Dankie aan SAGE Cafe & Deli
ROOM SPINASIE, SPEK EN EIER MET HOLLANDAISE SOUS
1 hamburger rolletjie – oopgesny en broodkant op toaster getoast
Sag gebakte eier – (poached egg)
Spek gebraai –
Spinasie gekook met bietjie room en knippie nutmeg speserye, sout en peper
Hollandaise sous: (Gee die resep onder soos hy dit gegee het)
Balsamic reduction (opsioneel)
Plaas rolletjies op bord, bietjie hollandaise sous, sit spinasie op, dan die spek, die eier en dan die hollandaise sous bo-oor en ‘n splash balsamic reduction.
Hollandaise (shortcut) sous:
Die sous hoef NIE GEKOOK TE WORD NIE, so die kans dat dit kan skif is uitgeskakel.
Klits die volgende saam in menger vir 30 sekondes:
6 eiergele
1 eetl suurlemoensap
3 desertlepels wit asyn
1 teel dijon mosterd
‘n knippie tarragon (droe) speserye
Sout en peper na smaak
Smelt 250gr botter tot warm en dan druppels gewys klits die botter by die sous tot lekker dik en roomerig.
You must be logged in to post a comment.