Kreatiewe Kos Idees Ek sit myne in kookwater en dan in die mikrogolf
*
Marie KB de Meyer Ek was die bottels in kook water en plaas dit in die oond op 100°
*
Elize Krog Ek gooi ook net kookwater in en laat staan n rukkie
*
Sidney Jooste Het al gesê as ek ooit begin inlê, sal ek baby boom toe gaan en n goedkoop bababottel steriliseerder koop. Was bottels, plaas in houer met bietjie water onderin en 5 minute later in mikrogolfoond gedoen!
*
Mirna Fulton Ek sit myne in kookwater, haal direk uit die kookwater en skud goed uit, dan skep jy die kokende vrug/groente in en maak toe…
*
Sanet Nel de Jager Ek sit myne deur die warmste siklus in die skottelgoedwasser.
*
Hettie Cooper-de Vries Gooi warm water in bottels en sit in mikro vir +-10min, gooi dan die water uit soos die bottels gebruik word..
*
Maria O’Neale Bababottels gesterliseer in microwave. En my kids nog fris en gesond so dit moes seker werk. Hahaha
*
Niki Stander Kook myne en bak hulle droog by 100grade
*
Esther Allison Ek sien net dat my bottels baie goed gewas is en gooi dan net skoon baie warm water in en laat dit so staan terwyl ek dit wat ek wil inlê of bottel klaarmaak om in die bottels te sit. Sodra ek begin om my bottels te vul gooi ek die water uit die bottel soos ek dit nodig kry. Ek keer dit dan om dat dit op die deksel staan vir tenminste 24uur in ‘n koel plekkie tot dat ek dit dan bêre in die kas of bo op die spens rak. Ek het so paar maande terug afgekom op perske konfyt wat ek seker maklik12+ jaar terug gekook het en dit nogsteeds nie sandsuiker of sleg nie. Ons moes trek en het dit in bokse gepak en nie al die bokse uitgepak nie en was verbaas toe ek die bottels kry en sien dit het nogsteeds niks oorgekom nie. My oorlede moeder het my so geleer om bottels te steraliseer en op die deksels te draai. As jy dit dan oop maak kliek dit net soos die gekoopte bottels konfyt of wat ook al jy in bottels kook.
*
Tersia Herbst Ek wil sommer weet hoekom kook party goed uit soos nou die dag het ek beet ingele toe kook dit na n tydperk moet ek dit in die yskas hou
Pieter Goosen Tersia, daar is ‘n paar faktore wat veroorsaak dat jou beet bv uit kook soos jy se, dit klink amper of dit gis. Of jou bottels is nie reg gesteriliseer nie, of jy maak jou bottels nie vol nie, of daar is lugblasies in jou inhoud as jy dit seel. Onthou, steriliseer jou skroefdoppe ook, baie mense vergeet dit, en baie belangrik, jou skroefdoppe moet heeltemal afseel. As jy canfruit bottels gebruik, gebruik elke keer ‘n nuwe skroefdop, moenie hulle oor en oor gebruik nie. Om lugblasies uit te kry, vat ‘n breipen (gesteriliseerd) en druk dit tot onder in die bottel. Beweeg dit rond. Jy sal sien hoeveel lugblasies kom uit. Vul daarna die bottel tot hy oorloop en verseel dadelik. Berg jou ingelegte goed in ‘n koel donker plek, soos ‘n kas. Sonlig is baie sleg vir ingelegte goed. Een laaste wenk, steriliseer jou bottels in die mikrogolf, verwyder hulle dadelik na sterilisasie en vul dadelik met jou warm groente of vrugte. Moenie die bottels of jou groente of vrugte afkoel voor jy dit bottel nie, dit gee bakteriee weer kans om in te trek. Hoop hierdie help
*
Sonja Van Rhyn Ek laat le myne in kokende water met sunlight liqued, spoel dan uit met kookwater, maak droog met skoon vadoek en gebruik hulle, ek le al jare goed so in en nog nooit het iets sleg geraak nie.
*
Stefani de Villiers Skottelgoedwasser
*
Pieter Goosen Was en spoel die bottels goed uit en mikrogolf op hoog vir 10 minute
*
Lushka Reynardt Was bottels net warm water en sunlight liquid. En dan sterilize in milton.
*
Anton Scheepers Was bottels en deksels met seep en warm water na gebruik en stoor onderstebo en apart. Waneer jy hulle gaan gebruik, spoel weer uit met warm water uit die kraan en plaas in voorverhitte oond teen so 150 grade C. Waneer jy gereed is om te begin bottel, haal hulle stuk, stuk uit en plaas bo op broodplank bedek met groot teegoeddoek. Gooi warm inhoud in en seel dadelik. So het ons geleer met hout stoof, waar die oond altyd warm was. Kos het nooit bederf nie.
*
Ina De Beer Ek vat my groot konfytpot, sit vadoek onderin en sit bottels en proppe in. Gooi kookwater tot bottels heeltemal bedek is. Sit op stoof en vadat dit kooj so 4 minute. Bottel dadelik
You must be logged in to post a comment.