Hoe om KARAMEL (gekookte kondensmelk) te maak
Die groot geheim by die proses is dat jou blikkie kondensmelk DIE HEELTYD TENMINSTE DRIEKWART ONDER WATER MOET WEES. Indien jou kondensmelk droogkook, sit jy met ‘n blikkie wat ontplof het en kondensmelk teen jou plafon hang.
Die donkerte van die kondensmelk hang af van hoe lank jy dit kook.
OP DIE STOOF:
Verwyder die papier om die blikkie
Kook vir ongeveer 2 en ½ uur na 3 ure – laat heeltemal afkoel voor oopsny anders spuit al die kondensmelk teen jou gesig vas
IN JOU STOOMPOT
Verwyder die papier om die blikkie
Gooi water in tot net bokant die blikkie
Bring tot stoom en stoom vir half uur
Weereens, laat kondensmelk heeltemal afkoel voor jy dit oopsny
IN JOU SLOW COOKER:
Verwyder die papier om die blikkie
Gooi water in sodat blikkie so driekwart onder water staan
8 ure op LOW
DIE MAKLIKSTE OPSIE:
Ry winkel toe en gaan koop ‘n blikkie Caramel treat
Maak al jaare in stoom pot. Gekoopte smaak nie so lekker nie.