Ingelegde Kerrie Vis
Bestanddele:
1,7 kg Geelstert, Hake skoongemaak, grate verwyder en in skywe gesny
Olie
6 Suurlemoenblare
6 Groot uie, in ringe gesny
750 ml Bruin asyn
250 ml Water
175 ml Suiker
12,5 ml Borrie
37,5 ml Kerriepoeier
25 ml Meelblom
8 ml Sout
12,5 ml Grofgemaalde peper
250 ml Sultanas (opsioneel)
Metode
Braai vis ongeveer 1½ minuut per kant in warm olie, tot net deurgaar is. Geur goed en hou eenkant. Prut uie 10 – 12 minute in asyn en water tesame met suurlemoenblare, suiker, borrie, kerrie, sout en peperkorrels tot gaar maar nog ferm. Meng meel met ‘n bietjie van die warm sous en roer terug by sous. Prut totdat die sous gaar en dik is.
Vul ‘n lugdigte houer met lae vis, uie en sultanas om die beurt. Skep sous oor en plaas in koelkas. Die vis sal na drie dae gereed wees om geëet te word. Kan tot ses maande goed hou in yskas.
Geurige Kerrievis
Lewer 6 – 8 porsies
Bestandele:
1,2 kg stukke vars stokvis, kabeljou of enige ander vis,
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml (1 k) koekmeelblom
125 ml (½ k) kookolie vir braai
4 ekstragroot eiers, geklits
Kerriesous
3 groot uie, geskil en in skywe gesny
375 ml (1½ k) bruinasyn
60 ml (¼ k) water
45 ml (3 e) suiker
5 ml (1 t) borrie
10 ml (2 t) kerriepoeier
1 ml (knippie) paprika, opsioneel
4 lourierblare
8 peperkorrels
sout na smaak
Metode
1. Druk visstukke met kombuispapier tot droog. Meng geurmiddels met meel en rol vis in die gegeurde meel.
2. Verhit ’n groot braaipan met olie. Dompel vis in die geklitste eiers en plaas direk in die warm olie. Braai vis vir ongeveer 5 minute aan elke kant, of tot gaar en goudbruin. Verwyder van olie, dreineer op kombuispapier en laat eenkant.
3. Sous: Kook al die bestanddele saam in ’n swaarboomkastrol vir ongeveer 10 minute.
4. Plaas vis in ’n diep bak en giet die kerriesous oor. Plaas in yskas oornag sodat geur kan deurtrek. Draai van tyd tot tyd om
You must be logged in to post a comment.