Tag Archive | ingedampte melkn

Paptert Resepte


Paptert - Bron onbekend

Paptert – Bron onbekend

Fees paptert

(Annetjie Cilliers)
Bestanddele
3 koppies mieliemeel
6 koppies water
1½ teelepel sout
1 bottel biltong smeerkaas
250ml room
1 blikkie geroomde sampioene
250g ontbytspek
2 uie
gerasperde kaas

Metode
Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel. Kook mieliemeel in sout en water tot gaar.
Snipper en braai spek en uie. Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene. Skep in lae in bakskottel: Pap, dan spek mengsel. Herhaal lae.
Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is. Bedien saam met braaivleis.

Paptert met ‘n twist

Anita Marsili Booyse
wat eet ons vanaand

Lekker groot pot krummelpap – groterige korrels wat lekker sal kan in balvorm kan kleef (gaar en half afgekoel)
2 koppies bruinbroodkrummels
driekwart koppie botter (gesmelt)
3 pakkies bladspek
1/2 koppie melk
6 eiers, geskei
een blik geroomde sampioene
een blik gesnipperde sampioene gedreineer
2 lekker vol koppies gerasperde Chedderkaas
170g blikkie ingedampte melk
350 ml suurroom
5ml sout

Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n oondskottel.
Braai die spek bros in botter en krummel dit.
Hou ‘n bietjie van die spek vir garnering
Meng die krummelpap, brood krummels en sout, voeg die gesmelte botter by en meng goed
Voeg die spek by die krummelpapmengsel.
Klits die melk en eiergele saam en voeg dit en die sampioene en helfte van die kaas, voeg by die papmengsel (die deeg kan stewiger gemaak word met xtra krummelpap of verdun word met gebruik van melk.)
Rol nou lekker bolle van die papmengsel en plaas in oondskottel
Sprinkel die res van die kaas en spek bo-oor
Giet suurroom nou bo-oor papbolle gevolg deur en die ingedampte melk
Bak vir +- 45 min

Paptert met groente

Alma van Dyk Pretorius

Stywe pap
Kaas, gerasper
Groente (uie, sampioene, wortels, baby marrows, kool, ens), gestoom
Kruie, sout, peper

In ‘n oondbak, pak ‘n laag pap, dan die groente, geur dit, dan kaas. Herhaal die lae en bak in oond tot kaas gesmelt

Mieliepaptert

1 liter kookwater

3 ml sout

420 ml mieliemeel

Vulsel:

250 g spekvleis

150g (300ml) gekapte sampioene

25 ml olie

125 ml Cheddarkaas, gerasper

50 ml room

3 ml varsgemaalde swartpeper

knippie sout

50 ml olie

Gooi water en sout in kastrol en verhit tot kookpunt. Voeg mieliemeel by, roer en laat dit met die deksel op prut tot ‘n matige stywe pap verkry word. Skep pap in gesmeerde losboompan of vorm dit en laat dit koud word.

Vulsel:

Braai spekvleis tot bros, laat afkoel en verkrummel dit. Soteer die sampioene in die uitgebraaide vet. Voeg die olie by indien nodig. Sny die koue pap horisontaal in 2 of 4 ewe dik stukke. Smeer dieselfde pan of vorm weer met olie en plaas die eerste laag pap onderin. Strooi een derde van die spekvleis, sampioene en kaas oor. Sprinkel ‘n bietjie room, olie en geurmiddels oor. Plaas volgende paplaag bo-op en herhaal die lae totdat die vulsel opgebruik is. Hou bietjie kaas oor om bo-oor te strooi nadat die tert gebak is. Bak die tert 1 uur by 160ºC. Strooi res van kaas oor wanneer die tert uit die oond kom

 

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

HEERLIKE PAPTERT MET SAMPIOENE, SPEK EN KAAS
Die resep is genoeg vir 6 – 8 persone
Bestanddele vir die stywepap
4 koppies water
2 teelepels sout
2 eetlepels botter
2 ½ koppies mieliemeel

Metode:
Giet water in ‘n potjie, voeg sout en botter by en bring tot kookpunt
Giet mieliemeel by om ‘n hopie in die middel van die pot te vorm maar moenie roer nie.
Verminder hitte plaas deksel op potjie en laat pap 5 minute prut.
Roer liggies met ‘n vurk, plaas deksel terug en prut vir nie meer as nog ‘n uur nie.

Bestanddele
250 g spekvleis – fyngekap
300 g sampioene, gekap
½ koppie room
250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 blik heelpitsuikermielies
varsgemaalde swartpeper
ekstra gerasperde kaas

Metode:
Maak stywepap en laat afkoel.
Braai spekvleis in eie vet tot bros in swaarboompan.
Voeg sampioene by en braai liggies.
Roer dan room, kaas, mielies en peper in.
Rangskik pap en sampioenvulsel in lae in oondvaste bak, met die vulsel bo-op.
Strooi ekstra kaas oor.
Bak so 30 minute teen 180 ˚C

paptert (1)

PAPTERT
Deur: http://www.jouwereld.co.za/jl_paptert.htm

Vir die pap:
2l (8 koppies) water
400 g (2¾ koppies) mieliemeel
15 ml sout

Vir die sous:
125 g spekblokkies
25 ml olyfolie
½ groen soetrissie, in klein blokkies gesny
1 pakkie (250 g) sampioene, gehalveer en in skywe gesny
1 blik (400 g) tamatie- en uiemengsel
100 g (1 koppie) gerasperde Cheddarkaas
5 ml gedroogde basiliekruid – of 15 ml vars as beskikbaar
5 ml gedroogde of 15 ml vars pietersielie
sout en varsgemaalde swart peper, na smaak

Metode

Bring die water tot kookpunt. Voeg mieliemeel en sout by. Roer deeglik om klonte te voorkom. Prut ongeveer 30 minute tot gaar.
Braai die spek in ongeveer 15 ml olie tot bruin en bros. Voeg die soetrissie by en braai 5 minute. Jy kan nog olie bygooi soos dit nodig blyk.
Voeg dan die sampioene by en braai nog 5 minute, voeg dan die tamatie- en uiemengsel by. Jy kan ook ‘n ui saam met die soetrissie braai en ‘n blik gekapte tamaties gebruik. Geur met kruie, sout en peper. Bring tot kookpunt en kook ‘n paar minute saam.

Maak lagies van die pap en die sous in ‘n oondvaste bak wat groot genoeg is. Begin met ‘n lagie van die helfte van die pap. Dan die helfte van die sous. Weer pap en eindig met sous. Strooi die kaas oor.

Bak by 180 °C vir 25 – 30 minute.
Hierdie maak genoeg vir 8 mense

 Recipe adapted from shonaskitchen.co.za Image:www.angeladay.co.za


Recipe adapted from shonaskitchen.co.za Image:www.angeladay.co.za

MRS H.S. BALL’S CHUTNEY
Pap Tert ( Maize Meal Tart ) recipe with Mrs.H.S.Ball’s chutney. 

750 ml 3 cups maize meal
1 litre 4 cups water
10 ml 2 tsps salt
30 ml 2 Tbps butter
30 ml 2 Tbsps Mrs.H.S.Ball’s Original
15 ml 1 Tbsps oil
2 packs Diced bacon
1 onion, chopped
1 green or red sweet pepper, finely chopped
250 g 1 pack mushrooms, chopped
1 can whole kernel corn
1 can tomato and onion mix
180 ml grated cheddar cheese
Method
Bring the water, salt and butter to the boil and add the maize meal, stirring continuously.
Bring to the boil, simmer for 25 minutes, stirring regularly.
Heat the oil in a pan and fry the bacon, onion and pepper until done.
Add the mushrooms and fry.
Stir in the corn.
Stir the bacon and vegetable mixture into the pap with Mrs.H.S.Ball’s and spoon into a greased oven dish.
Spoon the tomato and onion mix on top and sprinkle with cheese.
Bake for 30-40 minutes until heated through.
Then enjoy with the family.

Recipe adapted from shonaskitchen.co.za Image:www.angeladay.co.za

 

MARNA SE MAKLIKE PAPTERT

Meng al die bestanddele saam:
6 eiers,
twee blikkies sweetcorn,
1 blikkie heelpit mielies,
2 blikkies water (gebruik sweetcorn sn)
250 gram margarine,
1 kop suiker,
1 en half koppie mieliemeel,
2 teelepels bakpoeier,
half teelepel sout,
Gooi in gesmeerde oondbak
Bak vir n uur by 180C , geniet.

Advertisement