Colleen Boshoff Volstruis fillets “gebutterfly” sit pepperdew en feta binne in maak toe met toothpics en laat le in n monkeyglad sous robertsons texan spice bo oor saam bietjie peper los tot kole reg is
Linda Theron Gesmoorde Wild 1,5 kg wildsvleis, liefs vleis wat uit die dier se boud kom marinade vir wild – pas dit aan vir jou hoeveelheid vleis die skil van 1 lemoen die skil van 1 suurlemoen olie 2 uie, in blokkies gesny 2 wortels, in blokkies gesny 2 stele seldery, in skyfies gesny bouquet garni (pietersielie, tiemie en lourierblaar) 280 ml aftreksel sout en peper 15 ml appeljellie beurre manié (verdikking 2dele botter 1 deel meel) Sit die vleis en skille in ‘n bak en gooi die marinade oor. Plaas die groente op die vleis en maak die bak toe. Laat dit 3 dae in yskas en draai die vleis een maal per dag om. Haal die vleis na 3 dae uit, vee dit af en braai aan alle kante bruin in olie in ‘n kastrol. Haal die vleis uit en plaas die groente in dieselfde olie. Stel die hitte laer, bedek die kastrol en laat die groente smoor vir 5 minute. Plaas die vleis op die groente en voeg die bouquet garni, die marinade en die aftreksel by. Geur met sout en peper. Die skille kan jy weggooi. Bring tot kookpunt. Maak nou die kastrol toe met foelie voor jy die deksel opsit. Plaas die kastrol in ‘n 160°C-oond en smoor 3 uur lank. Skep al die vet af, gooi die sous deur ‘n sif in ‘n kastrol. Gooi die jellie by die sous en verdik met die beurre manié. Kook die sous af tot dit omtrent soos ‘n dun room is. Proe vir sout en peper. Sny die vleis in skywe, plaas in ‘n warm skottel en gooi die sous oor voor jy dit bedien.
Ariana Struwig Vat jou (wildsd)boud en rol in gegeurde meul. Bak in ‘n pan met gesmelte botter soos wat jy met ‘n steak sou doen, baie vinnig. Doeksag en baie lekker. Moet nog binne pienk wees.
You must be logged in to post a comment.