Haddock geregte


PicMonkey Collage

Haddock fillette in room en kaassous

Ek het  gevriesde fillette in ‘n bak gesit, 1 houertjie room geneem en ‘n pakkie knorr basic white sauce ingegooi en gemeng. bietjie sout peper en knoffel en dit oor die vis gegooi. Rasper dan kaas oor – Bak  vir so 25/30 min by 180 C (kyk as jou sous lekker dik is en die vis gaar is, tyd kan verskil agv die dikte van jou vis en hoeveelheid)

Ek het saam met dit bedien:
Mayo mash, ertjies wat net opgekook is in soutwater, soet patats gemaak met bruinsuiker en net blaarslaai met ‘n tamatie.

Jy kan die room vervang met ‘n koppie melk en wit uie sop, of jy kan sommer halwe pakkie potato bake of pasta bake gebruik, die kaas geure. Dit werk net so goed.

Paar lede se insette:

Gebruik suurroom ipv room of melk

Gebruik ongegeurde joghurt ipv room of melk

Sankie Botha Oosthuizen

Haddock gereg

Aartappel snye onder in bak, rasper uie oor, dun skyfies tamatie dan haddock filette (of gevlok), handvol vars pietersielie. Meng pakkie potato bake met room en gooi oor. Eindig met broodkrummels en kaas. Bak in oond tot aartappels sag en gaar is.

Karien Kruger van Zyl

 Spaghetti met Skelvis:

500g spaghetti

600g bevrore skelvis (haddock)

250g ontbytspek

3middelslag uie

125ml koekmeel

1 liter melk

250ml gerasperde cheddar kaas

sout en peper na smaak

Bietjie ekstra gerasperde kaas

METODE: kook spaghetti in soutwater tot sag en dreineer. Posjeer vis 8-10 minue stadig in bieki kookwater,dreineer en vlok. Braai spek tot gaar,voeg uie by en braai tot sag. Dreineer oli. Smelt botter,roer meel in en roer dan melk trapsgewys by sonder om klonte te vorm(ek doen dit in mikrogolf). Verhit tot kookpunt en voeg kaas by. Meng spaghetti,vis en spekmengsel en sous en geur na smaak. Gooi in 1 groot of 2 middelslag(ek gebruik swart oondpan) wat gesmeer is. Strooi extra kaas bo oor en bak 30 min by 180. Dis heerlik! Ek bedien dit met ‘n groen slaai.

Benita Vos

 Haddock en Pasta gereg

800g Haddock geposjeer
600ml skroefnoedels, gekook
200g spek, gesnipper
1 groot ui, gekap
1/2 blik tamatiepasta
25ml margarien
75ml koekmeel
375ml melk
2ml paprika
3ml sout
500 ml gerasperde cheddar kaas

Braai spek, ui in ‘n bietjie margarien en roer tamatiepasta in
Berei ‘n kaassous met margarien, meel, melk en geurmiddels en helfte van die kaas
Pak lae van noedels, vis, spek en kaassous in oondbak.
Sprinkel res van die kaas bo-oor
Bak vir 20-30 min by 180*C

 

Eenvoudige haddock (mikrogolf)
750 gr bevrore stokvis (haddock of hake)
5ml vis speserye
75ml botter
400ml melk
50ml meel
2ml sout
125ml gerasperde cheddar kaas
1 ui in ringe gesny
Trek velle van die visfilette af
Plaas vis in bak plat langs mekaar – strooi vis speserye oor en maak toe met glad wrap – Mikrogolf vir 10 min op 100%
Gooi nou die vis water by die melk sodat dit al twee tesame 450ml vloeistof opmaak
Haal vis uit – Mikrogolf nou in bak die melk/ vismengsel, 50ml van die botter, sout,peper, koekmeel – 6minute op 100% roer elke minuut – voeg nou die kaas by – Gooi nou die mengsel bo-oor die vis. Mikrogolf nou die uie ringe met die oorblywende 25ml bottervir 3 minute op 100% – roer na 1 en half minuut.Sit uie ringe bo-op vis en strooi bietjie paprika oor. Mikrogolf nou die visgereg vir 5 minute oop op 100%

Gerookte haddock en spek gebak

500g vis
1 groot ui
50g spek
600ml melk
1 blik pitmieleis
500g gaar aartappels
150ml room
25ml vars pietersielie

Soteer die uie en die spek vir 2–3 minute, gooi die melk by en laat opkook, roer gereeld. Vlok die vis en soteer. Meng die vis met die uiemengsel, voeg die mielies en aartappels by en prut 5 minute. Gooi die room in en verhit, moenie kook. Geur en bedien dadelik met pietersielie.

Haddock Lasagne:

Bestandele:
2 X 250 gr sampioene
1 blik gekapte tamaties
2 groot uie
Knoffel na smaak
Lasagne velle
Cheddar kaas gerasper
1.5 lt melk
100 gr botter of margarine
6-7 haddock fillette vars of bevrore.
Sout en peper

Temp 180 C
Indien gevriesde haddock gebruik word, ontdooi eers.
Metode:
Sny uie in blokkies en braai in pan met olie en bietjie botter. Vee sampioene skoon met klam doek en sny in skywe voeg dit nou saam met die uie, daarna die blikkie tamaties, sout peper , lekker lepel vol knoffel. Hoe eenkant.

Gebruik groot pot en gooi al die melk in pot met botter. Plaas nou die haddock fillette met velkant na onder in pot. Laat dit stadig kook totdat die haddock net net gaar is, skep haddock uit met groot lepel en hou eenkant om af te koel. Gooi die melk deur ‘n sif en maak witsous van hierdie melk. Ek sif net meel by en roer dit vinnig en voeg meer meel by en geur met sout en peper en daarna ‘n groot hand vol gerasperde kaas. Die witsous moet nie dik wees nie, maar nog ‘n lopende sous wees, (die haddock melk komplimenteer die gereg en ek voel dit is te lekker om hierdie melk weg te gooi) Verwyder nou die velle en grate van haddock en vlok dit.
Die gevlokte haddock moet nou liggies met die uie, sampioene mengsel in gevou word. Moet nie roer nie, want dan word die haddock te fyn.
Gebruik ‘n groot oondbak. Plaas lasagne velle op bodem. Voeg nou uie sampioen en haddock mengsel op lasagne velle – lekker laag nie te min nie- herhaal nou die lae en eindig met lasagne velle. Laastens gooi nou hierdie lekker haddock witsous oor. Rasper lekker laag cheddar kaas bo-oor en bak tot goudbruin. Bedien met Griekse of enige groen slaai.

 

2 thoughts on “Haddock geregte

  1. Hi kan jy my help asb ek is opsoek na n Malva poeding. Dankie Sent from my BlackBerry 10 smartphone. From: Kreatiewe Kos IdeesSent: Thursday 9 January 2014 11:40 AMTo: sonjastrydom17@gmail.comReply To: Kreatiewe Kos IdeesSubject: [New post] Haddock geregte

    a:hover { color: red; } a { text-decoration: none; color: #0088cc; } a.primaryactionlink:link, a.primaryactionlink:visited { background-color: #2585B2; color: #fff; } a.primaryactionlink:hover, a.primaryactionlink:active { background-color: #11729E !important; color: #fff !important; }

    /* @media only screen and (max-device-width: 480px) { .post { min-width: 700px !important; } } */ WordPress.com

    kreatiewekosidees posted: ”

    Haddock fillette in room en kaassous

    Ek het  gevriesde fillette in ‘n bak gesit, 1 houertjie room geneem en ‘n pakkie knorr basic white sauce ingegooi en gemeng. bietjie sout peper en knoffel en dit oor die vis gegooi. Rasper dan kaas oor – Bak  vi”

    • ANNA SE GEBAKTE POEDING
      Gebruik bak – ongeveer 20 x 20 cm groot
      Rencia Odendaal Pretorius
      1 eier
      125ml suiker
      250ml meel
      5ml bakpoeier
      5ml koeksoda
      30ml asyn
      2 eetl appelkooskonfyt
      1 kop melk
      Sout
      Klits eiers en suiker
      Maak koeksoda aan met bietjie melk
      Meng al bo-genoemde bymekaar
      Gooi in bakpan en bak by 180 grade C vir 45 min
      SOUS
      1 kop melk/room
      125ml suiker
      1 kop water
      2 eetl botter
      5ml vanilje
      Bring alles tot kookpunt en gooi kokende stroop oor die warm poeding wat direk uit die oond uit kom
      VERVANG DIE APPELKOOSKONFYT BY DIE BESLAG MET 2 EETL KAKAO EN VOEG 2 EETL KAKAO BY SOUS VIR SJOKOLADE POEDING

      ROOIBOSTEE MALVAPOEDING

      20 ml botter
      210g (250ml)(1 cup) strooisuiker
      2 eiers
      15 ml fyn appelkooskonfyt
      5 ml koeksoda
      125 ml louwarm sterk Rooibos
      140 g (250ml) koekmeel
      1 ml sout
      5 ml witasyn

      Rooibos roomsous
      250 ml room
      150g (180ml) witsuiker
      125g (135ml) botter
      125ml warm sterk Rooibos
      5 ml vanieljegeursel

      Poeding
      1. Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n 1.5 liter oondpan of oondvaste bak met botter.
      2. Verroom die botter en strooisuiker saam. Voeg die heel eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Klits totdat die mengsel lig en donsig is.
      3. Roer konfyt by.
      4. Roer die koeksoda by die warm Rooibos en roer dit dan by die eiermengsel.
      5. Sif die meel en sout saam en vou dit in die eiermengsel. Roer laastens die asyn by.
      6. Giet die mengsel in die voorbereide pan of bak en bak 45 minute of tot gaar.

      Rooibos roomsous
      7. Plaas al die bestanddele vir die roomsous in ‘n klein kastrol en verhit oor lae hitte. Roer totdat die botter gesmelt en die suiker opgelos is. Giet die warm sous oor die warm poeding. Druk 8 individuele porsies met ‘n koekiedrukker uit, of sny in blokkies.
      8. Versier soos verkies (versiersuiker of gespinde suiker)
      9. Kan bedien word met roomys, room of vla

      Strong: 6 Rooibos teabags in 500ml boiled water – left for 15 minutes

      MALVAPOEDING
      1 kop. meelblom.
      1 teel. koeksoda.
      1 eetl. botter.
      1 eier.
      1/2 kop. melk.
      1 eetl. asyn.
      1/2 kop. suiker.
      sout.
      Room botter, suiker en eier. Meng asyn en koeksoda en voeg by bottermengsel. Voeg meel en sout by en maak aan met melk. Bak in matige oond tot gaar. Gooi sous oor warm gaar poeding.
      Sous:
      1 kop. Carnation melk.
      1 kop. kookwater.
      1 kop suiker.
      Kook saam en gooi oor poeding.

      MALVAPOEDING
      2 eiers ( by kamertemperatuur )
      210 g. strooisuiker ( 250 ml.)
      15 ml. appelkooskonfyt.
      150 g. koekmeelblom ( 315 ml.)
      knippie sout.
      5 ml. koeksoda.
      30 ml. botter.
      5 ml. asyn.
      125 ml. melk.
      Sous.
      250 ml. room.
      100 g. suiker.( 125 ml.)
      100 g. botter.
      125 ml. Suid-Afrikaanse Brandewyn.
      Klits eiers en strooisuiker deeglik saam tot lig en donsig. Klits appelkooskonfyt by. Sif droë bestanddele 3 maal saam. Smelt botter en voeg by asyn en melk. Vou droë bestanddele
      beurtelings met melkmengsel by eiermengsel in. Giet beslag in middelslag-gesmeerde oondvaste skottel. Bak in voorverhitte oond teen 180 Grade C vir sowat 45 minute.
      Berei sous:
      Smelt sousbestanddele saam en giet bo-oor poeding sodra dit uit die oond kom. Steek gaatjies in poeding met vurk om sous te help intrek. Dien warm op saam met room

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s