Tag Archive | truksvy

Truksvye


Hoe skil jy 'n truksvy

Hoe skil jy ‘n truksvy

Begin altyd om jou truksvy op ‘n vol koerantpapier te skil. Dit werk net makliker om die blaaie van die koerant toe te vou oor die vorige truksvy se skil en dorings. Dit help dat daar nie dorinkies op die vleis van jou truksvy agterbly nie

Gebruik ‘n vurk en ‘n mes en NIE  jou vingers soos die foto om die skil af te rol.

Truksvye is beskibaar in rooi of groen

Truksvye is beskibaar in rooi of groen

Heel truksvy konfyt

Heel truksy konfyt

HEEL TURSKVY KONFYT

Skil 1kg ongeveer 10-12 klein -mediumgroot turksvye…. daar gaan soveel in ‘n heuningbottel, prik met langtand vurk dwarsdeur turksvy, kook in 1liter water tot deurskynend raak, dreineer.

Gebruik water vir stroop, voeg 4kop suiker by water plus halwe suurlemoen se sap en roer tot al die suiker opgelos is, laat kook die stroop en skep die turksvye een een in kokende stroop, stel stoofplaat af tot nr 4-5 en kook konfyt tot stroop soos lawa borrel en vrugte heeltemal deurskynend is. Ongeveer 4 ure se kook, bottel warm in warm bottels en verseël dadelik. Die vrugte behoort heel te bly.
Bron: Tiana Botes, Watertand Resepte vir oud en jonk

TURKSVYESTROOP MET SUIKER 
Skil ryp turksvye af en sny die vleis in stukkies op. Kook dit stadig sonder water totdat die mengsel sag is. Vryf die pulp deur ‘n sif en meet die hoeveelheid puree af. Voeg by elke 250ml puree 50g tot 100g wit suiker na gelang van soetheid van die puree asook 15ml suurlemoensap. Verhit dit stadig tot koopunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Kook die stroop oor matige hitte tot dik en roer gereeld. Bottel die stroop warm en verseel dadelik.
GEBRUIKE
Vermeng 350ml stroop en 150ml rum, bottel die mengsel en kurk dit toe. Laat dit 6 maande verouder en bedien as likeur.
Gebruik die stroop in die plek van suiker oor melkkos of mieliepap
Versoet bruismelk daarmee
Giet dit oor warm wafels of roomys
Stowe groente soos patats, wortels en pampoen en vrugte in die stroop

TURKSVY FYNKONFYT 
Skil 1kg ryp turksvye dun af en sny dit in klein stukkies op.
Voeg 625ml water by, verhit dit tot kookpunt en kook dit ‘n kwartier lank met die deksel op.
Haal die kastrol van die stoof af.
Voeg 375g wit suiker, die sap van ‘n halwe suurlemoen, 1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel en ‘n knippie sout by die warm turksvymoes.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit oor matige hitte totdat die konfyt helder en dik is.
Verwyder die gemmer en gooi dit weg. Skuim die konfyt af, indien nodig. Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.

TURKSVY KONFYT

Kies turksvye wat ryp is, vryf hulle goed af met n growwe doek om die dorings te verwyder en spoel hulle in water af. Skil net die groen skilletjie af en weeg die vrugte. Prik die vrugte met n stopnaald laat dit oornag week in n oplossing van koeksoda (45 ml koeksoda op 5 liter water). Was die vrugte die volgende dag goed af met water en kook dit in skoon water tot sag. Gebruik 375 g suiker en 570 ml water vir elke 500 g vrugte om die stroop te maak. Voeg 15 ml suurlemoensap by vir elke 500 g vrugte. Laat die stroop kook en sit die turksvye een vir een in die stroop om te verhoed dat die stroop ophou kook. Sit die deksel op en laat dit vir 15 minute kook. Lig die truksvye die volgende dag uit die stroop. Syg die stroop deur n klam kaasdoek en laat dit weer kook. Voeg die turksvye by en kook totdat die vrugte helder en deurskynend is. Bottel die konfyt dadelik.

PRICKLY PEAR VINAIGRETTE 
2 each prickly pear cactus fruit
1/2 each banana
2 tbsp. honey
1 tbsp. rice wine vinegar
1/2 each lemon, juice of
1/2 each lime, juice of

Peel skin off of prickly pears and the banana and put the fruit into a blender. Add the honey, vinegar, lemon and lime juices and blend until smooth. Season to taste with salt and ground black pepper. If too sweet for your tastes add more vinegar. If too tart add more honey. If too thin add more banana. If too thick add a dash of apple juice. Strain through a fine sieve before serving.

TURKSVYBLADKONFYT
Dit word gekook van die groot, dik turksvyblaaie waaraan daar nog nie vrugte is nie. Skil elke blad dun af – die vleis moet mooi heel bly – en sny die harde “stam”uit Pruk die hele blad. Weeg die blad en spoel dit skoon af onder lopende koue water. Sny dit in 2cm-blokkies op.
Maak ‘n oplossing van 15ml gebluste kalk per 125liter water. Laat staan tot die vloeistof helder is. Giet die helder vloeistof af en gooi die afsaksel weg. Laat die blokkies oornag in die oplossing le en sit ‘n gewig bo-op sodat die blokkies met die vloeistof bedek is. Spoel die blokkies die volgende oggend onder lopende koue water af en laat dit minstens ‘n uur in vars koue water le. Dreineer die blokkies, bedek dit met vars water en kook dit so sag dat ‘n vuurhoutjie maklik daardeur gaan. Dreineer die blokkies goed.
Kook die stroop soos volg:
Vir elke 500g turksyblad is nodig 1 liter water, 500g wit suiker, 15ml suurlemoensap en ‘n paar knoetse gedroogte gemmerwortel wat gekneus en in ‘n stukkie kaasdoek toegebind is Verhit die mengsel tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Plaas die blokkies bietjiegewys in die stroop en kook dit matig vinnig sonder ‘n deksel totdat dit helder deurgekonfyt en die stroop dik is. (Die stroop moet ‘n swaar druppel van die lepel af val as dit getoets word) Skep die blokkies in skoon voorbereide inmaakflesse, bedek met die stroop. Voeg indien nodig ekstra stroop by wanneer afgekoel het, en verseël die flesse.  (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

TURKSVYBLADSUURTJIES

Sny vars, jong turksvyblaaie in repe (kan ook jong groen turksvytjies gebruik) en weeg die hoeveelheid af. Gebruik vir elke 2kg die volgende bestandele:
750ml water
750ml wit asyn
37,5ml sout
37.5ml dille
15ml speserymengsel vir suurtjies
15ml swart peperkorels
Pak die turksvyrepe in inmaakflesse. Verhit die water, asyn sout en geurmiddels tot kookpunt en vul die flesse daarmee, maar laat ‘n bietjie ruimte vir uitsit. Verseël die flesse en darai die skroefringe daarna ‘n halwe draai los. Steriliseer die suurtjies 10min lank by 100°C in ‘n waterbad. Haal die flesse uit en draai die skroefringe dadelik styf vas. (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

TURKSVYBLADSEEP
Gebruik die blaaie van kaalbladturksvye. Die beste tyd om die seep te kook, is wanneer die blaaie geswel en sonder turksvye is. Indien blaaie met dorings gebruik word, moet dit eers afgeskroei word. Blaaie wat geskil is, lewer wit seep en ongeskilde blare lewer groen seep.
Sny 12,5kg blaaie in repe op. Smelt 6.5kg vet en voeg die blaaie by. Kook dit totdat die blaaie se vesels los raak, roer die mengsel aanhoudend. Skep die vesels met ‘n sif of lang vurk af. Los 1.5kg seepsoda in 7.5liter water op en voeg dit geleidelik by die mengsel. Kook dit anderhalf uur lank oor matige hitte en roer dit gereeld. Laat die mengsel tot die volgende dag staan. Sny die groot stukke kleiner en voeg 7.5 liter kookwater by. Kook die mengsel ongeveer ‘n uur lank vinnig totdat dit soos gom lyk en roer dit deurentyd. Giet dit in vorms wat met ‘n nat doek uitgevoer is en bedek ook die vorms. Sny dit na 3 dae in stene op en laat dit verder droog word. (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

TURKSVYSLAAI
Hierdie resep het n prys gekry vir bykos op n potjiekos kompetisie.
10 turksvye
250 ml jogurt
100 ml room
5 eetlepels soet blatjang
2 ml sout
2 ml wit peper
2 t gekapte kappertjiesaad (Chives), vars indien moontlik
1 t vars dill òf droe, maar gebruik dan minder
gekapte pietersielie vir garnering
Skil turksvye en kap rofweg.
Vermeng jogurt, blatjang, room met kruie en geursel.
Gooi oor die turksvye.
Strooi bietjie pietersielie oor.
Bedien yskoud.
Bron: Rina Kleinhans