Tag Archive | bottled

Kerrievis


Kerrievis

Kerrievis

Ingelegde Kerrie Vis

Bestanddele:

1,7 kg Geelstert, Hake  skoongemaak, grate verwyder en in skywe gesny
Olie
6 Suurlemoenblare
6 Groot uie, in ringe gesny
750 ml Bruin asyn
250 ml Water
175 ml Suiker
12,5 ml Borrie
37,5 ml Kerriepoeier
25 ml Meelblom
8 ml Sout
12,5 ml Grofgemaalde peper
250 ml Sultanas (opsioneel)

Metode
Braai vis ongeveer 1½ minuut per kant in warm olie, tot net deurgaar is. Geur goed en hou eenkant. Prut uie 10 – 12 minute in asyn en water tesame met suurlemoenblare, suiker, borrie, kerrie, sout en peperkorrels tot gaar maar nog ferm. Meng meel met ‘n bietjie van die warm sous en roer terug by sous. Prut totdat die sous gaar en dik is.
Vul ‘n lugdigte houer met lae vis, uie en sultanas om die beurt. Skep sous oor en plaas in koelkas. Die vis sal na drie dae gereed wees om geëet te word. Kan tot ses maande goed hou in yskas.

Geurige Kerrievis
Lewer 6 – 8 porsies

Bestandele:
1,2 kg stukke vars stokvis, kabeljou of enige ander vis,
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml (1 k) koekmeelblom
125 ml (½ k) kookolie vir braai
4 ekstragroot eiers, geklits
Kerriesous
3 groot uie, geskil en in skywe gesny
375 ml (1½ k) bruinasyn
60 ml (¼ k) water
45 ml (3 e) suiker
5 ml (1 t) borrie
10 ml (2 t) kerriepoeier
1 ml (knippie) paprika, opsioneel
4 lourierblare
8 peperkorrels
sout na smaak

Metode

1. Druk visstukke met kombuispapier tot droog. Meng geurmiddels met meel en rol vis in die gegeurde meel.
2. Verhit ’n groot braaipan met olie. Dompel vis in die geklitste eiers en plaas direk in die warm olie. Braai vis vir ongeveer 5 minute aan elke kant, of tot gaar en goudbruin. Verwyder van olie, dreineer op kombuispapier en laat eenkant.
3. Sous: Kook al die bestanddele saam in ’n swaarboomkastrol vir ongeveer 10 minute.
4. Plaas vis in ’n diep bak en giet die kerriesous oor. Plaas in yskas oornag sodat geur kan deurtrek. Draai van tyd tot tyd om

Advertisement

Sampioene ingeleg


Sampioene ingeleg/gebottel

Sampioene ingeleg/gebottel

Linda Theron

Ingelegde Sampioene 

1 liter witwyn-asyn
500g wit suiker
3 knoffelhuisies, in skywe gesny
2 takkies tiemie
3 lourierblare
1kg  witknopie sampioene
150-200 ml olie
Sout en peper

Meng die asyn, suiker, knoffel, tiemie en lourierblare saam en bring tot kookpunt terwyl jy roer.
Sodra die mengsel kook, haal van die hitte af en hou eenkant.
Braai die sampioene in klein hoeveelhede op ’n slag in olie om dit vinnig ’n kleurtjie te gee.
Geur met sout en peper sodra die sampioene uit die pan kom.
Gooi dit in die pekel.
Sodra al die sampioene in die pekel is, skep dit in verseëlbare bottels.
Dit hou in die yskas vir tot 3 maande.

mushrooms in brine

INLê VAN SAMPIOENE

1½ kg Sampioene
½ Liter Asyn
¼ Liter Water
1 e Sout
1 e Suiker
1 t Peperkorrels of
‘n paar kruienaeltjies

Was die sampioene baie skoon en sny in kleiner stukkies.
Kook 5 minute lank in soutwater en dreineer.
Kook asyn, suiker, sout en water saam.
Voeg sampioene by en kook nog 5 minute lank.
Bottel kokend.

Deur: Wat eet ons vanaand (Ann Belling )

Peppadews Ingeleg


Peppadews ingeleg/gebottel

Peppadews ingeleg/gebottel

Linda Theron

Die resep kom uit die Avokado tydskrif.

Die rissies is enige dag net so lekker as die gekooptes miskien lekkerder. Laat staan ‘n paar weke voor dit gebruik word.
ASYN
500 ml water
500 ml appel asyn (of 375 ml appel asyn aangevul met gewone wit wyn asyn tot 500 ml)
200 g suiker
2 ml swart mosterd saadjies
5 ml piekel speserye
1 ui in kwarte gesny
1 knoffelhuisie skoongemaak

Plaas al die bestandele in ‘n kastrol bring stadig tot kookpunt roer om suiker op te los, kook vir ongeveer 10 minute oor medium tot lae hitte verwyder ui en knoffel.

INTUSSEN:
Maak 200 g pikante rissies skoon.
Sny die bo kant af en verwyder die pitte en die sagte wit weefsel versigtig uit, pak die rissies in ‘n skoon fles, giet die warm asyn oor en skud die bottel liggies om die lugborrels uit te kry vul op met asyn indien nodig, maak dadelik toe.

Noedelslaai ingeleg/gebottel


Noedelslaai ingeleg/gebottel

Noedelslaai ingeleg/gebottel

500gr Klein Skulpie Noedels – Sag maar nie pap nie-dreineer en hou eenkant

Kook die volgende vir ongeveer 15 min tot sag, nie pap nie

325ml olie

250ml asyn

1 kg tamaties, geskil en in blokkies gesny

½ kg uie fyngekap

500ml suiker

2 groenrissies – fyn gekap

As bogenoemde sag gekook is voeg 150/200 ml mayonnaise, sout en gemaalde swartpeper by.

Voeg nou noedels by en bring net tot kookpunt en haal af.

Bottel warm.