Tag Archive | soutvleis

Bullybeef – Boeliebeef – corned beef


WENK: By al die resepte kan die bullybeef vervang word met blokkies kouevleis, polonie, weense worsies in ringetjies,  gevlokte hoender, tuna, gebraaide  spek stukkies  of maalvleis

Of

Jy kan  1 –  2 of 3 van die bogenoemde bestandele saam inmeng bv. spek en bullybeef en worsies – die opsies is u eie voorkeur en smaak 

bully-beef-souttert

BULLYBEEF SOUTTERT

Rencia Odendaal Pretorius

1 blik bullybeef

1 kop melk

3 eiers

2 eetl meel

1 en half tl droee pietersielie

1 tl mosterd

sout en peper

Meng alles en gooi in platbak

Rasper lekker baie kaas bo-oor en bak tot gaar 180grade – ongeveer 30 minute

Indien julle nie van die bullybeef hou nie, vervang dit met so 2 kop blokkies kouevleis, weense worsies in ringetjies gesny, blikkie tuna, 2 kop gaar maalvleis of gevlokte hoender

Ek het myne bietjie aangepas:

Ek het die volgende by die resep gevoeg:

1 gekapte ui, 1 koppie blokkies ham, 1 tl bakpoeier en ook 1 ekstra eier. Jy kan selfs so ‘n halwe blikkie pitmielies ingooi by die beslag en ‘n paar stukkies groen, rooi en geel soetrissies gekap

bully beef souttert Alba fb

Alba Joubert Rens hiers jou souttert v gister. Het net so gemaak soos jy aangepas het. Bietjie groenrissie bygesit v kleur!

 

bully beef souttert riaan fb

Pierre Kilian‎ Ek is so trots op my bully tert soos gister gepost….net die ham met gesnipperde rooi worsies vervang. Amper my vingers af gekou.

BULLYBEEF SOUTTERT

1 koppie meel
10 ml bakpoeier
5 ml paparika
knippie sout
koppie spek gesnipper en gebraai
650 ml gerasperde kaas
blikkie bullybeef fyn gedruk
6 hardgekookte eiers grof gerasper
2 stewige tamaties grof gerasper
1 groot ui grof gerasper
750 ml melk

Verhit oond tot 180 grade. Smeer tertbakke. Bak 30 min of tot toetspen skoon uit kom. Lewer 3 middelslag terte.

 

2 MAKLIKE VARIASIES MET JOU BULLYBEEF PASTEIE

Ek het albei aangepaste resepte gemaak – sien resep onder:

Maak jou bullybeef souttert en bak vir 15 min – haal uit en gooi die slap degie bo-oor en bak vir verdere 15/20 min tot gaar en goudbruin.
Jy kan ook ‘n gewone skilferkorsdeeg oorsit van die begin af.

bullybeef pie

SLAP PASTEI DEEG

125 ml olie
125ml melk
190 ml bruismeel
1 eier (geklits in bietjie water)
Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 15/20min tot gaar en goudbruin

bully beef pie

Bullybeef pastei met kapokaartappels op (bully herderspastei)

Maak bully beef souttert en bak tot gaar. Maak kapokaartappels en skep dit bo-op die tert. Rasper bietjie kaas bo-oor – Sit terug in oond vir net ‘n rukkie om die kaas te laat smelt en bedien.

 

BULLYBEEF PASTEI
Week 6 dik snye witbrood (korsies verwyder) in 125 ml melk tot al die vloeistof geabsorbeer is. Pak op die bodem van ‘n vierkantige 200 mm x 200 mm oondvaste bak. Druk 1 blik soutbeesvleis fyn met ‘n vurk en skep op die broodkors. Sprinkel 250 ml gerasperde cheddarkaas oor. Klits 4 eiers en giet egalig oor die kaas. Geur met sout en peper en rangskik ‘n paar skywe vars tamatie bo-op. Bak vir 20-30 minute teen 180 °C tot ferm. Sit louwarm voor met slaai.
Deur: Landbou

 

Eenbak SPAGHETTI met BOELIEBIEF

1 pakkie spaghetti – in stukkies opgebreek
1 blik heelpit mielies (jy kan hier ook ertjies of veggie mix gebruik)
1 blik Boeliebief – in blokkies gesny
1 tamatie – geskil en opgekap
1 ui – opgekap
1 groenrissie – in blokkies gesny
1 pakkie wit uiesop
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie kaas – gerasper

Metode:
Kook die spaghetti tot gaar en dreineer
Klits die eiers, melk en soppoeier saam.
Meng nou alles goed deurmekaar.
Spuit ‘n oondbak met spray and cook en skep die mengsel daarin.
Strooi die gerasperde kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond teen 180° vir 1 uur.

 

BULLYBEEF EN MACARONI GEBAK

250 gr macaroni (kook tot sag)

250 gr boeliebief

8 eiers

150 ml vars melk

Ongeveer  1 en ½  tot 2 koppies  cheddar kaas

100 gr roomkaas

1 ui, in blokkies gesny

2 knoffel huisies gekap of 1 tl knoffelvlokkies

Sout en peper

Roerbraai  uie en knoffel tot sag en voeg dan die bully beef beesvleis by.  Roerbraai vir n rukkie – Voeg sout en peper  by  (voeg hier die tamatie puree by indien gebruik sien onder )

Voeg nou die roomkaas by en braai vir n rukkie tot die roomkaas deurgesmelt is

Oond 180 grade Celsius

Meng die macaroni en bully beef mengsel  en 1 koppie  van die gerasperde kaas in ‘n groot bak

Spuit jou bak met spray en cook en gooi die helfte van die mengsel in die bak

Klits  die eiers en meng dit met melk

Gooi  nou  die helfte  van die melkmengsel oor die macaroni mengsel

Gooi   ½ van die ander koppie gerasperde kaas bo-oor

Herhaal die laag soos bo  en eindig af met die kaas

Bak dit vir ongeveer 45 minute tot gestol en goudbruin.

Variasie: Gooi by die bully beef mengsel ‘n pakkie (blikkie) tamatiepuree

 

MACARONI EN BULLYBEEF

400g macaroni
15ml cooking oil
1 onion, finely diced
1 green pepper, finely diced
15ml Rajah Mild & Spicy Curry Powder
2 tomatoes, chopped
300g tin corned beef
30ml chutney
1 sachet KNORR Cream of Mushroom Soup
500ml water
15ml Mixed Herbs
Cheddar cheese, grated for topping

METHOD
Preheat oven to grill
Cook macaroni as per on-pack instructions until al dente then drain and set aside
Heat cooking oil in a pot and fry the onion and green pepper until soft then add the curry powder and tomatoes and fry for 1 minute stirring continuously to release the flavour and aromas
Add the corned beef and stir well to separate the meat then stir in the chutney
In a jug mix the contents of the sachet of KNORR Cream of Mushroom Soup with the water then add this to the pot and stir well to combine
Add the mixed herbs and allow to simmer on a low heat for 15 minutes stirring occasionally
Combine with the cooked macaroni then transfer to an oven proof dish and top with grated cheddar cheese
Place in the oven and grill until the cheese has melted and is golden brown
By: Whats For Dinner

 

MACARONI EN KAAS met `n verskil

1 pak gaar macaroni

Maak `n dun witsous met 3 koppies melk. Gebruik volgende geur middels – aromate, swart peper en baie belangrik Garlic Parmesan en Origanum seasoning,
Voeg `n blikkie fyn gedrukte bully beef by wit sous.
Meng die wit sous en gedreineerde macaroni saam. Gooi in `n oondpan, rasper cheddar kaas bo-oor Bak in matige oond tot goudbruin.
Laat staan vir 10-15 min voor opdiening sodat die macaroni `n bietjie set. Die geur en smaak is ongelooflik

 

BULLYBEEF KASSAROL
225 gr macaroni (kook tot sag)
50 gr margarien
2 knoffelhuisies, fyn
1 groot ui, fyngekap
50 gr meel
500 ml melk
Knippie sout
1 teelepel peper
1/2 teelepel nutmeg poeier
1 blikkie bullybeef soutvleis (of jy kan helfte worsies en helfte bullybeef gebruik)
Paar sampioene (gekap)
5 eiers, liggies geklits
1 kop gerasperde cheddarkaas

Verhit die margarien oor matige hitte. Voeg die knoffel en ui by , soteer tot sag. Voeg die meel en roer tot goed gemeng. Geleidelik voeg die melk en roer tot gemeng. Roer die sout, peper en neutmuskaat by en roer tot die sous liggies verdik, en voeg wors, sampioene, soutvleis en eiers by. Roer tot gemeng. Voeg die macaroni by en meng.
Gooi in ‘n oondvaste bak, strooi die kaas oor en bak vir 50min na 1 uur of tot gestol en goudbruin (180 C)

 

BOELIEBIEF VETKOEK: [Ma San vanuit Niekerkshoop]

500ml (2 koppies) koekmeelblom
5ml (1 klein teelepel) sout
10ml (2 teelepels) bakpoeier
1 eier
water of melk
1 blik (340g) boeliebief, fyngedruk

Meng bestandele met water of melk en maak aan soos vetkoek deeg. Voeg die
boeliebief by. Bak soos vetkoek in warm olie. Strooi Aromat oor

Wenk: Jy kan hier ook pitmielies of gemengde veggie mix byvoeg

 

BULLYBEEF KOEKIES

‎1x blikkie bullybeef fyn gedruk
1x blikkie sweetcorn (pitmielies)
2x eiers
1x ui fyn gekap
1 1/2x koppie koekmeel
1x koppie melk
1x teelepel bakpoeier
Knippie sout
Kruie en speserye na smaak

Meng alles goed saam.Skep lepels vol in pan met warm olie en vlakbraai tot goudbruin. Keer om en braai tot goud bruin.
Plaas op papier handoekrol en laat afkoel.

 

BULLYBEEF ONTBYT/BRUNCH

Maak gereg in pan met deksel of in jou skottelbraai

Braai 1 ui, greenpeppers , sampioene,  bietjie gekapte spek, stukkies kool, ens.  tot sag

Gooi blikkie bullybeef in en braai deur (jy kan enige oorskiet vleis, bv gisteraand se braaivleis ook gebruik)

Gooi 1 tot 2 tamaties in blokkies gesny (skil verwyder) by en kook deur

Gooi halwe blikkie sweetcorn by. Gooi bietjie water by as droog is.

Maak holtes in die beslag, en breek in elke holte  ‘n eier oop

Rasper bietjie kaas bo-oor

Sit deksel op en stoom vir paar minute tot gaar

Of jy kan die mengsel in ‘n bord skep en jou eiers apart gaarmaak en net bo-op skep

bullybeef eier

 

BULLYBEEF POFFERTJIES
1 blikkie bullybeef
2 kop meel
1/2 kop water of melk
2 eiers
2 teel bakpoeier
Knippie sout
Klein ui fyn ingerasper
Peper/geurmiddels na smaak

Druk Bullybeef goed fyn. Gooi in bak.
Sif meel, bakpoeier en geurmiddels by en meng deur.
Gooi eiers een vir een by en meng
Gooi water/melk by en meng goed.
Bak lepelsvol in olie tot gaar en goudbruin.

Ek maak myne in my “deepfryer” Gooi so ‘n hoogvol teelepel vol in die olie

bully-beef-poffertjies

Bullybeef poffers in die “deepfryer”

 

GEKRUMMELDE BOELIEBIEF

2 x 300g elk boeliebief
250ml droë broodkrummels
5ml paprika
5ml droë mosterd
10ml vars gekapte pietersielie
Sout en varsgemaalde swartpeper
3 ekstra groot eiers, geklits
olie vir vlakbraai
Sny die boeliebief in vingers of skywe. Meng die broodkrummels met die paprika, mosterdpoeier en pietersielie en geur na smaak. Doop die boeliebiefskywe eers in die eier en dan in die krummelmengsel. Plaas in die yskas sodat die krummelmengsel verstewig. Verhit die olie in ‘n groot pan en braai die skywe daarin tot goudbruin en bros.

Bedien warm op fyn aartappels saam met roerbraaigroente of slaai.

bully beef roll lid

Bullybeef rol – Wilna Dorfling

BULLYBEEF ROL

1 Skilferkors – uitgerol
1 blikkie bullybeef – effe fyn gedruk met ‘n vurk
1 uie gekap
1 green pepper gekap of kwart van elk – green, yellow, red pepper
1 kop chedder kaas
Braai bullybeef, uie en greenpepper – haal van stoof af en meng kaas by
Smeer oor skilferkors en rol op.
Vou kante mooi toe en na onder
Sit in bakplaat.
Verf eier of melk of mayonnaise bo-oor en maak 3 vertikale kepe in rol
Bak by 180 grade C vir so 45 min tot gaar en bruin en bros
Bedien saam broodrolletjies en mengelslaai of kapokaartappels

Wenk:
Ek braai nie eers my goed nie – ek meng die gekapte uie, greenpepers, die kaas en bullybeef (alles net so rou) – smeer dit oor die skilferkors, rol op en bak (Rens)

Ek doen ook die volgende: Los die ui en die greenpeppers uit, neem 1 blikkie chakalaka met mielies of butternut, meng dit met die bullybeef en kaas en smeer dit oor die rol

Vervang die bullybeef met Tuna, gevlokte hoender, maalvleis of spek

bully beef lid roll fb

Robyn Blom Strauss Beefpastei,mashpotato en groenslaai,Julle idees is wonderlik. Het die bullybeef met maalvleis vervang

BULLYBEEF EENSKOTTELGEREG

Olie
2 uie, gekap
125g spek, gekap
2 knoffelhuisies gekneus
1/2 t droe pietersielie
1 rooi soetrissie in blokkies gesny
1 blik boeliebief, fyngemaak
1 blik geroomde sampioene
250g sampioene in skyfies gesny
2t bruinsuiker
1t kerrie
3e chutney
1t worcesters sous
sout en peper na smaak
750g gaar rys
250g gerasperde kaas

Stel oond op 180’C.
Soteer ui, spek en knoffel in olie tot sag.
Voeg pietersielie en soetrissie by en soteer nog paar minute.
Voeg boeliebief, geroomde en vars sampioene by en braai.
Meng suiker, chutney, worcester sous, sout peper met 1 koppie water en roer tot opgelos.
Voeg by vleismengsel en prut vir 5min.
Skep rys in groot gesmeerde oondbak.
Skep vleismengsel bo-op, roer net so met 1 diep skep dit effe deurmekaar en sprinkel kaas oor
Bak so 30min of tot kaas borrel en dit deurwarm is

 

MACARONI-EN BULLYBEEF GEBAK

500g macaroni
2 groot uie, geskil en gekap
37.5ml koekmeel
500ml melk
2 groot tamaties, geskil en gekap
300g blik soutbeesvleis, losgebreek
25ml vars pietersielie, gekap
50ml sterk blatjang
10ml gemengde, groen, droë kruie sout en peper na smaak
250ml gerasperde cheddarkaas

Kook macaroni soos op pak aangedui, dreineer. Braai die uie in die botter tot gaar. Voeg die meel by en roer, voeg die melk by en roer totdat die mengsel dik word en kook. Voeg al die oorblywende bestanddele by, behalwe die kaas. Bring tot kookpunt, laat prut en roer sodat die mengsel nie brand nie. Meng nou die sous van die macaroni en skep in ‘n oondvaste glasbak wat gesmeer is. Strooi laaste die kaas oor, en bak by 180C vir 20 minute tot gaar. Die resep lewer sowat ses tot agt porsies. Jy kan 4 geklopte eiers inmeng om die porsies tot tien te vermeerder.

 

ANDERSTE BOBOTIE (BULLYBEEF) MET PIESANG
1 uie – gekap
1 green pepper – fyn gekap
Braai bogenoemde tot sag
Voeg by: 15/20ml matige kerrie
30ml appelkooskonfyt
35ml asyn
1 blik bullybeef (fyn blokkies gesny)
Sout en swart gemaalde pepper
Skep in gesmeerde bak
Meng 1 eier en 60ml melk en gooi bo-oor mengsel
Sny piesang skyfies en rangskik bo-op – gooi bietjie pietersielie en paprika oor en bak in oond vir 30 min tot gaar en goudbruin.

 

 BULLYBEEF EN SPAGETTI
2 uie fyngekap
1 groen rissie onpit en in blokkies gesny
1 blikkie bullybeef in blokkies gesny
3 tamaties ontvel en gekap
1 blik geroomde mielies
5 ml basiliekruid
knippie suiker
sout en peper
1/2 pak spaghetti
gerasperde kaas

Braai uie en soetrissie in olie tot sag. Voeg bullybeef by en braai tot ligbruin. Voeg tamaties by en prut tot sag. Roer mielies by en geur met kruie, suiker, sout en peper. Kook spaghetti gaar en dreineer. Meng spaghetti en beef mengsel saam. Dien op met kaas as verkies.

 

BULLYBEEF BROODJIE vol vleis

1 ronde brood bv. Ciabata
koppie gekapte uie
Blikkie bullybeef fyn gemaak
200 ml tamatie sous
5 ml sout
knippie peper
60 ml botter
25 ml olie
10 ml papirika
1 eetlepel worchester sous
1 t suiker

Sny brood sy boonste kors af en hol uit soos n bunnychow. Verf binne met die halfde van die botter. Sorteer ui in olie tot sag. Voeg bullybeef, paparika by. Braai 5 min en voeg broodkrummels , tamatie sous, worchester sous, sout, suiker en peper by. Skep in uitgeholde brood. Sit deksel terug op. Plaas broodjie op foelie en verf buite om met res van botter. Draai toe in die foelie en bak 1-1 1/2 uur by 180 grade. Bak nog 10 min met foelie oop gevou. Bedien saam n lekker slaai.

 

COWBOY-KOS
Braai ‘n ui. Voeg ‘n tamatie by waarvan die skil afgetrek is en in blokkies gesny. Voeg bladjang en tamatiesous sous by na smaak. Sny jou blikkie beef in blokkies en gooi by. Gooi bietjie suiker by en laastens ‘n blikkie baked beans. Laat alles lekker saam prut vir 5 – 10 min. Bedien op toast saam met ‘n hardgekookte eier

 

 

BULLY BEEF POTATO CAKES WITH MASH

4 cups peeled, large diced potatoes (about 500gr potatoes)
1/4 cup whole milk, heated
1 teaspoon salt
1/2 teaspoon black pepper
1/4 cup flour
2 tablespoon melted unsalted butter
1/2 cup diced corned beef
1 tablespoon shredderd onion
1 large egg, beaten
1 tablespoon finely chopped chives
METHOD:
Start by boiling the potatoes until tender
Once potatoes are tender, drain in colander but do not rinse. Add drained potatoes to the bowl of a stand mixer and then add the warmed milk, salt and black pepper.
Mix well on medium speed until potatoes are light and whipped. Add the flour, melted butter, corned beef and onion.
Turn the mixer on medium then add the egg as the mixer works the dough. Whip until combined.
In a large skillet, add two tablespoons of butter over medium high heat. Once melted, use a 1/4 cup measure sprayed with non-stick spray to add potato batter to the pan.

Cook four cakes at a time, three minutes per side. Flip the cakes carefully because they will not be very firm overall. Use the side of the spatula to reshape the cakes as needed.
Once the potato cakes are done, place on a platter in single layer – do not stack. Sprinkle with chives.
Repeat the process with remaining batter. Add more butter or non-stick spray to the skillet if needed during the process.

 

EIER MUFFINS – heerlik vir die kosblik, vingerhappies, padkos of piekniek

Muffin pan van 6 bakkies
Spray and cook
6 eiers
Oorskiet vleis, spek, ham, kouevleis blokkies of boeliebeef
Halwe Green pepper of gebruik al 3 kleure
2 Tamaties (geskil en gekap)
Chedder Kaas
Speserye van jou keuse

Spuit  jou pannetjie met spray en cook .
Vat 6 eiers en klits dit goed, voeg die speserye by.
Sny oorskiet vleis of kouevleis in klein stukkies. Sny tamatie en green
pepper ook in klein stukkies.

Meng nou die vleis, peppers en tamatie met mekaar
Skep van jou vleis tamatie mengsel onder in elke bakkie.
Strooi  kaas oor elke bakkie.
Gooi jou  geklitse eier  oor tot die vorige bestandele net net wys.
Sit in oond op 180° bak vir 15 tot 20 min tot eier reg is.

Jy kan jou eie bestandele by sit soos jy dink goed is en mens kan melk by eiers gooi om dit bietjie meer te maak

 

BOELIEBEEF KOEKIES in die oond
Bestanddele:
2 koppies gaar aartappels,
’n Halwe koppie boeliebeef (fyngemaak)
1 eetlepel fyngekapte pieterselie
1 eetlepel botter
2 eiers, geklits
Sout en peper na smaak
’n Bietjie koekmeel  en mosterdpoeier
Metode:
Meng al die bestanddele deeglik saam (behalwe die koekmeel en mosterd) en vorm klein koekies. Rol die koekies in ’n bietjie koekmeel  gemeng met mosterd, en bak in ’n matige oond van 180°C tot gaar en goudbruin

 

BOELIEBEEF ROLLE

Neem ‘n rol puff pastry en rol dit uit. Smeer sweet chillie sous oor. Smeer nou boeliebeef of Tuna  wat jy fyngedruk het oor. Rasper baie kaas bo-oor. Rol dit op en sit die rol in die vrieskas vir omtrent ‘n uur.
Sny in skywe van omtrent 1cm dik
Pak in ‘n plat bakplaat, smeer bietjie geklitste eier oor en bak by 180 C tot goudbruin

 

BOELIEBEEF WIELIETJIES

1 rol skilferkorsdeeg

30ml mayonnaise

30ml blatjang

2,5ml droë mosterd

1 blikkie boeliebeef (fyngemaak) – of 250gr gesnipperde spek of 1 blikkie tuna

250ml cheddarkaas gerasper

2,5ml gemengde droë kruie

1 eier

bietjie melk

Stel oond op 200 C.

Rol skilferkorsdeeg redelik dun op meelbestrooide oppervlak uit.

Meng mayonnaise, blatjang en mosterd en boeliebeef

Smeer oor uitgerolde deeg.

Gooi die kaas en kruie oor.

Rol deeg soos rolkoek op.

Plaas in vrieskas tot snybaar.

Sny opgerolde deegrol in 1 cm skyfies.

Plaas op gesmeerde bakplate.

Kliets eier met bietjie melk en verf oor elke wieletjie.

Plaas bakplate in oond en bak 15min of tot goudbruin.

Sit louwarm voor

 

KORSLOSE SOUTTERTJIES
1 x 300 g soutbeesvleis
25 ml koekmeel
2 k gerasperde kaas
1 t mosterdpoeier
1 k melk
knypie rooipeper
2 eiers, geklits
fyngekapte pietersielie

Verwyder vet van soutbeesvleis. Maak vleis goed fyn. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep mengsel in vormpies of goedgesmeerde/gespuite kolwyntjiepannetjies. Bak vir 15 20 minute tot gaar by 180ºC. Lewer ongeveer sestig klein tertjies.

 

BROOD SIRKELTJIES
Druk sirkels in snye brood uit met glas.
Smeer muffinpan en plaas broodsirkels in holtes.
Meng bietjie mayonnaise met boeliebeef of hoender, tuna of oorskiet maalvleis.
Plaas binne-in die sirkels. Strooi gerasperde kaas oor en bak in oond by 180 C tot goudbruin
Heerlik en goedkoop.

 

BOELIEBEEF VETKOEK

2 koppie meelblom
1 teel sout
1/2 teelepel peper
1tl bakpoeier
1 eier
1 koppie melk
1 koppie boeliebeef

Metode.
Sif die droë bestanddele saam en voeg die geklitste eier en melk by.
Voeg die boeliebeef by en meng deeglik.
Skep lepelsvol in warm vlak olie en braai bruin aan albei kante.

Lekker lig & vinnig – saam met n slaai.

 

BOELIEBEEF SKONDEEG VINGERHAPPIE

Braai jou bullybeef met uie, soetrissies, gekapte sampioene ens ( wat jy ookal wil gebruik)

Doen die volgende:

Deeg: (Meng alles goed saam tot  gladde mengsel)

¾ k melk
¾ k olie
2 eiers
1 k meel
3 t bakpoeier
¼ t sout
1 t Aromat

Deeg is bietjie dikker as pannekoek deeg
Spuit kolwyntjie pannetjies
Skep lepel vol deeg onder in en skep dan een lepel boeliebeefvulsel op
Skep dan weer deeg op om die maalvleis te bedek (pannetjie moet dan so 3/4 vol wees)
Bak ongeveer 15 minute tot ligbruin (180°C)
Maak net seker jou boeliebeef mengsel  is NIE te souserig nie, want dit maak jou deeg pap.

 

 

RAAP EN SKRAAP SOUTTERTJIES

Witbrood, in blokkies gesny (9 snye)
500 ml koue melk
250 g fyn gesnyde kouevleis of boeliebeef
200 g gerasperde cheddar-kaas (500 ml)
6 eiers, geklits
50 g botter of margarine, gesmelt (60ml)
1 ui, fyn gekap
2 – 3 takkies pietersielie fyn gekap
1 ml mostertpoeier (opsioneel)

METODE:
Voorverhit die oond tot 180°C
Week die broodblokkies in die melk
Voeg die vleis, kaas, eiers, botter/marg, ui, pietersielie
en mosterd by en meng liggies maar deeglik met ‘n vurk
Skep in voorbereide bak of muffin pannetjies
Bak ongeveer vir 30 min  vir groot tert of 15 minute vir klein tertjies tot mooi goudbruin

 

BOELIEBEEF  PASTEI MET RYSKORS
1 dik sny brood, korsies verwyder
Bietjie melk
sout en peper na smaak
1 eetl asyn
1  blikkie boeliebeef – in blokkies gesny
1 tamatie
3 repies spekvleis
50ml gerasperde kaas
Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by boeliebeef. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op. Plaas res van vleismengsel bo-oor. Skep volgende kors oor vleismengsel.

KORS:
2 eiers
125ml melk
12,5ml gesmelte botter
125ml gaar rys
125ml meelblom
5ml bakpoeier
125ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180C.

Wenk: Gebruik 500gr maalvleis i.p.v. boeliebeef

 

 

CORNED BEEF MACARONI BAKE
MACARONI EN BULLY BEEF
400g macaroni
15ml cooking oil
1 onion, finely diced
1 green pepper, finely diced
15ml Rajah Mild & Spicy Curry Powder
2 tomatoes, chopped
300g tin corned beef
30ml chutney
1 sachet KNORR Cream of Mushroom Soup
500ml water
15ml Mixed Herbs
Cheddar cheese, grated for topping

METHOD
Preheat oven to grill
Cook macaroni as per on-pack instructions until al dente then drain and set aside
Heat cooking oil in a pot and fry the onion and green pepper until soft then add the curry powder and tomatoes and fry for 1 minute stirring continuously to release the flavour and aromas
Add the corned beef and stir well to separate the meat then stir in the chutney
In a jug mix the contents of the sachet of KNORR Cream of Mushroom Soup with the water then add this to the pot and stir well to combine
Add the mixed herbs and allow to simmer on a low heat for 15 minutes stirring occasionally
Combine with the cooked macaroni then transfer to an oven proof dish and top with grated cheddar cheese
Place in the oven and grill until the cheese has melted and is golden brown
By: Whats For Dinner

 

MAC & BULLYBEEF DELIGHT met OBS

1 pak sampioene
1 pak spek in blokkies gesny
1 ui opgekerf
1 kop gemengde groente
3 kop gerasperde kaas
2 blikkies bullybeef
2 E/l barbecue speserye
2 e/l olie
2e/l OBS (old brown sherry)
500g macaroni

Bruis ui in 2 e/l olie tot bruin, voeg die spek en laat ‘n bietjie verbruin, voeg sampioene by en maak die pot toe. Laat stoom en dan voeg die barbecue spice by, gebruik ‘n vurk om een blik op die breek en dan ‘n mes om die tweede in in blokkies te sny soos u verkies. As al bestaandele reg is meng dan soos gewoonweg ‘n mac en cheese bymekaar gesit word. Onderste laag Macaroni, dan ‘n laag bully mengsel, kaas, dan weer ‘n laag macaroni en kaas, gooi 2 geklitsde eiers oor en gooi in ‘n oond wat op 180 gesit is en laat kaas en eier gaar raak.

 

 

BOELIEBEEF SMOORGEREG
Braai 2 fyngekerfde uie in olie. Voeg 1 tamatie in blokkies gesny, by en smoor tot gaar en uie deurskynend is. Kook intussen 6 aartappels apart. Voeg aartappels, net gaar gekook in soutwater en in bytgrootte gesny en 2 blikkies boeliebeef in blokke gesny, by. Voeg bietjie kookwater by en kook deur. Verdik met ongeveer  15-20 ml Bisto in water opgelos. Prut tot dik

 

Advertisement