Vleiswerk naweek


IMG_7518

Ons het ‘n bees agterkwart gekoop – 89kg – en die die naweek verwerk –


IMG_7523

Hans begin om die bees in stukke te sny

IMG_7525

T-bones word gesny

IMG_7526

Die T-bone weeg 650 gr ………….

IMG_7527

Ons het ons eie chef gehad – Danie wat die potjie op die stoof moes maak. Die wind het so gewaai ons kon nie ons neuse by die deur uitsteek nie. Dit was ‘n beespot met rooiwyn en groente
IMG_7528

Besig om die vleis te maal vir die maalvleis en wors Dankie Lane en Gerhardt vir julle hulp die naweek. Sonder julle sou ons dit nie kon doen nie. Is maar bietjie dom met vleiswerk…….

IMG_7529

Skoon maalvleis – topside maalvleis

IMG_7530

Danie is besig om sy broodjie aanmekaar te slaan

IMG_7535

Hans my man is besig om die worsmengsel in te meng voor ons dit maal. Ons gebruik 35kg vleis – waarvan 12% vet moet wees – het Percy vet gebruik asook die vet van die bees. Die speserye is Feddy hirsh se Kameeldoring – of kameelhout speserye – nie seker oor die regte naam nie.

 

IMG_7539

Gerhardt ken sy werk met wors stop. Myne het ooral oopgebars en uitgepeul.

IMG_7540

Gerhardt is besig met die wors stopper

IMG_7542

Ek maak hamburger patties – Maklike manier, gebruik Consol bottel se deksel met die los boom. Druk jou maalvleis in die deksel, draai om en druk styf vas op die houtbord. Druk pattie uit. Ek het sommer die worsmengsel hiervoor gebruik.

IMG_7544

Perfekte patties

IMG_7547

Intussen het die brood uit die oond gekom. Dit was sommer ‘n gewone klaar voorafbereide brooddeeg, bietjie deurgeknie, toe druk Danie stukkies fetakaas, peppers, uie,  peppadews in en gooi bietjie bruin suiker oor – 45 min in die oond by 180 C

IMG_7548

Ek verpak die wors. Maklike manier, rol jou wors op in ‘n kleinbordjie, druk in sakkie en glip kleinbordjie uit.

IMG_7550

‘n Klein bordjie vol gerol = 500gr presies. Ons gebruik die 26 grootte derm.

IMG_7553

Ons het 30 kg wors gekry, 9 kg maalvleis, patties, rump steaks, fillets, t-bones, club-steaks,  blokkies vleis, repies vleis, die sosaties.

Ons is reg vir die volgende jaar met ‘n vol vrieskas.

 

IMG_7574

Ons het R2810.00 betaal vir die agterkwart van 89kg – A-graad – die derms ,vet en wors speserye  was nog verdere R570.00

Baie groot besparing as mens dit self doen, maar ai, my rug was AF

IMG_7559Half 7 gisteraand toe kan almal aansit vir ‘n lekker bord potjiekos en vars gebakte brood

Danie se potjie resep:

Braai uie in ringe met vars knoffel opgekap, crushed black pepper en bruin suiker (skep uit)

Blokkies vleis – braai met Crown se Texas steak spices tot geseel. Voeg by Country Hot pot mengsel aangemaak met water. Voeg uie mengsel by

Sit bo-op butternut skywe, baby marrows, aartappel met skil aan (in kwarte gesny) Sampioene, heel, Blikkie heel tamaties (die kleintjies)

Gooi nou halwe bottel rooiwyn oor en laat prut vir 3 na 4 ure – op plaat no 3

Moenie roer nie.

Verdik met bisto of mazina indien nodig.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s