Versiersels, wenke en versiersuiker


Versiersuiker Wenke

*

“Royal icing”

Die icing  raak klip hard en jy kan dit in ‘n piping bag sit en patroontjies en randjies, ens daarmee doen. Skei ‘n eier en gebruik net die eierwit. Klits dit liggies met ‘n vurk tot effe skuimerig. Skep nou bietjie-bietjie gesifte (nb) versiersuiker by en roer dit elke keer eers goed in voor jy die volgende sarsie bygooi. Hou so aan tot jy die verlangde konsistensie het. Jy kan dit kleur ook.

OF

Royal icing

Eierwit van 2 groot eiers (60g)
10 ml suurlemoensap
330g versiersuiker

Klits die eierwitte en suurlemoensap tot styf. Voeg dan die versiersuiker by en klits tot blink en glad. Die versiersel is reg wanneer jy die “beaters” uit die versiersel haal en dit sy vorm behou. Die versiersel moet in ‘n lugdigte houer gebere word, want dit word hard as dit aan lug blootgestel word.Voeg kleursel by vir verskillende kleure.

Versiersel met Kitspoeding

Dorè Van Wyk Els

1 blikkie Caramel treat
500ml melk
1 pakkie butterscotch/Vanielje kitspoeding

Meng alles en klits tot dik. Sit in yskas om verder te stol

Caramel Treat Versiersel

Dorè Van Wyk Els

Meng:
1xblik caramel treat,
1 pakkie butterscotch/ vanielje kitspoeding (moenie aanmaak)
500ml Room

Klits alles saam tot die mengsel dik is. Plaas in yskas om behoorlik styf te raak. En versier daarna die koek. Dit is HEERLIK!

Basiese vanielje versiersel

(vir 12 kolwyntjies)

•500 g (545 ml) sagte botter
•650 g (1 250 ml) versiersuiker, gesif
•10 ml vanieljegeursel
Plaas botter in elektriese menger se bak en klits tot lig en romerig, sowat 5 – 8 minute. Voeg versiersuiker en geursel by. Meng goed. Versier afgekoelde kolwyntjies hiermee

Bar One Sjokolade Versiersel

240 g Bar-One sjokolade

80 ml room Sny die sjokolade in stukkies en plaas dit in ´n glasbak saam met die room. Verhit dit oor ´n kastrol met kookwater tot dit smelt. Roer nou en dan. Koel af en smeer oor koek. Neute-sjokoladeversiersel

200 g sjokolade met haselneute;

30 ml (2 e) melk. Smelt die sjokolade oor ’n lae hitte of gebruik ’n dubbelkoker. Roer die melk by en roer tot ’n gladde sous vorm. Giet die sjokoladesous bo-oor die koek en versier met gekleurde eetbare koekversiersels.

Koffie-sjokolade versiersel.

80 ml kakao

125-180 ml yskoue ingedampte melk óf room

250 ml gesifte versiersuiker

5 ml vanieljegeursel

3 ml kitskoffiepoeier, opgelos in 15 ml kookwater Laat koek afkoel. Klits al die bestanddele vir die versiersel goed saam. Laat staan vir ‘n paar minute en skep oor die koek

Koffie Versiersel

Rina Kleinhans

2 eetl botter 2 kp gesifte versiersuiker 1 eetl koffie essens 2-3 eetl melk

Metode: Klits die botter en koffie essens saam tot goed gemeng, voeg die versiersuiker geleidelik by, klits deeglik na elke toevoeging. Voeg bietjie-bietjie melk by tot dit ‘n goeie smeerdikte is

Sjokolade Versiersel

1 blik (410 g) ingedampte melk;

125 ml (½ k) suiker;

3 plakke (100 g elk) neutsjokolade, in blokkies gebreek;

bessies vir oorsprinkel.

Plaas al die bestanddele vir die versiersel in ’n kastrol en verhit oor matige hitte tot die sjokolade gesmelt is. Kook sowat ’n halfuur tot dik. Sny die koek horisontaal in die helfte indien verkies en plak die lae met van die versiersel opmekaar. Versier met orige versiersel en sprinkel bessies, neuter, vars vrugte op 

Sjokolade Versiersel

Anka du Plessis

Baie lekker icing vir sjokolade koek:

1 donker sjokolade slab – Albany – en 1 blikkie warm caramel kondensmelk. Smelt die sjokolade . Gooi die blikkie kondensmelk by en  30 ml brandewyn en 5 ml vanilla en laat dit saam bietjie warm word. Daar het jy icing. Dit is baie soet maar ongelooflik lekker!!!

Mokkaversiersel en vulsel

Maureen Adendorff Van Os

1 kp versiersuiker

3 eetl kakao

2 eetl sterk koffie

1 eetl botter

½ teel vanilla

Sout na smaak

Klits die botter en sif die suiker en kakao daarin. Klits dit goed. Roer die koffie, vanilla en sout by. Roer tot dit mooi glad is. Gebruik binne en bo-op koek vir vulsel en versiersel.

Lemoen versiersel

2 teel gerasperde lemoenskil
1 ½ eetl lemoensap
60ml botter/margarien
Knippie sout
2 ½ kp versiersuiker
1 eiergeel

Metode:
Room botter/margarine tot dit sag is. Voeg eiergeel en sout by en meng goed. Meng die emoenskil en sap, en voeg versiersuiker en lemoensap by bottermengsel. Meng baie goed. Die hoeveelheid is genoeg vir ‘n groot laag koek. *Knuppeldik aan Koningskos*

Sjokolade Mousse

250 ml Stork Cremendous ( of enige ander room)
1 blik gekookte kondensmelk
3 eetlepels kakao

Bereiding
Voorverhit oond op 180 grade C
Klop die stork cremendous ( of ander room) styf
Voeg die gekookte kondensmelk by die room .
Voeg die kakao by en klits tot die kakao opgelos is
Versier die Sjokoladesponskoek met die mousse
Verkoel vir minstens ‘n uur

Suurlemoen-Botterversiersel

4 eetl botter
3 eetl suurlemoensap (Ongeveer)
2 kp versiersuiker
Paar druppels geel koek kleursel

Metode:
Room die botter en voeg die suiker geleidelik daarby, klits totdat dit lig en skuimerig is. Voeg die suurleoensap by om dit tot ‘n smeerdikte te kry. Kleur tot ‘n delikate geel met koek kleursel.

Vla Vulsel
1 pk vanilla royal poeding
2 eiergele
3 eetl mielieblom
3 kp melk

Metode:
Meng die poedingpoeier met die mielieblom. Klits eiergele, voeg by ¾ kp van die melk en meng geleidelik met droë bestandele, wees versigtig dat dit nie klonte maak nie. Plaas die res van die melk in ‘n kastrol en verhit tot dit begin kook. Gooi oor die poedingmengsel, roer goed om te verhoed dat dit klonte maak. Plaas terug op die stoof en verhit weer totdat dit begin kook, roer gedurig tot die vla dik word. Gebruik as vulsel

Ryk Botterversiersel

450g Versiersuiker
200g Woodenspoon
5ml Vanieljegeursel

Buttercream Frosting

1 c. milk
1/4 c. flour
1 c. butter at room temperature (not melted)
1 c. granulated sugar
2 tsp. vanilla

Combine flour and milk in small pan over medium heat. Stir constantly until mixture becomes very thick. Remove from heat and cool. Cream butter and sugar until very fluffy. Add vanilla and cooled flour mixture. Continue to beat until frosting is fluffy and sugar is completely dissolved. For CHOCOLATE FROSTING add 4 tablespoons cocoa.

Roomkaas Versiersel

Magda Steenekamp

100g (110ml) Margarien
250ml Versiersuiker
100ml Roomkaas
5ml Vanieljegeursel.

Classic Frosting

Whipped Frosting

  • 3 large egg whites
  • 3/4 cup sugar
  • Pinch of salt
  • 1/3 cup water
  • 1/4 teaspoon pure vanilla extract

Directions

  1. In a heatproof bowl set over (not in) a saucepan of simmering water, combine egg whites, sugar, salt, and water. Cook over medium, stirring constantly, until sugar has dissolved (or mixture registers 150 degrees on an instant-read thermometer), 2 to 3 minutes. Transfer to a large bowl. Using an electric mixer, beat on medium-high until glossy, stiff peaks form (do not overbeat), about 3 minutes; reduce speed to low, add vanilla extract, and beat just until combined. Use immediately.

Glossy Chocolate Frosting Recipe

Ingredients

1/2 cup sugar

Sugar substitute equivalent to 1/2 cup sugar

1/2 cup baking cocoa

3 tablespoons cornstarch

1 cup cold water

4-1/2 teaspoons butter

1 teaspoon vanilla extract

Directions

In a saucepan, combine the sugar, sugar substitute, cocoa and cornstarch. Add water and stir until smooth. Bring to a boil; cook and stir for 1 minute or until thickened. Remove from the heat; stir in butter and vanilla until smooth. Spread over cupcakes or cake while frosting is still warm. Yield: 1-1/4 cups.

Fondant (Malvalekker Versiersuiker)

Hierdie fondant proe heelwat lekkerder as die wat mens in die winkels koop. En
is heel eenvoudig, en net ‘n bietjie tydsaam om te maak. Wees reg om te knie!

Bestanddele

2 pakke wit malvalekkers (gebruik ‘n goeie maak)
2 tot 5 eetlepels water
1kg versiersuiker
½ koppie wit botter (jy gaan jou hande en vingers hiermee volsmeer, so hou dit
waar jy maklik en gou daarby kan kom)

Metode

NOTA: Wees asb versigtig, die eerste paar stappe kan WARM wees

Smelt die malvalekkers en 2 eetlepels water in ‘n mikrogolf of dubbelkoker: Sit
die bak in die mikrogolf vir 30 sekondes, maak oop en roer, weer terug vir 30
sekondes, dan weer oop en roer, doen die totdat alles gesmelt het. Dit neem
gewoonlik so 2 minute. Gooi nou 3/4 van die versiersuiker bo-oor die gesmelte
mengsel.

Bedek jou hande BAIE GOED met die botter – palms, agterkant en tussen die
vingers. Smeer dan jou werksarea ook baie goed met die botter en gooi die
malvalekker/versiersuiker mengsel in die middel.

Begin knie soos jy brooddeeg sou knie. Dit is baie taai. Hou aan knie en voeg
die oorblywende versiersuiker by en knie nog. Smeer jou hande en werksarea met
die botter as die mensgel nog vassit.

As die mengsel maklik skeer, is dit te droog, voeg ‘n 1/2 teelepel water op ‘n
slag by en knie. Dit neem etlike minute om ‘n gladde elastiese deeg te kry. Dit
moet redelik elasties wees, sodat dit nie skeur wanneer dit oor die koek
geplaas word nie.

Dis die beste om dit te laat staan, toegemaak oornag. Maar dit kan ook dadelik
gebruik word. As daar klein wit suikerkolletjies is, sal jy net nog moet knie
of nog water moet byvoeg.

Om die fondant te bêre, smeer ‘n goeie laag botter, en sit in ‘n plastiese
sakkie en dan nog ‘n sakkie wat kan seel, druk oortollige lug uit.

Die fondant hou goed in die yskas vir weke. Onthou jy kan dit voor die tyd maak
en bêre, en dit dan gebruik soos en wanneer jy dit benodig.

Waar kom die resep vandaan : http://whatscookingamerica.net/PegW/Fondant.htm

Marshmallow fondant (Oortrek van koeke)

Bestanddele:

480 g Marshmallows (as jy dit wil kleur moet jy net wittes gebruik)

2-5 eetlepels water

Ongeveer 8 koppies versiersuiker

1/2 koppie Holsum

Maak omtrent 1 kg fondant

Metode:

Stap 1 Sit Marshmallows en 2 eetl water in n groot mikrogolf bestande bak. Mikrogolf vir ongeveer 2-2 1/2 minute maar roer goed na elke 30 sekondes tot marshmallows heeltemal gesmelt is.

Stap 2 Plaas 3/4 van die versiersuiker bo-op die gesmelte marshmallows en vou in. Enige geurmiddels kan op die stadium bygevoeg word. Smeer hande en werk oppervlak mildelik met Holsum en gooi marshmallow mengsel uit daarop uit. Knie goed deur en voeg versiersuiker by soos benodig totdat marshmallow mengsel nie meer vassit aan werk oppervlak nie. Smeer kort kort jou hande met Holsum. As jy te veel versiersuiker byvoeg en fondant raak droog en skeur maklik, knie water 1/2 eetlepel op n slag by tot jy n gladde elastiese fondant het wat rek sonder om te skeur. Dit neem omtrent so 8 minute.

Stap 3 Dit is raadsaam om die fondant oornag te laat rus, smeer n dun lagie Holsum oor en maak goed toe met glad wrap en plaas dan in lugdigte houer.

Stap 4 Haal net genoeg fondant uit om mee te werk en laat die res in die glad wrap in die houer. Rol uit en gebruik soos verkies. Om die fondant te kleur: Indien jy die hele batch wil kleur kan jy die kleursel by die gesmelte marshmallows gooi voor jy die versiersuiker invou, anders kan jy stukke afbreek van die klaar produk en kleur soos benodig

GUMPASTE (werk lekker om blommetjies ens te maak)

500g versiersuiker.

1 Eetl gelatine.

2 Eetl suurlemoensap.

3 Eetl water.

1. Eetl glucose.

Kook die water, gelatine, glucose en suurlemoensap vir n paar min todat gelatine heeltemal opgelos het. Laat afkoel. Sit in menger met deeg hoek en knie versiersuiker in. Dit sal sponserig lyk. Brei dan die versiersuiker verder met jou hande. Die versiersuiker sal nou voel soos speelklei. Jy kan nou die gel kleursel bysit. Bêre die gumpaste wat oor is in n plastiese sakkie wat baie dig seël. As jy dit weer wil gebruik, sit vir n paar sekondes in mikrogolf. Bry dit weer tot sag. Jy kan dit baie lank so bêre.

Cecile Kotze Vermeulen Jy kan alternatief probeer om n merengue frosting te maak. Jy neem eierwitte en versiersuiker. Plaas jou eier witte in n glasbak boop n pot kookwater klits met n hand menger sie witte styf terwyl jy versiersuiker byvoeg tot hy lekker skuimerig en soet is soos marshmallows. Jy kan nou bietjie geursel byvoeg of selfs n druppel kleursel. Smeer dan net vinnig oor die cupcakes.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s