Sjokolade koffie pankoek
Petrie Thirion
5 eiers,
1 en half k suiker,
1 t vanilla,
half t sout,
1 k olie,
3 e kakao,
1 k water,
2 k koekmeel,
3 t bakpoeier.
Klits eierwit styf en hou eenkant. Klits eiergele,suiker,vanilla,sout saam. Voeg water,olie en kakao by en meng goed. Voeg meel,bakpoeier by en meng. Voeg laaste eierwitte by,meng goed deur
Bak in gesmeerde oondpan
Bak 25 min by 180 grade.
Sous:
Meng 1 en half k water,1 en half k suiker,1 t vanilla,3 e kitskoffie saam en kook vir 5 min.
Gooi warm sous oor warm koek. Versiering klits orlay whip room styf en voeg 1 blik caramel kondensmelk by en meng goed deur,smeer oor afgekoelde koek en strooi flake oor of gekapte neute, sny in blokke en bedien.
You must be logged in to post a comment.