HOE OM GEPEKELDE BEESTONG GAAR TE MAAK
1 beestong
3 koppies rooiwynasyn
2 knoffelhuisies, gekap
olyfolie
koppie pietersielie, gekap
teelepel basilie, gekap
takkie roosmaryn
peper
sout
Metode:
Plaas dit in n pan met net genoeg water om dit te bedek. Bring dit stadig tot kookpunt en kook vir 45 minute.
Meng bietjie olyfolie met die res van die bestandele.
Wanneer die tong afgekoel is sny jy al die vet af en trek die vel van die tong af. Maak fyn snytjies oor die hele tong en smeer die kruiemengsel
oor. Bedek en plaas in die yskas vir vier dae.
Verwyder dit uit die yskas omtrent een uur voor jy dit gaan bedien.
Rencia Odendaal Pretorius
BEESTONG MET MOSTERDSOUS
1 kg beestong
1 klein ui
1 klein geelwortel
vars seldery of pietersielietakkies
knippie sout
4 peperkorrels
2 heel naeltjies
Sous:
125 ml suiker
60 ml mosterdpoeier
30 ml koekmeel
250 ml kookwater
250 ml mayonnaise
125 ml witasyn
sap van 1 suurlemoen
vars broodkrummels
Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot
sag. Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in
skywe en pak in ‘n oondvaste bak.
Stel oond op 160°C.
Vir die sous:
Meng die droë bestanddele
saam en voeg die res – buiten die broodkrummels – by. Kook stadig deur oor lae
hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor. Bak
25 – 30 minute.
TONG IN APPELKOOSSOUS
2 sout beestonge
Wortelskyfies
1 lourierblaar
1 groot ui in skywe gesny
SOUS:
1 groot blik ingelegde appelkose
190ml bruinsuiker
5ml droë mosterd
125ml wit druiwe asyn
3ml sout
1 blokkie beesboeljon
85ml sultanas
Aromat
15ml meel en water om pasta te vorm.
Laat prut tong vir 1uur lank. Voeg ui lourier blaar en
wortels by en prut vir nog 1 uur. Doop tonge in koue water en trek vel af. Sit
eenkant. Sit appelkose met stroop in pot. Voeg suiker, mosterd, sultanas asyn
en sout by. Verhit en roer aanhoudend.. As dit te soet is voeg 1 boeljonblokkie
by. Voeg meel wat tot pasta gemaak is, by en roer sodat die sous nie vasbrand
nie. Sny tong in skywe en voeg by sous. Verhit dwarsdeur voor opdiening. Bedien
10 tot 12 persone.
BEESTONG IN TAMATIE-SAMPIOENSOUS
1 vars of gepekelde beestong 1 groot ui, fyngekap
30 ml kookolie 1 x 285g heel sampioene
125 ml tamatiesous 125 ml asyn
30 ml suiker 10 ml aangemaakte mosterd
10 ml sout 1 ml peper
As ‘n gepekelde tong gebruik word, moet dit eers ‘n uur lank in koue water uitgevars word.Bedek die tong met vars koue water en kook dit tot sag – sowat 40 minute in ‘n drukkastrol. Laat die tong in die tong-aftreksel afkoel. Trek die vel af en sny die tong in dun skyfies. Plaas die skyfies in lae in ‘n oondvaste skottel van 20 x 20 cm.
Braai die ui in die kookolie tot sag. Voeg die sampioene en hul vloeistof, tamatiesous, asyn, suiker, mosterd, sout en peper by en kook dit sowat 5 – 8 minute oor matige hitte. Gooi die sous oor die tongskyfies.
Bak die tong 30 minute lank by 180ºC. Lewer 6 – 8 porsies.
BEESTONG:
Kook jou tong gaar in water, sout en pickling spices en 25 ml bruinsuiker – Laat koud word trek vel af en sny in dun snye – Sous: 25 ml kookolie , 25ml meel, 50ml mosterdpoeier, 125ml suiker, 2 ml sout, 250ml kookwater, 50ml wit asyn, 250ml mayonaise, sap van 1 suurlemoen, vars wit broodkrummels, Meng olie, meel mosterd suiker sout en kookwater in pot op stoof tot gladde pasta Haal van stoof af – roer asyn mayonaise en suurlemoensap by, Pak nou die tong in lae met ‘n sousie tussen elke lagie. Eindig af met die broodkrummels en bak vir 30 min op 180 grade
GEBAKTE MOSTERDTONG
Deur: HUISGENOOT
Hierdie is ’n lesersresep van G.M. Ehlers van Witpoortjie, Johannesburg en dié gereg is al meer as 30 jaar lank in hul familie.
Genoeg vir 6 Mense
Bereiding: 15 minute
gaarmaaktyd: 45 minute
SOUS
30 ml (2 e) olie
60 ml (¼ k) mosterdpoeier
125 ml (½ k) suiker
2 ml (½ t) sout
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) mayonnaise
sap van 1 suurlemoen
125 ml (½ k) wit druiwe-asyn
30 ml (2 e) koekmeel
TONG
2 gaar tonge, vel afgetrek en in skywe gesny (SIEN WENK)
125 ml (½ k) sagte broodkrummels
Voorverhit die oond tot 180 °C.
SOUS Meng die olie, mosterd, suiker en sout saam en klits die kookwater bietjie vir bietjie by. Klits die res van die bestanddele by.
TONG Pak die tongskywe in ’n oondvaste bak en giet die sous oor. Sprinkel die krummels oor en bak 45 minute in die oond tot die sous effens verdik het en die krummels goudbruin is.
WENK
Maak die tong so gaar:
Bedek dit met koue water. Voeg ’n kruiesakkie, 1-2 wortels, 1-2 uie, 1-2 selderystokkies en 1-2 peperkorrels by. Laat kook, verlaag die hitte en kook sowat 3 uur tot sag. Dompel in koue water en verwyder die vel terwyl die tong nog warm is. As jy die tong in die kookvloeistof laat afkoel, proe dit beter.
SOET EN SUUR SOUS VIR TONG
250ml Asyn
250ml bruinsuiker
6 gemmerkoekies goed gekrummel
30ml suurlemoensap
125ml [75g] rosyne
2ml kaneel [nie te veel nie]opt.
8 heel naeltjies
1 loulierblaar
1 klein ui in dun skyfies gesny
3ml sout
Swartpeper
Metode:
Meng alles en prut vir so 10min.
Verwyder naeltjies en lourierblaar.
SOUS VIR BEESTONG
1 Koppie water
25 ml Asyn
25 ml Suurlemoensap
25 ml Blatjang
6 tl Bruinsuiker
12,5 ml Koekmeel
5 ml Mosterdpoeier
½ koppie Rosyne
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
2 Gemmerkoekies
Metode
Gooi alles behalwe ¼ koppie water en
koekmeelblom in ‘n kastrol en roer
tot opgelos. Wanneer warm verdik met
koekmeelblom en prut stadig tot gaar.
Gooi oor gesnyde tong en bedien.
You must be logged in to post a comment.