ml olie
500 ml bruinsuiker
1 liter karringmelk
500 ml semels OF All Bran-vlokkies
250 g pitlose rosyne
750 ml meelblom
500 ml volkoringmeel
25 ml koeksoda
5 ml sout

Metode
Klop die eiers, olie, suiker en karringmelk baie deeglik saam met ‘n elektriese hand klitser of houtlepel. Voeg die semels en rosyntjies by en meng deur. Voeg die droë bestanddele by die mengsel. Bak onmiddellik of hou die rou beslag in ‘n lugdigte houer in die yskas tot benodig. Skep lepels vol in gesmeerde kolwyntjiepanne (maak die leë holtes vol water as net ‘n paar muffins gebak word). Bak 20 minute lank by 200C. Die gebakte muffins kan ‘n dag of twee in ‘n lugdigte blik gehou word.

30449_RecipeImage_620x413_eggs_benedict_sandwiches_2

ONTBYT HAMBURGER

Gebruik hamburgerbuns.

Sny in helfte – druk holte in die onderkant. Sit in warm pan met bietjie olie. Gooi eier in holte en bak tot amper gaar. Sit skyfie ham of gebraaide spek op, skyfie kaas en sit ander helfte van die bun op. Draai om en bak aan die anderkant.

kaaspoffer

ONFEILBARE SKONS

2 koppies meel

4 teelepels bakpoeier

sout

2 eier

1 koppie melk

½ koppie olie

Metode:

Meng die droë bestanddele. Klits die

eier, melk en kookolie saam en meng

met droë bestanddele. Bak in

kolwyntjie pannetjies vir ongeveer 8 na 10 min.

VIR KAASSKONS: Gooi handvol kaas in beslag, gooi gerasperde kaas bo-oor, bietjie pietersielie en paprika.

*
ROOM SKONS (uitrol/uitdruk)
Bestanddele
2 Koppies Meel
4 t Bakpoeier
Sout
1k Room
1 Eier
Metode
Sif droë bestanddele saam. Klits eier in room en meng alles saam tot sagte deeg. Rol uit en druk uit in ronde vorms. Plaas in pan. Bak teen 250º C tot goudbruin. Toets of gaar en geniet.

KAASSKONS

2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel suiker
1/2 teelepel sout
knippie rooipeper (opsioneel)
2 koppies gerasperde kaas
1 koppie volroommelk

Kan 1 eier geklits byvoeg. Die mengsel is redelik droog.

Verhit die oond tot 220 ° C. Plaas die bakplaat in die oond om warm te word.
Sif meel, bakpoeier, sout, suiker en rooipeper in ‘n bak. Meng kaas by. Maak ‘n holte in die middel van die meel..

Bestrooi jou werksoppervlakte met meel en sorg dat jou oond op hitte is.

Voeg die melk by, meng deur  met ‘n mes. Keer uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en vinnig vorm ‘n 3 cm dik reghoek. Sny in 8 stukke  en sit op  meelbestrooide, warm bakplaat.  Bak vir 15-20 minute. Jy sal ruik as julle gereed is. Dit sal mooi opgepof en goudbruin wees.

Jy kan die resep ook in jou muffin pannetjies bak wat gespuit is met spray en cook.

Heerlik! As jy dit nie dadelik wil eet nie, die resep vries goed.

Wenke vir bak van skons

1 Verhit die oond vooraf- dit moet warm
2. Verhit die pan – sit dit in wanneer jy die oond aansit.
3. Voeg al die melk op een slag by  – dit moet ‘n nat eerder as ‘n droë mengsel wees.
4. Meng dit vinnig deur met ‘n mes te sny , net genoeg om saam te bind. Moet dit  nie oor meng.
5. Moenie te veel karring aan jou skon mengsel nie. Dws moenie te veel roer nie. Die oomblik as jy die melk ingemeng het, sny in stukke en kry in die oond asap.

Ag, en een laaste ding, gebruik ‘n sterk cheddar  kaas  vir ‘n werklik heerlike botterbroodjie saam met jou gunsteling konfyt en ekstra kaas.

OJ French Toast

French toast met stroop/heuning en botter

Klits 2 eiers, sout peper en bietjie melk.

Druk snytjie  brood in eiermengsel en vlak panbraai in warm botter of olie tot goudbruin.

Soet -sout kombinasie  FRENCH TOAST  – BAIE LEKKER!

Maak gewone French toast, sit lekker bros gebraaide spek op, nog ‘n snytjie French toast bo-op en bedruip met Maple Syrup. As jy wil kan jy die French toast in mooi vormpies uitdruk met ‘n koekiedrukker en stapeltjies maak.

french toast 1

FRENCH TOAST ROLL-UPS: [Adapted from Pati’s Mexican Table]
8 roll-ups
French toast roll-ups will spice up your breakfast routine!
Ingredients
8 slices white sandwich bread (the soft, fluffy type)
peanut butter, jelly, cream cheese, dulce de leche, cajeta or nutella
2 eggs
3 tablespoons milk
1/3 cup granulated sugar
1 heaping teaspoon ground cinnamon
butter, for greasing the pan
maple syrup, for serving
Instructions
1.Trim the crust from the bread and flatten it out with a rolling pin.
2.Place about a teaspoon or 2 of your chosen filling an inch from one end of the bread spread out in a strip. Roll the bread up and repeat until they’re all filled.
3.In a shallow bowl whisk the eggs and milk until well combined.
4.In a separate bowl mix the sugar with the cinnamon.
5.In a skillet set over medium heat melt a tablespoon of butter.
6.Add the rolls to the egg turning to coat on all sides then place them in the pan seam side down. Cook in batches until golden brown, turning them to cook and brown on all sides. Add butter to the pan as needed.
7.Add the hot rolls from the pan to the cinnamon sugar and roll until completely covered in sugar.
8.Serve with maple syrup for dunking.

pannekoek en skons
PANNEKOEK MET VULSEL EN SKONS
Ek het pannekoeke gebak, toe braai ek, uie sampioene, spek, stukkies kaasworsies. Net voor opdiening  gooi ek eiers en melk en bakpoeier by die spek en worsie mengsel en maak roer eiers met dit alles. Die pannekoeke gevul, opgerol en kaas,spruituie en paprika oorgegooi. Het vir elkeen ‘n kaas skon gebak.
PANNEKOEK : 4k koekmeel, 4t bakpoeier, 4 eiers, 4k water, 1t sout. Meng alles goed, bedek en plaas in yskas tot volgende dag. Klits net voor bak, 1k olie en 60ml asyn in.Indien jy dit nie oornag wil laat staan nie, gooi al die bestandele in en bak dadelik.Hierdie beslag maak 16/17 groot pannekoeke – ek gebruik soplepel hoeveelheid beslag op ‘n slag en ek gebruik my
bauerpan.
SOFT SCONES
2 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
sout
2 eier
1 koppie melk
½ koppie olie
Metode:
Meng die droë bestanddele. Klits die
eier, melk en kookolie saam en meng
met droë bestanddele. Bak in
kolwyntjie pannetjies vir ongeveer 8 na 10 min.
VIR KAASSKONS: Gooi handvol kaas in beslag, gooi gerasperde kaas bo-oor, bietjie pietersielie en paprika.
IMG_6816
Neem gewone snytjies wit brood. Sit botter op. Ek doen dit parykeer met repies spek gebraai of sommer snytjie ham. Sit ham onder op die broodjie,bietjie mosterd oor of mayonaise ,  dan skyfies tamaties, dan roereiers, en laastens gerasperde kaas. Sit in die oond onder die Grill en grill tot deurwarm en die brood se kante mooi ligbruin is. Jy kan ook as jy van rou uie hou, skyfies uie net bo-kant die tamatie opsit.
30448_RecipeImage_620x413_waffle_blt_egg_4
WAFEL-HAMBURGER  MET VULSEL
Bak wafels en pak met gebraaide spek, uie, sampioene, blaarslaai, lekker mosterdsousie en Sunny side up eier

WAFELS:

Meng saam:

2 kop meel

2tl bakpoeier

sout

Meng saam:

1tl koeksada (aangemaak in bietjie melk)

2kop karringmelk

2 eiers

90ml olie

Meng nou alles saam tot gladde mengsel

Laat staan vir 15 min en bak

*

KAAS WAFELS

180 g koekmeel

120 g mieliemeel

2 tl bakpoeier

½ tl sout

2 eiers (geskei)

225 ml melk

200 ml suurroom of yoghurt

2 el olyfolie

120 g gerasperde Cheddarkaas

2 eetl gesnipperde grasuie

1 Sif droë bestanddele saam.

2 Klits eiergeel, melk, suurroom en olyfolie saam.

3 Voeg droë bestanddele by.

4 Voeg styfgeklitste eierwit, kaas en grasuie by en vou in.

Vir ontbyt:

1. Rooster kersietamaties met olie, sout en peper vir 5 minute. Braai spek in

klein pannetjie, breek twee eiers daaroor, maak gaar en hou warm.

2. Bak kaaswafels en bedien met spek, eiers en tamaties

*

WAFELS VIR ONTBYT

By Kos vir kampeerders met idees vir kampering

Maak wafels vir ontbyt met die volgende:
Gebakte eier, spek en tamaties met ‘n romerige sampioenesous.
Gebraaide niertjies en lewer in suurroom met klein gebraaide tamaties en uie.
Maak ‘n toebroodjie met wafels gevul met gebraaide sampioene, uie en tamaties, met stukkie cheddarkaas.
Maak wafeltoebroodjie met avokadopeer, spek en slaaiblare.
Maak ‘n toebroodjie met wafels gevul met ham, kaas en tamatie.
Maak ‘n boerewors rol met wafel, gevul met gebraaide uie.

baked-bean-bacon-egg-rolls

BUN BASKET

Neem hamburger rolletjie . Sny die boonste kop af.  Hol die broodrolletjie uit. Bedien die brood saam met die bun basket.

Braai spek, sampioene, uie, groen, rooi en geel peppers tot sag. Skep in die rolletjie in. (jy kan enige iets gebruik, ham, viennas, kaasworsies gesnipper – jou keuse.

Gooi eier bo-op en bak in die oond by 180 C tot eier gaar is.

ZIPLOC OMELETTE

Ek weet baie mense gaan nou se : plastiek is sleg vir ‘n mens as dit verhit word, maar dit bly ‘n goeie idee en dit werk soos ‘n bom !!
Omelette in ‘n Ziploc bag:

Ingredients:

2 eggs
2 tablespoons grated cheese (any kind) 
1 tablespoon diced sweet pepper (or hot) 
1 tablespoon diced onion 
1 tablespoondiced tomato (etc) 
salt and pepper

Directions:

Mix all ingredients well, in a sandwich size Zip-Lock plastic bag and seal.

Drop bag(s) into a pot of boiling water.Boil for 13-15 minutes.Remove and enjoy.

(Don’t use more than 2 eggs in each bag or it won’t cook as evenly).

*

 

snackwich scones

SNACKWICH SKONS
4 e.l olie
1 eier
3/4 kop. meel
2 t.l bakpoeier (kan bruismeel ook gebruik)
1 1/2 kop. gerasperde kaas

Meng alles saam een maak in toe snackwicher. Kan net so eet of oop sny en vul met slaai of iets vleiserig.

snackwich omelet

 SNACKWICH OMELETTES: 

Servings: 2 omelettes
Ingredients
Margarine
3 eggs, beaten
Salt and pepper to taste
Ham, chopped (about 3 tablespoons)
Shredded cheddar cheese, about 1/4 cup
Directions
Place a small amount of margarine in each of the sandwich maker wells. Preheat about 5 minutes. Pour half of the eggs evenly into the hot, buttered wells of the machine, top with the ham and cheese, pour remaining eggs on top. Close machine, cook for about 2 minutes or until the red light to turn green. Top with more cheese if desired.

VALENTINES DAY ONTBYTE
                                                                                VALENTYNS IDEES OM JOU GELIEFDE TE BEDERF
kaneel french toastKANEEL GEBAKTE “FRENCH TOAST
LEKKER ONTBYT IDEE: Iets anders…
Deur: Recipe http://lovintheoven.com/2012/08/cinnamon-baked-french-toast.htmlBestanddele
• 1 brood / broodrolletjies / Franse brood (ou brood)
• 8 eiers
• 2 koppies melk
• 1/2 koppie room
• 3/4 koppies suiker
• 2 eetlepels vanilla
• 1/2 koppie meel
• 1/2 koppie bruinsuiker (die donker een)
• 1 teelepel kaneel
• 1/4 teelepel sout
• 1 25gr koue botter, in blokkies gesny
Metode:
1. Smeer ‘n 9 x 13 duim pan.
2. Skeur die brood in stukke en plaas dit in die gesmeerde pan.
3. Meng eiers, melk, room, suiker en vanielje. gooi die mengsel eweredig oor die brood. Bedek en verkoel oornag in yskas.
4. In ‘n ander bak, meng die meel, bruinsuiker, kaneel en sout. voeg die botter by en meng totdat die deeg amper lyk soos klein klippies. Stoor in ‘n plastieksak in die yskas.
5. Net voor jy wil balk
Verhit die oond tot 180 C
6. Neem jou pan met die deur nat brood en sprinkel krummelmengsel bo-op.
7. Bak vir 1 uur.
8. Sny in skywe . Bedien warm met stroop en botter, as jy wil.
Oop pot omelet

Oop pot omelet

Oop pot omelet

5 eiers geklits, bietjie melk en bietjie bakpoeier

Spek en uie gebraai

Blokkies ham

Blokkies tamatie

Gerasperde kaas

Smeer swartboompotjie goed met botter en dan bietjie olie.Gooi eiers in en sit deksel op – oor lae hitte laat eiers gaar word en lekker pof. Eiers moet nog klam, effe nat  wees as die volgende oorgegooi word. Gooi oor die spek, uie, ham, tamatie en laastens die kaas.Sout en peper. Sit deksel terug en laat op baie lae hitte alles smelt en warm word. Jy kan ook sampioene saam met die uie braai, en ook green, red en yellow pepper.

Ham and cheese omelet roll-Food.com

Ham and cheese omelet roll-Food.com

Ham and cheese omelet roll

Food.com

4 ounces (ongeveer 125gr)  cream cheese, softened

3/4 cup milk

2 tablespoons all-purpose flour

1/4 teaspoon salt

12 eggs

2 tablespoons Dijon mustard

2-1/4 cups shredded cheddar cheese, divided

2 cups finely chopped fully cooked ham

1/2 cup thinly sliced green onions

Directions

Line the bottom and sides of a greased 15x10x1 baking pan with parchment paper; grease the paper and set aside.In a small mixing bowl, beat cream cheese and milk until smooth. Add flour and salt; mix until combined. In a large mixing bowl, beat the eggs until blended. Add cream cheese mixture; mix well. Pour into prepared pan.Bake at 375 degrees for 30-35 minutes or until eggs are puffed and set. Remove from the oven. Immediately spread with mustard and sprinkle with 1 cup cheese. Sprinkle with ham, onions and again 1 cup cheese.Roll up from a short side, peeling parchment paper away while rolling. Sprinkle top of roll with the remaining cheese; bake 3-4 minutes longer or until cheese is melted.

Egg Stuffed Potatoes- cheeseandchoco

Egg Stuffed Potatoes- cheeseandchoco

Egg Stuffed Potatoes

By: http://cheeseandchoco.blogspot.com/2011/02/egg-stuffed-potatoes.html

2 Baked Potatoes

2 Eggs

Butter

Salt

Pepper

Various Filling Ideas:

cooked meats: crispy bacon, ham, sausage, leftover chicken/steak, tofu etc

veggies: chopped broccoli, spinach, roasted garlic, asparagus, onions, peppers, salsa

CHEESE!: cheddar, mozzarella, pepper jack, gouda, muenster, you name it!

1. Preheat oven to 350F. Slice just the top of your potatoes off to expose their fleshy goodness. Scoop out some of the flesh – you want plenty of room for your fillings, but you still want a good later of potato. Reserve the flesh for another use.

2. Sprinkle the inside of each potato with a little salt and pepper. Place some of your fillings into the hollow of your potatoes. How much you use will depend on how big your taters are. Just make sure to leave room for your egg.

3. Carefully crack a whole egg into each potato. Sprinkle with a little more salt and pepper to taste, and add a bit more cheese and fillings to the top.

4. Bake for about 20-25 minutes, or until the whites are set but the yolk is still runny. (Bake for a few minutes longer if you prefer a firmer yolk.)

Breakfast Puffins
Adapted: http://www.chef-in-training.com/2013/03/breakfast-puffins/
This recipe is so simple and so delicious and will completely wow the guests you serve them too!
• 2 sheets Puff Pastry thawed
• 12 eggs beaten
• ¾ cup cooked and crumbled bacon more for garnish
• ¼ cup milk
• ¾ cup shredded cheddar cheese
• 9 slices cooked Bacon (fry to crispy)
• 9 slices ham
• SAUCE
• 150gr Velveeta cheese (any prossesed cheese)
• 40ml cup milk
INSTRUCTIONS
1. Cut each Puff Pastry sheet into 9 equal squares for a total of 18 squares and align on 2 cookie sheets.
2. Cook Puff Pastry squares at 200 C for about 12-15 minutes or until they are golden brown in color. Remove from cookie sheet and let cool for about 10 minutes.
3. In a large skillet, combine beaten eggs, cumbered bacon and milk. Cook scrambled eggs. For the last 30 seconds, sprinkle on shredded chedder cheese and let melt.
4. As best as you can, divide eggs into 9 equal portions placing 1/9 of scrambled eggs onto the flat side of one Puff Pastry square. Continue topping each of the 9 egg covered squares with a slice of ham (fold as needed) and 1 slice of bacon broken into halves. Place the flat side of a second Puff Pastry on top of each puffin.
5. To make cheese sauce, combine Velveeta and milk in a small microwave size bowl and heat in 20 second intervals, stirring at each interval until melted smoothly together.
6. Top each puffin with some drizzled cheese sauce and some additional crumbled bacon.
7. Serve

MRS H.S. BALL'S CHUTNEY

MRS H.S. BALL’S CHUTNEY

ROEREIERS
MRS H.S. BALL’S CHUTNEY

Superb scrambled eggs with Mrs.H.S.Ball’s chutney.
You may think you know how to make scrambled eggs, but how’s your technique? Try this expert three-step method to make perfect scrambled eggs on toast for four.

Step 1:Place 8 eggs and 80ml (1/3 cup) milk in a bowl. (Don’t add any more milk, as cooked egg only holds a certain amount of liquid.) Use a fork to whisk until the mixture is just combined with no streaks of white. If the mixture is streaky, the cooked eggs will be streaky, too.
Step 2:Heat 3 tsp butter in a medium heavy-based frying pan over medium heat. Use the largest hot plate or gas burner to ensure even cooking. When the butter foams, swirl the pan to coat the base.
Step 3:Add egg mixture and cook, without stirring, for 30 seconds. Use flat-edged wooden spoon to push the mixture, scraping the bottom of the pan, from one side of the pan to the other. Repeat every 10 seconds, pushing the mixture to lift and fold the egg (stirring breaks it into small lumps). Cook for 2 minutes or until three-quarters of the mixture is cooked and one-quarter is still liquid. Remove from heat and gently fold the eggs twice.
The residual heat will finish the cooking.
Serve immediately on buttered toast with lots of Mrs.H.S.Ball’s chutney.

 

PLAATKOEKIES SUIGSTOKKIES

Maak plaatkoekie resep aan:. Druk suigstokkie in en bak tot gaar. Bedien in staande glashouer.

Food art pancake pops idea for ur kids

Food art pancake pops idea for ur kids

 

Piekniekmandjies en Padkos


PIEKNIEKMANDJIES

Lekker gebakte broodjie – Ek bak die gewoonlik die broodjie  in klein broodpannetjies en sny dit klaar en pak dan net lekker smere in soos : kaassmeer, lewerpate, kaas patee, komkommer in Kerrie, peppadews geul met feta, cream cheese ens – dit is iets anders as net koekies soos salticrax – anders kan jy so 3 of 4 verskilende koekies pak bv salticrax, sesame koekies, melba toast, provita’s ens

AARTAPPEL EN KAAS (POTATOBAKE) BROODJIE
Rencia Odendaal Pretorius
1 pakkie cheese en bacon potatobake (ek gebruik sommer enige ander geur wat kaas in het bv 3 cheeses ens)
Jy kan vir afwisseling ook so ‘n bietjie gebraaide spek byvoeg by die resep
300ml gerasperde kaas
100ml melk
300 gr aartappels – geskil en gerasper
450gr bruismeel
1 eier
Meng meel en potato bake
Voeg aartappels en kaas by en meng deur
Meng eier en melk en meng by bg mengsel
Knie net effe deur
Maak in bol vorm en sit in pannetjie
Smeer bietjie melk bo-oor
Strooi bietjie droe pietersielie en paprika oor (opsioneel – dit gee die broodjie net mooi kleur)
Bak vir 45/50 min by 180 grade C

Bak die broodjie in langwerpige broodpannetjies, sny reeds by die huis in skywe, smeer met botter, draai toe in gladwrap en neem net so saam.

Pak gevulde olywe, kersie tamaties, gesnyde komkommer,  blokkies kaas , ens – jy kan dit selfs op ‘n stokkie ryg, dit vertoon ook mooi  en eet makliker.

Vir vleis doen ek gewoonlik die volgende: ek rol ‘n kersie toe in bacon en braai in pan tot gaar, maak klein maalvleisbolletjies – groterige blokkies hoender wat ek in suurlemoensap gaar braai,

Dan ryg ek dit in op ‘n sosatie stokkie, stukkie hoender, kersie tamatie, dan die maalvleisbolletjie, dan stukkie gerkin, dan die bacon en kersie, dan ‘n klein button mushroom, dan weer ‘n stukkie hoender, gaan so aan tot die sosatie stokkie vol is. Maak lekker mosterdsous om die vleis in te druk.

Wat ook lekker werk is om hotdogbuns te vat en dit te vul met ham, kaas, tamatie, blaarslaai  en dit dan in 3 stukke te sny, of selfs chicken mayonnaise of tuna mayonnaise. Gebruik selfs hamburgerbuns as jy wil en sy die bun in 4 – dit vertoon mooi en is lekker “bite size”

Pak wiggie kasies, droe wors, gekerfde biltong,

Wat ook lekker werk is ‘n bakkie aartappelslaai, noedelslaai, gekookte eiers,

As jy baie gesondheidsbewus is, maak vrugte sosaties met pynappel, lemoenskyfie, aarbeie, – dit wat op die stadium in seisoen is en verkrygbaar is in die winkels.

Vir nagereg kan jy net lekker  sjokolade pak, of dalk van die bakkies flamby wat jy in die winkel te koop kry of vugte slaai of so iets

IDEE’S VIR PADKOS/PIEKNIEKMANDJIES

Rencia Odendaal Pretorius

Toebroodjies met tamatie,kaas,blaarslaai,komkommerskywe ,koue vleis en ringe uie, of jy kan hotdogbuns gebruik en dit  maak soos ‘n health roll of self hamburgerbuns gebruik ipv brood.

As jy nie broodjies wil maak nie, koop pakkie salticrax/bacon kips,melba toast – enige sout koekie  en kry wiggie kasies, koue vleis, cherrie tamaties, olywe, ringe komkommer , houertjie maaskaas of cream cheese, en eet so vingerhappies

Biltong en droe wors

Pakkies Simba chips, niknaks, pretzels

Vrugte

Rooiworsies wat in stukkies gesny is, ryg op tandestokkie met stukkies kaas en uitjies – die rooie en groenes

Die euwel van alles – gekookte eiers !!!! maar ai, dit bly maar lekker, en wat is padkos sonder eiers??

Vleise: koue maalvleisbolletjies, hoender boudjies, koue vleise – rol aspersie toe met vleis en steek vas met tandestokkie, vat kersie en rol toe met bacon en braai, die is baie lekker koud, wors wat in “bite size”” stukkies gesny is, gewone weense rooi worsies, rolletjie salamie wat jy kan sny in skyfies

Drinkgoed: fles koffie, of fles warm water en pakkies cup of soup in die winter, koeldrank en water

Vir  lekkergoed vat ons altyd ‘n gemengde pak Royal sjokolade, of paar pakkies wine gums en klein kit kats, bar-one’s, tex

PADKOS IDEE’S

Om in die motor te eet op die lang pad, kan ’n morsige storie word. Wat jy nodig het is maklike, vinnige en krummelvrye happies om die nimmereindigende pad korter te maak en sommer ook geld te spaar.

Hier is ’n lys van bakgat  padkos-idees wat die pad na Grabouw geurig en gemorsvry sal maak.

•    Babawortels is een van die gerieflikste padkos-happies wat daar is en is boonop uiters gesond. Dit neem net een happie en is 100% gemorsvry!

Koop ’n pak babawortels en deel dit op in sakkies of in ’n kosblik. As wortels nie juis jou ding is nie, kan jy dieselfde doen met omtrent enige vars vrug of groente.

Sny dit op in snye en plaas dit in ’n kosblik en voila: ’n gesonde happie!

•    Yogisip is die ideale padkos-drankie, want dit kan weer toegemaak word en dit is vullend.

Yogisip is ook propvol kalsium, so gee gerus vir Boeta as hy nie kan uithou tot middagete onder die koeltebome nie.

•    Neute is ongetwyfeld een van die beste padkos-idees. Gemengde neute is eenvoudig, smaaklik en nie taai nie. Dit ruik nie skerp nie en sal nie sommer vlek nie.

Kies ’n verskeidenheid neute soos kasjoeneute, pekaneute, macadamia-neute, amandels en braziliaanse neute.

•    Pretzels is seker een van die mees eenvoudige padkos-soorte wat daar is en kinders is dol daaroor.

Gooi ’n paar in ’n verseelbare sakkie en siedaar, nog ’n heerlike happie vir die lang pad!

•    Grondboontjiebotter en stroop  bly maar ’n wenkombinasie wat nooit sal uitsterf nie. Voeg ’n wafel by en jy het ’n watertand-happie wat al die insittendes gelukkig sal maak.

Hierdie happie is geskoei op die toebroodjie-idee en sal die hongerpyne vir ’n hele ruk stilhou.

•    Kry jou proteïen-dosis met ’n stukkie biltong. Sny dit fyn op vir ’n vinnige peuselhappie.

Sny in dikker stukke vir Kleinboet sodat hy al kouend van sy frustrasies ontslae kan raak. Jy sal verbaas wees hoe baie hierdie kouery help.

•    Die Pizzarol is bietjie meer moeite maar kan as ’n perfekte middagete dien. Neem ’n volgraan meel tortilla en smeer jou gunstelingsous daarop.

Bedek met so 12 babaspinasieblare en strooi gerasperde mozzerlla-kaas bo-oor. Verhit in die mikrogolfoond vir so 45 sekondes om die kaas te laat smelt.

Rol die tortilla op, laat dit af koel en sny in skywe.

•    Deesdae is die meeste sagte soetgoed suikervry, wat beteken dat jou kinders na hartelus daarvan kan eet sonder om mekaar (en vir jou!) mal te maak.

•    Ouma het iets beet gehad met die haar pakke en pakke droë vrugte. Nie net is dit vol nutriënte  nie, dit is ook lekker om aan te kou en sal vinnig-vinnig jou soettand tevrede stel. As jy dit reg stoor, kan jy dit nog op pad huis toe ook geniet.

Kos vir die lang pad

Gebruik elke vakansie om ‘n tradisie van padkos te skep – tuis of op

die pad!

deur Wilna Myburgh

subredakteur@jouwereld.co.za

Frikkadelle

Worsies

Hoender

Hoendermayonnaisebroodjies

Mini hotdogs

Mini kaas- en soetrissiehamburgers

Quesadillas

Padkos is die begin van enige vakansie.

Van my kleintyd af eet ons altyd frikkadelle en toebroodjies op die lang pad. Met ‘n fles warm koffie. Die

lang pad is egter nog maar altyd ‘n losserige begrip. Begin die lang pad tog nie as jy net uit jou tuisdorp

gery het nie?

Later jare het my ma egter stuk-stuk begin voet vassteek omdat sy die enigste een in die huis is wat kan

toebroodjies maak. Ek sê toe, as sy dit nie wou maak nie, moes sy ons déstyds al op ‘n Wimpy-ontbyttradisie

gesit het, dan was daar nie nou probleme nie.

So, wees gewaarsku: Kies jou tradisie reg. Padkos bly padkos; as dit een keer gewerk het, gaan jy dit elke

jaar moet kan maak!

Soos die saak dan nou staan, is frikkadelle en toebroodjies aan te beveel. Maar, as jy meer

verskeidenheid aan die dag wil lê, kan jy van die idees gebruik maak.

Jy moet minstens ‘n vleisigheid en ‘n broderigheid hê, dan kan jy kreatief raak deur nog southappies en

gesonde happies by te voeg. Dis altyd goed om die gesondheid ook in ag te neem!

Ek dink nie ‘n mens moet jouself inperk net omdat jy onveilig voel om letterlik lángs die pad jou padkos te

geniet nie, in die kar, langs die pad, is net so lekker en verspil minder tyd.

As jy nêrens heen het om te ry nie – maak die kos en hou piekniek – al is dit in die agterplaas!

Gebruik bakke wat dig sluit; weggooibare bakke soos roomysbakke werk goed, of gebruik tupperware as

jy weet jy gaan dit later in die vakansie weer benodig.

‘n Vleisigheid

Maak seker dat jy vleis afkoel voordat jy dit verpak. Plaas dit daarna in ‘n koelsak met yspakke om dit

koud te hou.

Frikkadelle

Het ek al genoem dat frikkadelle ‘n stapelpadkosvoedsel is? Ek dink dis ook ‘n resep waar elke familie sy

eie resep en metode het, die is myne. Ek hou van ‘n sterk tamatiegeur.

500 g maalvleis

1 eier

sout

5 ml cajun-speserye, braaispeserye of maalvleisspeserye

5 ml gemengde, gedroogde kruie

10 ml tamatiesoppoeier

5 ml bruinuiesoppoeier

60 ml tamatiesous

30 ml blatjang (opsioneel)

5 – 10 ml Worcestersous

10 ml sojasous

Meng al die bestanddele saam – dit werk dikwels die beste om dit met die hand te doen. Of ‘n vurk as dit

vir jou te morsig is. Ek toets altyd eers ‘n stukkie in ‘n klein pannetjie om te proe of dit na wense is.

Dikwels kort dit nog bietjie sout of tamatiesous.

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Rol dan balletjies en plaas dit in ‘n oondpan wat liggies met olie gesmeer is.

Jy mag my maar mal noem: ek weeg dikwels die frikkadelle af om almal presies dieselfde te kry – 25 g.

Dis darem nie altyd nie, spyseniering = perfeksie!

Elk geval, bak dan die frikkadelle vir 18 tot 25 minute, afhangend van hoe groot jy dit gemaak het. Indien

dit vetterige maalvleis is sal die frikkadelle onder nie mooi bruin word nie, plaas hulle dan omgedraai op ‘n

afkoelrakkie en plaas nog 2 minute in die oond.

Worsies

Met worsies hoef jy feitlik niks te doen nie.

Dun boerewors is heerlik, braai dit bruin en sny dit in klein stukkies. Jy kan sekerlik ook boerewors koop

en dit in ringe of kleiner stukkies sny.

Klein kaasviennas kan ook net vinnig gebraai word.

Hoender

Ek was nog nooit ‘n groot aanhanger van hoender wat aan die been in ‘n kar geëet word nie. Tog is dit

een van daardie moet-hê items vir menige se padkos.

As jy dus die tipe is, sal hoenderboudjies of vlerkies in jou kar verskyn.

Andersins, kan jy ook hoender in repies sny en die repies met speserye in olie braai, of dit in eier en

broodkrummels doop en dan braai.

‘n Broderigheid

Toebroodjies met kombinasies van ham, kaas en tamatie is altyd treffers.

Daar is egter nog opsies:

Hoendermayonnaisebroodjies

Die bestanddele is almal in die naam: mens het regtig net hoender, mayonnaise en broodjies nodig

hiervoor.

Koop ‘n halwe gaar hoender by jou gekose supermark. Pluis die hoender uit en voeg ‘n paar lepels

mayonnaise by totdat dit “nat” is. Voeg hierby ‘n teelepel aangemaakte mosterd en/of gekapte grasuie en

‘n bietjie sout, indien nodig.

Sny dan broodrolletjies in die helfte en oop en skep hoendermayonnaise in. Sit ‘n blaarslaaitjie by vir die

gesondheid!

Mini hotdogs

Dis soms moeilik om klein broodjies te kry wat soos klein hotdog-rolletjies lyk. As jy dit nêrens kan vind

nie, kan jy gewone rolletjies gebruik en dit dan net halveer.

Vir die hotdogsous:

Meng 50 ml elk tamatiesous, mayonnaise en blatjang met 2.5 ml aangemaakte Engelse mosterd en 25 ml

margarien by in ‘n pan en smelt dit. Voeg viennas by en verhit dit in die sous.

Skep dan in elke broodjie ‘n bietjie sous, ‘n halwe worsie en nog sous.

Mini kaas- en soetrissiehamburgers

Klein burgertjies is een van my gunstelinge, maar tog so duur. Dis aansienlik goedkoper as jy dit self

maak – en hulle lyk amper te dierbaar vir eet. Gelukkig net amper! Jy hoef nie kaas op te sit en

soetrissiesous by te maak nie, dis net ‘n gedagte. ‘n Gewone burgertjie is net so lekker.

Vir die burgers gebruik jy dieselfde vleismengsel as vir frikkadelle. Rol dit dan ook in frikkadelgrootte en

druk plat om patties te maak.

Braai dan die patties in ‘n klein bietjie olie. Braai tot mooi bruin, voor jy dit omdraai. Draai dit net een

keer om.

Rasper kaas en skep ‘n klein hopie op elke pattie, net nadat jy dit omdraai, dat dit begin smelt. Om dit te

help om beter te smelt kan jy ‘n deksel opsit.

Verwyder van die hitte – dit neem so 8 minute om weerskante te braai, afhangend van die dikte.

Sit op handdoekrol om die oortollige vet af te skud.

Vir die sous:

Meng gelyke hoeveelhede tamatie- en soetrissiesous, en voeg ‘n bietjie aangemaakte mosterd by na

smaak.

Sny die broodjies oop en rooster dit, as jy dit so verkies.

Skep dan op elke onderkant ‘n teelepel sous, sit ‘n blaarslaaitjie en ‘n pattie op. Sit dan op die bokant ook

‘n klein skeppie sous as daar nog is en druk toe.

Southappies

In die supermark se vriesafdeling is daar altyd interessante soutighede, van gewone worsrolletjies tot

springrolls. Jy kan dit gaarmaak en net laat afkoel voor jy dit verpak – so eenvoudig soos dit. Samoesas

kan ook werk. Heinz se Sensationz-reeks het ‘n paar interessante pasteitjies vir die waaghals.

Die groter waaghals kan egter sy eie soutighede maak. Hier is resepte vir quesadillas en quiches. Die

lekkerste daarvan is dat jy die vulsel so eenvoudig of interessant kan maak soos jy wil.

Quesadillas

Quesadillas is net so eenvoudig om te maak soos ‘n toebroodjie. En dit maak ook nie werklik meer

skottelgoed nie. Dit word van tortillas of wraps gemaak. Hoewel mens altyd in die rakke by die

Meksikaanse kosse “opregte” tortillas kry, is dit baie duur. Wees op die uitkyk vir wraps wat gewoonlik by

die pita’s, braaibroodjies en bagels uitgesit word.

Hier is wat jy doen:

Kry 1 wrap uit, en kry vir hom ‘n maatjie wat ongeveer dieselfde grootte is.

Sprinkel dan kaas (Cheddar, Mozzarella, feta), gebraaide spek, sampioene of uie, tamatiesalsa, of net wat

jy kan aan dink daarop. Maak seker dat jy dit van “hoek tot kant” vol kaas het.

Sit dan die pasmaat-wrap bo-op.

Gooi ‘n bietjie olie in ‘n groot braaipan. Braai die wrapbroodjie tot goudbruin. Voor jy hom omdraai, smeer

die bokant met ‘n bietjie olie. Braai dan die kant ook tot bruin.

Verwyder van die hitte as dit goudbruin is weerskante, en die kaas gesmelt het.

Sny elkeen in 8 skywe. Hoewel die quesadillas heerlik bros is direk na dit gebraai is, en ja, jy moet beslis

een proe, word dit later sag – dis egter nog net so lekker.

Mini quiches

Klein souttertjies is dalk net te veel gevra van die persoon wat op vakansie gaan, maar sou jy jouself in

die netelige posisie vind waar jy vir ander mense padkos maak, of dalk op ‘n piekniek gaan is dit ‘n

werkbare plan.

Vir die deeg kan jy klaarvoorbereide blaardeeg (puff pastry) of shortcrust gebruik. Of maak jou eie deur in

‘n voedselverwerker 1 koppie meel, 7.5 ml bakpoeier, ‘n knippie sout, 125 g botter / margarien (in

blokkies gesny), 1 eier en 15 ml asyn verwerk tot dit ‘n deeg vorm. Hou dit in die yskas vir ‘n halfuur

voordat jy dit uitrol.

Druk sirkels uit jou gekose deeg, en druk dit in gesmeerde klein muffinpannetjies. Skep vulsel* in en bak

vir 15 – 20 minute in ‘n voorverhitte oond van 190 °C tot amper styf en goudbruin.

*Om die vulsel te maak:

Maak 1 koppie witsous, met 30 ml botter / margarien, 50 ml meel en ‘n koppie melk.

Voeg 1 eier by en klits goed.

Hierby kan jy enige bestanddele voeg, soos Cheddarkaas, fetakaas, ander kase, songedroogde tamatie,

olyfstukkies, gebraaide spek, sampioene of uie, of ‘n heerlike kombinasie van jou gunsteling.

Gesonde happies

Lag maar vir my, dis reg: ek voel altyd beter (maak nie saak wat ek eet nie) as ek ‘n ou blaarslaaitjie of ‘n

tamatietjie óók eet. Instant gesondheid!

Slaaistokkies is ‘n heerlike manier om jou slaai in te kry langs die pad.

Gebruik kersietamaties, stukkies blaarslaai, olywe, komkommer en kraakvars ertjies en ryg dit op stokkies

in verskillende kombinasies. Heerlik!

Vars vrugte is net so lekker. Veral druiwe is ‘n wonderlike dorslesser! Jy kan vrugtestokkies ook maak, of

die vrugte heel inpak.

http://www.jouwereld.co.za

jouwêreld e-tydskrif – Maart 2010

Mosters en Kondensmelk Doopsous


Mostert Kondensmelk Doop sous - Fotot inenomdiehuis.blogspot.com

Mostert Kondensmelk Doop sous – Fotot inenomdiehuis.blogspot.com

Kondensmelk-en-mostert sous:

1 kop asyn

2 eetl mosterd

1 blik kondensmelk

Meng alles goed en bere in die yskas

Maklike Mosters en Kondensmelk Doopsous

Halwe koppie kondensmelk

2 tl mosterd

2 eetl asyn

sout en peper

Meng bo-genoemde goed

Voeg nou by 1 eetl gesmelte botter en klop tot gladde mengsel.

Mostert Doopsous

1 blik kondensmelk

125ml asyn

1 eiergeel

1 blik(50g) engelse mostertpoeier

Knippie sout

Meng al die bestandele baie goed. Skep in flessies, hou in yskas. Maak so 400ml.

Romerige Mosterdsous(mikrogolf)

My ma maak net hierdie resep, en dit hou tot 3 weke in die yskas.

Rencia Odendaal Pretorius

Mikrogolf  – baie lekker by koue vleise, broodjies vingeretes en ‘n sous by piesangslaai.

500ml suiker

6 ekstra groot eiers

30ml mosterdpoeier

250ml asyn

2ml sout

380ml Ideal melk

Klits eiers suiker asyn mosterd en sout goed. Mikrogolf vir 7 min (oop) by 50% krag (medium) tot dik. Roer elke minuut

Laat afkoel

Meng ideal melk by en meng goed

Bewaar in yskas vir ongeveer 2 na 3 weke in yskas

Aartappelslaai Resepte


416925_442039102519297_2116255840_n

Rencia se Aartappelslaai

Kook aartappels tot gaar en sny is blokkies of ringe – soos verkies

Maak sousie van:

Mayonaise, kondensmelk, chutney, mosterd, sout, gemaalde swartpeper en bietjie melk (ek gooi altyd so ‘n splash honey and mustard sous ook by en los die kondensmelk)

Dan meng ek die volgende by my aartappels,

ui fyngekap

greenpepper fyn gekap

hardgekookte eier in skywe gesny

Pynappel stukke of jy kan ook die mouse gebruik (dreineer sap af)

Gerkins fyngekap

Blokkies kaas

Gebraaide stukkies bacon (opsioneel maar baie lekker)

Meng dan alles lekker deur en bewaar in die yskas. Net voor jy dit opdien, meng weer lekker deur en sprinkel vars pietersielie en spruituie oor of gedroogde pietersielie.

Die slaai is baie lekker as dit vir tenminste ‘n dag in die yskas gestaan het

OF MAAK DIE SLAAISOUS SAAM MET DIE AARTAPPELS

KONDENSMELKSLAAISOUS

1 eiergeel

397 g kondensmelk ( 1 blik )

5 ml droë mosterd ( 1 t )

3 ml sout ( 1 t )

1 ml peper

50 ml asyn ( 4 E )

50 ml slaaiolie of gesmelye botter ( 4 E )

METODE

Klits die eiergeel deeglik.

Voeg al die bestanddele by en klits goed.

Laat `n ruk lank staan

Ingelegde Aartappelslaai

Koskapperjolle 2

Aartappelslaai wat jy vir tot 2 maande in ‘n glas fles kan bere.  Dis mos nou ideaal vir die somer of vir wanneer jy met vakansie gaan.

Hettie Weideman

4kg aartappels

2 Bottels mayonaise

1 Blik kondensmelk

3 Groot uie gekap

Skil en sny aartappels in blokkies, kook in water met sout maar pasop dat aartappels nie te sag kook nie, maar NET gaar. Staan maar die rukkie en toets jou aartappels dat dit nie te sag kook nie.. Gooi water af.

Gooi mayonaise, kondensmelk en uie in ander kastrol en verhit tot net voor kookpunt. Gooi aartappels by warm mayonaise, roer deur en bottel warm in gesteriliseerde bottels. Kan tot 2 maande op koel plek gehou word.

Aartappelslaai met kaas en biltong

 Poplap se Lekkerbek resepte

Meng saam in ‘n bak:

600g gaar aartappelblokkies

1 klein gekapte ui

2 gekapte selderystingels (blare opsioneel)

1 rooi soetrissie gekap

1 groen soetrissie gekap

125g gekerfde biltong in klein blokkies gesny

125g kaas in klein blokkies gesny

OF

125 g fetakaas gekrummel

Die kaas kan met blokkies ferm avocado of met blokkies appels of pere vervang word. Die biltong kan met salami of ham vervang word.

Maak ‘n sous deur 1 bakkie (250g) maaskaas met 100 ml ligte mayonnaise of slaairoom vir 2 minute met ‘n handklitser te klits tot romerig.

Maak 5 ml mosterdpoeier aan in 10-15 ml suurlemoensap en voeg ‘n knippie rooipeper by.

Meng goed.

Voeg suurlemoensap by maaskaas-mengsel en klits weer tot goed gemeng.

Vou die kaassous in die aartappelmengsel in en skep in slaaibak wat met slaaiblare uitgevoer is.

Garneer met iets groen bv pietersielie of suurlemoenwiggies.

 

My duitse aartappelslaai

Jean-Marie Steenberg

5-6 middelslag aartappels
Pakkie diced bacon
1 ui, fyn gekap
Mayonnaise (1k)
3t kondensmelk
3t mosterdsous
Feta, gekrummel
Skil sommer klaar die aartappels en sny in klein blokkies. Kook in soutwater. Dis vinnig so hou maar dop.

Braai die ui met ‘n teelepeltjie suiker en gooi die bacon by. Braai goudbruin.

Meng alles bymekaar en laat afkoel. Kan nog mayo bygooi as dit te veel ingetrek het.

om dik te word.

aartappelslaai

Aartappelslaai
Deur: Resepte uit toeka se dae

Aartappel slaai word dikwels bedek in mayonnaise. Die kombinasie van jogurt en mayonnaise maak dit laer in vet en selfs meer lekkerder.

8 medium aartappels in die vel
5 ml sout
knippie mosterdpoeier
suurlemoensap en swart peper na smaak
½ koppie (125 ml) mayonnaise
½ koppie (125 ml) gewone lae-vet jogurt
1 eetlepel (15 ml) gekapte vars pietersielie
½ groen of rooi soetrissie, sade verwyder en gekap
½ ui, fyn gekap
1 na 2 hardgekookte eiers, gekap (opsioneel)

1.Plaas aartappels en ½ teelepel sout in ‘n pot met water. Bring tot kookpunt en kook tot sag. Laat afkoel, skil en sny in blokkies.
2.Meng mosterd, die res van die sout, suurlemoensap, peper, mayonnaise, jogurt en pietersielie.
3.Mix sous in aartappels met soetrissie en ui.
4.Sprinkle met eier en bedien as ‘n bykos.

5 DAG – 4 WEKE SPYSKAART


5 DAG – 4 WEKE SPYSKAART
Rencia Odendaal Pretorius

WEEK 1
Maandag:
EENPOT MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT
Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water bokant die mengsel le.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.
Bedien met vars mengelslaai.

Dinsdag:
KRUMMEL LAM/SKAAP/VARK TJOPS MET KELLOG’S:
20 gr kellogs en 6 provitas, tuc, salticrax, cream crackers , enige soutkoekie wat jy besikbaar het in jou kas sal doen (fyngemaak)
2.5ml paprika
5ml gemengde speserye
sout en gemaalde swartpeper
Meng alles
koekmeel
eier
4/5 vark/lam/skaap tjops
Sny swoerd/vet met sker kepe in of verwyder
Druk die tjop in meek, dan in eier en dan in die kellogs mengsel.
Sit in yskas vir tenminste 30 min sodat die degie lekker vas kan sit
Sit in bakpan met bietjie olyfolie onder in en sprinkel olie ook so bietjie bo-oor
Oondbraai vir 30 min by 190/200 grade, draai om en bak vir verdere 15-20 min .
Net voor opdiening – grill net se offe om dit lekker crispy temaak.
Bedien met lekker mayo mash ertjies, mengelslaai, jacket potato, aromat potato wedges soet pampoen of patats.

Woensdag:
Rencia Odendaal Pretorius
TUNAROL MET CHAKALAKA EN MIELIES
As jy nie van die chakalaka hou nie, vervang dit met 1 ekstra blikkie tuna
1 Rol blaardeeg, 1 x Tuna, 1 x Chakalaka met Mielies, 1 kop gerasoerde kaas,1 x gekapte ui, 1 x eetlepel mayonaise,1x teelepel mosterd. Meng alles in een bak, smeer oor dun uitgerolde deeg, rol op soos jamroll, smeer met melk of eier, sny 3 gleuwe vertikaal bo-op rol. druk goed vas langs kante. Bak op groot gesmeerde bakplaat
vir 45 min by 180C.
Bedien saam met mayo-mash, ertjies en mengelslaai/vars broodrolletjies

Donderdag;
CHICKEN GORDON BLEU
Rencia Odendaal Pretorius

Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie
Neem vars spinasie blaar en sit bo-op filette
Sit feta kaas bo-op
Geur met sout en gemaalde peper
Rol toe en neem nou “streaky bacon”en rol om die hoender
So 2 of drie stukke – steek vas met tandestokkies
Sit in bakplaat
Maak ‘n sous van chutney, garlic, suurlemoensap n bietjie wostersous en smeer bo-oor die hoender. Gooi so ‘n paar stukkies roosmaryn in as jy het. Dit is baie lekker.
Bak in oond by 180grade C tot gaar. Smeer elke nou en dan van die sousie oor
Bedien met mayo-mash, ertjies mengelslaai of potato wedges.
** Jy kan basies jou fillet vul met enige iets – ek het al gevul met spek en spinasie en kaas en ook spruit uie en peppadews. Die keuse is joune – kyk wat jy in die yskas het.
Bedien met mengelslaai/ertjies en mayo-mash of aromat potato wedges.

Rencia Odendaal Pretorius
MAYO MASH:
Kook aartappels saam met 1 ui fyngekap tot gaar – maak fyn – Voeg by – gemaalde swart peper en sout , droe pietersielie, so 1 teelepel bakpoeier en ‘n lekker homp botter – roer deur – gooi nou so 2 eetl mayonaise by – Voeg nou bietjie melk by om dit lekker creamy te maak. Roer deur en bedien Jy kan jou melk halfveer met room en melk – dit maak dit nog net meer creamy. Hierdie resep is genoeg vir so 5 tot 6 groot aartappels.Pas jou mayonaise aan by as jy minder of meer aartappels vat. Wees versigtig met te veel melk – onthou jou mayonaise maak reeds die aartappels klam en nat, dit wat jou melk sou doen, en as jy te veel melk ingooi is die mash te pap. Gooi eerste jou mayonaise in en kyk hoeveel melk nodig is.

Rencia Odendaal Pretorius
POTATO WEDGES MET MEEL EN AROMAT: – kook jou aartappels tot gaar, trek die skil af, sny is lekker groot wedges – gooi nou jou aartappels in ‘n chekkers sak so ‘n lekke klomp koekmeel en baaaaiiieee aromat – ek het nou die dag van daardie nuwe Cheese aromat ook so ‘n biejie bygegooi, dit gee ‘n lekker kaas smaak – dan maak jy ‘n pot olie lekker warm en braai die wedges so stuk stuk gewys – moenie te veel ingooi nie anders raak die olie te gou koud en dan le en trek jou aartappels olie en die degie om die wedges val af – Sit op kombuisrol om die ergste olie te dreineer.

Vrydag:

SKAAP TJOPS IN ROOISOUS
Pak jou skaap tjops onder in casserole. Sny lekker dik stukke uie ringe bo-op
Maak die volgende sous en gooi bo-oor die tjops en bak in die oond. Hierdie resep werk net so lekker met hoender.

ROOI HOENDER/TJOPS: (sous-marinade in oond)
Sit hoender of tjops onder in casserol
Sny dik skywe uie bo-oor
Maak sous van:
1/2 kop tamatiesous
1/2 kop chutney
1/4 kop wostersous
2 kop water
3 eetl suiker
Bak in oond vir 1 uur by 180gr
Verdik sous met nog meel indien nodig.
Bedien saam met lekker soetpampoen, rys en mengelslaai

WEEK 2
Maandag:
Rencia Odendaal Pretorius
BOBOTIE (MIKROGOLF)
1 groot ui gekerf -1 sny brood – 200ml melk – 750gr maalvleis – 2 eiers – 15 ml appelkooskonfyt – 50 ml suurlemoensap 60gr rosyne – 4 teel kerrie – 5ml borrie – sout en peper – 30 ml chutney – Mikrogolf die olie en ui …vir 1 min – roer – mikro vir 3 min weer – Week brood in helfte van die melk – Voeg al die bestandele bymekaar BEHALWE die oorblywende melk, eier en suurlemoensap – Bedek en mikrogolf op 100 vir 10 minute – roer deur – maak weer gelyk en plat in bak. Meng nou die melk, eier en suurlemoensap gooi bo-oor en mikrogolf vir 10/12 min op medium onbedek.Gee staantyd met deur toe vir so 5 minute.

Bedien met geelrys en soetpampoen en mengelslaai

Dinsdag;

TENDERISED STEAK MET KOMBERSIE
Maak ‘n mengsel van meel en speserye – jou keuse, sout peper,bbq spices, Texan spices ens en meng deur
Klits so 2 eiers en sit in plat bak
Druk nou die steak eers in die meel, dan in die eier en bak vinnig in vlak olie in warm pan.
Ons hou van ons steak medium, so ek gee so ongeveer 3 minute aan die een kant – draai om en 3 minute aan die ander kant.
Bedien dadelik op met mash, of chips, mengelslaai en ertjies

Woensdag:
EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG:
1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok
1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)
100 ml mayonaise
1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak
400ml witsous
50ml gekapte vars pietersielie
2 eiers geklits
Meng hoender, noedels mayonaise en helfde van die chips. Skep in oondskottel.
Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor
Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor
Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.
OF

ALI SE ALFREDO PASTA
Kook spagetti of pasta tot sag – nie pap en dreineer
1 groot ui (gekap)
250gr spek
1 pakkie mushrooms
Braai bogenoemde tot sag
Voeg by pasta en gooi 1 blikkie room oor.
Gooi baie gemaalde swartpeper en aromat oor en laat prut oor lae hitte tot warm
Bedien beide saam met lekker vars broodrolletjies of tuisgemaakte brood en slaaie

Donderdag:
OUVROU-ONDER-DIE-KOMBERS –WORS GEREG – whatsfordinner.co.za (SPAR)

125ml melk
175ml water
2 eiers
4ml sout
250ml meel
1 pakkie Potato Bake Cheese & Bacon
500gr bief sausageworsiess
1 pakkie Roast Meat Gravy, aan gemaak

1) Meng die melk, water, eiers en sout
2) Voeg die meel en Potato Bake by en meng tot ‘n gladde deeg
3) Laat die deeg rus terwyl die worsies gaar gemaak word
4) Bak die worsies in die oond teen 180°C tot gaar (omtrent 30 min)
5) Vermeerder die oond se temperatuur tot 200°C en smeer ‘n oond bak goed
6) Gooi die deeg in die bak en druk die worsies in die deeg
7) Bak vir 35 min tot gaar.
8) Bedien saam met Roast Meat Gravy.
Bedien saam met ‘n lekker slaai

Vrydag;
Rencia Odendaal Pretorius
HOE OM VETKOEK TE BAK MET SPAR DEEG: Vat jou deeg, knie net effens deur. Rol nou die deeg in ‘n worsrol en sny 8 stukke uit die deeg. Vat ‘n skinkbord en strooi meel oor. Sit nou die stukke deeg op die skinkbord en los vir ‘n rukkie om te rys. Maak jou olie warm en gooi so 3 op ‘n slag in die warm olie – Skep met lepel die heeltyd warm olie bo-oor die vetkoeke. As jy sien die vetkoek begin bruin word aan die onderkant, draai vetkoek om en hou aan om olie oor die vetkoek te gooi. Vetkoek is gaar as jy die vetkoek KLOP en dit klink hol, en dit het ‘n mooi goudbruin kleur. As jy bang is dit is nog rou, doen die toetspen toet. Onthou net, jou olie moet warm wees. Om te toets, gooi klein stukkie degie in die olie. As dit begin borrel en boontoe kom is jou olie reg, as dit onder in die olie le is jou olie nog te koud en suig jou deeg te veel olie.
MAALVLEIS VULSEL
Rencia Odendaal Pretorius
Kook uie, maalvleis , aartappelblokkies ‘n koppie veggie catering mix en kook tot sag. Ek kook eers my uie,maalvleis en aartappels vir ‘n rukkie voor ek die groente bygooi anders kook dit pap. Die groente is mos reeds so te se gaar. As aartappels sag en gaar is, gooi orige ekstra water af en maak die aartappels fyn teen die kant van jou pot – dit maak dat die maalvleis so ‘n lekker dik stywe beslag is. Dan gooi ek sout, peper chutney, kerrie, borrie asyn en suiker by in en kook lekker deur.

WEEK 3
Maandag:
Rencia Odendaal Pretorius
VARKWORSIE (PORK BANGERS) GEREG:
1 kg varkworsies
1 groot ui gekap
1 green pepper gekap
50ml tamatiesous
50ml wostersous
50ml chutney
410gr perske skywe
Braai uie, greenpepper en varkworsies (ek sny my varkworsies so in 2 of 3 stukkies)
Voeg by die 3 souse en laaste die perskes met die stroop en laat prut vir so 10/15 min
Bedien saam met mayo mash, ertjies en mengelslaai

DINSDAG:
LASAGNE
1 1/2 kg maalvleis
2 uie gekap
125 gram spek, gesnipper
Braai bruin in 15 ml margarien of olie
VOEG NOU BY:
10 ml Origanum
10 ml knoffelvlokkies
1 vol teelepel sout
1 Blik tamatiepuree
250 ml water met 1 blokkie ekstrak opgelos.
Kook alles saam tot lekker dik en souserig. As die sous vir jou te waterig lyk meng 1 eetlepel Maizena met bietjie koue water en kook dit saam vleis. Kook intussen 1 pak skulpienoedels sag en dreineer. As jy lasagnevelle gebruik moet dit nie kook nie. Jou vleis kan dan meer souserig wees want die velle sal vog absorbeer.
KAASSOUS:
Maak kaassous van:
100 gram margarien
100 ml meel
sout na smaak
850 ml melk
Voeg 1 1/2 koppie gerasperde kaas by.
Die hoeveelheid is genoeg vir n oondpan. gebruik 2 kleiner bakke vir jou gaste.
Pak nou n laag noedels, dan vleis dan kaassous oor. Herhaal nog n keer en strooi ekstra gerasperde kaas oor. Bak 30 minute by 180 C tot regdeur warm.
Bedien met slaai en lekker vars rolletjies.

Woensdag:
HOENDERPASTEI
1kg hoender
250ml mayonnaise
250ml gaar rys
2 hardgekoote eiers
1 pakkie roomsampioensop
1 pakkie hoenderroomsop
1 pak tamatie chips of beacon kips of skilferkorsdeeg
Kook die hoender sag in baie water, moenie sout opgooi nie. Maak fyn en haal al die beentjies uit. Maak die soppoeier aan met die sous van die hoender en voeg water by totdat dit 850ml is. Meng alles saam en gooi in oond bak. Bak vir 30min by 180°C. Maak chips of beacon kips fyn, gooi bo-oor en bak weer vir 30min- of sit skilferkors bo-op en bak tot gaar en goudbruin.
Bedien saam met lekker vars slaai

Donderdag:
Rencia Odendaal Pretorius
BOEREWORS MET MOSTERD AARTAPPELS
500 g boerewors
MOSTERDAARTAPPELS:
4 groot aartappels
4 repies spekvleis
1 ui (gekap)
1 knoffelhuisie (gekneus)
2 agurkies (gekap)

MOSTERDSOUS:
1 eiergeel
125 ml mayonnaise
15 ml aangemaakte mosterd
30 ml gekapte pietersielie of vars kruie
Berei die mosterd soos volg:
Klits eiergeel tot skuimerig. Voeg mayonnaise lepel vir lepel by en klits
tot bestanddele deeglik gemeng is. Voeg mosterdpoeier en pietersielie
laaste by. Plaas in yskas in toe houer tot nodig.

Panrooster wors tot gaar. Hou eenkant warm. Kook intussen aartappels met skil
aan tot sag. Trek skil af en sny in blokkies terwyl nog warm. Braai
spekvleis tot bros in braaipan. Voeg ui en knoffel by en sorteer.
Voeg spekvleis, ui, knoffel by aartappels terwyl nog warm. Voeg
agurkies en mosterdsous by en meng liggies saam. Stapel mosterd
aartappels in die middel van ‘n ronde bord en rangskik wors rondom.
Lewer 6 porsies.
Bedien met mengelslaai

Vrydag:
Rencia Odendaal Pretorius
TUNA KOEKIES:
2 Blikkies (175gr) elk tuna (gedreineer) Koop die tuna chunks – 6 spruit uie of 1 ui gekap – 100gr pitmielies (gedreineer) gemaalde swart peper, 150 ml koekmeel , 10ml suurlemoensap, 3 eiers geklits, 3 ml sout, half tl bakpo…eier, 1 desert lepel chutney (opsioneel wat ek bysit, bietjie green, yellow en red pepper gee mooi kleur en so ‘n bietjie gerasperde kaas) Meng alles en braai in olie in vlak pan.
Bedien met mayonaise wat jy bo-oor sit, mayo mash , mengelslaai en /of ertjies.

WEEK 4
Maandag:
Rencia Odendaal Pretorius
SUURLEMOEN/UIE TJOPS
5 dik vark of beestjops
5 dik uie skywe
5 dun suurlemoen skywe
75ml bruinsuiker
75 ml wostersous
10ml lemoensap – ek gebruik so 5 ml suurlemoensap as nie lemoensap het
5ml sout
Lemoen of gemaalde swart peper
Pak tjops onder in casserol.
Sit ‘n skyfie suurlemoen op en ui bo-op
Maak sousie en gooi bo-oor
Bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 grade
tot gaar en sousie lekker taai is.
OF:
4/6 varktjops
Braai in pan gaar met baie suurlemoensap en lemoenpeper
Maak sousie en gooi bo-oor:
50ml bruinsuiker
50ml tamatiesous
50ml water
Laat prut tot sousie lekker taai en caramel begin raak
Bedien met lekker potato wedges / chips of mash en slaai

Dinsdag;
EENBAK HOENDERGEREG
Gebruik casserole met deksel
Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole
Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor
Pak jou hoender stukke bo-op
Sny dik skywe uie bo-op
Maak pakkie mushroom of wit uie sop aan met 500ml water en gooi oor alles
Sout en peper na smaak Ek sit parykeer halwe aartappels saam bo op by die hoender.
Bak vir 1 en half uur by 150 grade C
Sit net onder grill om velletjie lekker crispy te maak en goudbruin
Bedien saam met mengslaai

Woensdag:
OUMA DINIE SE HERDERS PASTEI:
Lillyne Grunewald
1 ui, fyngekap olie
500g maalvleis 1 tamatie, ontvel en fyn gekap
sout en varsgemaalde swartpeper 10ml Worcestersous
30ml tamatiepasta 1 ekstra groot eier, geklits
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel. 60ml gladde maaskaas
4 aartappels, geskil en in stukke gesny 50ml suurroom
50ml Cheddarkaas, gerasper paprika

Voorverhit die oond tot 180C. Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in olie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed.
Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.
Bedien met slaai

Donderdag;
Rencia Odendaal Pretorius
HAWAISE LAMTJOPS:
Marinade:
1 blik (440gr) pynappelstukke gedreineer
40ml sojasous
40ml appelasyn
2ml mosterdpoeier
12.5ml olyfolie
Meng alles en gooi bo-oor tjops vir ongeveer 3 ure. Haal tjops uit en sit marinade eenkant.
Braai nou die tjops tot bruin in vlakpan. Rangskik tjops op bodum van casserol strooi sout,peper en 50ml bruinsuiker bo-oor en giet marinade weer bo-oor tjops.
Bedek en bak vir ongeveer 1 uur tot gaar. Indien sous bietjie dun is verdik met maizina.
Bedien met lekker gebakte aartappels, potato wedges, slaai

Vrydag:
Rencia Odendaal Pretorius
ANDERSTE BOBOTIE (BULLY BEEF) MET PIESANG:
1 uie – gekap
1 green pepper – fyn gekap
Braai bogenoemde tot sag
Voeg by: 15/20ml matige kerrie
30ml appelkooskonfyt
35ml asyn
1 blik bully beef (fyn blokkies gesny)
sout en swart gemaalde pepper
Skep in gesmeerde bak
Meng 1 eier en 60ml melk en gooi bo-oor mengsel
Sny piesang skyfies en rangskik bo-op – gooi bietjie pietersielie en paprika oor en bak in oond vir 30 min tot gaar en goudbruin
BEDIEN SAAM MET MASH, SOETPAMPOEN, MENGELSLAAI EN VARS BROODROLLETJIES