LEKKER BRAAIGEREG
Baba aartappels, baba uitjies, sampioene, spek en feta
Ek het sakkie baba aartappels (met skil aan) en so 10 klein baba uitjies (geskil) (uie is opsioneel) gekook met sout tot sag.
Intussen het ek so halwe pakkie spek fyn gesnipper en 1 tot 2 groot uie gekap gebraai tot bros. Die olie afgedreineer en eenkant gehou
Ek het ‘n halwe pak sampioene, net in die helfte gesny gebraai in die spek se olie met so ‘n bietjie wostersous/soyasous wat ek oorgesprinkel het. Die sampioene moet net effe gebraai word, dit moet nie gekrimp en pap sag wees nie.
(Hou nou die gereg warm in die lou-oond tot net voor opdiening of maak op defrost warm voor opdiening)
Meng alles liggies deur en meng dan ‘n halwe koppie botter, 2 teelepels knoffelvlokkies (opsioneel), sout en peper en 2 teelepels pietersielie in ‘n koppie. Bring die in die mikrogolf tot kookpunt
Net voor opdiening, roer liggies deur. Gooi botter en knoffelmengsel oor, en gooi dan blokkies fetakaas, gekapte spruit uie, vars stukkies pietersielie en ‘n paar mixed sprouts (opsioneel) oor.
Hierdie was genoeg vir 8 grootmense.
You must be logged in to post a comment.