Tag Archive | peppadews

Wild/Volstruis Resepte


Gesmoorde Volstruis vleis

Gesmoorde Volstruis vleis

Colleen Boshoff Volstruis fillets “gebutterfly” sit pepperdew en feta binne in maak toe met toothpics en laat le in n monkeyglad sous robertsons texan spice bo oor saam bietjie peper los tot kole reg is

Linda Theron Gesmoorde Wild 1,5 kg wildsvleis, liefs vleis wat uit die dier se boud kom marinade vir wild – pas dit aan vir jou hoeveelheid vleis die skil van 1 lemoen die skil van 1 suurlemoen olie 2 uie, in blokkies gesny 2 wortels, in blokkies gesny 2 stele seldery, in skyfies gesny bouquet garni (pietersielie, tiemie en lourierblaar) 280 ml aftreksel sout en peper 15 ml appeljellie beurre manié (verdikking 2dele botter 1 deel meel) Sit die vleis en skille in ‘n bak en gooi die marinade oor. Plaas die groente op die vleis en maak die bak toe. Laat dit 3 dae in yskas en draai die vleis een maal per dag om. Haal die vleis na 3 dae uit, vee dit af en braai aan alle kante bruin in olie in ‘n kastrol. Haal die vleis uit en plaas die groente in dieselfde olie. Stel die hitte laer, bedek die kastrol en laat die groente smoor vir 5 minute. Plaas die vleis op die groente en voeg die bouquet garni, die marinade en die aftreksel by. Geur met sout en peper. Die skille kan jy weggooi. Bring tot kookpunt. Maak nou die kastrol toe met foelie voor jy die deksel opsit. Plaas die kastrol in ‘n 160°C-oond en smoor 3 uur lank. Skep al die vet af, gooi die sous deur ‘n sif in ‘n kastrol. Gooi die jellie by die sous en verdik met die beurre manié. Kook die sous af tot dit omtrent soos ‘n dun room is. Proe vir sout en peper. Sny die vleis in skywe, plaas in ‘n warm skottel en gooi die sous oor voor jy dit bedien.

Ariana Struwig Vat jou (wildsd)boud en rol in gegeurde meul. Bak in ‘n pan met gesmelte botter soos wat jy met ‘n steak sou doen, baie vinnig. Doeksag en baie lekker. Moet nog binne pienk wees.

Advertisement

Peppadews / Peppers – Ingemaak en gevul


Peppadews-Yummly

Peppadews-Yummly

Peppadews

Ingredients for about 2 litres of fresh peppers:
1 cup water
2 cups white sugar
1 cup white (wine/malt/spirit) vinegar
ready-mixed pickling spice (usually contains allspice, chilli, cinnamon stick. cloves, black peppercorns, coriander, mustard seeds, ginger, bay leaves, cardamom)
If you do not live in Africa you may want to consider some health and safety aspects, like using surgical gloves while handling the peppers. If you don’t you may experience some side effects after the cleaning operation – a burning sensation at the fingertips near the nails. Also keep your hands away from your eyes and other sensitive body parts (even after they were washed).
Cut off the stems and remove the seeds with a small spoon (this may take a while).
Sterilize jars and lids.
Pour boiling water over the peppers and let it stand for 10 minutes.
Drain well.
Mix all the ingredients and bring to the boil.
Add peppers to the boiling mixture and boil for 15 minutes.
Bottle while hot. Stir/poke with a spoon or skewer to ensure all trapped air escapes.
Wait about 2-3 weeks before enjoying.

*

INMAAK VAN PEPPADEWS

Annette Breytenbach

Stroop:
1 1/2 k Asyn
1 1/4 k Suiker
1k Water
Paar gesnyde stukke vars gemmer
Paar knoffelhuisies
2t Peperkorrels
Bay leaf of n suurlemoen blaar
knippie sout
2 groen chillis
METODE:
Sny jou stingels af en haal die pitte mooi uit
Laat in n oplossing van 4t Sout op 2k Water le oornag of n paar ure
Spoel more baie goed af en maak droog
Kook jou stroop vir so 5min. en gooi dan jou Peppedews by en kook weer 5min
Nie pap nie nog styf
Pak dan jou bottels lekker styf in en gooi jou stroop bo oor
Pak bo op n knoffel stukkie en n gemmer stukkie net soos jy wil en verseel jou bottels baie goed
Laat dit vir so 2-3 weke staan of langer voor jy dit gebruik
Baie lekker hoe langer dit staan

*

Linda Theron

Vir almal wat Ingelegde Peppadews resep soek …. Vanuit die Avocado boekie …
Ingelegde Peppadews

Die resep kom uit die Avokado tydskrif.
Die rissies is enige dag net so lekker as die gekooptes miskien lekkerder. Laat staan ‘n paar weke voor dit gebruik word.

ASYN
500 ml water
500 ml appel asyn (of 375 ml appel asyn aangevul met gewone wit wyn asyn tot 500 ml)
200 g suiker
2 ml swart mosterd saadjies
5 ml piekel speserye
1 ui in kwarte gesny
1 knoffelhuisie skoongemaak

Plaas al die bestandele in ‘n kastrol bring stadig tot kookpunt roer om suiker op te los, kook vir ongeveer 10 minute oor medium tot lae hitte verwyder ui en knoffel.

INTUSSEN:
Maak 200 g pikante rissies skoon.
Sny die bo kant af en verwyder die pitte en die sagte wit weefsel versigtig uit, pak die rissies in ‘n skoon fles, giet die warm asyn oor en skud die bottel liggies om die lugborrels uit te kry vul op met asyn indien nodig, maak dadelik toe.

*

SOET PEPPADEW PIEKEL

3 kop vars peppadews – stingels en sade verwyder
1 kop bruinsuiker
1 kop kookwater
1 el heuning
1 tl growwe sout
1 kop wit druiwe asyn
koljander sade
heel swart peper korrels
heel anys saad
naeltjies

Sit peppadews, water, sout, suiker en heuning in ‘n pot.
Kook stadig vir 15 minute.
Gooi dan asyn by en kook nog 2 minute.
Skep in skoon bottels.
Sit ½ teelepel koljander saad, so 10 peper korrels, ½ teelepel anys sade, en 2 naeltjies in elke bottel.
Maak seker die peppadews is tot bo toe met stroop.
Draai bottels onderstebo tot koud.
Bere in yskas tot benodig.

*

Linda Theron

PEPPADEW EN TAMATIE SOUS

800ml Tamaties, ontpit en gemaal
400ml Pepperdews, gemaal, met pitte
160ml Suiker, of na smaak
3 Uie, fyngesny
Sout na smaak

Kook alles saam vir 60-90 minute, steriliseer flesse en bottel warm.
Heerlik saam met enige vleis.

*

HEEL INGELEGDE PEPPADEWS

3k Pepperdews, heel en ontpit
1k Suiker
Sout
2k asyn
Peperkorrels, Lourierblare

Kook die pepperdews, suiker,asyn en sout stadig vir 15 minute.
Skep peppedews in gesteriliseerde flesse, sit pepperkorrels en lourierblare by, gooi stroop oor en seel.

As jy die pepperdews ontpit, kan jy die pitte in ‘n bakkie laat droog word en dan in saaibakkies plant om sodoende pepperdew boompies vir jou tuin te kry, dit groei maklik en begin al in die 1ste jaar dra!

*

INMAAK VAN PEPPADEWS

1 kop asyn
2 kop water
½ kop olie
½ teel sout
1 eetl suiker
Verhit stroop tot kookpunt

Skoonmaak van peppadews.
Sny die boonste deeltjie waar die stingel aan is versigtig af en haal die pitte met die steeltjie van ‘n teelepel uit, werk versigtig dat dit nie breek nie.
Kook vir 1 min in kokende stroop en haal uit.
Pak bottels vol en gooi stroop bo-oor tot vol en verseel.

*

Ronel Flemming Steenkamp

Ingelegde rissies. (lekker met alle rissies):

Kook 2kg skoongemaakte rissies saam met 20ml sout in 5liter water vir 5min. Spoel dadelik af en laat droogdrup.

Asynmengsel:

2 gesnyde knoffelhuisies, 4teelepels sout, 1koppie suiker, 10 wit/swartpeper korrels, 1 eetlepel piekelspeserye, 1 eetlepel gekneusde mostertsaad/ teelepel mostertpoeier, 1 lourierblaar, 1liter water, 1liter wit asyn, 2 eetlepels olyfolie, half teelepel sitroensuur. – Kook die asynmengsel en laat bietjie trek vir half uur. Pak rissies in bottels en gooi asynmengsel kokend oor. Seel. Heerlik in slaaie, op pizza ens

*

Martie Ellis

PEPEDEWS

Sny koppie (stingelkant)oop en haal pitte uit spoel af en laat onderstebo droog . Steriliseer bottels

Pak pepedews styf in

Kook sous:  1kop elk water-suiker-asyn Laat sterk kook en gooi kokende sous in bottel tot oorloop

Seel dadellik en bere (laat2-3 weke staan voor gebruik) smaak soos gekoopte pepedews

*

3 KLEURE PEPPERS – INGELEG

(www.foodloversrecipes.com)

Sny jou soetrissies[ geel, groen, rooi] in mooi dun repies. Vul jou bottels lekker styf. Maak jou sous en gooi dit kokend bo-oor en verseel dit warm. [haal al die blassies uit as daar is met n sosatiestokkie] ek het net 1 van elke kleur gebruik op die sous hoeveelheid.
SOUS
500ml Suiker
500ml Asyn
500ml Water
10ml Sout
1/2 t peperkorrels
METODE:
Kook jou asynmengsel vir so 3min.en gooi oor jou soetrissies in jou bottels. N.S in party van my bottels het ek n paar Ingemaakte Peppedews bygevoeg om dit lekker styf te kry.

BRON- Rina
BOTTEL-EN-BERE-RESEPTE

Bone Slaai Resepte


Gemengde Bone Slaai -my recipe

Gemengde Bone Slaai -my recipe

Mixed Bean Salad with Sun-dried Tomatoes

Janice Daciuk, Cooking Light

 

Yield: 14 servings (serving size: 1/2 cup)

1 (8-ounce) jar oil-packed sun-dried tomato halves

1/2 cup chopped fresh parsley

1/2 cup chopped fresh basil

1 (15-ounce) can red kidney beans, rinsed and drained

1 (15-ounce) can white kidney beans, rinsed and drained

1 (15-ounce) can black beans, rinsed and drained

1 (15.8-ounce) can black-eyed peas, rinsed and drained

1/2 red onion, thinly sliced

1/3 cup red wine vinegar

1/4 cup sugar

1 teaspoon salt

1/2 teaspoon dry mustard

1/4 teaspoon freshly ground black pepper

Preparation

Drain sun-dried tomatoes in a sieve over a bowl, reserving oil. Place 1/4 cup reserved oil in a medium bowl. Return the remaining oil to sun-dried tomato jar; reserve for another use. Chop drained tomatoes; place in a large bowl. Add parsley and next 6 ingredients (through onion) to chopped tomatoes, and stir gently to combine.

Add vinegar and remaining ingredients to 1/4 cup reserved oil, stirring with a whisk. Drizzle over bean mixture; toss gently to coat. Cover and chill.

3 Bone Slaai -broke girls

3 Bone Slaai -broke girls

3 Bone Slaai

Rene le Roux

Koop sommer pick en pay se 3bone blikkies! Skep in bak, sny n rooi en geel pepper fyn en voeg by, voeg 1 blikkie groen boontjies, 2 fyn gesnyde tamaties, fyn gekapte ui(soveel as wat jy wil) en ook 1 blik ertjies(opsioneel) by. Meng sowat 2El asyn, 1 el suiker halwe tl sout, halwe tl kerriepoeier, en 2 tl olyfolie. Meng allles saam en gooi oor bone! Hou in yskas.. Hoe langer hy staan hoe lekkerder! Kan tot 3/4 dae hou in tupperbak!!

 

Baked Bean Slaai

Mathilda Clarke Iets baie maklik
1 blik baked beans
Rasper kaas bo oor
Smelt kaas in mikrogolf
Roer deur

Baked Bean en Piesang slaai

Rene le Roux

Vat 1 blikkie Baked beans in tamatiesous en gooi in bak! Sny sowat 4 piesangs in skyfies, voeg by bone.. Meng so halwe koppie mayonnaise en so kwart blikkie kondensmelk! Meng alles saam! Ek hou niks van Baked Beans nie, maar die is heerlik!

Bone Slaai

2 blikkies groenbone – of ek gebruik vars boontjies wat ek net opkook tot sag – dit moet nog lank wees – nie gesny nie, ek los ook sommer die punte aan, dis mos deesdae mode en dit lyk ook mooi. Vat nou ‘n plat bak en le die lang bone onder in die bak. Sny ‘n halwe groen rissie – rooi rissie en geel rissie in lang dun skywe – strooi bo-oor, dan vat ek ‘n pers ui en sny dun skywe – of ‘n wit ui, strooi bo-oor. Dan vat ek ‘n blikkie botter bone, dreineer en gooi bo-oor. Ek het ook al ‘n blikkie ertjies bo-oor gegooi. Dan vat ek feta kaas en sny blokkies en gooi oor en my laaste bederf is ‘n paar peppadews so hier en daar bo-op. Net voor jy dit opdien gooi en growwe sout, gemaalde swart peper oor, olyfolie en balsimic asyn,

Peppadews Ingeleg


Peppadews ingeleg/gebottel

Peppadews ingeleg/gebottel

Linda Theron

Die resep kom uit die Avokado tydskrif.

Die rissies is enige dag net so lekker as die gekooptes miskien lekkerder. Laat staan ‘n paar weke voor dit gebruik word.
ASYN
500 ml water
500 ml appel asyn (of 375 ml appel asyn aangevul met gewone wit wyn asyn tot 500 ml)
200 g suiker
2 ml swart mosterd saadjies
5 ml piekel speserye
1 ui in kwarte gesny
1 knoffelhuisie skoongemaak

Plaas al die bestandele in ‘n kastrol bring stadig tot kookpunt roer om suiker op te los, kook vir ongeveer 10 minute oor medium tot lae hitte verwyder ui en knoffel.

INTUSSEN:
Maak 200 g pikante rissies skoon.
Sny die bo kant af en verwyder die pitte en die sagte wit weefsel versigtig uit, pak die rissies in ‘n skoon fles, giet die warm asyn oor en skud die bottel liggies om die lugborrels uit te kry vul op met asyn indien nodig, maak dadelik toe.