Heelpitmielie-en-Bierbrood
Rencia Odendaal Pretorius
Bestandele:
500 gr bruismeel
2 eetl suiker
1 blik heelpit mielies – gedreineer
2.5ml sout
1 blikkie bier (enige)
1 eier geklits
Bietjie gerasperde kaas
Bietjie spek gekap in stukkies (rou)
Stukkie ui, greenpepper, red en yellow pepper (gekap) (opsioneel)
Metode:
Meng al die bg bestandele behalwe die eier.
Sit in swartpot of broodpannetjie
Gooi die geklitste eier oor
Gooi gerasperde kaas, ui en peppers bo-oor
Bak vir 1 uur by 180 grade
Ek bak gewoonlik my broodjie vir die eerste 20 minute met ‘n deksel op, verwyder deksel en bak vir die laaste 40 min sonder deksel.
You must be logged in to post a comment.