Hier is ‘n basiese koekiedeeg resep wat dan met 1 ekstra byvoeging ‘n paar verskillende geure koekies maak. Jy maak basies die beslag aan, deel die beslag in dele en doen die byvoegings:
Hoe die verdeling van die beslag werk:
Die hoeveelhede vir die byvoegings is vir die hele beslag bv 10 koppies meel en byvoeging 8 eetl vlapoeier. Indien jy besluit om jou mengsel in 3 te deel, moet die vervanging in 3 gedeel word bv soos die vla – jy kan dit om en by afrond dan na 3 eetl vla op 1 derde deel van die beslag.
Alles in een koekie:
Basiese koekie
10 koppies koekmeel
10 lepels bakpoeier
knippie sout
500gr margarine
4 koppies suiker
6 eiers
Room botter saam met
suiker voeg eiers by roer goed
voeg dan droe bestanddele saam
in botter mengsel as te styf voeg
bietjie water by
1) vir Vanielje koekies voeg 10 ml vanielje
2) vir vlakoekies 8 eetlepels vlapoeier
3) vir spesery koekies voeg 3ml
naeltjies,5ml kaneel,5ml
neutmuskaat,en 5ml gemengde
speserye
4) vir sjokolade voeg 10 ml kakao
Rol in balletjies druk plat
met vurk.
Bak vir 10/12 in by 180 C of tot goudbruin
Die resep wat in die Engelse Rapport was (Verve)
Big Batch Biscuits :
• 500 g butter, softened
• 500ml icing sugar, sifted.
• 675g flour,
• 10ml baking powder
• Pinch salt,
• Castor sugar for sprinkling.
• Combine butter + icing sugar together in a large mixing bowl and using an electric beater; beat until light and creamy. Sift flour, baking powder and salt and add gradually to creamed mixture mixing well to form a workable dough. Dough should be firm but not sticky. Divide mixture into 3 parts and add a variation of your choice. Roll each dough into sausage shapes, 4cm in diameter and 25cm long. Wrap in cling wrap and chill in refrigerator for several hours or overnight. Once chilled, slice dough into 1cm rounds and place on lightly greased baking sheet. Sprinkle each biscuit lightly with castor sugar. Bake at 180C for 12-15min or until light golden brown.
• Variations
Choc Chip: Add 125ml chocolate chips.
Chocolate Dipped Biscuits : Dip half into melted chocolate and place on wrap paper to set
Cherry biscuits : add 80ml chopped glazed cherries.
Currant Biscuits : Add 125ml currents.
Pecan Nut: Add 125ml chopped pecan nuts.
Ginger Biscuits: Add 5 – 10ml ground ginger and 50ml chopped preserved ginger to one portion of dough.
Almond biscuits : Add 125ml ground almonds to one portion of dough
Met hierdie resep kan jy met min moeite die koekblikke vol kry. Dit is n resep wat basies is en jy voeg net elke keer n paar bestanddele by om n ander soort koekie te bak
Basiese koekies
250 gram margarine
125 ml witsuiker
125 ml geelsuiker (ligte bruinsuiker)
1 ekstra groot eier
5 ml vanillageursel
500ml koekmeel
3 teelepels bakpoeier
4 teelepels koeksoda
knippie sout
Voorverhit die oond tot 180 C
Smeer n paar bakplate
Verroom die botter en wit en geelsuiker
saam tot romerig. Voeg die eier asook die vanilla by en klits goed.
Sif die droe bestanddele saam en voeg by die bottermengsel. Meng goed.
Rol in okkerneutgrootte bolletjies en plaas ver uitmekaar op bakplate.
Doop n vurk in koekmeel en druk die bolletjies platter.
Bak sowat 15-20 minute lank of tot gaar.Laat effens afkoel op bakplaat en pak dan op afkoelrakkie om heeltemal koud te word.
Pak in lugdigte houers Lewer sowat 40 koekies.
2. Grondbone koekies
Vevang helfte van margarine met grondboonbotter en gaan verder te werk soos beskryf by basiese koekie resep.Versier met n 1/2 grondboontjie indien verkies.
3. Vlakoekies
Verminderdie koekmeel na 400ml en voeg 200ml vlapoeier by die droe bestanddele. Gaan verder te werk soos beskryf by die basiese koekie resep.
4. Gemmerkoekies
Voeg 40-45ml fyn gemmer by die droe bestanddele en gaan verder te werk soos beskryf by die basiese koekie resep.
5. Klapperkoekies
Voeg 250ml klapper by die droe bestanddele en gaan verder te werk soos beskryf by die basiese koekie resep.
You must be logged in to post a comment.