Tag Archive | haddock

Haddock geregte


PicMonkey Collage

Haddock fillette in room en kaassous

Ek het  gevriesde fillette in ‘n bak gesit, 1 houertjie room geneem en ‘n pakkie knorr basic white sauce ingegooi en gemeng. bietjie sout peper en knoffel en dit oor die vis gegooi. Rasper dan kaas oor – Bak  vir so 25/30 min by 180 C (kyk as jou sous lekker dik is en die vis gaar is, tyd kan verskil agv die dikte van jou vis en hoeveelheid)

Ek het saam met dit bedien:
Mayo mash, ertjies wat net opgekook is in soutwater, soet patats gemaak met bruinsuiker en net blaarslaai met ‘n tamatie.

Jy kan die room vervang met ‘n koppie melk en wit uie sop, of jy kan sommer halwe pakkie potato bake of pasta bake gebruik, die kaas geure. Dit werk net so goed.

Paar lede se insette:

Gebruik suurroom ipv room of melk

Gebruik ongegeurde joghurt ipv room of melk

Sankie Botha Oosthuizen

Haddock gereg

Aartappel snye onder in bak, rasper uie oor, dun skyfies tamatie dan haddock filette (of gevlok), handvol vars pietersielie. Meng pakkie potato bake met room en gooi oor. Eindig met broodkrummels en kaas. Bak in oond tot aartappels sag en gaar is.

Karien Kruger van Zyl

 Spaghetti met Skelvis:

500g spaghetti

600g bevrore skelvis (haddock)

250g ontbytspek

3middelslag uie

125ml koekmeel

1 liter melk

250ml gerasperde cheddar kaas

sout en peper na smaak

Bietjie ekstra gerasperde kaas

METODE: kook spaghetti in soutwater tot sag en dreineer. Posjeer vis 8-10 minue stadig in bieki kookwater,dreineer en vlok. Braai spek tot gaar,voeg uie by en braai tot sag. Dreineer oli. Smelt botter,roer meel in en roer dan melk trapsgewys by sonder om klonte te vorm(ek doen dit in mikrogolf). Verhit tot kookpunt en voeg kaas by. Meng spaghetti,vis en spekmengsel en sous en geur na smaak. Gooi in 1 groot of 2 middelslag(ek gebruik swart oondpan) wat gesmeer is. Strooi extra kaas bo oor en bak 30 min by 180. Dis heerlik! Ek bedien dit met ‘n groen slaai.

Benita Vos

 Haddock en Pasta gereg

800g Haddock geposjeer
600ml skroefnoedels, gekook
200g spek, gesnipper
1 groot ui, gekap
1/2 blik tamatiepasta
25ml margarien
75ml koekmeel
375ml melk
2ml paprika
3ml sout
500 ml gerasperde cheddar kaas

Braai spek, ui in ‘n bietjie margarien en roer tamatiepasta in
Berei ‘n kaassous met margarien, meel, melk en geurmiddels en helfte van die kaas
Pak lae van noedels, vis, spek en kaassous in oondbak.
Sprinkel res van die kaas bo-oor
Bak vir 20-30 min by 180*C

 

Eenvoudige haddock (mikrogolf)
750 gr bevrore stokvis (haddock of hake)
5ml vis speserye
75ml botter
400ml melk
50ml meel
2ml sout
125ml gerasperde cheddar kaas
1 ui in ringe gesny
Trek velle van die visfilette af
Plaas vis in bak plat langs mekaar – strooi vis speserye oor en maak toe met glad wrap – Mikrogolf vir 10 min op 100%
Gooi nou die vis water by die melk sodat dit al twee tesame 450ml vloeistof opmaak
Haal vis uit – Mikrogolf nou in bak die melk/ vismengsel, 50ml van die botter, sout,peper, koekmeel – 6minute op 100% roer elke minuut – voeg nou die kaas by – Gooi nou die mengsel bo-oor die vis. Mikrogolf nou die uie ringe met die oorblywende 25ml bottervir 3 minute op 100% – roer na 1 en half minuut.Sit uie ringe bo-op vis en strooi bietjie paprika oor. Mikrogolf nou die visgereg vir 5 minute oop op 100%

Gerookte haddock en spek gebak

500g vis
1 groot ui
50g spek
600ml melk
1 blik pitmieleis
500g gaar aartappels
150ml room
25ml vars pietersielie

Soteer die uie en die spek vir 2–3 minute, gooi die melk by en laat opkook, roer gereeld. Vlok die vis en soteer. Meng die vis met die uiemengsel, voeg die mielies en aartappels by en prut 5 minute. Gooi die room in en verhit, moenie kook. Geur en bedien dadelik met pietersielie.

Haddock Lasagne:

Bestandele:
2 X 250 gr sampioene
1 blik gekapte tamaties
2 groot uie
Knoffel na smaak
Lasagne velle
Cheddar kaas gerasper
1.5 lt melk
100 gr botter of margarine
6-7 haddock fillette vars of bevrore.
Sout en peper

Temp 180 C
Indien gevriesde haddock gebruik word, ontdooi eers.
Metode:
Sny uie in blokkies en braai in pan met olie en bietjie botter. Vee sampioene skoon met klam doek en sny in skywe voeg dit nou saam met die uie, daarna die blikkie tamaties, sout peper , lekker lepel vol knoffel. Hoe eenkant.

Gebruik groot pot en gooi al die melk in pot met botter. Plaas nou die haddock fillette met velkant na onder in pot. Laat dit stadig kook totdat die haddock net net gaar is, skep haddock uit met groot lepel en hou eenkant om af te koel. Gooi die melk deur ‘n sif en maak witsous van hierdie melk. Ek sif net meel by en roer dit vinnig en voeg meer meel by en geur met sout en peper en daarna ‘n groot hand vol gerasperde kaas. Die witsous moet nie dik wees nie, maar nog ‘n lopende sous wees, (die haddock melk komplimenteer die gereg en ek voel dit is te lekker om hierdie melk weg te gooi) Verwyder nou die velle en grate van haddock en vlok dit.
Die gevlokte haddock moet nou liggies met die uie, sampioene mengsel in gevou word. Moet nie roer nie, want dan word die haddock te fyn.
Gebruik ‘n groot oondbak. Plaas lasagne velle op bodem. Voeg nou uie sampioen en haddock mengsel op lasagne velle – lekker laag nie te min nie- herhaal nou die lae en eindig met lasagne velle. Laastens gooi nou hierdie lekker haddock witsous oor. Rasper lekker laag cheddar kaas bo-oor en bak tot goudbruin. Bedien met Griekse of enige groen slaai.

 

Advertisement